Joe Biden: Kwynende ondersteuning en ʼn ‘alternatiewe realiteit’

Pres. Joe Biden. (Foto: Saul Loeb / AFP)

‘n Paar weke gelede, terwyl duisende ondersteuners by ʼn Iowa-byeenkoms besig was om ter ere van Trump te dreunsing “Ons is lief vir jou, ons is lief vir jou, ons is lief vir jou”, het derduisende toeskouers by kollege voetbalwedstryde en ʼn Nascar-tydren byna in harmonie, asof ʼn oorlogskreet, geskree “F*k Joe Biden, F*k Joe Biden, F*k Joe Biden”. Dit is inderdaad die oorlogskreet van agtienjariges en millenniums wat glo vir Biden gestem het, maar hom nou verafsku na die vele krisisse wat hy in die laaste nege maande vandat hy aan die stuur is, veroorsaak het. Die vraag is hoekom.

Onder Biden se bestuur het Covid-19-sterftes toegeneem ten spyte van sy beloftes om dit te bekamp, inflasie het die hoogte inskiet, brandstofpryse het gestyg, duisende onwettige uitlanders beweeg oor die grense, en ‘n onregeerbare verskaffingsketting-fiasko het ontstaan.

Biden se dalende ondersteuning onder Onafhanklikes, Konserwatiewes en Demokrate oor spesifieke kwessies is ʼn aanduiding van die hoë vlak van misnoeë.

Al is ek gewoonlik skepties oor die meeste verkiesingspeilings in die VSA wat gewoonlik in die guns van die Demokrate swaai, haal ek nietemin vir Quinnipiac aan wat vroeg in Oktober aangedui het dat ondersteuning vir Biden staan op goedkeuring van 38% en afkeuring 53%; rakende grensbeheer 23% goedkeuring en 67% afkeuring; rakende die ekonomie 39% goedkeuring en 55% afkeuring; vir administratiewe bevoegdheid 42% goedkeuring en 55% afkeuring.

Behalwe vir die skrikwekkende politieke onkunde onder die Amerikaanse jeug, het die belangrikste kwessie wat oornag hulle IK radikaal verhoog het by die brandstofpompe begin, ondanks die valsheid van die pro-Biden media wat voorgee dat alles piekfyn is. Leë winkelrakke het tot woede gelei onder ʼn generasie wat sosiale media gebruik om aan elke gril en gier te voldoen.

Toe Biden in Januarie 2021 oorgeneem het, het hy baasspelerig met ʼn hoë stapel van uitvoerende bevele gesit en amper al Trump se suksesse met net ʼn vinnige handtekening ongedaan gemaak. Wraak is nooit die waarmerk van ʼn goeie leier nie, maar baie Trump-haters het gedink dat hierdie uittartende gebaar nogal oulik was. Biden se eerste wraakdaad was om Amerika se energie onafhanklikheid nietig te verklaar, die Keystone-pyplyn te sluit, boorwerk op federale gronde te staak, en boor-huurkontrakte in Alaska te beëindig.

Om dinge te vererger het hy Rusland se Nord Stream-pyplyn herstel, maar smeek hy nou vir Opec om meer olie vir die VSA te pomp terwyl Opec in der waarheid op produksie besnoei het. Volgens die EIA (Energy Information Administration) se syfers, het die VSA voor die pandemie 12,8 miljoen olievate per dag vervaardig; vandag word ʼn miljoen minder vervaardig.

Donald Trump. (Argieffoto: REUTERS/Carlos Barria)

Vragmotorbestuurders kla want onder Trump was dit $80 om hul tenks te vul en onder Biden het tot $120 gestyg. Werklose studente kla ook aangesien hulle al op 16 begin bestuur en voel dat die verhogings hulle sakke ʼn knou gee terwyl hulle nog studeer. In my Kaliforniese huishouding is ons ook in die knyp omdat brandstofpryse met $20 vir ‘n vol tenk gestyg het, wat veroorsaak dat alle ander pryse ook styg in die duurste VSA-staat. Wanneer brandstofpryse styg, is daar dadelik ʼn kettingreaksie wat wêreldwyd ervaar word, alhoewel Ron Klain, Biden se stafhoof, in ʼn twiet beweer dat uitdagings rakende die verskaffingsketting “hoëklasprobleme” is.

Met 80% van die ekonomie afhanklik van fossielbrandstof, het William McGurn van Wall Street Journal tereg gewaarsku: “Jy kan nie net ʼn groen ekonomie uitvaardig soos Joe Biden en sy ekonomiese plan blykbaar aanneem nie. Dit gaan ʼn klomp mense beïnvloed. Kyk, die basiese verskil tussen die Biden-administrasie en die Trump-administrasie wat energie betref, is dat die Trump-administrasie nie regtig enige wenners aangewys het nie.”

Dit het net gesê: “Hoe meer, hoe beter. Gaan daarvoor. Ons gaan dit vir julle makliker maak om julle energie te ontwikkel. Pryse het gedaal, aanbod het gestyg, mense was op ʼn goeie plek.” Hy vervolg: “En … dit is die werklike nadeel van die groen agenda soos sy Versoeningswetsontwerp van $3,5 biljoen (trillion) wat hy sê geen kostes het nie, het hierdie skuif om van fossielbrandstof weg te kom baie kostes en, weereens, soos baie ander kostes, kom dit swaar neer op mense aan die onderkant van die samelewing. Ek dink volgens die regering se geskatte syfers vir natuurlik brandstof, sal mense rofweg $750 betaal om hulle huise hierdie winter warm te hou. Dit is ʼn klomp geld vir baie gesinne.”

Die tweede rede vir kopers se misnoeë is die verskaffingsketting-katastrofe wat deur honderde vragskepe – wat rondom Long Beach en ander Amerikaanse hawens aan die wes- en ooskus ophoop – aanskou word. Hierdie skepe kan nie hulle voorrade aan pakhuise en winkels regoor die land lewer nie. Ontstoke verbruikers wag ongeduldig terwyl die vakansie naderkom.

In ʼn land met meer as 10 miljoen vakante poste is daar nie genoeg werkers wat besighede kan huur om die opeenhoping by die hawens te verlig nie. Daar is ʼn tekort aan trokdrywers en bestuurders en die Biden-inentingsmandate het die probleem vererger, wat weer tot gevolg gehad het dat óf baie hulle poste verloor het, óf uit hulle poste bedank het. Net in Augustus 2021 het 4,27 miljoen werkers uit hulle poste bedank. Biden is besig om die slegte gevolge daarvan te dra om gesinne $300 per week vir aanvullende werkloosheidsvoordele te betaal. Die Kinderbelastingkrediet (Child Tax Credit) het tot $3 600 aan gesinne per kind per jaar betaal.

Pres. Joe Biden. (Foto: ANDREW CABALLERO-REYNOLDS/AFP)

Bob Nardelli, voormalige hoof van Home Depot, pleit by die regering om die weermag in te roep om met die arbeidstekort te help: “Ons hou aan om van brandstoftekorte te praat. Ons hou aan om van verskaffingsketting-probleme te praat. Ons het een van die beste weermagte ter wêreld. Hierdie is mans en vroue wat bevoeg is om vragte af te laai en vragte te vervoer … dit lyk vir my as ons een of ander nasionale noodtoestand verklaar, ons hierdie mans en vroue daar kan plaas en die probleem kan oplos.”

#EmptyShelvesJoe en #BottleneckBiden is gewilde hutsmerke op Twitter met ontstoke verbruikers wat foto’s van leë rakke in hulle woonbuurte plaas en die skuld vierkantig op Biden se skouers plaas. Die kruiperige media wat Biden ironies genoeg in ʼn maalstroom van snelle ondergang ingetrek het, probeer nou om sy vele mislukkings om te swaai. Maar wat beslis die koek vat, is Pete Buttigieg, minister van vervoer, wat soos mis voor die son tydens hierdie krisis verdwyn het; met vaderskapsverlof. Hy het die erns van die verskaffingsketting-agterstand as onbelangrik afgemaak deur te sê dat die ontwrigting nog “tot in volgende jaar sal voortduur”. Hy het gesê “… vraag is hoër, want inkomste is hoër, want die president het die ekonomie suksesvol uit die kloue van ʼn skrikwekkende resessie gelei.”

In Biden se Amerika maak dit nie saak wat ons sien nie; Biden en sy trawante in die media sal op ʼn alternatiewe realiteit aanspraak maak: daar is geen grenskrisis nie, die swak September-arbeidsyfers van 194 000 poste is uitstekend, inflasie is goed, en stygende brandstofpryse dui op sy sukses om ʼn groen ekonomie te vervals. Ons leef beslis in die era van dwase terwyl Biden hom ongemerk op Trump se beleide beroep!

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Rhoda Kadalie

Meer oor die skrywer: Rhoda Kadalie

Die rubriekskrywer Rhoda Kadalie is afgetree en woon tans in die VSA. Sy is die voormalige direkteur van Impumelelo Sosiale Innovasiesentrum, menseregtekommissaris en akademikus.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Baardman

Seniele ou man. Hy moes nooit daar gewees het nie.

Charl

Nee julle wou mos vir die fossiel stem, kry vir julle, maar dis nou bye-byeden.

Frank

Genugtig Rhoda, met al die gemors wat mens deesdae oor die Demokrate se Kalifornie lees, hoe is dit dat jy nog daar woon? Is dit regtig so mooi daar? Of kry jy nie jou huis verkoop nie? Ek verstaan Texas is ‘n baie beter alternatief vir Kaliforniers.
Mooi opgesom, Rhoda!!

Danie

Ewe skielik lyk ou Trompie nie te sleg nie!!!

Heinrich

Go Brandon, Go Brandon!