George Orwell het die volgende wysheid kwytgeraak: “Hoe verder ’n gemeenskap van die waarheid af wegdwaal, hoe meer sal hulle diegene wat dit uitspreek, verag.”
Die kansellasiekultuur van haat sypel deur elke hoekie en gaatjie van Amerika. Die newelagtige en struktuurlose krygers van hierdie kultuur beweeg dwarsdeur die land, op soek na ʼn volgende slagoffer om te verslind, gedryf deur die oortuiging dat, as jy ʼn leuen oor en oor vertel, mense dit naderhand sal glo. Een so ʼn leuen is die siening dat die bestorming van die Kapitool (Kongresgebou) op 6 Januarie ʼn opstand was. ʼn Groot persentasie van die derduisende vredeliewende ondersteuners wat president Donald Trump se “Stop die gesteel”-byeenkoms bygewoon het, was egter salig onbewus van die gebeure wat daardie dag by die Kapitool sou afspeel.
Soos wat die gebeure regstreeks op televisie ontvou het, het Steve McCann, wat die Trump-byeenkoms bygewoon het, ʼn paar van my vrae in die American Thinker beantwoord:
“… ek was stomgeslaan oor ooglopende swak voorbereiding, asook oor die feit dat daar feitlik geen skareversperrings by die Kapitool opgerig is nie. Daar was basies geen polisieteenwoordigheid aan die oostekant van die Kapitool nie en hopeloos te min aan die westekant. Oor die algemeen het polisieteenwoordigheid veel te wense oorgelaat, en dit nadat almal geweet het watter skares by die Kapitool sou opdaag, om nie eens te praat van moontlike geweld wat deur Antifa en Black Lives Matter aangehits kon word nie.
“Onder diegene wat aan die westekant van die Kapitool se deure gestaan het, was dit moeilik om die tipiese Antifa- en abnormale Trump-ondersteuners wat Trump-vlae rondgeswaai het in ʼn poging om ander aan te hits, mis te kyk; dit terwyl die nuttelose sneeuversperrings reeds maklik vooraf gebreek is.
“Die enigste poging om die massas te beheer, was toe die polisie voor die voet skokgranate en traangas tussen die vreedsame betogers ingegooi het, sonder om die eintlik sondebokke te arresteer. Dieselfde polisiemanne het toe ook vinnig eenkant toe gestaan om die deure, wat van die binnekant af oopgesluit is, oop te maak en sodoende die betogers in die Kapitool in te nooi.”
Dit is presies wat ek daardie aand op die regstreekse nuusuitsending gesien het. “Opstand!” het Pelosi, die Speaker, geskree. “Opstand!” het Chuck Schumer, die meerderheidsleier van die Senaat geskree. “Opstand!” het die gewone mediaverdagtes hulle verlekker, terwyl hulle diegene wat dit sou waag om dit te ontken, swartsmeer. As dit wel ʼn opstand was, hoekom sou Pelosi geweier het om die naam van die Kapitool-polisiebeampte wat die ongewapende Ashli Babbit geskiet het, bekend te maak? Hoekom het sy geweier om die meer as 14 000 ure van die Kapitool-kameras se beeldmateriaal vry te stel? Hoekom het Speaker Pelosi ses maande gesloer om ʼn kommissie aan te stel om die werklike gebeure te ondersoek?
Die oomblik toe Trump vaagweg aandui dat hy ʼn tweede keer as kandidaat gaan staan, het Pelosi tot aksie oorgegaan en ʼn hoogs partydige kommissie aan die einde van Junie aangestel. Die kommissie, bestaande uit sewe Demokrate (van wie sommiges in Trump se vervolgingsverhoor getuig het), en vyf Trump-hater-Republikeine, insluitend Liz Cheney, sal na verwaging later dié maand vergader. Pelosi het intussen die GOP-lede geveto en “die komitee se werk sal wees om die grondoorsake van…wit oppergesag te ondersoek, anti-Semitisme, Islamofobie, en die res wat so ooglopend was,” asook die Kapitool-sekuriteit se paraatheid. Hoe is daai vir jou ʼn rede om die oproer voor te spring!
Kevin McCarthy, Speaker (minderheid), het die idee van ʼn partydige kommissie verwerp as gevolg van sy beperkte verwysingsveld. Die Demokraat-geïnspireerde BLM- en Antifa-opstande wat regdeur die somer van 2020 gewoed het, is nie by hierdie ondersoek ingesluit nie (duisende besighede, federale eiendomme en standbeelde is verwoes, met 40 sterftes).
Daar was duidelik ʼn sameswering om die moordenaar van die jeugdige, ongewapende militêre veteraan, Ashli Babbit, te beskerm. Tog is George Floyd se moordenaar se naam, Derek Chauvin, wêreldwyd uitbasuin. Die dood van ‘n wit vrou, wat vermoedelik deur ‘n swart gewapende beampte vermoor is, is van geen belang in ‘n land wat swart lewens nominaal hoër as wit lewens ag nie.
American Greatness het as volg verslag gelewer:
“Meer as 500 mense van regoor die land is in hegtenis geneem na protesoptogte by die Kapitool, waarvan baie van die betogers na tronke in die Washington DC-gebiede teruggebring is. Sommige betogers is in alleenopsluiting, sonder enige regte en word soms tydens gevangenskap mishandel, vir so lank as ses maande.
“Verskeie ondersoekverslae wat hierdie liggaamlike mishandeling van die 6 Januarie-betogers aan die lig gebring het, het die slagoffers met politieke gevangenis vergelyk, met die Biden-administrasie wat weer die betoging gebruik het om verhoogde gesaghebbende voorsorgmaatreëls teen die burgerlikes te regverdig.”
Die aangehegte lys hieronder wys dat niemand vir sedisie aangekla is nie, om nie eens van ‘n opstand te praat nie. Nie een van hierdie klagtes regverdig alleenopsluiting nie, en nog minder aanhouding sonder verhoor. “Net een persoon,” volgens die Insider, “is al gevonnis, naamlik Anna Morgan-Lloyd, wat skuldig gepleit het op aanklag van deelname aan ʼn optog, betoging of staking by die Kapitool-geboue. Sy het drie jaar se voorwaardelike vrylating gekry, het opdrag gekry om $500 as vergoeding te betaal en 40 ure gemeenskapsdiens af te lê.” ʼn Ander paartjie is verkeerdelik in hegtenis geneem saam met ʼn afskrif van hulle grondwet en ʼn Lego-stel van die Kapitool. Hulle word steeds geteister omdat hulle dit gewaag het om ʼn Trump-byeenkoms by te woon.
QAnon Shaman, Jacob Chansley wat horings en pelse van diere gedra het met ʼn geverfde gesig het nou die gesig geword – wat wyd versprei word – van betogers wat die heilige sale van die Kongres onwettig binnegaan. Hy word aangekla vir “bewustelike toegang of die aanbly in ʼn verbode gebou of gronde sonder wettige toestemming, en vir gewelddadige toegang en wanordelike gedrag op die Kapitool-gronde.” Hy het ʼn vlagpaal gedra. Hierdie man is in alleenaanhouding sedert 9 Januarie, met die FBI wat doelbewus met sy verhoor sloer om hom verder te straf.
As 6 Januarie ʼn opstand was, was dit sowaar die swakste opstand in die geskiedenis van die heelal. Cambridge en Collins (woordeboeke) definieer “opstand” beide as ʼn georganiseerde of gewapende poging “deur ʼn groep mense wat hulle regering omverwerp en beheer neem van hulle land, gewoonlik deur geweld.” Uitroepe van opstand is deur senior Demokratiese leiers gemaak om weg te skram van hulle rol in die bakleiery wat gevolg het. Michael Tarm se artikel Are US Capitol rioter traitors? herinner aan die volgende:
“Verraad is een van min misdade wat spesifiek in die grondwet gedefinieer word. Dit word gedefinieer as “oorlogvoering” teen die VS of ‘om hulp en vertroosting’ aan sy vyande te verskaf. Regstudente sê dat die stigtersvaders van die VSA, wat self van verraad deur die Britte beskuldig is, daarna gestreef het om dit duidelik te verwoord, omdat hulle geweet het dat daar ʼn moontlikheid is om dit verkeerd aan te wend as dit by wettige meningsverskille kom.
“In die geskiedenis van die VSA het die regering minder as tien mense aan verraad skuldig bevind,” volgens die FBI.
Die gesaghebbende trifekta, bestaande uit Pelosi, die FBI, die CIA en die departement van justisie, sit die pot heeltemal mis deur die onregverdige vervolging van ʼn leierlose gepeupel wat heel duidelik binnegedring is. Dit is nie om sommige wettelose Trump-ondersteuners onder hulle te verminder nie. Hulle is met reg kwaad oor die wanordelike verkiesings, al die leuens oor Trump (wat selfs nou deur dieselfde Demokrate en die media wat hulle so wyd en syd verkondig het in twyfel getrek word), en die blaps van ʼn vervolgingsverhoor.
Die vraag is: hoekom druk Pelosi hierdie partydige heksejag as die trifekta reeds ʼn massiewe mensejag van MAGA-ondersteuners aanvoer, terwyl hulle weinig respek vir ernstige misdrywe het? Kongresverhore het ʼn paar ernstige vrae geopper wat Pelosi en die ampswag weier om te beantwoord.
Waar is die urelange beeldmateriaal van die Kapitool se sekuriteitskameras? Hoekom is daar soveel polisielede wat mense in die gebou inlaat? Hoekom pas die FBI alleenopsluiting, aanhouding sonder verhoor en die skending van menseregte toe – dinge waaroor Amerika juis so lief is om ander lande oor die vingers mee te tik? Hoekom word Trump-ondersteuners hardhandig geteister?
Dit lyk asof hulle hul beweegredes om Trump-ondersteuners van die geregtelike proses wat hulle toekom te weier wil regverdig deur om hulle “binnelandse terroriste”, “binnelandse ekstremiste” en “die wit oppermag” te noem. Deur om hulle as boos te beskou, behoort hulle gestraf, uitgesluit en geteister te word vir die politieke keuses wat hulle gemaak het.
Speaker Pelosi het met haar vervolgingsverhore gefaal, maar nou is sy vasbeslote om – met behulp van die FBI – hierdie propaganda te gebruik om Trump se verkiesingsveldtog vir 2024 te dwarsboom. Die Trump-hatende media het skielik nuwe lewe gekry om hom weer te beswadder, aangehelp deur die gewone raakskote van hoogsverdagte bronne wat die oudpresident met hewige aanslae in sy pogings om weer in die parlement te kom, probeer kniehalter.
Die oudpresident se skerp stygende gewildheid, die nimmereindigende massas ondersteuners by sy byeenkomste, die feestelike eskader van oorlogskepe as eerbewys, tesame met Trump-vlae en sang by sportbyeenkomste is besig om sy teenstanders mal te maak. Gevolglik word sy ondersteuners as boos afgemaak en word hulle vervolg.
Die Demokratiese Party se wesenlike gebrek is sy haat jeens opposisie. Hulle het ʼn grondliggende wanbegrip dat vryheid van spraak, vrye en regverdige verkiesings en die reg op openbare teenkanting teen regeringsbeleid en -optrede die kern van ʼn liberale demokrasie uitmaak. “Demokrasie,” sê Ian Shapiro, ʼn professor by Yale, “is net soveel ʼn lewensbeskouing van teenkanting as wat dit van ʼn regering is.”
Harry Truman se ernstige waarskuwing aan die kongres rakende die interne sekuriteit van die VSA in 1950: “Wanneer ʼn regering eers daartoe verbind is om die teenkanting se stemme stil te maak, is daar net een rigting waarheen dit kan lei, naamlik toenemende dwangmaatreëls, totdat dit ʼn bron van verskrikking vir alle landsburgers word en ʼn land skep waar almal in vrees leef.”
Die Insider: Kapitool-opstand skulderkenning
Naam | Erkende beskuldigings | Notas |
Jon Schaffer | Verhindering van amptelike verrigtinge; betreding van en aanbly in ʼn afgesperde perseel of gronde met ʼn dodelike of gevaarlike wapen | Kitaarspeler vir die heavy metal-groep, Iced Earth |
Paul Hodgkins | Verhindering van amptelike verrigtinge | |
Jessica Bustle | Deelname aan optog, betoging of staking in Kapitool-geboue | |
Joshua Bustle | Deelname aan optog, betoging of staking in Kapitool-geboue | |
Graydon Young | Twee aanklagte van sameswering en een aanklag van verhindering van die Kongres | |
Anna Morgan-Lloyd | Deelname aan optog, betoging of staking in Kapitool-geboue | Tot drie jaar voorwaardelike vrylating gevonnis |
Matthew Mazzocco | Deelname aan optog, betoging of staking in Kapitool-geboue | |
Valerie Ehrke | Deelname aan optog, betoging of staking in Kapitool-geboue | |
Robert Reeder | Deelname aan optog, betoging of staking in Kapitool-geboue | |
Mark Grods | Sameswering en verhindering van die Kongres | |
Bryan Ivey | Deelname aan optog, betoging of staking in Kapitool-geboue | |
Robert Bauer | Deelname aan optog, betoging of staking in Kapitool-geboue | |
Edward Hemenway | Deelname aan optog, betoging of staking in Kapitool-geboue |
pelosi is die uber heks en gevaarlikste liberaal op die planeet. Enige iets wat sy sê, doen of beweer is normaalweg leuens en moet met groot omsigtiheid bejeen word.
Ek is ‘n groot Trump ondersteuner maar dink nie hy moet weer probeer President word nie. Dit sal die linkses te veel motiveer. Ron de Santis moet sommer nou aankondig en Trump moet hom “endorse”
Elke keer as Sleepy aanjaag moet De Santis hom aanvat
Goeie punt Anton.
Soos altyd uitstekende insiggewende artikel Rhoa. Baie dankie
Weereens soos altyd baie insiggewend en gebalanseerde bydrae. Ek sien swarigheid in die VSA vir iemand. Ook so in Ingeland, Germanieë, Frankryk, Neiderland en andere. Julle moeilikgeit is geboek.