#JongStemme: Vat die langpad, vrou-alleen 

Deur Marisha Hermann

Marisha Hermann

Ek het onlangs my tas gepak met alles wat ek moontlik sal nodig hê (winter en somer, al is dit winter), ʼn pak nartjies en my gunstelingpeuselhappies. Ek het vrou-alleen gaan toer. Ja, vrou-alleen in Suid-Afrika.

Met hierdie reis het ek anders begin kyk na die pad wat welbekend is na my familielede. Ek het ʼn ander deel van myself leer ken. Ek het nie nodig gehad om aan enigiemand te verduidelik waarom ek ʼn halfuur later gery het of waarom ek besluit het om my planne te verander nie. Dis ʼn anderste soort vryheid. ʼn Tyd waarin jy tyd kry om te dink. Ek sal definitief aanbeveel dat elke vrou so ʼn toer moet beleef!

Hier volg ʼn klein bietjie raad vir elke vrou wat graag alleen sal wil gaan toer vanuit my ervaring.

  • Lyk selfversekerd al is jy nie so seker wat jy doen nie. Wees dapper. Dit is wel vreesaanjaend om alleen te toer, maar dis definitief die moeite werd.
  • Ken jou roete goed. Weet min of meer waarheen jy gaan. Begin by ʼn gebied wat jy ken. Jy hoef wel nie elke dag haarfyn te beplan nie. Wees ook bereid om aan te pas en ʼn nuwe plan te maak.
  • Stuur jou “live location” vir ʼn vriend of familielid net om veilig te wees.
  • Stel vir jouself grense. Jy moet vir jouself ʼn begroting opstel, grense stel in terme van hoe ver en hoe lank jy aan een sal ry.
  • Wees verantwoordelik en moenie kanse vat as jy alleen is nie. Onthou dat jy nou in ʼn vreemde area is.
  • Stop by soveel padstalle moontlik, maar dis nie nodig om by elkeen iets te koop nie. Maak net seker jy beleef en ervaar soveel as moontlik. Probeer om nie die gewone goed te doen wat jy saam met jou familie of vriende sou doen nie. Doen iets unieks.
  • Pak jou gunsteling-CD’s in. Daar is nie altyd sein in al die dele van die land nie. Sing hard saam, niemand gaan jou sien of hoor nie!

Dis jóú toer. Jy mag alles kies waarvan jy hou sodat jy dit ten volle kan geniet! Beplan jou toer vandag nog!

  • Marisha Hermann is ʼn tweedejaar BA kommunikasie student aan Akademia. Sy geniet ʼn unieke uitdaging en skryf en teken graag in haar vrye tyd. Tans is sy besig om haar volgende toer te beplan! 

#JongStemme is ʼn projek deur Maroela Media en Solidariteit Jeug wat die jeug se stem in die openbare domein wil beklemtoon. Besoek Solidariteit Jeug se webblad by www.jeug.co.za vir hulp en raad met jou loopbaan.

As jy tussen 18 en 26 jaar oud is en ʼn meningstuk wil skryf, stuur ʼn e-pos na [email protected] en ons maak graag kontak met jou. 

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: #JongStemme, Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

RS ·

Ja daar is duisende wat dit sou wil doen, maar waar moet n mens geld kry?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.