Kom ons praat oor die ANC se gruweldade

argieffoto

argieffoto

Flip Buys het onlangs geskryf dat Afrikaners sterker standpunt moet inneem teen die kriminalisering van hul geskiedenis. Dit is natuurlik ʼn taboe-onderwerp en enigiemand wat dit waag om apartheid in konteks te plaas, word maklik as ʼn rassis bestempel.

ʼn Deel van die probleem is dat sommige Afrikaners probeer om die geskiedenis in konteks te plaas deur te argumenteer dat hul voorouers foutloos was, óf dat biologiese verskille tussen rasse die beweegrede vir apartheid was – ʼn teorie wat deur H.F. Verwoerd verwerp is. Hierdie benadering is teenproduktief en al wat dit bereik is om halstarrigheid oor die onderwerp te verdiep en potensiële ore te sluit.

Buys se artikel is hopelik die begin van ʼn groter debat rondom die hantering van die geskiedenis. AfriForum Jeug dryf vir die afgelope jaar ʼn veldtog om die dubbele standaarde wat tans in Suid-Afrika heers, aan te spreek. Ek het onlangs ook hieroor geskryf en ʼn reeks voorbeelde van hedendaagse dubbele standaarde op universiteite gelys. Jong Afrikaners sê al hoe meer vir mekaar “verbeel jou net as dit andersom was” wanneer ʼn swart mens iets rassisties kwytraak, sonder om ernstige gevolge te ervaar. Aanhitsing op sosiale media is ʼn goeie voorbeeld hiervan.

Dit spruit waarskynlik voort uit die feit dat daar ook met dubbele standaarde na die geskiedenis gekyk word. Die Black Sash-leier, Jill Wentzel, het reeds in 1995 in haar boek, The Liberal Slideaway, gekla oor die feit dat liberales nie gebalanseerd na iets soos apartheid kan kyk nie. Sy het hierdie verskynsel beskryf as die “twintig-tot-twee reël”. Dit het kortliks behels dat liberale mense soos sy bewus was van die gruweldade wat deur ANC-aktiviste gepleeg is, maar dat hulle bang was om as rassiste uitgekryt te word indien hulle daarteen standpunt inneem.

Gevolglik het mense by wyse van spreke eers 20 stellings oor die wreedheid van apartheid gemaak, voordat twee sinnetjies oor die ANC se gruweldade geuiter kon word. “Dit was soos om ʼn tafelgebed voor ʼn maaltyd te doen,” het Wentzel gesê. Jy kon nie iets negatief oor die ANC sê voordat jy nie eers behoorlik oor die boosheid van apartheid uitgevaar het nie.

Buys verwys onder meer na ʼn bewering dat 76 mense tussen 1960 en 1991 in polisie-aanhouding gesterf het. Hoewel hierdie syfer om verskeie redes aanvegbaar is, moet dit steeds veroordeel word. Die syfer moes nul gewees het.

Waaroor egter minder gereeld gepraat word, is die feit dat meer as 1 200 mense alleenlik tussen 1984 en 1992 doodgebrand is, byna die helfte van hulle deur die sogenaamde “halssnoer”-metode (necklace method). Die oorgrote meerderheid van hierdie moorde is deur ANC-gesinde aktiviste gepleeg en in teenstelling met wat dikwels beweer word, is daar bewyse dat verskeie senior ANC-leiers hierdie metode van struggle aangehits het.

Vandag word mense wat niks met apartheid te doen gehad het nie, voorgehou as “apartheidsfigure” en veroordeel. Terselfdertyd word Andrew Zondo deur die ANC as ʼn held vereer, om maar een omstrede voorbeeld te noem. Zondo het nie veel meer gedoen as om ʼn bom in Amanzimtoti se Wimpy te plant en sodoende vyf onskuldige mense (drie vroue en twee kinders) te vermoor en ongeveer 40 beseer nie.

Hector Pieterson, wat op 13-jarige ouderdom tydens die Soweto-opstande doodgeskiet is, is ʼn nasionale simbool. Aan die ander kant is iemand soos Nasie van Eck se naam grootliks verlore. Nasie is op driejarige ouderdom saam met sy ma en sussie vermoor toe hulle bakkie ʼn landmyn naby Messina afgetrap het. Die ANC het verantwoordelikheid vir die moorde aanvaar.

Die sogenaamde marteling van ANC-aktiviste deur die apartheidspolisie se Vlakplaaseenheid word oor die wêreld heen betreur en veroordeel. Terselfdertyd hang daar tot vandag toe ʼn wolk van geheimsinnigheid oor die marteling van gevangenes wat in die 1970’s en 1980’s in die ANC se eie kampe gepleeg is. Toe Mandela destyds ʼn kommissie van ondersoek hieroor van stapel wou stuur, het Chris Hani en Jacob Zuma, wat by die kampe betrokke was, hom ernstig vermaan om dit nie te doen nie.

Clive Derby Lewis, wat betrokke was by die moord op Hani, die leier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, sit tot vandag toe in die tronk en word herhaaldelik mediese parool geweier. Lewis is deur die Waarheid- en Versoeningskommissie (WVK) amnestie geweier.

Aan die ander kant is amnestie byvoorbeeld toegestaan aan Bassie Mkhumbuzi, Gcinikhaya Makoma en Tobela Mlambisa. Hulle was almal betrokke by die massamoord by die St. James Kerk in Kaapstad. Tydens hul WVK-verhoor het hulle getuig dat die Azanian People’s Liberation Army (APLA), waarvan hulle lid was, alle blankes as legitieme teikens beskou het en dat die 11 onskuldige kerkgangers wat deur hulle vermoor is, dus in hul opinie ook politieke teikens was.

Hierdie dubbele standaarde word vandag steeds gehandhaaf, gedeeltelik omdat dit steeds in die media as sodanig voorgehou word. ʼn Senior joernalis het AfriForum se standpunt oor Andrew Zondo onlangs as “beledigend” en “ekstremisties” afgemaak. ʼn Afrika-korrespondent by ʼn internasionale mediamaatskappy het telefonies aan my gesê dat daar steeds rede is om ʼn massamoordenaar van onskuldige mense soos Zondo te vereer, “want hy het darem teen apartheid baklei”.

Eric Arthur Blair (beter bekend as George Orwell) het gesê die mees doeltreffende manier om ʼn volk uit te wis, is om hul begrip vir die verlede te vernietig. Ons leef tans in ʼn era van algemene misleiding. Hierdie misleiding spruit hoofsaaklik voort uit ʼn wanbegrip van die verlede, waaroor daar nie genoeg gepraat word nie. “In ʼn tyd van algemene misleiding,” het Blair gesê, “kan dit ʼn daad van revolusie word om die waarheid te praat.”

Miskien het die tyd aangebreek om die “twintig-tot-twee reël” in die asblik te gooi. Wat hierdie land nodig het, is minder misleiding en meer waarheid, ook oor die geskiedenis.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Ernst Roets

Dr. Ernst Roets is beleidshoof van die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Arno Franken ·

baie dankie vir die fantastiese artikel. Ek wil graag vra of die artikel beskikbaar gemaak sal work in Engels? Ek sal daarvan hou om die artikel vir my vriende oor die wereld te pos dat hulle dit kan deel ens.

Ons kan nie langer bystaan dat die ANC Wwegkom met hul leuns nie

Hendrik ·

Ek stem saam, publiseer asseblief ook in Engels sodat my Amerikaanse vriende dit ook kan lees!

Christo ·

Miskien moet ons ‘n webwerf op ‘n internasionale “server” begin, en die tipe inligting daarop aanbring, sodat die wereld ook hierna kan kyk en met feite konfronteer word. Ons moet ook die geskiedenis van ons erfenis korrek daarop aanbring sodat dit nooit verlore kan gaan of uitgewis word nie.

Hannes ·

Ernst, as ek n webwerf hier in Australia kan begin om hierdie en ander soortgelyke inligting, asook die haglike toestande vir ons Afrikaners & Boere in SA, soos wat Christo voorstel sal dit n eer wees. Ek worstel reeds met idees wat die beste manier is om die feite vir die algemene publiek in Australia & New Zealand te openbaar op n manier wat hulle oe miskien kan oopmaak.

Deon ·

Amen. Dit is lankal tyd. Leer die kinders van vandag die geskiedenis soos dit is en hou op om nuwe ekstremiste te kweek met “aangepaste” geskiedenis.

Carel de Lange ·

My kinders ken die waarheid. Hulle sal nie in die bos gelei word deur liberale leuens nie. Net soos ek sal hulle nie aan “rekonsiliasie, nasiebou en selfs die grondwet” steur vir solank as wat dit slegs van Afrikaners vereis word nie. Alles wat die land verteenwoordig is ‘n klugspul.

G Theunissen ·

Dit behoort baie insiggewend te wees om ‘n feitelys van sogenaamde “struggle hero’s” te sien waarin hul betrokkenheid hetsy by dade van terreur of korrupsie gelys word en die wêreld in gestuur word om hulle ware kleure te ontbloot

aha theron ·

Ek sien so uit na wrt op hierdie blad gese word, gese is en gese sal word! Ek kan nie wag vir ware geskiedenisfeite aan alle kante nie, bewus daarvan dat almal foute en gemeenhede gepleeg het, ook in die geveg om beheer in SA. Baie dankie.

Louis ·

Ek dink ‘n goeie begin sal wees om dag stukke uit die boek genaamd “MBOKODO” geskryf deur Mwezi Twala oor die marteling van MK lede in Quattro kamp in Angola waarvan Jacob Zuma die leier was en beslis het watter vorme van marteling toegepas moes word teen sogenaamde oortreders,te plaas, sodat almal wat nie die boek gelees het nie,daardie geskiedenis van die ANC in oenskou kan neem.

david ras ·

Uitstekende voorstel Louis. Nog ‘n boek van waarde is “Katiza’s Journey” deur Fred Bridgland.
Dit vertel hoe die ANC te vermag het om die saak teen Winnie Mandela oor die moord op Stompie Moeketsi te kelder.

JJ Blom ·

Ernst hernuwe ons trots met hierdie artikel. Mag jy en die talle ander Afrikaner lojaliste opgeskryf word in die geskiedenis vir jul passie en opoffering. Dankie

Andre ·

Maak geen fout dat die Amerikaners en Europiers deeglik bewus is van wat aangaan in SA, maar tipies, nadat hul inmenging in ander lande se huishoudelike sake tot gaos gelei het, sit hul terug en bewonder die onheil wat hulle op daardie land laat losbars het. Dan laat verswakte politiek verhoudinge en houdings nie toe dat hulle daarop kommentaar lewer nie. Hulle leer maar net nie dat inmenging met dinge waarvan hulle niks weet net meer bydra tot ander se lot.

Johan ·

Bietjie vereenvoudig maar 100% korrek…”apartheid is weg nou moet SA net genees” hul werk is kaar en as Afrikaners uitgewis word is dit maar net nog n “bose” volk minder…

Akhenaten ·

As ek die redenasie gebruik dat diskriminasie as gevolg van apartheid verkeerd was en daarom kan alle ANC onheile voor die deur van apartheid gele word rym dit met die afrekening met blankes wat nou geskied.
Sou ek dan se dat apartheid gekom het as n wyse om te verhoed dat blankes verdruk word deur n misdadige meerderheid sou ek afgemaak word as n rassis.
Wat die buitewereld nou behoort te weet, is dat wat daardie tyd gevrees was, inderwaarheid nou gebeur, Sommige jong Suid-Afrikaners verstaan dit nie, omdat hulle dit nie deurgemaak het nie, dus sal dit moeilik wees vir hulle in die buitewereld om te verstaan. Jammer, maar ek het nie raad nie en wat julle probeer doen, word waardeer.

Akhenaten ·

As ek die redenasie gebruik dat diskriminasie as gevolg van apartheid verkeerd was en daarom kan alle ANC onheile voor die deur van apartheid gele word rym dit met die afrekening met blankes wat nou geskied.
Sou ek dan se dat apartheid gekom het as n wyse om te verhoed dat blankes verdruk word deur n misdadige meerderheid sou ek afgemaak word as n rassis.
Wat die buitewereld nou behoort te weet, is dat wat daardie tyd gevrees was, inderwaarheid nou gebeur, Sommige jong Suid-Afrikaners verstaan dit nie, omdat hulle dit nie deurgemaak het nie, dus sal dit moeilik wees vir hulle in die buitewereld om te verstaan. Jammer, maar ek het nie raad nie en wat julle probeer doen, word waardeer.

Cathy Kotze ·

In die periode tussen 2011 en 2012 het 932 mense in polisie aanhouding gesterf. Vergelyk dit met 76 wat tussen 1960 en 1992 dood is.

Marius ·

“Concerning the massacre of 34 unarmed miners and the wounding of 78 others by highly armed police at Marikana in August 2012, Stanley Manong writes: “Never in one’s imagination during the years of struggle, did we ever fathom to think that a future democratic government led by the ANC could mow down in such ruthlessness and brutality, unarmed workers who were yearning for some of the values enshrined in the Freedom Charter to be implemented…”. (p.xxv)”

“As an independent professional engineer trained to world standards, and the head of his own company, he criticises the “moral degeneration among some of the present cadres of the ANC who want to amass unspeakable wealth overnight”, describing them as a “nascent entrepreneurial and parasitic bourgeoisie.” (p.xxvi)”

“He makes a careful and detailed analysis of the so-called “mutiny” of MK troops at Viana camp outside Luanda in February 1984, of the subsequent armed conflict between MK troops and loyalist forces at Pango camp the following May, which culminated in executions. (P.226)”

From a new book, If We Must Die: An Autobiography of a Former Commander of uMkhonto we Sizwe, by Stanley Manong, published last month.

Herman Stander ·

Haal die balk uit jou eie oog, voor jy die splinter in n ander s’n raak sien. Die artikel is
Baie goed gestel en daar is nog baie ander voorbeelde wat genoem kan word. Onlangses soos Marikana, laat my dink aan Sharpville en Boipatong, maar nee! Die een word onder n mat in gevee! Wat nou in ons land aangaan is n teken dat almal gatvolis, sommiges sukkel net om te sien wie om te blameer.

Gerald van der merwe ·

Kan nie glo dat Maroela die berig geplaas het .As ek dit geskryf het sou dit nooit die lig gesien het nie. Miskien is die oom en tannie met vakansie.

gerda ·

Stem volkome saam ! Hoeveel boere op plase al ? Na ‘n onderhandelde oorname.
Die hele wêreld weet dat daar destyds werklik ‘n koue-oorlog situasie tussen die Weste en
die Russe ( Rooigevaar / Kommunisme) was. Om die Apartheids-era totaal uit die konteks te haal is ‘n verdraaisel van formaat.Of , om te ontken dat daar ‘n rooigevaar was!

Gys ·

Die ANC is nie net n swart organisasie nie, dis gestig deur dieselfde Khazar Rothschild Jode wat die Anglo Boere Oorlog gefinansier het en wat swartes as hul “frontmen” gebruik. Dis ook hulle wat rassehaat aanblaas vir dekades al en hulle wat Verwoerd vermoor het, nes Lincoln en Kennedy. Hulle het hul eie NWO plan vir blankes en sal Volksmoord toe pas soos in SA of deur Immigrasie soos in Europe en VSA.

Heleen Jordaan ·

Ek waardeer die inisiatief om mense in te lig oor die ware feite. Die vieslike wreedhede wat gepleeg is en gepleeg word op ‘n daaglikse basis walg my. Ek was self in die Sanlam gebou in Amanzimtoti toe Zondo die bom laat ontplof het. Dis onverskoonbaar en wreed. Genadiglik was ek nie beseer nie, maar het gesien hoe vensters van winkels uit ruk, mense beseer word, ‘n klein seuntjie dood is, ens. Ek verstaan gladnie dat een mens soiets aan ‘n ander kan doen nie.

Frik Lotz ·

Dis tyd dat die waarheid uitkom oor die ANC en hul gruweldade. Hul maak asof hul onskuldig is en niks verkeerd gedoen het nie. Hul moet onbloot word aan die wêreld sodat almal kan sien die ANC is nie die onskuldige slagoffers soos hul voorgee nie. Ons moet opstaan teen hierdie dubbele standaarde van die ANC en veg vir reg en geregtigheid. Die waarheid moet seëvier!

Dewald Geldenhuys ·

Dis tyd om te begin boekhou. Elke plaasmoord, elke onreg. Sodra ons weer beheer neem, hou ons n Waarheidskomm en vonnis al die topsturtuur vir mensereg skendings. Hulle sal betaal. Elke onskuldige mens sal regspraak kry. Anc sal verantwoording doen. Hou alle info. Dis goud werd. Ons nasie sal weer heers.

Koos Willem ·

Jammer Dewald. Maak nie saak wat ons doen in hierdie land of hoe goed elke liewe blanke persoon in hierdie land saamstaan of stem of rebelleer nie; daar sal NOOIT weer ‘n blanke regering in hierdie land wees nie. Ek sê dit nie omdat ek ‘n swart regering wil hê nie. Die buiteland en res van Afrika sal dit net eenvoudig nie toelaat nie. Daar is niks wat blankes kan doen in ons leeftyd om dit te laat gebeur nie. Daar is net eenvoudig te veel van hulle. Maak nie saak hoe sleg die anc hulle eie mense in hierdie land benadeel nie, anc en eff vertel vir almal as hulle nie vir traditionele swart partye stem nie, gaan die blankes weer apartheid instel. En die massas glo hulle.
Wat is die volgende keuse? Almal van hulle uitroei? En dan blankes in beheer stel? ‘n Staatsgreep? Met watter weermag? Alle blankes sal moet begin 10 of meer kinders hê en dan sal daar miskien in 50 jaar meer blankes as swart mense in SA wees.
Ons is Christene, en ons probeer soos Christene met hulle onderhandel. Ons moor nie net voor die voet en steel en vernietig nie, meeste van ons het ‘n gewete. Maar die oorgrote meerderheid van hulle (en veral die vet katte in die regering) volg nie diplomatiese, religieuse of etiese reëls nie. Ek betreur dit, maar daar sal nie weer ‘n blanke regering in hierdie land wees nie. Net soos Zimbabwe, Mosambiek en elke liewe Afrika land wat gekoloniseer was of voorheen onder blanke beheer was.
Sien jy iets wat ek miskien mis?

John ·

Elkeen het sy eie persepsie rakende wat reg en wat verkeerd is. So het elkeen sy eie oplossing vir al die probleme in ons land. Die feit van die saak is dat daar ñ verkeerde besluit geneem was met die “ja” stem en dat die prys en pyn nou begin ondraaglik raak.

David ras ·

Uitstekende artikel Ernst. Ek wil graag ‘n paar aanmerkings maak oor sekere punte wat jy aangeraak het–
Apartheid–hoe lyk die apartheid waaraan ons veroordeel is ? ‘n Dame wat meer as dertig jaar vir die dept Buitelandse sake in die buiteland gewerk het, het my vertel hoe hulle gesukkel het om die negatiewe berigte teen te werk . Nie gesukkel met die klomp oorsee nie, maar met ons eie amptenare in SA ! Vra sy inligting aan oor ‘n sekere saak om daar te publiseer , kry sy prentjies van Durban se goue strande !
Dit het later bietjie beter gegaan met Eschel Rhoodie aan die stuur totdat—nouja ons almal weet van die sogenaamde inligting skandaal .
Wil mense sien hoe lyk die apartheid van die buiteland–gaan Google die volgende woorde : South Africa’s war debt after ww 2. Wanneer dit blad oopmaak klik op South Africa’s Apartheid debt. Dit word gepubliseer deur deur die Universiteit van Pensylvania (wat anders as Amerikaans?)die skakels wat aangegee word is nie suksesvol nie.Besluit danself hoeveel van die klagte was enigsins moontlik, afgesien van die waarheid. Dit is een van duidende soortgelyke publikasies wat die wereld ingestuur is.

Die Waarheidskommissie–In sy boek Trou tot die dood gee Genl. Johan vd Merwe die naam lys van die lede van hierdie kommissie—daar was slegs 2 Afrikaner name–Adv Chris de Jager (KP LV) en Wynand Malan van die NP/DP. Die res, ek meen daar was 18, was so anti-blank en anti-Afrikaans dat daar nooit ‘n ewewigtige oordeel kon wees nie. Clive Derby Lewis is ‘n klassieke vooreeld van die wanbalans wat daar geheers het. Vgl Derby Lewis met Mc Bride.
Dan kom ons by die liewe ou media. Jammer, maar sonder hulle sien ek geen hoop vir die waarheid nie. Die Engelstalige pers is grotendeels onder ANC beheer, en Naspers…….hulle is op hulle eie sending !
Ek dink wat besig is om te gebeur kan mens koppel aan twee beroemde gesgegdes, een in Engels die ander in Nederlands;
Al has de leugen nog hoe snel, de waarheid agterhaal hem wel…
You can fool some of the people some of the time,you can fool some of the people all of the time, but you cant fool all of the people all of the time.

Peet Schabort ·

Kerkstraatbom en Magoo’s Bar-bom? Lg. McBride se bydrae.

Mike ·

Lyk vir my of die Afrikaner stadig maar seker begin wakker word, dis meer as twintig jaar te laat maar dit kan dalk tog iets oplewer. Afrikaners vra al vir jare vir iemand wat die linkses kan terugslaan met feite en dit lyk of hier nou so iets aan die gebeur is, die positiewe kommentare hier bevestig dit.

Louisvw ·

Skole wat tans geteiken word vir dubbelmedium is nou aan die orde van die dag. Personeel wat by bogenoemde skole skoolhou se werkslading verdubbel, sonder dat daar oor die aanpassing van hulle salarisse gepraat word. My vraag is of dit nie ‘n onregverdige arbeidspraktyk is nie. Wat van ‘n toetssaak ?

John ·

Ons kan hoe redeneer oor die wreedheid en ‘n persoon so iets aan ander kan doen. Die feit is dat die ANC en sy volgelinge dit nie sien as wreed of vekeerd nie. Om die probleem op te los gaan hulle dit eers moet ont-leer wat hulle nie kan of wil doen nie

Albert ·

Maroela kan julle asb verduidelikk waarom my kommentaar nie geplaas is nie ???

Henk Venter ·

Ons moet nie slegs die ANC se gruweldade aan die wereld bekend maak nie. Ons moet ook die baie goeie dinge wat vir swartes in die apartheidsjare gedoen was openbaar. In die apartheidsjare het die pers altyd op die negatiewe gefokus. Daar was deurgaans `n skewe beeld die wereld ingestuur. Daar was byvoorbeeld ongelooflike goeie werk in die tuislande gedoen met opleiding, vestiging van swart enterpreneurs, ens. Daar was goeie hospitale gebou en uitstekende mediese dienste verskaf, op die koste van die wit belastingbetaler. Hierdie hospitale en ander projekte is natuurlik intussen deur die ANC vernietig. Gaan kyk maar na die ordentlike teeldakhuise wat toe vir die mense gebou was en vergelyk dit met die gemors wat nou deur die ANC verskaf word. Daar was sonder twyfel baie beter onderwys aan swart kinders verskaf as wat nou die geval is. Ja, ons weet almal dat baie dinge onder apartheid ook verkeerd geloop het maar om ons altyd aan voor te hou as die verskriklike verdrukkers is ongegrond en behoort reggestel te word.

Kobus N ·

Wat min mense weet, is dat in die Verwoerd era, die ekonomie in SA die beste ter wêrd was met die enigste land wat geen skuld gehad het nie. Almal, watter ras ook al het huise, geld en werk gehad. Wat het ons vandag? Een van die lande met die swakse ekonomie en ‘n enorme skuldlas.

Gedurende die Grensoorlog van 1966 tot 1988 was die ANC se propeganda masjien die beste ter wêred en is vandag no so. Hulle beweer ook dat hulle gedurende hierdie tyd met die Blankes in oorlog was, wat nie waar is nie. MK het in kampe in Angola en die Konge gesit en hulle op stedelike terreur toegespits.

Met die vrylating van Nelson Mandela moes hy geweld afsweer wat nie gedoen is nie, maar ons sien nou dat die fokus net van vroëer se stedelike terreur verskuif het na plaasaanvalle en -moorde.

jacques trollip ·

Ek stem volkome saam. Ons sal dadelik iets moet doen

Sebastiaan ·

Met die aanbreek van die nuwe Suid-Afrika was daar ‘n geleentheid vir vergewe en vergeet en ‘n nuwe begin. Daardie konsensus, wat by implikasie deur mnr Mandela bepleit is, altans teenoor blanke gehore, het nie lank gehou nie en die ANC het voortgegaan om Afrikaners die sondebokke van die geskiedenis en om hulleself skkon te was as die onbesproke helde. Daardie houding moet natuurlik reaksie uitlok. Afrikaners sou apartheid seker graag vergeet, maar as ons alewig geblameer word selfs vir dinge wat absoluut niks met apartheid te doen het nie, kan ‘n mens nie anders as om dinge in perspektief te stel en om jouself te verdedig. ‘n Verdediging van die tyd voor 1994 is dus onvermydelik en dit is goed dat Solidariteit dit op ‘n gebalanseerde wyse doen.

anna sutherns ·

Ek stem volkome saam met Arno Franken. Ook vir die van ons wie se Afrikaans nie so goed is nie. Ek glo ook dat alle Suid Afrikaners hierdie berig en toekomstige berigte most lees. Self’s die wat nie daarvan gaan nou nie

Cedric Hansen ·

Dit bly vir my iets onbegryplik dat Nelson Mandela die Nobel prys vir “Vrede” gesaamentlik met FW de Klerk gedeel het. maar terwyl hy tronk straf in Polsmeer en Robben eiland uitgedien het, kon hy maklik sy onderdane en ANC ondersteuners n bevel gegee om halsnoer moorde (necklace murders) te staak. Hy het egter nie, my vraag bly, hoekom? Of hy in die tronk was of nie, het sy volgelinge en aanhangers sy woord as wet aanskou en as hy die sogenoemde vrede maker was soos die wereld wel glo, dan sou hy die moorde veroordeel het van die begin. Dit se vir almal dat hy, as destydse ANC leier, die soort moorde goedgekeur het, en dus het hy volle verantwoordlikheid daarvoor aanvaar en is gevolglik skuldig daaraan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.