#JongStemme: Verpligte inentings is teen almal se menseregte

Deur Michelle Hammann

Michelle Hammann

Baie studente het by die Noordwes-Universiteit (NWU) ingeskryf omdat dit verlede jaar een van die enigste universiteite sonder ʼn verpligte inentingsbeleid teen Covid-19 was. Hierdie studente is nou wel spyt daaroor. Nadat die meeste studente reeds registrasiegelde en selfs die eerste semester se klasgelde betaal het, het die NWU se verklaring van 4 Februarie 2022 baie geskok. Die NWU het ʼn sogenaamde “nie-verpligte”-inentingsbeleid ingestel, maar die inentings is eintlik verpligtend. Die beleid is dieselfde as ander universiteite se beleide wat dit wel verpligte inentings noem.

Studente moet aansoek doen om vrystelling van inenting teen Covid-19 te kry, wat wel afgekeur kan word soos by die meeste ander universiteite. Al word studente vir vrystelling aanvaar, sal hulle steeds ingeperk word en nie dieselfde geleenthede gebied word as ander studente wat wel ingeënt is nie. Indien studente nie ingeënt wil word nie, of afgekeur word vir vrystelling, sal hulle verbied word van die NWU se persele en aktiwiteite vanaf ongeveer 4 Maart 2022.

Verpligte inentings is teen almal se menseregte. Dit is teen ons vryheid van keuse, vryheid van geloof, vryheid tot onderrig en vryheid van beweging (om maar net ʼn paar te noem). Dit maak ook inbreuk op die Nuremberg-kode wat internasionaal erken word.

Ek kan nie glo dat hierdie nuwe beleid van die NWU ingestel is in ʼn tydperk waar Covid-19-gevalle afneem en wanneer die ramptoestand moontlik binnekort opgehef gaan word nie. Hulle het eers gewag dat studente ander opsies van universiteite wegwys, klaar registreer en betaal voordat die beleid bekend gemaak is. Ander universiteite het reeds verlede jaar hulle inentingsbeleide bekend gemaak. Dit wys dat die NWU ʼn onetiese benadering gekies het wat die inentings betref.

Ek was so opgewonde om deel te word van die NWU in Potchefstroom hierdie jaar en ek het angstig gewag vir elke nuwe e-pos van die voormalige puik instansie. As ek vroegtydig geweet het van die NWU se planne om hierdie ongrondwetlike inentingsbeleid te implementeer, sou ek nooit eers ingeskryf het nie. Dit gaan nie oor pro-vax of anti-vax nie, dit gaan oor pro-keuse. Die universiteit is besig om soveel studente van hulle keuses te ontneem deur hulle te dwing om ingeënt te word. Baie studente swig reeds onder die aanhoudende druk van dreigemente dat hulle hul leierskapsposisies kan verloor. Hulle offer hul beginsels en waardes op net om deel van die universiteit te kan wees. Ek het nooit gedink dat daar, veral in Suid-Afrika, weereens só teen mense gediskrimineer sal word nie. Alle personeel word ook gedwing om ingeënt te word. Die NWU se inentingsbeleid is onwettig en dit moenie geduld word nie.

Ek het op 5 Februarie, na die NWU se verklaring van hulle verpligte inentingsbeleid, ʼn petisie daarteen begin. Almal wat saam vir ons menseregte wil veg, kan dit hier onderteken. ʼn Groep studente is ook besig om ʼn optog teen die universiteit se inentingsbeleid te reël. Solank ons saam vir ons regte veg en nie moed verloor nie, sal ons wen!

  • Michelle Hammann is ʼn eerstejaarstudent in BA Kommunikasie aan die NWU.

#JongStemme is ʼn projek deur Maroela Media en Solidariteit Jeug wat die jeug se stem in die openbare domein wil beklemtoon. Besoek Solidariteit Jeug se webblad by www.jeug.co.za vir hulp en raad met jou loopbaan.

As jy tussen 18 en 26 jaar oud is en ʼn meningstuk wil skryf, stuur ʼn e-pos na [email protected] en ons maak graag kontak met jou. 

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: #JongStemme, Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Miskruier ·

N jongmens mag nie verplig word om n middel te neem want hul het n volle werkende immuunstelsel. Dié wat dit nie het nie, kan self besluit of hul dit wil neem. Die vaksien verminder nie die verspreiding van die virus nie.

Ratel ·

Nee ou piet. Soos baie ander van jou plasings sit jy die pot heeltemal mis. Dit “voorkom” slegs dat jy nie dood gaan of by die dood omdraai nie.

Christine ·

Wat ‘n laagtepunt vir die Pukke – dis ‘n erge teleurstelling vir my as ouer wat ‘n kind het wat daar studeer het en net lof vir die NWU gehad het. Die nuwe soort apartheid wat sy lelike kop uit steek is verregaande.

Hendrik ·

Los gesonde mense uit en ent dan die mense met onderliggende siektes. Kom ons noem onderliggende siektes op : diabetes, vetsug, hartsiektes, imuunsiektes ens. Jongmense kry nie eers ‘n snuffie en almal is om hulle siek want hulle immuniteit werk.

Hendrik ·

Nee glad nie en daar gaan met gewone griep ook jongmense dood. Wat ek se is dat jou profiel met ‘n mediese ondersoek wys dat jy imuunstelsel onderdruk is of daar onderligende siektes is , moet jy waarskynlik ingeent word.

Ratel ·

Se dit vir almal wat na inenting diabetes, bloed druk of enige ander lastigheid bekom het.

marius ·

Daar is geen menseregte nie . Net mags mal regeerders wat mense uitbuit vir eie gewin , en bloedgeld betaal word daarvoor . Dis die waarheid .

JD ·

Lyk my daar is n moeilike keuse te maak tussen my gesonde verstand te gebruik, of glo blindelings dat inentings oor gesondheid gaan en nie oor beheer nie.

Trotse Boervrou ·

Puik geskryf Michelle! Stem 100% saam. Staan op vir dit waarin jy glo, veral wanneer dit by jou liggaam kom. Jou liggaam, jou keuse. Moet jou asb nie aan die negatiewe kommentaar steur nie. Moenie jou energie op hulle mors nie. Hulle is ook geregtig op hul opinie maar lees sommer net verby dit. Daar is duisende wat jou ondersteun. Trots op jou!

Hendrik ·

Botswana is n baie goeie bewys dat dit net om geld gaan, hulle verplig nou almal om gespuit te word want hulle wil nie miljoene rande se vacines weggooi as dit verval in April nie. Dit gaan net oor die geldelike verlies.

Ivana ·

Ag liewe genade mense, niemand het gese die inenting gaan die virus keer nie, jou kanse is net soveel beter. Ek kan nie glo daar is nog mense wat anti-vax is nie. Julle moet almal jul Bybels gaan lees asb en lees dit reg, nie interpreteer soos wat dit julle pas nie. My hele familie tot my 86jarige pa is ingeent en ons almal is 100% gesond en normaal

johan ·

My liewe Ivana, ons in oningeent en ook almal 100% gesond en normaal….

Hendrik ·

Nou wat wil jy bereik met die inenting? Al wat hy dalk doen is om jou bietjie minder siek te maak, en dis my keuse hoe siek ek wil voel. Verder doen dit niks anders nie. Dit stop nie die virus nie. Dit keer nie dat ek jou wat reeds ingeent is aansteek nie. Dit keer nie dat jy wat ingeent is my aansteek nie, maak nie saak of ek ingeent is of nie. Dit bring nie die aansteeklikheids koers af nie. So wat bly daar dan vir jou oor om my te oortuig dat ek deel van n eksperiment moet wees waarvan die nagevolge moontlik dodelik vir my kan wees. Ek weet nie vooraf hoe my liggaam daarop gaan reageer nie. Dus hoekom wil jy hê moet ek die risiko vat terwyl ek gesond is en reeds meer as 10 keer in direkte aanraking was met mense wat n dag of twee later positief getoets het en ek het nooit siek geword nie.

Louis ·

Ek my vrou in ons sestigs en my vrou se pa 93 het al die virus gehad en nie een van ons is ingeent nie. Ons het net gewone griep medikasie gebruik wat ons by die apteek gekry het en is nou gesond. So die inenting is n klomp nonsens

Chrisp ·

Ivana die media het juis verkondig dat die inenting die virus keer …..

Gerra ·

Dankie jonge dame!!! Ek sal op my kniee bly oor hierdie saak en vir jou. Mag julle stryd ander se oë laat oopgaan.

Pieter ·

Ongeveer al die dokters is ingeënt maar ons facebook dokters dink hulle weet beter, hierdie mense het 7 jaar geleer om mense gesond te maak, ek dink hulle weet van beter. As jy dokter toe gaan met griep spuit hy jou in met medisyne weet jy wat in die spuit is “Nee” maar dit is “Ok” maar jy wil nie ingeënt word nie. Ons almal is ingeënt, alle baba’s word op 6 -12 weke en maande daar na ingeënt dis is reg want dit word nog altyd gedoen maar nou het julle n probleem met die Covid ineënting. Nee regtig ons moet tot normaal terug keer en hierdie nonses maak net dat dit langer vat, op die oomblik is daar maatskappye wat biljoene maak deur maskers en handreiniger te verskaf en hulle sal alle fopnuus die wereld instuur om te verseker dat hulle so lank as moontlik voordeel trek, so julle word al reeds deur iemand beheer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.