#JongStemme: Hoekom gaan alles deesdae net oor plaasmoorde?

Deur Ansie Bylsma

Ansie Bylsma.

Ek lees so ʼn paar dae terug ‘n tannie se kommentaar op ‘n plasing op Facebook oor plaasmoorde. Sy vra toe, “Hoekom gaan alles deesdae net oor plaasmoorde?”

Dit laat my toe dink aan ‘n gesprek wat ek gehad het met ‘n vriend, so ʼn rukkie terug. Hy het gemeen dat dit eintlik onnodig is vir plaasmoorde om soveel mediadekking te kry en dat ons die groter prentjie miskyk as ons daarop aandring dat plaasaanvalle en -moorde as ‘n prioriteitsmisdaad geklassifiseer moet word.

“An industry that feeds you, is an industry that is worth fighting for.” Dís die woorde wat by my opkom elke keer wanneer ek myself in ‘n soortgelyke situasie soos hierbo gemeld, bevind.

Ek weet daar is baie mense wat ook voel dat daar deesdae onnodig baie aandig aan hierdie kwessies gegee word, maar laat ek jou iets vertel: Totdat elke boer se lewe ook saak maak, beteken All Lives Matter net mooi niks. Totdat elke oningeligte mens die erns besef van hierdie situasie, moet ons nie ophou met bewusmaking nie. En totdat jy ten minste een aand in ‘n boer se skoene deurgebring het en met die vrees gaan slaap het waarmee hy moet gaan slaap, moenie my probeer stilmaak nie.

As dit van my afgehang het, het álles oor plaasmoorde gegaan… ten minste totdat die mense in die groot stoele iets daaromtrent gedoen het. Nee, jammer… iets effektiefs daaromtrent gedoen het.

Ek het nie gedink dit sal ooit vir my nodig wees om hierdie te moet sê nie, maar dit is blykbaar nie algemene kennis nie. Die melk wat jy drink, die vleis wat jy braai, die groente wat jy kook, die vrugte wat jy sny en die brood wat jy eet… ek weet jy het dit by ‘n supermark of waar ook al gekoop, maar ‘n boer het dit verskaf. Dus, hier is iets om aan te dink: as jy vandag al iets geëet het, wees dankbaar dat jy kon. Dit beteken die boer wat jou kos voorsien het, is nog nie vermoor nie.

Ek besef dat plaasaanvallers nie een van jou gunstelingwinkels met petrolbomme bestook of plunder nie. Nee, hulle doen iets veel erger aan die mense waarsonder jy nie kan oorleef nie. Dus, voor jy weer dink dat plaasaanvalle en -moorde onnodig baie aandig kry, vra jouself hoe lank jy sonder ʼn boer kan lewe. En as jy jou antwoord daarop het, vra jouself wat jy doen om dit te voorkom.

Ek weet dit is nie lekker om heeltyd omring te word met negatiewe dinge nie. Ek besef dit is morbied en kan onaangenaam raak om die heeltyd te moet lees van moord en roof. Ek voel net dat dit my plig is, as iemand wat 100% afhanklik van ons boere is, om te doen wat ek kan.

Ek haal my hoed af vir mense wat van die vreedsame optogte ‘n sukses maak. Ek eer die mediaplatforms wat bereid is om oor die aanvalle en moorde op ons boere te praat. Ek wens net dat elkeen van ons die moed gehad het om ons stemme te laat hoor hieroor. Ek wens dat elkeen van ons oor die kennis beskik het, om die erns van hierdie kwessie in te sien!

Moenie my verkeerd verstaan nie, Black Lives DO Matter – ek is 100% gekant teen geslagsgeweld en elke ander misdaad in ons land maak my ook smoorkwaad – maar op hierdie oomblik is die mense wat my en jou voed, besig om niks meer as wit kruise langs ‘n pad te word nie. As dít nie ‘n hele nasie laat opstaan en baklei vir wat reg is nie, dan weet ek nie wat sal nie.

  • Ansie Bylsma is ʼn uitgesproke mens en ʼn trotse plaaskind wat net buitekant die pragtige dorpie Ohrigstad in Limpopo woon. Sy is tans ʼn tweedejaar-LLB-regstudent aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus.

#JongStemme is ʼn projek deur Maroela Media en Solidariteit Jeug wat die jeug se stem in die openbare domein wil beklemtoon. Besoek Solidariteit Jeug se webblad by www.jeug.co.za vir hulp en raad met jou loopbaan.

As jy tussen 18 en 24 jaar oud is en ʼn meningstuk wil skryf, stuur ʼn e-pos na [email protected] en ons maak graag kontak met jou.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: #JongStemme, Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

lollapot ·

Groot handeklap vir jou Ansie! Baie dankie vir ‘n goeie veduideliking in ‘n omgee gees. . .
Ek wens net meer Lesers wil kom kyk wat ons JongStemme skryf!

JohanR ·

Die gesegde het my nou rerig getref, want ek het nog nooit soe daaraan gedink nie “die boer wat jou kos voorsien het, is nog nie vermoor nie.” Aan die anderkant is selfs een boer wat vermoor is vir die landbou verlore. Daai boer is weg, en miskien is van sy familie en werkers ook beseer, of dood. Daar is skielik geen bestuurder vir/op die plaas nie. Daar is lande en diere on na te sien. Ek weet daar moet ten minste twee keur ‘n dag gemelk word, as nie drie keer nie. Jy kan nie ‘n melk bees laat oorstaan sonder om te melk nie. Die ontwrugting vir die landbou van selfs een boer wat vermoor is, is onmeetbaar!

Karel Kobus Kruger ·

Vir my gaan dit geensins oor die feit dat hulle kos produseer nie. Vir my gaan dit daaroor dat hulle meer weerloos en uitgelewer is as ander groepe. En oor die wreedheid van die moorde. Indien al die boere oorskakel na die verbouing van uitvoerblomme of tabak, sal ek hulle nog steeds net soveel ondersteun.

chrismar ·

Ek glo die plaasmoorde word grotendeels gedryf op sosiale media aangesien die hoofstroommedia dit al vir so lank vermy.Die motorfietsoptogte asook die miljoen ondersteuners se vreedsame optogte haal nie die voorblaaie van ons hoofstroommedia nie omdat die hoofstroommedia sekere verskuilde agendas dryf en hulle self sien as sogenaamde meningsvormers en hulle nie toespits op feitelike en deursoekende joernalistiek nie..

saggiespraat ·

Baie Mooi gese Ansie..

Ek hou van dat ons saam kan praat oor “alles wat mal is” maar kom dit by die regte oore uit ek hoop regtig so. dus nie of die Government gaan soek vir goed om te lees hulle het net planne om die volgend ding te laat sink of wag hulle is nou hart besig om hulle self uit alles te lieg…

Maria M S ·

Baie dankie Ansie vir jou op-die-man-af berig, jy maak dat ek nog hoop het vir ons ou Volkie, want as ons nageslag in iemand soos jy se hande is, sal ons nog lank kan voortleef. Bravo!!

petro ·

Pragtig gestel. Ons het meer jongmense soos jy nodig, want julle is die toekoms.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.