#JongStemme: Stel vegans diere bo mense?

Deur Tivan Leak

Tivan Leak.

Ek sal nooit ophou vleis eet nie en vegans is vreemde ongesonde mense wat meer vir diere as vir hulle medemense omgee – of so hét ek gedink.

Veganisme verwys onder meer na ’n leefstylkeuse wat gegrond word op die oortuiging dat diere ervarende wesens is met ’n kapasiteit om te voel en nie as kommoditeite behoort te beskou word nie. Diere word dus nie bo mense gestel nie, maar word eerder van goedere en dienste, waarmee ons handel dryf, onderskei.

Veganiste is toe ook nie so ongesond soos wat ek vroeër gedink het nie. Die American Dietetic Association en die British Dietetic Association (die grootste verenigings vir voedingswaarde en dieetkundiges in die onderskeie lande) is dit eens dat ’n goedbeplande vegandieet geskik en gesond is vir elke stadium van menslike ontwikkeling, insluitend swangerskap en borsvoeding.

Navorsing bevind ook dat goedbeplande plantgebaseerde diëte, nie net gesond is nie, maar bydra tot verminderde risiko van kardio-metaboliese siektes – ’n 40% laer risiko vir hartsiektes; en ’n 29% laer risiko vir serebraalvaskulêre siektes.

As mense dan nie vleis nodig het vir oorlewing nie, waarom eet ons dit dan nog?

Dit is die antwoord op hierdie vraag wat my uiteindelik oortuig het om van diereprodukte afstand te doen. Die rede waarom mense in 2020 steeds vleis en ander diereprodukte verbruik, is omdat dit vir ons lekker is (of moontlik omdat ons oningelig is), nie omdat dit noodsaaklik vir ons gesonde voortbestaan is nie.

Ek beskou myself as ietwat van ’n diereliefhebber, niks buitengewoon nie – ek vryf die honde wanneer ek by ’n nuwe huis aankom, ek word hartseer wanneer ek sien hoe swaar die koalas met die brande in Australië kry en ek kyk so dan en wan ’n dokumentêr oor diere in verskeie habitatte. Dit is, volgens my, verkeerd om diere dood te maak, maar soos met alles, is daar uitsonderings op die reël.

Ek dink byvoorbeeld nie dat iemand wat ’n leeu – wat lewensbedreigend op hulle afstorm – doodskiet, verkeerd is nie. Daar is dus ’n mate van regverdiging verskuldig voordat mens die lewe van ’n dier neem en in dié verband kan daar goeie of slegte redes wees.

Wanneer ons vleis eet – nie omdat dit lewensnoodsaaklik is nie, maar omdat dit lekker is, maak ons diere dood ter wille van smaak. Om diere ter wille van smaakvoorkeure dood te maak, is ’n slegte rede om diere dood te maak. Volgens hierdie rede sou ’n persoon, wat rondloperhonde met hulle motor doodry omdat hulle daarvan hou, ook in hulle dade geregverdig wees.

Wanneer die aanvraag na vleis verhoog, voorsien die mark daaraan deur meer diere te slag.

Daar word beraam dat indien mense mekaar doodmaak teen die dieselfde spoed waarteen ons plaasdiere slag, die mensdom binne net ʼn paar dae totaal uitgewis sou wees (70 miljard plaasdiere word jaarliks wêreldwyd geslag).

Die diere wat se vleis op ons supermarkrakke verkoop word, is individue – soos die troeteldiere waarmee ons ons huise deel. Hulle het unieke persoonlikhede, hulle kan ervaar en vir hulself dink. Dink aan hierdie diere volgende keer voordat jy ’n besluit neem oor jou volgende maaltyd, want elke ete is ’n besluit en elke besluit kan ’n lewe red.

  • Tivan Leak is van Pretoria en het ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch studeer.

#JongStemme is ʼn projek deur Maroela Media en Solidariteit Jeug wat die jeug se stem in die openbare domein wil beklemtoon. Besoek Solidariteit Jeug se webblad by www.jeug.co.za vir hulp en advies met jou loopbaan!

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: #JongStemme, Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Hentie Smit ·

James, ʼn dier mag dalk gevoelens hê, maar verseker nie siele nie.

Patrys ·

@Hentie, hoe kan jy so seker wees? In Prediker 3 staan daar dat mens en dier lewe en doodgaan, op presies dieselfde manier. Dat die mens nie voordeel het bo ‘n dier nie. Mense het nie ‘n siel ontwikkel seder Mattheus nie. Mense het siele in die ou testament reeds gehad. Diere het siele en gevoelens, en hier is nog ‘n shocker vir jou – diere het elkeen sy eie persoonlikheid ook. Nie een dieselfde nie. Mense verkies om te glo diere het nie gevoelens nie en diere het nie siele nie, dit sus die gewete as jy so lekker smul aan jou steak van hoe daardie dier behandel is voor hy geslag is wat hy moes verduur voor hy geslag is. Ignorance is bliss nê……

Ons almal lewer bydraes ·

Slagdiere se oorlewing as spesies is te danke aan vleiseters. As dit nie was vir vleiseters nie, sou hoenders, skape, beeste en varke dalk net in dieretuine of in musuems te siene gewees het. Bygese moet alle kos (lewendig of gedood) met respek behandel word.

Alex ·

Patrys, ek glo plante is ook lewend en het ook siele! Ek sal graag wil weet, presies waar trek jy die streep?

Wonder maar net ·

Die spesie “homosapiens” is omnivore. Omnivore se tande is gebou om plante en dier vleis te eet. Dit is normaal om vleis en plante te eet. En dit is wat ek eet. Ek is normaal!

Rudolph van Wyk ·

Net omdat jy ‘n omnivoor is gee dit jou nie ‘n verskoning om deel te neem aan die wrede mishandeling en dood maak van weerlose diere nie. Geen mens se smaak kan ooit belangriker wees as die lewe van ‘n voelende, denkende medeskepsel nie

Alex ·

Rudolph, veg dan eerder teen die mishandeling van diere! Ek stem saam dat ‘n dier vinnig en pynloos moet sterf.

VV ·

Mag mense se oë oopgaan en ophou om diere aan die wreedste en ergste mishandeling denkbaar bloot te stel. Dankie vir die artikel.

André du Toit ·

Die Bybel beskryf die siel as lewe. Voor die vloed het die mens nie vleis geëet nie. Adam en Eva kon van die sade van die bome asook vrugte eet. Die mens is nie geskape om vleis te eet nie.

Vheg In ·

Mensliker wys slag , se ek . As ons n bees slag wat al n naam gekry het wil niemand saam eet nie , maar nie as dit biltong is nie . Grond het al die grondstowwe in wat Vegans en Terranins nodig het . Dig in !

Tannie ·

Die opgestane Jesus het dan vir sy dissipels vis voorberei op die strand?

Karien ·

Ja, tannie, sê ek mos ook, en manna en kwartels…. nogal kwartels gegee vir Isrealiete om te eet in die woestyn. Ek het al vegan geëet, gee nie om om hier en daar my vleis en eiers en goed te los nie, maar nee, n vleiseter sal ek bly. In die Bybel is daar ook n vers wat sê jy moet nie die oordeel wat nie vleis eet nie, maar hulle moet ook nie die oordeel wat wel vleis eet nie, so, beide is reg, doen wat vir jou werk. Romeine 14 die eerste gedeelte.

Engela ·

Romeine 14: “1. Aanvaar die een wat in die geloof swak is, sonder om met hom te stry as sy opvatting van joune verskil. 2. Een glo ‘n mens mag alles eet; ‘n ander is swak in die geloof, en hy eet net groente. 3. Die een wat alles eet, moet die ander wat net groente eet, nie verag nie; en die een wat net groente eet, moet die ander wat alles eet, nie veroordeel nie, want God het hom aangeneem.”

BFJ ·

Diere is baie meer sensitief en intelligent as wat die meeste mense dink. Martin Buber het gesê: “An animals eyes have the power to speak a great language”.

Selfs in Suid-Afrika is daar reeds mense wat anders begin dink oor wat diere moet deurgaan vir die mens se spyskaart. Alhoewel tans in ‘n baie mindere mate as wat die geval is van mense wat in hoogs ontwikkelde lande in Europa en Noord-Amerka woon maar daar is steeds of reeds mense in Suid-Afrika wat anders begin dink oor wat regtig die waarheid is.

@Vheg in – Hoekom verwag jy van mense om grond te eet? Menslikheid is baie belangrik in hierde lewe en dit sluit beslis nie in om vir mense te sê om grond te eet nie.

Feite ·

Die vegans stel hulle voorkeure om hulle behoeftes te bevredig bo die voorkeure van ander mense wie van n vleisie hou. Elke mens het die reg om te eet wat hom of haar gelukkig maak, solank dit wetlik, natuurlik en seker ook bybels aanvaarbaar is. Mense het al mense ge-eet om te kon oorleef, so vegans moet versigtig wees om nie hulself te hoog bo ander wie vleis verkies, te ag nie. Dit is goed om jammer te voel vir diere, maar voel tog so ook vir mense. Ek voel jammer vir die plante wat vegans eet, maar ek voel jammerder vir die vegans!

Rudolph van Wyk ·

Karniste (mense wat diere laat mishandel vir smaak, vermaak of mode) sê altyd dis hulle keuse om die liggaamsdele van diere te eet. Dit is vergelykbaar met ‘n pedofiel wat sê dit is sy keuse om kinders te molesteer. Die karnis vergeet gerieflik van die weerlose slagoffer wat nie ‘n keuse gegee word nie so moenie jou wrede dade verskuil agter ‘persoonlike keuse’ nie

Alex ·

Dan is ons nie karniste nie, want ons glo nie diere moet mishandel word vir smaak, vermaak of mode nie. Ons is bloot die nasate van mense wat duisende jare lank vleis eet. Selfs ons naaste familie naamlik bobbejane en sjimpansees eet vleis. Het jy geweet dat daar ander diere soos leeus ook vleis eet?

Siener ·

As die Vegans net wil besef dat Miljoene insekte, Larwes, paddas doodgemaak word deur gif wat op groentes en gewasse soos blaarslaai gesluit word om ‘n gesonde produk te verseker. Paddas, Slange, Jakkelse, ens eet hierdie vergiftige dieretjies en insekte wat dan ook hulle op die ou einde doodmaak. Nee wat Vegans het meer bloed op hulle hande as vleiseters.

Martin ·

Jy verstaan ook seker dat meer as 70% van alle gewasse, vir die diere wat ons as mens eet gegroei word… Dit beteken dat daar meer insekte, jakkelse, paddas en slange vrek vir vleis..

Alex ·

Moet al die diere waarvoor vegans dan omgee, dan nou vrek as ons nie vir hulle kos voorsien nie?

Balans ·

Geluk, Tivan, met ‘n goeie #JongStemme stuk, wat duidelik debat ontlok!

My vrees is die bees- en skaapboere wat op grond boer wat te arm is om op te saai, asook die kulturele impak van braaivleis wat wegval.

Daarmee saam is vleis gewoon vir my lekker!

Siener ·

As vegan “Ted Nugent Vegan Bomb” google sal hulle weer vleis begin eet.
Vegans is die grootste moordenaars van diere. Luister dit en besluit self.

Rudolph ·

Daar sal altyd mense wees wat wetenskap ignoreer. Geen verdere kommentaar is nodig nie

Josi ·

Gaan juis n lekker steak braai vanaand saam bietjie biltong! yum yum yummmm!

Wessel ·

Hierdie afwyking is die gevolg van die evolusie teorie. Mens en dier word op dieselfde vlak geplaas, in die sin van, dat mens ook maar oorpronklik ‘n dier was.

Weegskaal ·

Ongelukkig word veganisme (en soortgelyke idees) hoofsaaklik gedryf deur emosie, en is nie gebaseer op goeie wetenskaplike navorsing nie. Daar is werklik geen goeie rede om die soort leefstyl te volg nie, daar is wel baie goeie voedingkundige redes om dit te vermy. Oordrewe emosie veroorsaak dat mense verkeerde besluite neem, ongelukkig met langtermyn gevolge vir hulleself, (en hulle kinders in die geval, en selfs hulle troeteldiere). Uiteindelik bly dit ‘n keuse, maar maak seker jy maak ‘n ingeligte keuse, al is die nie in pas met die huidige mode nie.

Rudolph ·

My keuse om vegan te wees het absoluut niks met emosie te doen nie. Dit is 100% op wetenskap gebaseer. Karniste is die grootste ontkenners van die wetenskap. Daar is miljoene mense regoor die wereld wat al vir duisende jare slegs van plante leef. Die grootse professionele dieëtkundige organisasie in die wereld het op rekord gegaan om te verklaar dat ‘n goed beplande plant-gebaseerde dieët is geskik vir alle fases van die mens se lewe asook vir alle lewensaktiwiteit insluitend kompiterende sport. My bloedtoetsuitslae, sowel as my fisiese eienskappe in terme van energie, slaap, krag en uithouvermoë het oor die 3 jaar wat ek geen diereproduk gebruik nie dramaties verbeter en is steeds besig om te verbeter. Ek tel swaarder gewigte op en hardloop verder en vinniger op 66 as wat ek gedoen het op 40. My liggaamsmas indeks het verbeter van ‘oorgewig’ na normaal binne 2 maande sonder dat ek enigsens my voedsel inname verminder het.

PietS ·

Lees Gen9:3. Dit is natuurlik belowe voordat die wet van Moses vir die Israeliete ingestel is.

Lees ook Psalm 8.

Sarie ·

My liggaam vra vleis en ek gee hom wat hy nodig het en as geen vee geslag word nie en wild uitgedun word nie sal die wereld baie vinnig oorstok wees van vee en wild en kom droogte soos nou dink net aan al die vrektes en karkasse wat opgeruim moet word en wat sal die doel van veeboerdery wees as dit nie geslag mag word nie?

Henko Pienaar ·

Ongelukkig is Veganisme soos meeste fad diëre kort termyn voordeel, lang termyn nadeel. Om net groente te eet moet mens onnatuurlike aanvullings neem om op te maak vir die protein, yster en ander minerale wat jou ligaam nie inkry nie. Verder het veganise produkte meer chemikalie en hormone in wat lang termyn newe effekte het en lei tot depressie. Baie mense wat vegan gaan sê hulle voel anders oor dit en dit is waar. Die chemise en hormoon wan balans veroorsaak ‘n verandering wat oir die lang termyn skadelik is vir jou. Soos alles moet daar matigheid wees en die “vegan meat” en soortgelyke produkte doen meer skade as goed. Lees die onnatuurlike bestandele wat gebruik word in sulke produkte en dan sal mens sien dat vleis is gesonder

Ja swaer ·

Al ooit daaraan gedink dat miljoene Afrika bewoners afhanklik is van bokke, beeste en skape, asook vis, as hul primere bron van voedsel en nie omdat hulle kwansuis vd smaak hou nie. Kyk bietjie wyer en nie net met ‘n Westerse perspektief nie …

Wilhelm ·

Ek eet groente, vrugte, sade, vleis, kaas, eiers, heuning, ek drink melk, ek dra leer skoene, leer baadtjies en leer belde. En ek geniet elke oomblik.

Elna Lush ·

Ek is 100% vegan sedert Desember, nadat ek Game changers en H.O.P.E. , what you eat matters” gekyk het! My gesondheid het n ommekeer gemaak, ek is vol lewenslus en energie, ek sal nooit weer terugkeer na vleis en suiwel nie. Vir julle wat nog vleis en suiwel eet, kyk “Dominion full documentary” op youtube. Dis afgryslik, wreed! Ons vleis en suiwel maak ons siek, dis vol antibiotiekas en hormone, wat NIE met ons liggame akkordeer nie! Alle hartsiektes, kolestrol, hoë bloeddruk, diabetes, aknee, jy noem dit, is suiwelverwant! As jou en jou gesin se gesondheid vir jou belangrik is, kyk weer na veganisme!

Wilhelm ·

Ah… Game Changers… baie goeie movie van James Cameron, reuse groot budget soos sy ander flieks. Dis baie goed gedoen, en heeltemal te verstane dat mense dit vir soet koek wil opeet, dis eintlik briljant gedoen. Maar die feit dat dit vervaardig is deur James Cameron is ook jou eerste aanduiding om die “feite” maar vir jouself te gaan navors. Gaan google bv James Cameron se beleggings in plant-kos (die tiepes wat vleis naboots) dan sien jy dat hy baie groot beleggings daarin het… dan begin jy verstaan wat hy probeer bereik. Gaan kyk na die atlete wat in hulle in die fliek het, gaan kyk na die werklike prestasies van die Aus vroue atleet… daar is ‘n rede hoekom jy nog nooit van haar gehoor het voor die fliek nie. Dieselfde vir die kamma sterk-man, die kamma dokters, ens. Ou Arnie homself probeer ons ook oortuig in Game Changers, hy is James Cameron se groot maatjie van Terminator dae af. Hy het nog baie onlangs vertel hoe baie vleis en eiers hy elke dag verslint. Vra gou jouself: Is plante nuut? Nee… so hoekom is al die werklike TOP atlete nie op slegs-plant-dieet nie… wil hulle dan nie wen nie of wat? Ek dink daar is meriete in plant dieete, daar is veral meriete daarin om bloot te probeer om gesond te leef, maar dis elkeen se keuse hoe.
Neem tog maar ingeligte besluite en moenie dink jy is slim na ‘n Netflix sessie nie.

Adri ·

Ek is SO bly vir jou :)
Hou so aan.
As jy n versapper het, probeer donker groen groente soos spinasie of kale, en 2 wortels, dalk bietjie komkommer en n appel or 2 (as jy dit soet wil he), en bietjie gemmer daagliks versap.
Jy sal sommer gou sien hoe goed jy begin voel en hoe mooi jou vel en liggaam word.
Selluliet word gou minder.
En as jy kan – probeer suiker uitsny. Dit maak n massiewe verskil.
Oooh en die nageregte is ongelooflik en jy kan dit GENIET :)

O ja –

Vegan in wording ·

‘n Vegan dieet is sonder twyfel gesonder. Ons eet wel vleis maar slegs een maal per week. Vir my is dit belangrik dat daardie bees of skaap minstens gelukkig geleef het, dus is ons vleis altyd “loslappies” (free range). Dit raak egter al hoe moeiliker om vleisetend te bly, wetend hoeveel diere geslag moet word om ‘n reeds oorbevolkte aarde en nog vinniger groeiende bevolking te voed en dat dit meesal op wreedaardige wyse geskied. Daar is niks lekkerder as ‘n ou eiervruggie ea groente oor die kole gebraai nie.

PietS ·

Genesis 9:3 King James Version (KJV)
Every moving thing that liveth shall be meat for you; even as the green herb have I given you all things.

Psalm 8 King James Version (KJV)
8 O Lord, our Lord, how excellent is thy name in all the earth! who hast set thy glory above the heavens.

2 Out of the mouth of babes and sucklings hast thou ordained strength because of thine enemies, that thou mightest still the enemy and the avenger.

3 When I consider thy heavens, the work of thy fingers, the moon and the stars, which thou hast ordained;

4 What is man, that thou art mindful of him? and the son of man, that thou visitest him?

5 For thou hast made him a little lower than the angels, and hast crowned him with glory and honour.

6 Thou madest him to have dominion over the works of thy hands; thou hast put all things under his feet:

7 All sheep and oxen, yea, and the beasts of the field;

8 The fowl of the air, and the fish of the sea, and whatsoever passeth through the paths of the seas.

9 O Lord our Lord, how excellent is thy name in all the earth!

sipho ·

Weet julle hoeveel werksgeleenthede word deur vleis produsente verskaf,
Waar gaan die mense werk kry.
Jy kan nie mense van alle kleure se tradisies wil aanpas wat miljoene jare oud is
om by jou nuwe leefstyl te pas nie.

Adri ·

Het jy geweet dat Daniel wat in die leeukuil was n streng vegan was??
Hulle het gese as hy na n jaar swakker is sal hy vleis MOET eet.
En raai wat?
n Jaar later was hy mooier EN sterker.
Hierdie is nie n “nuwe” ding nie.
En selfs as dit was – dis dalk tyd om wakker te word en jou liggaam en ook diere se lewens te respekteer.
Waar gaan die mense werk kry?
Hulle sal uiteindelik hulle pilletjies kan ophou drink en die energie kry om initiatief te neem en hulle eie ding te doen.

PietS ·

Adri

En wat van die arme plante se lewens. Jou gevoel lê ook maar net so diep as wat dit jou pas.

Arne ·

Baie mense se hier hulle glo baie dinge. Hoe weet hulle hierdie dinge wat hulle glo oor moraliteit? Watter morele standaard pas die mense toe hier, en wat maak dit objektief en universieel?

Die antwoord is natuurlik dat dit nie objektief of universieel is nie. Dis die mense se subjektiewe opinies. Daar is wel een objektiewe en universeële morele standaard: God se Woord.

Gaan lees bietjie wat se God se Woord die onderwerp :) Dis al hoe ons werklik sal kan weet wat reg of verkeerd is.

Rupert Ashford ·

Goed dan. Wat is die wat so danig besorg is oor die diere se siele en lewens se siening oor aborsie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.