Kan Trump Amerika selfs groter maak?

Pres. Donald Trump. Foto: AP Photo/Pablo Martinez Monsivais

President Donald Trump van Amerika het verlede Dinsdag voor ’n skare van 20 000 entoesiastiese ondersteuners in Orlando, Florida, amptelik sy veldtog vir ’n tweede termyn as Amerikaanse President afgeskop. Dit was ook presies vier jaar sedert Trump op 16 Junie 2015 by sy kantoor in New York sy aanvanklike presidentsveldtog van stapel gestuur het.

Die bekende rubriekskrywer vir die Wall Street Journal en voormalige toespraakskrywer vir president Ronald Reagan, Peggy Noonan, skryf verlede week dat sy met verwondering Trump se aankondiging vier jaar gelede dopgehou het. Haar onmiddellike gedagte was dat Trump geen kans staan om president van Amerika te word nie, maar dat hy wel die veldtog interessant sou maak.

Noonan skryf dat sy kort ná Trump se aankondiging met twee familielede wat beide besonder opgewonde oor Trump se veldtog was, gepraat het. Beide familielede was nie geharde konserwatiewe Republikeine nie en die een het selfs in 2008 vir Barack Obama gestem. Albei was egter geïnspireer deur Trump se eerlike kritiek op die politieke stelsel in Amerika.

Dit was duidelik dat kiesers van oor die hele Amerika stil-stil reeds in 2015 Trump as die spreekwoordelike Herkules wat in een dag die Augiasstal sou reinig, gesien het. Dit is duidelik dat ’n meerderheid van Amerikaners oor die jare ’n diepliggende frustrasie met die politieke moeras in Washington DC ontwikkel het. Die Amerikaanse regeringsburokrasie, gepaardgaande met oordrewe regulasies, enorme staatskuld, onbeheerde onwettige immigrasie en talle ander uitdagings, het vir Amerikaners die simboliese kraal van die mitologiese koning Augias geraak waar die koning drieduisend beeste vir dertig jaar in sy stal aangehou het, sonder om ooit die stal skoon te maak.

Trump sou die Herkules wees wat in een dag die stal sou skoonmaak.

Vandag, vier jaar later, is dit duidelik dat die politieke uitdagings om die beesstal of moeras in die Amerikaanse hoofstad skoon te maak, heelwat meer ingewikkeld is. Op sy onkonvensionele en soms bombastiese wyse het Trump heelwat bereik om minstens ’n proses in werking te stel om van oorbodige regulasies ontslae te raak, om goeie regters aan te stel en om die probleem van onwettige immigrasie te hanteer. Ook op ander terreine soos belasting, internasionale handel, onderwys en infrastruktuurontwikkeling het Trump vordering gemaak.

Die vraag is egter of dit genoeg is om ’n meerderheid van kiesers teen volgende November te oortuig om weer vir hom te stem? Is die slagspreuk: Maak Amerika Weer Groot nog goed genoeg of het Trump ’n meer ambisieuse agenda nodig?

Die bekende politieke kommentator, Kimberley Strassel, wys juis in ’n rubriek op die noodsaak vir Trump om ’n groter agenda aan kiesers voor te stel. Volgens haar moet dit ’n grootskaalse hervorming van die regeringsburokrasie en verdere belastinghervorming insluit.

Indien Trump volgende jaar wil wen, sal hy weer miljoene kiesers, wat dalk voorheen vir Demokrate soos Clinton en Obama gestem het, moet oortuig om sy agenda – ten spyte van sy problematiese persoonlike styl – te steun. Genoeg Amerikaners is steeds kwaad vir die ou gevestigde politieke belange, maar Trump het ’n sterk agenda nodig indien hy genoeg van hulle wil oortuig om soos Peggy Noonan se suster en oom die byna onmoontlike te doen en vir ’n bombastiese voormalige aanbieder van ’n realiteitsprogram op televisie te gaan stem.

In vandag se politiek is dit egter heeltemal moontlik.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans is hoof van internasionale skakeling vir die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Jerry ·

Hopelik sal Trump se sondes en “conartist tricks” wat hy alles net bloot probeer afmaak as n smeerveldtog, hom tog wel inhaal voordat stemdag aanbreek!

Annamarie Olivier ·

Jerry- Con Artist? Trump? Jy klink vir my heel oningelig ek dink die trick vir jou sal wees om meer te probeer uitvind wat regtig in Amerika aan gaan onder Trump se leiding en dan kom gal braak of nie? oor Trump.

SPIKKELS ·

#Jerry duidelik weet jy nie wat in Amerika aangaan nie. Trump het Amerika op n wen pad

Lena Jonk ·

Pres Trump gaan loshande met n groot oorwinning weer wen, senaat en huis. Moet tog nie vir my se daardie demokrate wie gaan staan is so sterk soos hy nie. Met daardie ou word nie gespeel nie.

VanAfrika ·

Die man kan enige ding regkry, gee hom nog n termyn en hy voldoen, een termyn is te min vir hom al het hy soveel gedoen.

Jan ·

Trump is maatjies met diktators en tiranne regoor die wereld vanaf saudi arabie tot ramaposa

John ·

Was ‘n prdesident al so geteiken deur die pers soos Trump. CNN het ‘n smeerveldtog begin wat deur die Clintons en Soros aangehits is. Nou is daar weer ‘n tannie wat skielik onthou het van ‘daai dag’ hopende op ‘n rol in Hollywood. Die spleet tussen liberales en konserwatiewe kiesers word regoor die wèreld wyer en dit loop saam met derdewèreld- en Oosterse menigtes wat droom oor rykdom elders. Hulle sè self ‘n migrasie-plan word doelbewus, soos ‘n aanval op ‘n ander moontheid, beplan om die uitkoms te verseker….
Die ou ‘normaal’ is verby… ‘n Wye, gebuigde ‘skerm’ is nodig om die beeld op te vang en in te pas.

Fran ·

@ Jerry – ek lees jou graag.
Hoe is dit moontlik dat soveel stommerike hom aanhang en glo? Dit gaan oor hom, nie Amerika nie!!

Frank ·

Lees miskien minder van die populere liberale kommentaar, en meer feite oor waar hy met Amerika oppad heen is; werkskepping, US skulddelging ens ens??

Dries du Toit ·

@Fran. Amerika het die laagste werkloosheid syfer in die wereld. Sterkste ekonomie wat daagliks sterker word onder Trump se bewind. Hy is n leier wat doen wat hy se ten spyte van die Clinton News Netwerk (CNN) se onbewese aanvalle. Gelukkig is die Amerikaners intelligent en sien deur al hulle verfoeilike aanvalle. So die stommerikke waarvan jy praat is die meerderheid in die VSA. Pasop maar wat jy sê

Jan ·

Trump is maatjies met diktators soos saudi arabie en erger lande.hy is heimlik ten gunste van moslem immigrasie deurdat hy hulle by die voordeur stop maar by die agterdeur inlaat.hy is deel van soros se planne..

ADT ·

Fran lees maar Rhoda Kadalie se artikel op MM se meningsvormers

sweis ·

Presedent Trump kan die wêreld groot maak maar soos die stomerike wat in SA vir n party stem wat diskrinasie teen hulle en hulle kinders goedkeur so is daar die klomp in die VSA en gelukkig die minimum wat nie die goeie dinge sien wat die Presedent vir hulle doen nie agv oningeligtheid en sommige media wat sensasie soek en aanblaas vir eie gewin.

Gert ·

Dis eintlik ongelooflik dat ten spyte van die anti-Trump vals nuus wat die media elke dag opdis, wat selfs baie Suid-Afrikaners heeltemal mislei het, bly Trump se steunbasis sterk.
MAGA!

Jan ·

Trump is deel van die eenwereldregering en vriende met noord korea leier a)es wat hy doen is bluf en oeverblindery

Yster ·

@Magaret asb tog nie n Trompet vir ons ook nie ons het ons eie stelsel!

gatiep ·

Trump se nuwe leuse vir sy campain is Keep Amerca great Jaco.
Trump gaan loshande wen die media laat dit net lyk of die demokrate goed doen.
Demokrate se leuse is oop grense en vernietig almal wat nie saam met hulle stem nie.En ook soos by ons everything for free.
Hoe gaan hulle wen met dit?Hulle sal net steun kry by onwettige imigrante dis hoekom hulle grense wil oop he.
Al wat hulle nog gedoen het van Trump ingekom het is om alles teen te staan wat hy wil doen.

SPIKKELS ·

Wens hy was my President en nie die klomp kaders hier nie

Dirk ·

Die Trump aanhangers moet dit maar geniet terwyl julle kan, want Trump se heerskappy gaan van korte duur wees wanneer die Huis van Verteenwoordigers met hom gaan klaarspeel. “Trump already overstayed his welcome in the White House”! Dit is eintlik maar net n kwessie van tyd voordat Trump in die pad gesteek gaan word.

gatiep ·

Dirk glo jy Trump ondersteuners sal dit daar los as hulle Trump uitkry?Droom jy maar voor voort want dan het jy n burgeroorlog in die USA.

Ronnie ·

Iemand het eendag in ‘n MM artikel kommentaar gelewer oor die”onregverdigheid” daarvan dat tRump soms met Hitler vergelyk word. Hoe kan ‘n land “groot” gemaak of “groot” gehou word as onskuldige kinders onnodig en boonop onwettig van hulle ouers en familie geskei word en in haglike omstandighede in konsentrasie kampe aangehou word?
tRump en sy medepligtiges behoort voor die Internasionale hof gedaag te word vir menseregte skendinge. Waarom nog praat van hom asof hy ‘n staatsman is? Hy verdedig Kim Jong Un, MBS en natuurlik Putin. Almal van hulle onderdruk hulle eie mense en almal van hulle pleeg wrede wandade.
Hy het geen buitelandse of binnelandse beleid waarby Amerika kan baat nie. Alles wat hy doen is tot voordeel van homself en sy medepligtiges.
Meeste Amerikaners is keelvol vir hom. Hy kan net ‘n tweede termyn wen in 2020 indien hy en die GOP die verkiesing self saboteur en / of die uitslae manupileer. Met waarskynlik hulp van buite die landgrense.

Karlahari ·

Die “onskuldige kinders” se ouers is onwettige immigrante. So die liberales gebruik die kinders om die ouers wettig te maak.
Soos die Palestyne wat hul kinders bewapen en as die Israelis een skiet is die liberales dadelik op CNN.
n Kind met n vuurwapen is net so gevaarlik soos n volwassene. Indien nie gevaarliker.
In engels word daar gesê: To fix the problem identify and address the root cause”.

Annie Webb ·

Die moeras wat Trump probeer opruim, bestaan uit die burokrasie en loopbaanpolitici in Washington. Dit is voorwaar ‘n baie groot mishoop van mense wat hulself verryk uit hul magsposisie. Dit is hoekom die “heksejag” uitgevoer is op dié nie-politikus wat die moeras kom aanvat het. Sy beleid was en is gemik op die gewone werkende Amerikaners wat deur globalisme en oop grense benadeel is. Gewone Amerikaners aanbid Trump en daar was 120 000 aansoeke vir die 20 000 plekke by die rally in Orlando. Sy politieke teenstanders en die media is die enigste wat gedurig sy “styl” aanval, sy ondersteuners hóú van sy reguit manier om te sê wat hy bedoel. Veral ná presidente wat mooi praatjies maak en dan die teenoorgestelde doen. Trump sê presies wat hy bedoel en doen wat hy sê hy gaan doen. En by sy rallies hou hy sy gehoor in die holte van sy hand. Of hy ‘n tweede termyn gaan wen, hang bloot af van hoeveel Amerikaners ten spyte van die linkse media se aanhoudende gehamer op Trump se “sondes” (meestal net na hulle mening, sonder bewyse) ingelig is oor wat Trump alles vir die land doen. Die alternatief is sosialisme. Newt Gingrich meen as Trump wen, gaan Amerika voort op die huidige wenpad. Wen die Dems, verval die VSA in sosialisme waaruit hulle moeilik gaan opstaan en word/bly China die grootste wêreldmoondheid.

Lena Jonk ·

Baie goed gestel dankie Anne Webb, sien jy lees nie fobnuus nie, voel so skaam vir sekere mense wat nie weet wat die waarheid is nie, die demokrate maak baie erge benoude . spronge, want die vuurtjie word warm onder hulle.

Dries du Toit ·

Ronnie gaan lees elders op MM. “Hoekom moet n muur gebou word ” in die VSA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.