Kom ons bou aan oplossings in Suid-Afrika

flip-buys-2017-11

Flip Buys, die voorsitter van die Solidariteit Beweging. Foto: René Roux.

Beste Vriende

Die ANC/EFF se besluit oor onteiening en die Australiese minister se uitsprake daaroor het die knuppel behoorlik in die hoenderhok gegooi. Mense reageer van alle kante af sterk daaroor!

Maar kom ons dink al hierdie dinge mooi deur. Ek deel julle ontsteltenis oor die geweld, grondbesettings, swak regering, rassistiese beledigings en die dreigende onteiening van ons werk, ons universiteite, eiendom en skole, ons taal en veral die diefstal van ons kinders se toekoms. Dis juis die rede hoekom ons beweging gestig is en aan blywende oplossings werk.

En ja, natuurlik is dit goed dat ministers van sterk lande begin standpunt inneem oor wat hier gebeur, want dan weet die regering hy word dopgehou. Dis ook betekenisvol dat AfriForum se internasionale inligtingsveldtog al bykans wêreldwyd dekking kry in die hoofstroom-media. Die ANC se wittebrood is verby, en lede sal nie meer in die donker kan kwaaddoen en net vriendelik glimlag as daar kameras naby is nie.

Rassespanning

Die SA politici wat ons woedend hieroor aanval, kan gaan doppies blaas. Ons wil hier bly, maar ons gaan nie stilbly as hulle ons land en ons toekoms wil onteien nie. Dis tog ons patriotiese plig – in hulle belang ook – om te keer dat hulle dieselfde foute maak as soveel mislukte Afrikalande noord van ons. As die ANC oom Bob betyds gekeer het om die boere se grond te steel, was daar nie nou miljoene honger swartmense in Zimbabwe en xenofobiese voorvalle in Suid-Afrika nie. Maar nee, presidente Thabo Mbeki en Jacob Zuma het létterlik handjies met hom vasgehou vir die hele wêreld om te sien en te wanhoop oor wat kom.

Toe kom president Cyril Ramaphosa en hy skep hemelhoë verwagtinge oor onteiening wat die rassespanning nou so opjaag dat hy die vlamme probeer blus. Want afvat van mense se eiendom is kodetaal vir die afvat van al hulle regte en selfs hulle lewe. Dan praat ons nou nie eens van MiniBob wat GrootBob as held en rolmodel vir Suid-Afrika voorhou nie. Die regering sê nou ons kan kom insette lewer oor die beoogde onteiening van ons besittings. Nou kyk, ons deure staan oop as julle wil praat, maar moenie verwag ons gaan selfmoord pleeg om te keer dat ons vermoor word nie.

Die polarisasie wat die ANC/EFF veroorsaak het, wys dat dit nou dringend nodig is dat ons in ʼn gees van wedersydse erkenning en respek met mekaar praat. Julle kan nie ons skole, ons universiteite, ons werk, ons besighede, ons vryheid en nou ons eiendom wil onteien en verwag ons moet dink ons leef in ʼn grondwetlike demokrasie nie!

Vry, veilig en voorspoedig

Om nou te skop en te skreeu omdat ons vir die wêreld vertel wat julle beplan, is pateties. Dis mos júlle wat verkeerde dinge wil doen, nie ons wat die fluitjies blaas nie! Regeer goed en gun ons ons grondwetlike regte en vryhede, dan vertel ons ʼn mooi storie vir die wêreld. Maar as julle wil aangaan met julle planne, moet julle weet dat ons nou eers begin het!

Julle het ons mooi geleer van buitelandse druk weens binnelandse onreg. Ons wil graag hier bly en help bou aan oplossings vir die land en al sy mense, maar die voorwaardes daarvoor is dat ons ook vry, veilig en voorspoedig kan leef. Ons gaan nie net die gewillige melkkoeie, sondebokke en ryperde vir magsugtige heersers wees nie. Vergeet dit. Gun ons die vryheid om 100% Afrikaners te wees, en ons sal 200% Suid-Afrikaners wees.

Emigrasie

Maar laat ons weer terugkeer na die storm wat die Australiese minister ontketen het. Ek sê weer, ek’s dankbaar hy het die saak wêreldwyd in die kollig geplaas. Vriende, emigrasie is miskien ʼn antwoord vir enkelinge, maar nie ʼn oplossing vir Afrikaners as gemeenskap nie. Australië laat net ʼn uitgesoekte groep toe met genoeg geld en kwalifikasies.

Ons kan mos nie alles agterlaat wat ons hier opgebou het nie. Ons kan ook nie die miljoene Afrikaners wat nie kan emigreer aan die genade oorlaat nie. Ons kan mos nie dat ʼn klomp radikale nou ʼn streep trek deur ʼn geskiedenis wat ons oor eeue heen hier opgebou het nie. Ons mense het al in groot krisisse beland en dit weer oorkom, en kan mos nie nou landuit net omdat dinge tans moeilik is nie. Ons probleme gaan nie in Australië opgelos word nie. Ons moet ons planne hier maak en uitvoer – waarvoor ons wêreldwye buitelandse steun moet werf.

Daarom is dit nie nou die tyd om ʼn uitsoekgroep landuit te lok nie, maar om almal saam ín die land kliphard aan oplossings te werk. Ons voorouers het hulle kant gebring toe dit nodig was, maar elke geslag is verantwoordelik vir sy eie tyd. Daarom is dit nou ons beurt om antwoorde vir die probleme te vind. Die getoetste formule hiervoor is skeppende vernuwing gegrond op beproefde waardes.

Kulturele patriotisme

Glo my, ek is deeglik bewus van die krisisse in die land, en het begrip daarvoor dat baie Afrikaners so vervreemd en onwelkom voel dat hulle nie meer veel lojaliteit vir die land voel nie. Daarom glo ek dat ons weer ʼn gesonde kulturele patriotisme teenoor ons eie gemeenskap moet ontwikkel. Maar ons moet ook veg teen ons afgradering na tweedeklas-burgers van hierdie mooi land. Ons toekoms is te belangrik om aan die ANC oor te laat.

Ons sal bly werk aan goeie rassebetrekkinge omdat ons steeds glo dat die meeste mense uit alle rassegroepe goed met mekaar oor die weg kom. Ons staan ook gesonde betrekkinge met die regering voor, maar ons gaan nie net aan gesprekke oor ons eie ondergang deelneem nie. Ons gaan ons regmatige belange bevorder. Ons weet dat ons die toekoms gaan hê wat ons self skep. Ons voorouers het dit gedoen, ons kan ook.

Kom bou saam met die 450 000 lede van ons beweging daaraan. Die vraag is nie wie ons gaan toelaat nie, maar wie ons gaan keer.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Flip Buys

Flip Buys is voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Elsa ·

Oplossings? skep werk langs elke pad, omgewing, skoonmaak en gras kort hou, nie eenmaal net voor verkiesings, weeklikse opruiming, slote wat geblok is, oop te maak, omgewings sekuriteite, verkeers
“valk ogies”, …wat sigbaar is, polisie, verkeerspolisie, sigbaarheid, dan sal almal veilig voel…oplettenheid…anders gee ‘n “klagte kontak nr, wat beantwoord sal word, meer as een nr, lei mense op om ‘n verskil te maak…dan sal daar minder negatiewe motiewe wees…minder bedelaars op straat hoeke, wat in elkgeval hul lewe waag op hoof roetes… baie planne kan saam gemaak word om misdaad uit te roei, “undercover” oplettenheid…saamwerk en saam dink aan oplossings op elke gebied…. hou op se en begin DOEN..

Christo Hattingh ·

Doen dit net!
In Orania konsentreer ons.
Baie dinge wat roep. Deurdink en beredeneer in raadsale. Vind oplossings. Werk en bou. Vele vind sin in strewe na vryheid. Ons bou aan huise en menselewens. Bou verder aan ons volk. Kry bevrediging soos die oplossing in plek val. Dankie vir hulp van verskeie oorde. Meer begin die oplossing sien en kom kyk, oorweeg en help mee. So weet ons oppad na ‘n oplossing…..want ons weet ons bou saam met die Meesterbouer van alle tye. Hy wat skep en herskep. Dankie aan ons Meester wat lei. Ons weet waarheen, want ons weet Hy is in beheer!

Haan ·

Nêrens in die Bybel verwys God na Homself as die “Meester bouer”
Daar is egter n groep mense wat na hul god as die “Meester bouer” verwys… 2+2

Patriot ·

Ja, Flip – dit is mooi woorde. Die vraag bly staan: hoe kan hierdie haglike situasie beredder word? Op hierdie stadium is daar menslik gesproke geen oplossing in sig nie – dit terwyl Rome reeds brand! Dit is ook nie gepas om enigeen onder die huidige omstandighede te ontmoedig om te emigreer nie. Vir almal is daar ‘n vensterperiode waarbinne dit moontlik is – mis jy dit is jou kans waarskynlik vir altyd verby. Jy kan egter enige tyd terugkeer na jou geboorteland.

Hendrik ·

Dit is reg kom ons begin bou. Ons het tans twee gekonsentreerde fokus punte, onder dieselfde model, Aandele Blok Maatskappy. Een in die Noord-Kaap (Orania) en een in Pretoria (Kleinfontein) omgewing met omtrent dieselfde aantal inwoners en huise. Gaan ons nywerhede vestig, besighede, werkskepping, onderwys/opleiding? Kan ons nog meer sulke gebiede identifiseer in die land en ontwikkel? Dit moet natuurlik naby markte wees waaraan dienste en produkte gelewer kan word om ekonomies volhoubaar te wees.

Eish ·

Ongelooflike skrywe, besielend, vertroostend en bindend.
“Ons soek woorde wat kan heelmaak uit die boeke van die tyd,
ons soek woorde wat kan toemaak, daar waar niemand ooit mag kyk.
Ons soek woorde wat kan stil maak, as die gisters hard wil praat,
Ons soek woorde wat kom lig maak as die nag sy donker laat…”

Hendrik ·

Genoeg geskrifte wat onderwerp uit alle hoeke beskrywe. Tyd om te besluit, sit daad by die woord en maak ‘n sukses soos ons gewoon is daaraan.

Aasvoels ·

‘n Burgeroorlog is oppad. Weens plaasmoorde en plaas- aanvalle, die malema – fabrieksfout en ramaposa .
Dan sal dialoog nie nodig wees nie.

SA VIR JESUS ·

2 SAMUEL 6
Ons moet mooi luister wat God vir ons se in hierdie tyd, HY was, HY is en Hy sal altyd wees !!!
In plaas van die gebruiklike groot skare Leviete wat die ark begelei – mense wat aan God en sy diens gewy is – laat Dawid eerder dertig afdelings soldate voor die ark uit loop – 30 000 soldate bring die Here in sy stad in!
Dink mooi: hierdie keer is dit nie die Here wat simbolies in die ark voorop gaan nie, en dis nie sy gewyde dienaars wat ongewapen en spesiaal gereinig met Hom saamgaan voor die volk en die koning en die weermag uit nie: hierdie keer is dit Dawid wat as groot generaal met sy magtige leër die Hére na sy woonplek toe bring. Dawid eien hiermee vir homself en sy leër krediet toe wat die Here alléén toekom! Dis God wat vir Dawid en sy 30 000 manne in die stad moet inlei, nie andersom nie! ! Sien, hier wil mense wél die Here dien…maar dan soos húlle goeddink, sonder om versigtig te vra wat die Here wil!
Wanneer die osse struikel en Ussa na die ark gryp, het die Here genoeg gehad: Ussa sterf net daar! Die hele feestelike optog steek viervoet vas. Selfs met die beste bedoelings kan ‘n mens heiligskennis pleeg…omdat jy nie kennis geneem het van die Here se duidelike wil in sy duidelike Woord nie! Oppas hoe jy met die heilige dinge van God omgaan.
AMEN

johan II ·

Burgeroorlog…nie moontlik nie vriend, nie soos jy waarskynlik dit insien nie. Ons is reeds in geweld soortgelyk aan oorlog, ons enigste uitweg is veg vir ons minderheids regte (ja daar is so iets) en skep “veilige” areas waar ons kan. Die res gaan net verder verval in chaos soos die regering (polisie) se greep verswak. Ek dink die reënboog gaan nou vinneg verdwyn. Verder…as jy kan uit, gaan daarvoor, red jouself en jou kinders. Maar die meeste van ons sal hier moet bly en ons “burgeroorlog” vir oorlewing moet veg.

Casper Labuschagne ·

Tussen al die wanhoop, is daar hierdie een artikel met ‘n visie.

Ek hamer alewig daarop dat die teenoorgesteld van rassisme nie ‘n toestand van nie-rassisme is nie, maar ‘n toestand van respek. En keer op keer kom dit by my op dat die verregaande gebeure waaroor daagliks berig word, in sy kern die gevolg is van ‘n gebrek aan respek.

Iets wat ek nog altyd in die Afrika kultuur bewonder het, is die inherente respek wat daar was. En hoe ironies, en ook tragies, dat juis die gevolge Mandela se vrylating ‘n nuwe geslag gebaar het wat vir niemand of niks respek betoon nie.

Ek sou eerder ‘n samelewing sien waar, alhoewel mense hemelsbreed verskil en glad nie ooit vriende sal wees nie, hulle mekaar wel respekteer – dit is iets wat ons nou kan doen en wat heel doenbaar is, dit verg ‘n wilsbesluit om eenvoudig ander met dieselfde respek te behandel waarmee jy self behandel wil word.

Maar as ek lees van “goeie rassebetrekkinge” dan is daar ‘n ideaal, maar wat kan of moet ek doen dat so iets sal gebeur? Inteendeel dit kom voor asof ‘n ander se nierassige samelewing eenvoudig ‘n lisensie is om vir my en my volk gruwelik te verneder.

Maar ek kan nou, van hierdie oomblik af, almal met respek behandel. En as hulle my nie met respek behandel nie, moet hulle weet daar is wel ‘n sanksie, respek is wel ‘n tweesnydende swaard.

Dit klink vir my soos ‘n beter plan.

Thinus Erasmus ·

Flip Buis hier is vir jou ‘n vars bal: Zimbabwe – ons weet almal grond is onteien, vestig die regering en buiteland se aandag daarop dat daar mos groot moontlikhede vir voornemende swart SA en ook swart Zim boere is om boerdery te vestig op baie ongebruikte grond reeds in Zim regering se besit. Sekerlik kan die nuwe Zim President met beloftes van finansiele bystand (en dalk so klein bribe) en beleggings in landbou oorreed word. En Ramaphosa is moes gretig vir oorgrens betrekkinge.
Ontroon die EEF deur ‘n veltog te loods in SA om aan alle SA burgers ‘n gratis erf in stedelike gebied te belowe, met eindomsreg.

[email protected] ·

Geagte Flip, baie dankie vir hierdie uitstekende artikel.

Die pen is magtiger as die swaard. Naasteliefde is die hanteerder van die eerbare pen.
Dit is ons as Afrikaners se reg om volhoubaar die hele wêreld in te lig oor die ware feitlike situasie in Suid-Afrika. Maar ons moet die morele golf ten alle tye ry. En ons moet eerlik en opreg, sonder duistere motiewe en geheime agenda’s, met die buiteland kommunikeer. Eerlikheid en opregtheid bou wedersydse vertroue.

Rika ·

Die probleem met bogenoemde plan is die ondergang van ons volk is ons kan oor niks saamstem of saam staan nie dis hkm dit nou gaan met ons soos wat dit gaan. Ongelukkig is daar geen waarborge dat ek my man of my kinders nie verkrag en vermoor gaan word in die tyd wat dit gaan neem om te baklei vir ons bestaans reg nie. My gesonde verstand sê vir my vlug . As n ma is my eerste instinkt om my kinders te beskerm en dis wat ek doen om hulle so vêr as moontlik van hierdie moordenaars en plunderaars te kry.

Andrea ·

Rika, ek stem saam met jou. Alhoewel ek uiters groot respek vir Flip se denkwyse het, voel ek dit is te laat vir gesprekke. Ons praat al vir jare, en niks kom daarvan nie. Daar is nie meer tyd vir praatjies nie. Versnel die plan vir ankerstede, soos in ‘n vorige artikel van Flip, dit kan dalk maak dat sommiges van ons oorleef.

Gesprekvoering met die regering is ‘n mors van tyd en geld. Daar moet nou, binne die volgende paar maande, iets daadwerkliks gedoen word.

Vlug… ja, as jy kan. Want ons kan nie dit wat gebeur en nog gaan gebeur beveg met woorde nie. So watter opsie bly oor?

Paul ·

Goeiemore Mnr Buys, ek sien in die media daar vlieg nou vanoggend allerhande stories oor die afgelope twee weke se gebeure rond. Van boere wat die landuit vlug tot wit volksmoord. Berigte in The Times en Mail & Guardian het spesifiek betrekking. Ek vertrou julle het reeds daarvan kennis geneem.

Leeuwyfie ·

Dit gaan nie oor die grond nie, dit gaan nie oor regverdigheid nie, dit gaan nie daaroor om ‘n vredeliewende samelewing te skep nie. Dit gaan oor wraak en vrees. Hulle sal alles doen wat hulle kan om te kry wat hulle wil he en om ontslae te raak van dit wat hulle nie wil he nie. Die slagting sal voort duur en dit gaan net erger word maar ” ‘n wors het ook ‘n end ” en een of ander tyd sal die leeu moet wakker word……Mag die Here ons bewaar & krag gee!

Voorwaarts mars ·

Dankie FLIP vir die artikel laat mens dink…. Casper en Tinus jul voorstelle is op die kop. Leon en 00VT stem saam “ruik ok’n rot” dis nóù wanneer elkeen móèt eerlik met homself wees.

Hendrik ·

Flip ons 450000 bou al lankal saam . Soltech, Helpende Hand, Afriforum, Solidariteit en FAK. Kyk maar na ons debietorders. Hierdie week het ek my Boufonds bydrae met R10 vermeerder en vir ‘n Solidariteits werwer ‘n lys van vriende se info gegee om aan te sluit. Nou vra ek wanneer begin julle dan daadwerklik soos julle die afgelope paar weke met artikels soos “Konsentreer of Emigreer”, hierdie artikel en andere , werklik op tafel sit om hierdie prosesse aan die gang te sit? Daar was Plan A , Plan B en waar is die praktiese Plan C wat alles omvat? Hierdie is die tyd om voet neer te sit of soek die Solidariteits Beweging eers een miljoen lede? Wel ons kan nie meer regtig wag nie.

DewaldS ·

So hulle trek al hier by die R50 miljoen per maand? Haha -alles verloop mos nou mooi volgens die besigheidsplan – hoekom te veel golwe maak? En met raadgewers soos FW de Klerk gaan die groepie nou van krag tot krag…

Jerry ·

Die oplossing vir binnelandse onreg le in versoening met versoenende optrede en goeie buurmanskap met die gematigde ANC! Geen reaksie en dreigende media uitsprake op EFF populistiese uitsprake, grondgrype en geweldpleging behalwe om toe te sien dat klagtes gele word en dat die gereg sy gang gaan. Speel die ANC en die EFF teenmekaar af en sien toe dat die ANC met die EFF afreken net soos hulle besig is om tans met die ANC Zupta anargiste af te reken.

SA VIR JESUS ·

Do you want to live in and see South Africa as a country with Godly principles and leaders, the following verses that you are about to read is applicable to all of us!!!
Isa 60:1 Arise, shine; for thy light is come, and the glory of the LORD is risen upon thee.
Isa 60:10 And the sons of strangers shall build up thy walls, and their kings shall minister unto thee: for in my wrath I smote thee, but in my favour have I had mercy on thee.
Isa 60:12 For the nation and kingdom that will not serve thee shall perish; yea, those nations shall be utterly wasted.
Isa 60:15 Whereas thou hast been forsaken and hated, so that no man went through thee, I will make thee an eternal excellency, a joy of many generations.
Isa 60:18 Violence shall no more be heard in thy land, wasting nor destruction within thy borders; but thou shalt call thy walls Salvation, and thy gates Praise.
Isa 60:19 but the LORD shall be unto thee an everlasting light, and thy God thy glory.
Isa 60:20 and the days of thy mourning shall be ended.
Isa 60:21 Thy people also shall be all righteous: they shall inherit the land for ever, the branch of my planting, the work of my hands, that I may be glorified.
Isa 60; 22 A LITTLE ONE SHALL BECOME A THOUSAND, AND A SMALL ONE A STRONG NATION: I THE LORD WILL HASTEN IT IN HIS TIME.

JC ·

Baie dankie Flip, soos gewoonlik slaan jy weereens die spyker op sy kop!

Samesprekings ·

Ek beveel aan dat samesprekings met die internasionale gemeenskap en die regering moet begin draai na die realiteit en noodsaaklikheid van ‘n eie tuisland. Die gekarring hou nou al aan vir dekades en lei tot niks, dit is beter om te skei, dan is julias ontslae van ons en ons kan onsself beskerm en ons belastinggeld nie op lang slap karre vermoirs nie maar op die opbou van ons eie skole, hospitale ens.

Faan ·

Daar’s nie ‘n bestaande Afrikaner ‘Skotland’ wat net vir ons ‘gegee’ kan word. Die wat dit wil hê moet dit bou. Niks keer jou om te help om Orania eers tot ‘n stad en dan ‘n staat uit te bou nie. Moenie vd buiteland wag- begin!

Saartjie ·

Ons gee niks op nie. Dit WORD van ons af weggeneem, want ons het GEEN regte in hierdie land nie.

Christo Volschenk ·

Dankie vir jou mooi en rustig, dog dringende oproep. Die situasie is gewis krities. Ek het nie die 25 kommentare voor myne gelees nie, maar wil tog my mening reguit en kort gee: die tyd het aangebreek vir die mense wat in 1838 hul goed gepak het en uit die Kaapkolonie getrek het om van die Engelse weg te kom, om terug te trek die land van hul voorvaders – die Kaapkolonie. Die Engelse is weg; daar staan baie landbougrond onbewerk in die Suidkaap, dis veilig daar en julle sal met ope arms ontvang word – en dadelik tuis voel. Nou kan ek my voorstel dat daai uitnodiging baie mense in die noorde kan omkrap…eenvoudig so alles los wat ins opgebou het? Ja, presies…dis wat julle brawe voorouers gedoen het en julle kan en moet dit ook doen. Welkom terug!

Zacharias Venter ·

Net een probleempie met wat jy sê, maar dis n baie ernstige probleempie. Jy lê klem op wat ons hier opgebou het wat ons dan nie netso kan los nie. Jesus het gesê: As jy die gruwel van die verwoesting sien staan waar dit nie moet staan nie, moet jy vlug. En jy moenie omdraai om iets te gaan haal nie, nie terugkyk na wat agter is nie. Dink aan die vrou van Lot!
As jy nie die gruwel van die verwoesting kan sien nie, ek en baie ander kan. As jy nie groot verdrukking kan herken, die tekens van die tyd dat Jesus se koms voor die deur is, ek en baie ander kan.
Dit het tyd geword om te vlug. Nie Australië toe nie; daarin is jy reg. Ook nie na Oranias en ander volkseie enklawes nie, maar na alternatiewe samelewings geskoei op die naasteliefde van die eerste christene.

Rob ·

Jammer Flip maar die rigting van jou skrywe bied geen oplossing nie.
Die feite is ons het sedert 1994 geweldig politieke/finansiele veld verloor, ons is uit alle vorms van nasionale, provinsiale en plaaslike regerings geskop. Ons is vervang in alle fasette van werk met onbevoegde, ongekwalifiseerde esels agv EE, BEE, BBBEE en Comrade (Domrade) deployment. Afrikaans is verwerp en ontslaan uit tertiere onderwys instellings, en nou word daar gepeuter met ons taal op skoolvlak. Hier kom gedwonge integrasie veral gemik op ons jeug. Wette in hierdie land word selektief toegepas om die Blanke by te kom en die nasionale media word ingespan (mbv ons eie geld) om ons af te kraak en te indoktrineer met infame leuens. So vergeet van samewerking met hierdie vreemde vyandige bestel ons moet ‘n streep in die sand nou trek. Om die waarheid te se^ dis amper reeds te laat.
Dit is nou of toegee en dis oorgee OF ons slaan terug, en as ons nie bereid daarvoor is nie, dan kan ons maar net sowel die padvat buiteland toe, want on taal, tradisie, kultuur en geskiedenis is in elk geval daarmee heen.
Alleenlik ‘n onafhanklike staat sal ons voortbestaan verseker hetsy deur onderhandeling of met vat soos in sesessie. Niks maar niks anders is moontlik nie.
Die tyd van mooi woordjies is verby.

Rudie Booyens ·

Dankie Flip!
‘n Nugter, logiese en wel deurdenkte artikel.

Ou Waardestelsel Kultuurerfenis Ystervark ·

PLAN “AFRIKANER TOEKOMS”

“Ons gaan ons regmatige belange in Suid-Afrika bevorder [Flip Buys]” deur teenoor ons nasiegenote op te tree soos wat ons verwag hulle ook teenoor ons sal optree (Goue reël van naasteliefde). Immers, die HELE Suid-Afrika behoort aan ALLE Suid-Afrikaners.

En ons en ons nageslagte gaan volhoudene waak dat gemaksug, rugby, braaivleis en bier nie ons weer lei tot apatie teenoor ons waardestelsels, kultuurerfenis en burgerlike instansies (ter bevordering van reg en geregtigheid) nie.

Ek Verwarde Suid-Afrikaanse Soogdier(vark) ·

Ek wonder wat dink die ander Suid-Afrikaanse minderheidsgroepe wanneer hulle al die kommentare op Flip Buys en Max du Preez se aanlyn artikels en politieke menings lees?

Sien hulle ‘n dalk spul Afrikaner hoenders in die Suid-Afrika-hoenderhok dapper bravado rond fladder te midde van die knuppel in die hok, andere bid, andere glo die hiernamaals is om die draai, ander fladder in paniek, andere verwag Solidariteit moet al die knuppel-probleme oplos, andere wil in eie hoenderhokkies wees, andere wil emigreer, enkeles wil ankerstede in die Suid-Afrika-hoenderhok stig, ander slinger hogere woorde soos “liberaliste” rond, andere slinger modder, verwyte en wigte en teenwigte na vorige leiers? Ai, ekke, ek weet nie so mooi nie.

AJ ·

Konsentreer rondom Afrikaanse skole en kerke.
Koop AL die eiensomme kollektief op en vestig Afrikaanse gesinne en besighede daar.
Bestuur dan die areas soos veiligheidswoonbuurte (of kibboetse)!
En FLOREER!
Doen dit net.

Sonja Schulz ·

Ek dink daar is ‘n geweldige vrees onder die “meerderheid” dat ons apartheid weer sal instel. Ons moet die boodskap deurvoer dat dit nie ‘n moontlikheid is nie, aangesien ons almal tans lei agv daarvan.

Hugo ·

Julias Malema maak baie stellings, kan elke stelling in die parlement bespreek word of dit feitlik korrek is? Daar kan gekyk word daarna in konteks van 500 jaar terug, 300 jaar terug, 100 jaar terug, 50 jaar terug, 20 jaar terug en huidig. Ook
Volgens wet en volgens konstitusie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.