Koronavirus is kleurblind, maar die ANC nie

John Steenhuisen, DA-leier, skryf:

John Steenhuisen. Foto: DA

Toe President Cyril Ramaphosa op 24 Maart aangekondig het dat Suid-Afrika in ’n staat van algehele afsondering geplaas sou word, het hy herhaaldelik beklemtoon dat alle landsburgers moet saamwerk om die koronaviruspandemie onder beheer te bring. ’n Oorweldigende meerderheid van Suid-Afrikaners, van alle agtergronde, het positief op hierdie beroep reageer deur die afsonderingsmaatreëls na te kom.

Duisende ander mense, waaronder vooraanstaande sakemense soos die Rupert- en Oppenheimer-families, het ook dadelik hul harte en beursies oopgemaak om hul medemens te ondersteun in hierdie tyd van nood.

Vele Suid-Afrikaners was aanvanklik hoopvol dat die regering dalk, gegewe die omvang van die krisis, ’n nuwe blaadjie sou omslaan deur werklike samewerking en eenheid na te streef. Ons is tog inderdaad almal in gevaar om siek te word van die koronavirus, en dis net deur as gelykes saam te werk dat ons die ergste gevolge van die epidemie sal kan afweer. Juis daarom het die DA reeds op 19 Maart ’n beroep op die regering gedoen om swart ekonomiese bemagtiging (SEB) ten volle op te skort.

Maar die ANC het ander idees gehad. Terwyl Ramaphosa en sy regering gepleit het vir besigheidsmense en privaat individue om al hul werknemers en alle lede van hul gemeenskappe te ondersteun, het hulle self agteraf aan ’n ander plan geskaaf. Nog voordat die inperking op 27 Maart in werking getree het, het ’n PowerPoint-aanbieding uitgelek wat dit laat blyk het dat die departement van kleinsake van plan was om SEB-rassekriteria toe te pas om te besluit watter ondernemings op staatshulp geregtig is.

Ek het onmiddellik aan pres. Ramaphosa se parlementêre raadgewer, Gerhard Koornhof, geskryf om uit te vind of dit waar is dat die regering op grond van ras wil diskrimineer te midde van ’n wêreldwye gesondheidskrisis. Hy het my verseker dat dit nie die geval is nie. Die departement van kleinsake het dit ook vinnig as “fopnuus” probeer afmaak deur aan te voer dat die SEB-voorstelle in die aanbieding nooit amptelik aanvaar is nie.

Dit was egter blatante leuens. Kort ná Koornhof (namens die president) en die departement se vurige ontkennings, het die departement van kleinsake ’n webblad beskikbaar gestel waar ondernemings aansoek moes doen om in aanmerking te kom vir regeringshulp. En wat was een van die eerste vrae wat aansoekers op die webblad moes beantwoord? Hulle moes sê wat hul velkleur is.

Maar die diskriminasie het nie daar geëindig nie. ’n Paar dae later het ons uitgevind dat die departement van toerisme ook op grond van ras diskrimineer wanneer hulle besluit watter besighede geregtig is op staatshulp. Terwyl die minister van kleinsake, Lindiwe Zulu, dit nog probeer wegsteek het, was die minister van toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, totaal skaamteloos in haar verdediging van rassediskriminasie.

In ’n artikel van by die 800 woorde in Business Day het Kubayi-Ngubane die gebruik van SEB-kriteria passievol verdedig. Sy het die regering se standpunt duidelik gemaak: hulle sal aansoekers op grond van velkleur beoordeel wanneer daar besluit word watter besighede geregtig is op ’n betaling van R50 000.

Die gevolgtrekking is dus onvermydelik: besighede wat nie kwalifiseer onder die regering se rasse-toets nie, is tweedeklas Suid-Afrikaners en op hul eie.

Dit is ’n besluit wat miljoene Suid-Afrikaners van alle rasse se ekonomiese en fisieke oorlewing in gevaar stel. Tot 93% van alle besighede kwalifiseer glad nie vir SEB nie, met die oorgrote meerderheid wat van SEB vrygestel is bloot omdat hul omset nie hoog genoeg is nie.

Nadat die koronavirus ’n geweer teen die kop van duisende besighede gedruk het, is dit die regering se rassediskriminasie wat die sneller gaan trek.

Die toepassing van rassediskriminasie is altyd skadelik. Maar in die konteks van ’n wêreldwye gesondheidskrisis en ’n inperking wat ondernemings en werk voor die voet vernietig, is die toepassing van rassediskriminasie verraderlik. Die eenvoudige feit is dat die koronavirus nie diskrimineer op grond van ras nie, en die verwoestende uitwerking van die inperking kyk ook nie na ’n eienaar se velkleur voor dit ’n besigheid bankrot maak nie.

Álle ondernemings, eienaars en werknemers word ernstig deur die koronakrisis beïnvloed. Daarom moet álle ondernemings op gelyke behandeling en finansiële steun van die staat geregtig wees.

Die regering se gebruik van SEB-kriteria om te besluit wie geregtig is op hulp, is soos die brandweer wat eers vra wat jou velkleur is voordat hulle besluit om jou uit ’n brandende gebou te red. Dit druis lynreg in teen die mees grondliggende beginsels van ons grondwetlike demokrasie, naamlik dat alle Suid-Afrikaners gelykmatig geregtig is op die regte, voorregte en voordele van burgerskap.

Hierdie blatante rassediskriminasie ondermyn ook die koronavirusinperking. Pres. Ramaphosa was reg om hom te beroep op eenheid en samewerking as die enigste manier om die pandemie te oorkom. Maar eenheid kan net gebou word op ’n fondasie waar alle landsburgers gelyk is. Dit is gevaarlik vir Suid-Afrika dat Ramaphosa sy eie beroep tot eenheid verraai het deur rassediskriminasie in hierdie krisistyd toe te pas.

Die DA weier egter om hierdie onreg gelate te aanvaar. Dit is waarom ons hierdie afgelope week besluit het om die regering hof toe te vat oor hul gebruik van ras om te bepaal wie se onderneming, werk en inkomste gered moet word, en wie maar vir die wolwe gegooi kan word. Anders as die regering, bedoel ons dit wanneer ons sê dat ware eenheid en samewerking bevorder moet word om die koronaviruspandemie te oorkom. Dít is waarom ons veg vir die afskaffing van SEB-rassediskriminasie.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Frans ·

Die kern van die blatante rasseonderskeiding deur die ANC is te vinde in die bevolkingsamestelling van Suid Afrika.Volgens statistieke vrygestel beloop die bevolking (2019) 58.7 miljoen mense.Hiervan is 47.4 miljoen swart (80.7 %) 5,2 mijoen kleurlinge (8.8%) Indiër/asiate 1.5 miljoen (2.6%) Blankes 4.7 miljoen (7.9 %).
Die swart bevolking word as een homogene bevolking geklassifiseer,wat getuig van die ANC se beleid om bevolkingsverskille (taal,kultuur,geskiedenis) uit te wis.Blankes,kleurlinge en Indiërs/asiate
is minder as 20% van die totale bevolking en hul sal gemeet teen die swart bevolkingsontploffing ,natuurlike aanwas en buitelandse instroming statisties ‘n al hoe kleiner groep word.

Die groep kan nie die regering uit die kussings lig nie en met in gedagte is dit nie vreemd dat die ANC
80% van die bevolking aan sy kant wil hou en 20% ook in hierdie geval ignoreer.Afsonderlike ontwikkelings was daarop gemik om die oorheersingsprobleem hok te slaan.

Joggie ·

Dit gee die ANC nog steeds nie die reg om rassisties te wees nie! Lyk my die 20% moet maar eerder vir hulle self sorg en niks tot regering se fonds bydra nie

Sias ·

As die reddings bootjies uitgestuur word waneer ‘n skip sink, help jy dan net die pasasiers van ‘n sekere ras?

Gemaskerde Sopbeen ·

Is dit ‘n retoriese vraag?
Ek weet verseker die meeste van die Kabinet en meeste ministers sal eerste in wees. Hulle sal mekaar waarskynlik vertrap in die poging om op te klim.

Genis ·

En so soek hulle meer van die gehaate wittes om hulle mooi te laat lyk, die ANC. Hoe hulle n nasie kan saamtrek om te gee… Nadat hulle net gevat het… dis n skande… ek is jammer ek kyk ook nou net na my eie nasie… verkwalik my, maar ek skenk vir my mense en diere..

Genis ·

Die EFF het gister aansienlikke lang lugtyd gekry op ENCA, net om wittes te blameer? As Maleme praat van help moet almal help, maar grond vir swartes, wit monopoly capital ents… dis was nie n vryheids boodskap dit was lugtyd vir Malama se veldtog… dis skandelik dat CR hom nie in die bek ruk nie…

Miggies ·

Wil ook graag by ons President weet wat is ongelykhede in die samelewing. Dit is jammer dat hulle nou al daai holgeryde perd bly opsaal namens apartheid. Wil net weet was werkloosheid, armoede, oorbevolking deel van apartheid. Mnr die President julle moet weer gaan kyk na julle manifes van 1994 wat was al julle beloftes aan julle kiesers en kan julle dit volhou vir nog 20 jaar. Indien wie gaan dit finansier. Seker BBBEEEE want Mnr die President daar gaan nie meer blankes wees aan wie se deur julle kan gaan klop nie. Was Zimbabwe nie vir ons ‘n voorbeeld nie. Ek vra maar net.

Petrus Johannes ·

As n mens by my hek kom en kos vra kyk ek nie na kleur of politiek nie Hy is honger en dit is al wat saak maak.President as ek na kleur moes gekyk het het 99.9 persent honger gegaan .So stop hierdie haat van jou teen blankes

Boerkind ·

Meneer Steenhuisen… ek hoop u het die skriftelike respons van CR gehou waarin hy ontken dat rasseklassifiksie NIE gebruik sal word nie. U meld self dat onwaarhede (= leuens) op die hoogste vlak kwyt geraak word. Hier is ‘n paar feite wat nou reeds baie duidelik is: 1. As die hoogste amp in die regering ongeloofwaardig is tydens ‘n ramp, watter geloofwaardigheid het die regering in alledaagse omgang? 2. Die ANC bedryf ‘n baie gevaarliker apartheid as wat voorheen in hierdie land geken is, maar gelate deur die wêreld aanvaar word. Dit sal verseker verskerp word – ook teen Bruinmense en Indiërs 3. Ongelukkig is die DA besig om sy relevansie te verloor en word hoegenaamd nie meer ernstig opgeneem deur die publiek of regering nie. Voorspoed met u hofgeding – die regbank is nie meer onafhanklik nie Meneer Steenhuisen…

Kobus ·

Dit werk so.As gegee moet word,is die blankes /wit monopolie kapitaliste basies verplig agv van ons oordadige emosionele “jammer” vir apartheid voor op die lys.As ontvang moet word,staan die res van die bevolking eerste in die ry.Dit het nou ‘n reg geword.Wanneer gaan ons blankes ophou om so afgepers te word?

Maria ·

Ek sal vir julle kom cheer mnr Steenhuizen. My kinders is gebore na die einde van apartheid.

JJ ·

ek hoor dat die SEB maatskappye die grootste bydraers was tot die Solidaritieitsfonds….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.