#JongStemme: Om te studeer waar dit werk

Deur Marisha Hermann

Marisha Hermann.

Ek sien ‘n video op my vriendin se WhatsApp-status van ‘n man wat na hul kar hardloop met ‘n ysterhark. Hulle moes inderhaas agteruit ry om weg te kom van die aggressiewe man. Hy wou net ’n punt bewys dat klasgelde op universiteit nie betaal hoef te word nie. Hy wou weet waarom sal klasse nóú moet begin.

Nog ‘n vriendin maak ‘n plasing op Instagram en deel haar frustrasie oor die universiteitstelsel wat nie werk nie. Sy vertel hoe sy twee uur lank moes sukkel om aanlyn by haar klas in te kom. Oriëntering was ook nie soos hulle verwag het nie. Op ‘n memeblad van een van die universiteite word daar gespot dat “wanneer korona verby is” is presies dieselfde as “wanneer die universiteit jou e-pos antwoord”. My vriend laat weet dat hy lank gesukkel het om sy dokumente vir honneurs in te dien, want hy mag nie op die universiteitsterrein kom nie.

Op sosiale media het ’n oom my gelukgewens met my matriekuitslae, maar volg dan met die woorde dat dit jammer is dat ek by Akademia studeer.

Liewe oom, ek nooi u uit vir ‘n koppie boeretroos en dan gesels ons oor waarom oom vir my jammer is, want ek is nie jammer dat ek by Akademia studeer nie. Ek is jammer vir oom dat oom nie kan insien waarom ek nie daar sal studeer nie.

Akademia bou aan ’n universiteit van wêreldklasgehalte terwyl die man met die hark sy universiteit afbreek.

Ek het ingeskryf by dié privaat hoër onderwys-instelling en Akademia gekies met die doel om in Afrikaans te studeer en om die beste opleiding moontlik te kry. Met die eerstejaarskamp het 94 individue se harte vinnig geklop en die vrees was hoog vir die nuwe wêreld wat betree word. Met die busrit terug het ons as ’n familie teruggery en die individue het een geword. Ons het vir mekaar begin omgee. Ons het gesels asof ons mekaar jare lank ken. Elkeen se karakter verskil en dis goed so, want elkeen dra by tot die familie. Ons is ’n groep baie sterk eerstejaars wat daarna streef om voort te bou, te verander en te verbeter in die toekoms in.

Die oriëntering was nie soos ek verwag het nie. Dit was meer indrukwekkend – die oriënteringsweek het my kennis verbreed en my verder laat dink oor gemeenskappe, die natuur en verhoudings. Ek het die voorreg om my klasse op kampus te hê. My klasse het op tyd begin. Ek het sonder enige optogte my klasse in vrede begin. Ek is veilig op my kampus. Ek sien my dosente in die klasse. My e-posse word beantwoord binne 48 uur. Ons geniet kuiers by ons kafeteria. Ons stig tradisies en belê elke dag in die toekoms. Ons vorm ’n familiegemeenskap wat net sterker word met elke tree.

Geagte oom, ek sal graag wil weet waarom oom my jammer kry as alles goed gaan waar ek studeer?

  • Marisha Hermann is ‘n eerstejaarstudent en studeer BA kommunikasie en joernalistiek aan Akademia.

#JongStemme is ʼn projek deur Maroela Media en Solidariteit Jeug wat die jeug se stem in die openbare domein wil beklemtoon. Besoek Solidariteit Jeug se webblad by www.jeug.co.za vir hulp en raad met jou loopbaan.

As jy tussen 18 en 24 jaar oud is en ʼn meningstuk wil skryf, stuur ʼn e-pos na [email protected] en ons maak graag kontak met jou.  

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Chrisp

Ek was ook laaaank gelede ‘n student op ‘n Afrikaanse kampus waar ons in vrede kon studeer in Afrikaans .Dit was wonderlike jare wat ek aangeneem het vir altyd verby was vir my mense in die land en toe kom Akademia! Geniet jou jongmens jare en studeer met oorgawe hierdie land gaan julle nugter jongmense uiters nodig kry in die toekoms en moet jou nie aan die oom steur nie, hierdie oom is werklik beindruk deur jou nugter en wyse besluit. Ek hoop jou uitnodiging vir ‘n koppie boeretroos word aanvaar sodat jy mooi aan hom die situasie kan verduidelik… Lees meer »

Willem

Wonderlik meisiekind dat jy die oom op sy plek sit en wees trots op jou studieplek. Dankie Solidarideit dat daar so iets vir ons jong kinders is waar hul net kan mens wees en sondrr vrese studeer

Alet

Sou so graag ook my kind soontoe wou stuur. Ongelukkig word nie alle vakrigtings aangebeid nie en dit is juis een van my vrese hoe gaan ek hom in universtiteit kry. Hy het heeltemal te min melanien in sy vel.

Tian

Mooi gesê…

Mier14

Ek sien met groot verwagting uit hoe Akademia gaan groei. Ongelukkig het hulle op die stadium nie ‘n rigting waarin my kind belangstel nie. Dankbaar vir dit wat Akademia alreeds vermag het!