Kan die Amerikaanse vloot nog kers vashou?

amerikaanse-vloot

Die Amerikaanse vloot. Foto: Navylive.dodlive.mil

Kan die Amerikaanse vloot nog kers vashou by sy naam as die grootste en sterkste vloot ter wêreld? Kwantitatief is die antwoord onbetwisbaar ja, en so gaan dit nog vir dekades bly met ’n bogemiddelde begroting om nie net vir baie skepe nie, maar nog groter en beter skepe te sorg.

Die Amerikaanse vloot kan wêreldwyd optree, en met 3 700 vliegtuie aan boord het hulle ook die tweede grootste lugmag. Voeg hierby ander wapentuig, soos interkontinentale ballistiese missiele met kernplofkoppe, en soms ’n hele klomp kernplofkoppe wat deur die MIRV op ’n groot stad en sy verspreide voorstede losgelaat kan word.

Met sy seesoldate en Seals aan boord kan daar op teikens ver van die kus af toegeslaan word.

Die syfers is indrukwekkend. Die vloot het meer as 300 000 manskappe wat tot aksie kan oorgaan. Daar is 288 gevegskepe, 10 vliegdekskepe, nege amfibiese aanvalstuie, 22 kruisers, 62 aanvalstuie, 17 fregatte en 72 duikbote.

Vraagtekens het egter oor die gehalte van die beheer hiervan ontstaan nadat die vierde Amerikaanse tuig vanjaar, die USS John S. McCain, in die Stille Oseaangebied in ’n ongeluk met ’n handelstuig betrokke was. Altesaam 10 Amerikaanse soldate is vermis.

In Junie het die USS Fitzgerald teen ’n houerskip gebots, en sewe soldate het omgekom.

In Mei is die USS Champlain deur ’n Suid-Koreaanse vissersboot getref, maar niemand is beseer nie.

In Januarie vanjaar het die USS Antientam gestrand toe dit in Tokio se hawe wou vasmeer.

Die bevelvoerder van die Sewende Vloot is pas van sy pligte onthef. Ondersoeke na die ongelukke word uitgebrei.

In dié stadium is Amerikaanse kiesers nog nie seker of daar besonder baie ongelukke was, en of die media die storie so opgeblaas het dat dit ongewoon voorkom nie. Tog, so lyk dit, het dit die Amerikaanse kiesers se koppe oor ’n hele paar kwessies laat draai wat in hul oë eintlik onbetwisbaar was. In Maart het pres. Donald Trump se planne om die VSA se militêre mag uit te brei vir ondersteuners van die Republikeinse Party nog soos musiek in die ore geklink, hoewel die Demokrate meer langlip daaroor was. In Julie, met die Noord-Koreaanse krisis wat prominent geword het, het 55 persent van die kiesers gevoel die VSA het te veel militêre ysters in die vuur en kan nie oral doeltreffend bykom nie. Ook in Julie het die meeste kiesers gevoel die VSA se weermag moet gebruik word om die vyand slae te gee, en moenie vir vredesoperasies aangewend word nie. ’n Maand later, met die vierde vlootongeluk vars in die geheue, het die meeste Amerikaners nie meer geglo die VSA kan die 16 jaar oue oorlog in Afganistan wen nie, ondanks ’n voorgenome versterking van magte.

Die Amerikaanse gemoed oor hul land se uitnemendheid, veral ter see, sal nog dikwels van hoog na laag swaai na gelang van hoe ’n magsvertoon met voete van klei mekaar opvolg.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Robert ·

Die groot probleem is hoeveel nie-seevaardige skepe op die see is. In die laaste ongeluk moes die tenk skip nooit op die water gewees het nie. ja menslike foute tree in maar wat maak jy as ‘n skip op jou afpeil in ‘n nou straat en jy kan moeilik van koers gaan. Die water polisie moet hulle werk begin doen.

Daan ·

Ja. die onseewaardige vaartuie bots net met Amerikaaanse vaartuie.

Kom Ons Boks ·

Dit lyk nie goed vir die VSA vloot nie. Vragskepe loer seker nou vir die VSA oorlogskepe wat nie kyk waar hul vaar nie soos wat ons loer vir die taxis op eie bodem…

popeye ·

Elke Amerikaanse Vloot skip het mos twee buffer plakkers op wat lees: We brake for nothing en We turn for nothing.

humor ·

Ons het hier maar weer met die sensasionele politieke gedrewendheid te make wat van n molshoop n berg maak.

Skip ·

‘n Skip is veilig in die hawe, maar dis nie waarvoor skepe gemaak is nie.

Daan ·

Ja, die onsee waardige vaartuie bots net met die Amerikaanse vaartuie.

Chris Ws ·

Een vliegdekskip het net so veel bemanning as ons hele Vloot!En meer vliegtuie as ons Lugmag!

Gideon ·

As jy die artikel lees, twyfel jy aan die Amerikaanse vloot se vermoe. Die werklikheid is totaal anders. As ek moes oorlog maak op die publiek se sentiment, is die oorlog verloor voordat dit begin het. Ek dink nie die media kan objektief nuus aanbied nie – daar sal waarskynlik te min kykers en lesers wees, alles moet maar met sensasie gepaard gaan. In die proses sneuwel baie goeie en eerlike nuus. Miskien het kykers en lesers self hierdie situasie veroorsaak deur op sensasie aan te dring.

Veritas ·

Gideon, as sensasionele berigte nie geplaas word nie, word die nuus nie verkoop nie. Verslaggewers hoop en bid sonder ophou vir slegte nuus want dit verkoop. Kyk maar na die hoeveelheid kommentare op berigte van moorde op boere. Niemand stel belang in hoe goed dit gaan nie. Hoe meer slegte dinge gebeur, hoe meer is daar om oor te kla.

Tiger ·

My inligting se die Amerkaanse Vloot beskik oor 18 vliegdekskepe en nie 10 soos in die’ berig nie.Hoe dit ook al sy ,net EEN van hulle kan ons land se Vloot oorrompel!Amerika se Vloot is geweldig groot en uiters gedug.Hy moenie onderska word nie.

Robert ·

Hier is dit Paul:
The Alinc MC had four deficiencies including navigation safety violations in its last port inspection, it has since emerged.
An official database for ports in Asia shows the Alnic MC was inspected in the Chinese port of Dongying on July 29 and had one document deficiency, one fire safety deficiency and two safety of navigation problems.

Read more: http://www.dailymail.co.uk/news/article-4808054/USS-John-McCain-collides-merchant-ship.html#ixzz4rDaFiNci
Follow us: @MailOnline on Twitter | DailyMail on Facebook
Ek is seker daarvan dit beinvloed see vaardigheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.