Kaapse Party oor werkskepping en beleid

Jack Miller, leier van die Kaapse Party. Foto: Kaapse Party/Facebook.com

[Red] In aanloop tot die nasionale verkiesing op 8 Mei vanjaar gee Maroela Media politieke partye die geleentheid om hul menings oor verskillende kwessies wat kiesers raak op Maroela Media se debatsportaal te lug. Alle politieke partye is welkom om meningstukke vir publikasie voor te lê onderhewig aan die bepalings en voorwaardes van Maroela Media se redaksionele beleid.

Hiermee die Kaapse Party-leier, Jack Miller, se antwoord oor dié party se werkskeppingsbeleid:

Die Kaapse Party maak heftig beswaar teen die DA en ANC se rassistiese beleid van SEB (BEE), regstellende aksie, kwotas en die Wet op Gelyke Indiensneming.

Hier in die Wes-Kaap, behoort ongeveer 70% van die bevolking aan ’n etniese- of kultuurgroep waarteen direk gediskrimineer word met hierdie beleid.

Die Kaapse Party glo in meriete ongeag velkleur. Met ʼn elektrisiteit- en watertekort en ’n afwaarts-wentelende ekonomie, moet ons verseker dat dienste gebou is op en onderhou word deur ’n Eerste Wêreldse standaard om onherwinbare verliese te voorkom. Die lewenskoste het te hoog geword en ons moet drastiese stappe doen om die diskriminerende beleid van die DA en ANC om te keer en te verseker dat individue met gepaste kwalifikasies wat werk soek, nie uitgesluit word as gevolg van die een of ander arbitrêre rassevooroordeel nie.

Ons glo dat werkgeleenthede met opvoeding begin. Ons ondersteun opvoeding wat deur plaaslike gemeenskappe en deur (die belangrikste!) ouers gedryf word. Skole behoort hul mandaat van ouers te verkry en nie van ’n polities-bevooroordeelde sentrale regering nie. Studente behoort vaardighede, wat hulle die beste sal voorberei vir die realiteit van die werkplek, aan te leer. Daarom sal ons vakmanskapopleiding weer instel, waar kinders direk van produktiewe volwassenes (wat reeds toegerus is met die praktiese kennis om hierdie regtewêreldvaardighede oor te dra) sal kan leer.

Soos wat studente die werkplek betree, sal hulle alreeds toegerus wees om waarde toe te voeg tot die produktiwiteit van die gemeenskap.

Klasgroottes moet verminder word na nie meer nie as 20 kinders per klaskamer en die sillabus moet in die kind se voorkeurtaal aangebied word, sonder inmenging deur die regering. Enigiets minder as volle bekwaamheid in lees en skryf, sal nie voldoende wees om te kwalifiseer vir ’n matrieksertifikaat nie.

Sonder enige verdere oponthoud, sal ons onmiddellik visvangregte verwyder van SEB-konsortiums en dit teruggee aan die historiese visvanggemeenskappe van die Kaap.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

marco polo ·

Hierdie ouens weet ten minste waar hulle wil wees en hulle idees het meriete, veral onafhanklikheid vir die Weskaap. Na jare wag ons nog steeds vir die VF om te se waar ons gebied met selfbeskikking gaan wees. En ek praat nie van die 30 areas waar ons by verre die minderheid is sodra ons by die hek uitry nie.

Weskusklong ·

Die VF+ het die pad heeltemal byster geraak. Hulle is tans in ‘n swakker posisies as in 1994. Hulle gaan sukkel om drie mense parlement toe te stuur. Die VF+ is planloos wanneer daar gepraat moet word oor die Afrikaner se toekoms, daarom verkies hul leierskap eerder emosie. Hulle praat in sirkels soos die destydse KP. Ek wil sien dat daarwerklik aan geografiese selfbeskikking gewerk word.

Aster ·

Ag nee jiss..nie nog ‘n party nie, die VF+ staan steeds vir dit. Hoeveel individuele partye wil jy hê wat glo in meriete. Hier is net eenvoudig te veel partye in SA wat na “dieselfde” dinge streef, geen wonder ons kom ooit nêrens nie!

Gert ·

As ek ‘n kapenaar was, sou hierdie party BAIE meer sin vir my maak as die DA. SEB en AA lok miljoene nuwe inwoners na die Kaap, en dit word algemeen aanvaar dat die Kaap in die toekoms al minder water gaan hê, so dis ‘n absolute katastrofe wat op pad is, en dis asof die DA en ANC oogklappe het, hulle weier om dit te sien, wil net die demografie forseer na die res van die land s’n.

Mariska ·

Gert kom jy is welkom. Trek af Kaap toe. Goeie kop op jou skouers?

Boerboel ·

Stem saam Willem, ek glo nie Kaapse party sal die mas opkom nie. VF + is alleen wat nog vir ons sal staan, hulle moet net genoeg stemme kry.

Dries du Toit ·

Maak hulle maar bymekaar en ons sal die raakpunte met mekaar versoen.

Jerry ·

Sou graag wou weet of die Kaapse Party n misdaadvrye veilige leef en werksomgewing het waarbinne julle, julle werkskepping en beleid gaan implementeer en indien nie, hoe julle so n omgewing sal skep.

Judge Dredd ·

Nee jy moet versoen met die ANC vir so veilige wegkruip plekkie.

Judge Dredd ·

In 1948 kon die boere state waarskynlik afgestig het as hulle steun van die Afrikaners in die Kaapse provinsies gekry het.

sweis ·

Die DA kon lankal al n referendum gehou het om n onafhanklike staat te proklameer en sodoende n beter lewe vir almal wat in die wes Kaap bly te verseker het ,hoekom dit nog nie gedoen is nie weet ek nie.

kolla ·

Klink belowend maar ons weet te min van hulle, kort ‘n omvattende beleid. Daar’s ‘n gaping vir ‘n party wat teen SEB, ens. is maar nie wil apartheid-lite soos die VF+ nie. Ek gaan hulle dophou, miskien volgende verkiesing.

Hoop ·

Julle hierdie iş nie so ‘n nuwe party nie. Gaan kyk gerus na hul webtuiste. Oom Mike Smith se blog , het altyd vd party gepraat. As hulle genoeg stemme verwerf, kan hulle ‘ten minste ‘n setel in die parlement verkry.

Mariska ·

Ek stem 100% saam jou. Mense moet gaan lees oor Cape Party. Hulle kom al n paar jaar aan. Jack Miller het die party begin uit sy eie sak

Mariska ·

Die party is nie nuut nie. Jack Miller van Cape Party hrt uit sy eie sak die party op been gebring n paar jaar terug. Ek hou hulle al lank dop. Ek gaan hulle verseker stem hier in die Kaap. Enigste party hier wat iets reguit se en wil doen. Hulle wil ook he die belasting betalers in die Wes Kaap se belasting geld moet terug in die Wes Kaap geploeg word. Ons kry maar bitter min terug geld in Kaap en ons is die grootste belasting betalers hier. Gaan lees hulle mandaat. Die feit dat hulle enigste party is wat vir afstigting is van Kaap is ook groot voordeel vir Kapenaars. Ek sal wel VF nasionaal stem maar provinsiaal sal dit vir die Cape Party wees.

Terloops ·

Hoekom toets die Kaapse Party nie hul sterkte in die Noord en Oos Kaap nie. Hul beoogde grense sny lekker tot in die provinsies, maar hulle is nie bereid om die mense aldaar vir hul ondersteuning te vra nie?

Weskusklong ·

Die Oos-Kaap en Noord-Kaap is op hul eie en moet werk aan hul eie toekoms. Die Wes-Kaap moet nou hul eie pad loop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.