Klimaatkrisis, vlugtelingkrisis of terrorisme… Wat is die grootste bedreiging?

‘n Betoging oor klimaatsverandering in Alberta, Kanada. Foto: (Dave Chidley/The Canadian Press via AP)

As ʼn mens die media moet glo, is daar geen groter bedreiging vir die mensdom nie as die moontlike verhoging van die gemiddelde wêreldtemperatuur met 2 grade Celsius oor dekades van nou af.

Dit is ʼn lang heen-een-weer debat van wetenskaplikes of die klimaatverandering mensgemaak is of nie; of dit noodwendig net negatiewe gevolge gaan hê of dalk ook iets positiefs kan oplewer; of dit hoegenaamd gekeer kan word en teen watter koste. Die nuus word so gelei dat oormatige aandag op klimaatbetogings en regeringshandelings oor dié saak gevestig word (met die bypassende simpatieke beriggewing), en dat bykans elke nuusberig ʼn klimaatkinkel bykry.

Dit mag wees dat duisende, meestal jongmense, betoog, maar ʼn mens weet ook dat betogers altyd ʼn minderheid is, en dat konserwatiewes nie sommer betoog nie, omdat dit nie in hul aard is nie. Al word die nuus eensydig oorgedra, kan tog nie verhoed dat al hoe meer mense besef dat daar eintlik groter probleme is nie.

Die vlugtelingkrisis is nog lank nie opgelos nie. Ná die hoogtepunt in 2015 het die getal migrante wat na Europa stroom, wel begin afplat en ʼn wankelrige ooreenkoms met Turkye het gemaak dat die vlugtelinge veral daar en in Griekeland opdam. Die lande van bestemming dus die gevoel gekry dat die probleem nou verby is. Ook Islamitiese terrorisme het ná die opspraakwekkende aanvalle in Parys in 2015, Nizza en Berlyn in 2016 en Barcelona in 2017 afgeneem – ten minste in Europa (wel nie in die Islam-wêreld self nie).

Die redes vir die afname was dat die Islamitiese Staat (Isis) in Sirië en Irak militêr verslaan is, asook konsekwente polisieoptrede teen Islamitiese selle en hul wegkruipplekke, soos sekere moskees.

Argieffoto/Jaz O’Hara/Facebook

Die burgers het egter te vinnig gemaklik geraak en gedink (weer eens sterk ondersteun deur die media) dat Islam-terrorisme net ʼn tydelike opwelling was en deur genoegsame integrasie tuis en vredespogings in die Midde-Ooste, hokgeslaan kan word. Terselfdertyd het dit ekonomies besonder voorspoedig gegaan, sodat geglo is dat die ekonomie en die welsynstaat almal kan akkommodeer.

Daar is egter weer aanduiding dat dié twee groot (verwante) probleme, naamlik migrasiestrome en Islam-terreur, terugkeer.

Die oorlog in Sirië het onlangs weer vererger met die aanval van Turkye op die Koerdies-beheerde deel. Ook in ander lande van die Midde-Ooste en Afrika word omstandighede nie beter nie, sodat die druk hoog bly. Die Europese Unie het nog steeds geen gemeenskaplike konsep van hoe om te reageer nie en is verdeel tussen die lande wat vlugtelinge wil inneem en dié wat dit nie wil doen nie. Italië het na die onlangse wegbreek van die regse Lega uit die koalisieregering, en die vervanging deur die linkse Demokratiese Party, weer ʼn meer toegeeflike beleid. In Duitsland het massiewe veldtogte van ʼn breë koalisie uit feitlik alle partye, kerke, vakbonde, media en die NRO daartoe gelei dat die teenstanders van massa-immigrasie geïsoleerd staan en hul argumente uitgedoof word. Eers wanneer iets drasties weer gebeur, sal daar dalk ʼn omswaai kom.

Persone staan agter ‘n polisielint nadat hulle uit die hoofkwartier van die polisie ontruim is (3 Oktober 2019) (Foto: AP Photo/Kamil Zihnioglu)

Terwyl dit lank redelik stil was wat terrorisme betref (alhoewel die daaglikse geweld deur migrante, veral teen vroue, voortgaan), is daar aanduidings dat ʼn nuwe golf aan die opbou is.

In Parys, Frankryk, het ʼn Moslem-ekstremis wat in die polisiehoofkantoor werksaam was, vier van sy kollegas met ʼn mes vermoor. In Limburg in Duitsland het ʼn Siriese migrant met ʼn gesteelde vragmotor in ander motors ingeploeg en dit was net aan die toeval te danke dat niemand dood is nie. In al twee gevalle het die owerhede eers probeer om die terroristiese motief te verdoesel. Terreur is egter nie slegs ʼn verskynsel van Islam nie, maar ook van verlinkses en verregses, alhoewel nie op dieselfde en georganiseerde vlak nie.

Die drie bedreigings hou verband met mekaar. Uit die linkse oogpunt vlug mense weens klimaatverandering en is die oplossing dus om die grense oop te gooi sodat die wêreld se probleme en rykdom gelykop verdeel word. Uit die regse oogpunt vlug mense weens politieke onstabiliteit en oorbevolking en is die oplossing sterk grense en terselfdertyd stabilisering van die arm lande deur ekonomiese en politieke hervormings.

ʼn Verdere probleem is aan die verskyn op die horison, naamlik die einde van onbeperkte ekonomiese groei, waaraan die wêreld, weens China se opgang, gewoond geraak het.

 

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Sebastiaan Biehl

Sebastiaan Biehl werk tans as ʼn analis in Berlyn, Duitsland. Hy is ook ʼn skrywer van romans en reisbeskrywings in sy vrye tyd en was op ʼn tyd (2001-2005) ook vir Solidariteit se media-afdeling werksaam. Sy kwalifikasies is BA algemeen, BA Hons (Politieke Wetenskap) en MA Politieke Wetenskap by Bloemfontein en RAU, onderskeidelik. Sebastiaan se gebiede van belangstelling is veral politiek, geskiedenis en reis.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Derek Meyer ·

Dis vir my interessant dat die grootste bedreiging vir die mensdom nie genoem word nie.

Die bevolkingsaanwas. 6 kinders per vrou (soos in SA) is net nie volhoubaar nie.

Judge Dredd ·

Ja Derek – dis iets wat ek ook al jare lank oor wonder – tog dis net China wat nou iets daaromtrent doen(nadat hulle dekades te lank gewag het) – die res van die wereld “leiers” ignoreer die bevolkingsaanwas probleem

Wessel ·

Bevolkings aanwas gevaar, is ‘n foefie, net soos klimaat verandering. Die “probleem” met die sogenaamde oorbevolking is nie ‘n geval van hulpbron tekort nie, maar ‘n geval van ‘n bestuursprobleem deur ‘n een wereld regering.

Stephan de S ·

Terwyl ek soveel samestemming het met Derek hierbo, wonder ek of ideologie deur betaalde politici gedryf , nie n groter bedreiging is nie. As motivering , dink daaraan dat die kommunistiese ideologie verantwoordelik was vir 100 – 120 miljoen moorde met die Nazi ideologie nie ver agter nie.

Therese van Schalkwyk ·

Die feit dat linkse kringe al hoe meer begin praat van “klimaatsvlugtelinge”, maak dit loshande die grootste bedreiging. Met hierdie leuen het hulle ‘n absolute ‘wenner’ beet, want regerings wat ekonomiese vlugtelinge nog tot op hede kon wegwys, gaan nou van meer as blote harteloosheid beskuldig word.
Die oop grense wat die linkses propageer, het die potensiaal om die ganse wêreld af te trek na ‘n Midde-Oosterse tipe ellende. Dalk nie in ons leeftyd nie, maar dit kom beslis.
Nimmereindigende oorloë en terreur is deel van die Islam-wêreld.
Die Weste is dwaas om grense daarteen te verslap.

Derek Meyer ·

Ja, Sebastiaan Biehl probeer hard om pk te wees. Hy mis die werkliheid.

Derek Meyer ·

Sebastiaan, wat is jou opinie oor mense wat baie kinders kry wat hulle nie kan bekostig nie? Is jy ten gunste van voorbehoedmiddels?

Sebstiaan ·

Beste Derek, bevolkingsontploffing is inderdaad een van die hoofoorsake van die migrasiestrome. Veral lande in Afrika se bevolings het oor enkele dekades meer as verdubbel. Ek is ten gunste van bevolkingspolitiek, wat voorbehoedmiddels insluit, maar morele waardes en godsdienstige oortuigings moet daarby ook in ag geneem word. Sjina het wel die wereld en homself ‘n guns gedoen deur sy bevolkingsgroei betyds te briek sodat dit nou op 1,3 miljaard bly, maar die metodes soos grootskaalse aborsies en staatlike dwang is nie aanvaarbaar nie. Daardie is ‘n onderwerp vir ‘n volledige artikel.

Feite ·

Die anti-Christus gaan regeer wie gaan veroorsaak dat die aarde in vuur gaan opgaan. Dat die mens en die bevolkingsaanwas klimaatsverandering teweeg bring, dit is gewis so, opstande teen eie regerings, oorlog, dit is alles wat voorle, want wat gaan die bevolkingsaanwas doen sonder geld, sonder kos en water. Hulle gaan toi-toi, plunder en brand en daar gaan nie water wees om die vuur te blus nie, die bietjie besoedelde water wat daar gaan wees, gaan die vuur stook, letterlik en figuurlik!

Johnny ·

Ons kan nou maar soveel planne maak soos ons wil, en soveel veranderings beplan, maar klimaatsverandering gaan ons nie keer nie. Lees maar self in Openbaring die verwoesting wat op die wereld wag. Daar is ongelukkig geen keer nie. Dit is as gevolg van ‘n sondige wereld en het absoluut niks met uitlaatgasse of kernenergie te doen nie.

Hans ·

Verwoestyning in SA veroorsaak al landbou krisis, met plattelandse bevolkings wat na metropole stroom. Waarheen gaan ons vlug, na Australië, waar dieselfde gebeur? In my leeftyd het ek gesien hoe bv die karoo totaal verander.
Die politieke korrektheid houding in Europa, verander ook teenoor SA met realiteits probleme.

Attie. ·

Ek maak ‘n stelling dat die mediese wetenskap is ons grootste vyand. Na die2de W.Oorlog het die mediese wetenskap ons in die vermoë gestel om gesinsbeplanning toe te pas. Ons het daarna in weelde verval omdat klein gesinne geld oorhou vir luukses. Die ryk en beskaafde volke van veral die westerse lande se aanwas het begin krimp en die dom gesinne het steeds aangewas. Vandag kan ons sien dat Afrika en Asië oorbevolk is en die Weste trek aan die kortste kant. Op die manier gaan sekere volke sekere lande oorneem sonder dat daar n skoot geskiet gaan word.

Werner ·

Johnny is reg, die Bybel waarsku ons, maar daar sal sekerlik diegene wees wat ons sal koggel, omdat ons glo.

Stardust ·

Oorbevolking het die natuur venietig en nou sien ons die gevolge. Sewebiljoen mense se riool en rommel besoedel elke dag groter en groter dele van die aarde. Voordat die bevolking nie gaan verminder nie , gaan die situasie nie verbeter nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.