Jy is Dawid

ian-cameron-2018-03-19

Ian Cameron. Foto: Verskaf.

Deur Ian Cameron

Josie King het pas geleer sê “Ek is lief vir jou”, maar het op 18 maande in ’n bad met warm water geval en is ernstig beseer.

Wonder bo wonder het Josie baie vinnig begin herstel en tot haar ouers se verligting kon sy gou na ’n normale kindersaal geskuif word. Josie se ma het ná ’n paar dae gevoel dat iets nie reg is nie omdat sy elke keer wanneer sy water sien, só smag na die water, dat sy histeries geskree het. Een middag word Josie gebad en terwyl die verpleegster en haar ma haar versigtig was, suig Josie met alle krag die water uit ’n nat waslap. Josie se ma het die suster gesmeek dat Josie iets moes kry om te drink, maar die suster het verduidelik dat alles oukei is en dat dit normale gedrag is. Josie King is 2 dae voor haar ontslag, dood van dehidrasie.

Ene dr. Berwick het instruksie gegee aan verskeie medici om elk van die vorige 50 gevalle waar pasiënte beswyk het aan “beserings” en “siektes” in hul hospitale te heropen en te ondersoek. Daar het talle Josie King-insidente aan die lig gekom wat aangedui het dat die pasiënte nie noodwendig aan hul besering of siektes gesterf het nie, maar doodeenvoudig weens wanpraktyke oorlede is.

Hoekom deel ek hierdie ware verhaal en hoekom is jy “Dawid”?

Ek besef daagliks dat die tempo waarteen die wiele afkom in sekere dele van Suid-Afrika, nie gaan verander met die ophaal van ’n skouer of deur geen aandag te gee nie. Josie King se dors is geïgnoreer en, alhoewel sy vir ’n kort tydjie oorleef het, het sy stadig maar seker so verswak dat sy oorlede is. Almal het “aandag gegee” aan Josie, maar min is werklik gedoen om die oorsaak van haar probleem te vind en te behandel. Alhoewel Josie se ma gesmeek het vir hulp, gesmeek het vir water, moes sy telkens hoor, “Dit gaan oukei wees, dit is normaal”. Klink dit bekend?

Ralph Waldo Emerson het gesê, “Wie kan ’n beperking op die invloed van ’n mens plaas?” Is dit nie juis so dat ons onsself beperk en nie soos Dawid glo dat ons Goliat kan verslaan nie? Verandering moet onvermydelik gemaak word vir elke mens in jou gemeenskap wat die geleentheid kry om ’n nuwe werklikheid te skep – daardie persoon is Dawid.

Tydens ’n onlangse gesprek met Ben Freeth, boer van Zimbabwe wat alles behalwe sy geloof verloor het onder die diktatorskap van Mugabe, sê hy vir my dat hy oral rondom hom gehoor het hoe mense sê, “Dit gaan oukei wees, hierdie is net politieke praatjies, dit is normaal”.

Klink dit bekend? Ek voel ons moet besef dat die bedreiging ’n werklikheid is.

Party mense sou meen dat dit nie reg is om Zimbabwe en die huidige bedreigings in Suid-Afrika te vergelyk met dit wat Winston Churchill oor Adolf Hitler in die Tweede Wêreldoorlog gesê het nie. Churchill het eenvoudig gesê dat hy glo wat Hitler sê hy gaan doen, en dat indien dit nie gebeur nie, dit ’n bonus is. Hy moes egter gemeenskappe organiseer om met orde en sonder paniek hulself te kon beskerm. Dit beteken nie dat mense in ’n onverpoosde paniekerige toestand moet  lewe en slegs blikkieskos bymekaarmaak nie. Nee, dit beteken wel dat ons moet aanhou organiseer.

Die Hermanus-, Coligny- en Overvaal-debakels beskryf presies die dubbele strategie waarvolgens ons moet werk om te kan bou. Om Dawid te kan wees. Toe geweld voor die Hoërskool Overvaal uitbreek, kon kinders aangaan met hul skoolaktiwiteite met min of geen ontwrigting nie. Dit was nie weens terugsit en sê, “Dit gaan oukei wees, hierdie is politieke praatjies, dit is normaal” nie, maar weens ’n gemeenskap wat kon organiseer.

Presies hierdie sinergie het gesneeubal in Hermanus toe duisende die walvisdorp onder beleg probeer neem het. ’n Gemeenskap wat gewillig was en steeds is, om saam met owerhede te werk, maar nie ten koste van hulself en hul kinders se toekoms die verantwoordelikheid oorgelaat het aan die owerhede nie. Dít is ’n Dawid-gemeenskap.

Het die Dawids van die enkele drie insidente, katastrofes gerapporteer? Nee, hulle het soos Generaal Mad Dog Mattis, die traumatiese ervaring in ’n groeiervaring verander. Só vorm ons in ’n moeilike tyd selfstandige vennootskappe. Ons werk saam, maar daar waar ander nie wil saamwerk nie, gaan ons aan met die hernuwing van denke en bouwerk.

Leif Babin skryf in Extreme Ownership dat elke leier (en hier van toepassing op ’n georganiseerde gemeenskap) sewe basiese take moet voltooi om vorentoe te gaan en Dawid te kan wees.

  1. Evalueer jou hoogste prioriteit;
  2. Beskryf eenvoudig, duidelik en presies wat die hoogste prioriteit is;
  3. Ontwikkel en bepaal ’n oplossing, betrek sterk leiers en die gemeenskap;
  4. Delegeer en koördineer die uitvoering van die oplossing, bewerkstellig totale eenheid van poging;
  5. Identifiseer die vogende prioriteit en herhaal bogenoemde;
  6. Soos prioriteite verander, maak seker die leiers en gemeenskap dra kennis; en
  7. Voorkom dat een prioriteit ontaard in teikenfiksasie, onderhou die vermoë om ander uitdagings raak te sien en daarvolgens aan te pas.

Babin skryf verder dat ons elkeen verantwoordelikheid moet neem om mense te lei in ons gemeenskap.

Onthou, jy is Dawid.

  • Ian Cameron is hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Rasper

Ek waardeer sulke skrywes. Maar die Afrikaners se ondergang, gaan sy eie skuld wees. Ons weier om die realiteit te sien. Ek moet gereeld hoor, “alles gaan OK wees.” Praat ons oor grondonteiening, moet ek hoor, “dit sal die grootste fout wees. Dit sal nie toegelaat word nie.” Praat ons oor die NHI, moet ek hoor, ” die privaat sektor is te sterk.” As mens praat oor emigrasie, moet ek hoor, “word kultureel vry. ‘n Mens is so vry as wat ‘n mens voel.” Ek is seker baie mense in tronke dink dieselfde, net om deur die dag te kom.… Lees meer »

Rasper

Ek waardeer sulke skrywes. Maar die Afrikaners se ondergang, gaan sy eie skuld wees. Ons weier om die realiteit te sien. Ek moet gereeld hoor, “alles gaan OK wees.” Praat ons oor grondonteiening, moet ek hoor, “dit sal die grootste fout wees. Dit sal nie toegelaat word nie.” Praat ons oor die NHI, moet ek hoor, ” die privaat sektor is te sterk.” As mens praat oor emigrasie, moet ek hoor, “word kultureel vry. ‘n Mens is so vry as wat ‘n mens voel.” Ek is seker baie mense in tronke dink dieselfde, net om deur die dag te kom.… Lees meer »

Eish

” Só vorm ons in n moeilike tyd selfstandige vennootskappe. Ons werk saam…” Grondonteiening sonder vergoeding is oppad. Geleenthede vir Afrikaansprekende Kaukasiërs vermider eksponensieël. Die oppergesag van die reg gaan in toenemende mate n politieke agenda dien. Geweld, misdaad en korrupsie gaan nie uitgeroei word nie. Omgekeerde rassisme neem toe in velheid. Ons gaan n verskerpte aanslag op skole en tersiêre inrigtings beleef. Die privaatsektor gaan in toenemende mate lamgelê word deur stakings en antiwit wetgewing. Bowenal gaan ons Christelike waardes, etos en geloof aangeval en gekriminaliseer word. Dit het dalk tyd geword dat jul die volle omvang van die… Lees meer »

John

… al die ysters, waarin? Ons eie kis? Die skrywe praat waar… behalwe dat ons nie in die dae van die Ossewa Brandwag leef met witmense wat saamwoon en leiers wat soek vir rigting en ondersteuning nie. Ek kan prioriteite lys en in goud raam. Die realiteit wis alles uit met die Afrikaners juis sonder mondstuk en leierskorps. AngloForum ploeter en preek. Solidariteit is bloot ‘n unie vir almal wat aan wil sluit; wat bloot net op nog ‘n SA vol bankhandbeswaardes nou weer terug op die Afrikanertrein. Orania is nie ‘n republiek nie en die Wes-Kaap is meer rasgemeng… Lees meer »

Casper Labuschagne

Ek word omring deur mense wat sê dat daar nie probleme sal wees nie. Die megaboere vanaf Kroonstad deur Viljoenskroon tot Bothaville is in hul noppies oor onteiening omdat hulle meer glo grond beskikbaar gaan hê na onteiening en boonop teenoor ‘n laer koste, juis omdat dit hulle is wat voedselsekerheid sal verskaf. Die sakemanne vertel hoeveel sakke vol geld hulle maak om goedere aan die swart gemeenskap te verkoop. Die deursnee salaristrekker is klaarblyklik net besorg oor Saterdag se groot braai en of die Bokke die naweek die mas gaan opkom en as die Bokke nie speel nie dan… Lees meer »