#JongStemme: Geen respek vir jou nie, Bheki Cele!

Marisha Hermann (Foto: Verskaf)

Deur Marisha Hermann

Geagte Bheki Cele,

Nie meneer of oom nie. Ek noem jou op jou naam, want nadat my vriendin vasgebind en gedreig is met ʼn wapen het ek my respek vir jou verloor.

Jy kan jouself verdedig deur te sê jy ken haar nie eers nie, maar na die voorval het niemand gepraat oor die polisie se “doeltreffende dienste” nie. Dis jou verantwoordelikheid.

In my huis moet ek ses slotte sluit voordat ek steeds soms rusteloos in my bed gaan klim. Die wag het my nou die dag gevra om my hek nog vroeër te sluit, want die tralies sal my veilig hou. Rondom my is twee stelle elektriese drade. Daar is “spikes” op die kante van die pale wat die boonste verdieping regop hou. Daar is twee wagte wat deur die aand die terrein patrolleer.

Ons doen alles in ons vermoë om ʼn veilige tuiste te skep.

My veilige tuiste het ʼn hok geword en my vryheid is weggeneem deur ysters. Ek leef soos ʼn voël in ʼn kou, my voëlvrye lewe verwoes.

Die ysters maak ook nie eintlik saak nie, want as húlle wil inkom sal hulle inkom.

Ek moet aanhoor dat dit Suid-Afrika is, ek moet dit aanvaar. Ons aanvaar dat die inbrake en aanvalle, moorde, trauma gaan gebeur en daarna sal die polisie niks doen nie. Daar word nie eers meer oor alles berig nie, want daar is te veel gevalle. Net die besonderse wrede en unieke gevalle word uitgelig, en is dit nie steeds te veel nie? Of is ek verkeerd Bheki Cele?

Ek moet aanhoor dat ek dankbaar, selfs bly, moet wees dat my vriendin net vasgemaak en gedreig is. Niks erger nie. Ons sien nie meer eers die trauma raak waardeur ʼn persoon gaan nie. Ons leef met die verwagting dat ʼn aanval, moord of kaping met ons sal gebeur.

Bheki Cele, ek gee nie om of jou pa ʼn tuinwerker of jou ma ʼn huishulp was nie. Jy is vandag ʼn minister. Jou ouers het duidelik hard gewerk om vir jou ʼn toekoms te gee.

Nou het jy die verantwoordelikheid om seker te maak ons kan ten minste môre sien.

Maar, op jou, kan ek nie staat maak nie.

#JongStemme is ʼn projek deur Maroela Media en Solidariteit Jeug wat die jeug se stem in die openbare domein wil beklemtoon. Besoek Solidariteit Jeug se webblad by www.jeug.co.za vir hulp en raad met jou loopbaan.

As jy tussen 18 en 26 jaar oud is en ʼn meningstuk wil skryf, stuur ʼn e-pos na [email protected] en ons maak graag kontak met jou.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: #JongStemme, Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pietie ·

Ek stem saam het geen ooghare vir die man. Dis baie waar, voel ek bly in ford knox. Die krimineel kry voorrang en ons mag ons nie self verdedig dan dreig jy die gemors, hy moet my eers half dood maak dan mag ek iets doen. What a joke.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die hele land het misluk. Cele is net een domino wat omval…

gpsa ·

Solank die res van Afrika net hier inloop soos hulle wil en doen wat hulle wil sal daar geen wet en orde wees nie maak nie saak wie die minister van polisie is nie.

Lillian ·

Ja ek kan my tong afbyt oor wat ek jare gelede vir Bheki Cele gesê het.

Amelia ·

Cele is omring met wagte en wat ook al hy voel niks vir enige iemand nie Wil tog net raak gesien word
Jy mag nie jou self verdedig n ie maar as jy aangeval word (soos al soveel maal gesin het) en jy verdeedig jou self is jy reeds skuldig het sy in of of media maar arme bloedtjies nooit skuldig nie maak nie saak hoe jy getart word n ie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.