Kortliks: Welvaartsbelasting sinneloos

Kommentaar op die “welvaartsbelasting”:

In die eerste plek: om welvaartsbelasting oor die boeg van ras te gooi is totaal sinneloos. Ons is een land met verbruikers wat almal dieselfde basiese behoeftes en ideale het.

Nog?

Hierdie “versoeningsidée” is, om die minste te sê, totaal onaanvaarbaar in ‘n land waar diegene wat wél belasting betaal reeds 81% van die land se belasting betaal. Dalk het dit net weer tyd geword dat diegene wat hierdie uitsprake maak hulself net vergewis van hoeveel van hierdie belastinggeld reeds gebruik word om maatskaplike besteding te finansier. Die staat kry reeds meer as genoeg – om die waarheid te sê: ons is van die hoogsbetalende belastingpligtiges ter wêreld. Daar moet eerder indringend  kontrolemaatreëls ingestel word ten einde te verseker dat bedrog, onetiese gedrag en wanaanwending van fondse gekortwiek word en end kry.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Ina Wilken

Ina Wilken is ondervoorsitter van die Nasionale Verbruikersforum.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Louis du Plessis ·

Ina ~

1  In Suid-Afrika is die term “welvaartsbelasting” in ‘n sekere sin toutologie, met ander woorde, ons herhaal dieselfde begrip.  Hoekom kan ‘n mens so sê?  Omdat diegene wat tans belasting betaal rééds diegene is wat meer welvarend as die res van die bevolking is, wat nie belasting betaal nie. Trouens, meeste betaal nie eers vir water of krag nie. 

2   Tans betaal sowat 5 miljoen Suid-Afrikaners, waarvan ons Afrikanergemeenskap ‘n groot deel vorm, die belasting wat ‘n samelewing van 47 miljoen laat funksioneer.  Elkeen van ons subsideer rééds elf ander.  Ons belasting subsideer onder andere 15 miljoen werkloses wat deur staatstoelaes aan die lewe gehou word.

3   Jy slaan dus die spyker op sy kop:  “Ons is van die hoogs betalende belastingpligtges ter wêreld.”

Anoniem ·

Net so paar syfertjies in die armbeurs:

Die amptelike bevolkingskatting is nou sowat 50,5 miljoen. Sommige
onafhanklike instellings skat dit hoër, engiets van 51 miljoen tot 60
miljoen.

Daar was in die 2009/10 belastingjaar sowat 5,2 miljoen
inkomstebelastingpligtiges. Van hierdie 5,2 miljoen, het die 1,6 miljoen
met ‘n belasbare inkomste van R200 000 of meer, sowat 81% van al die persoonlike inkomstebelasting betaal.
Daar moet wel in gedagte gehou word dat persoonlike inkomstebelasting nie die staat se enigste bron van geld is nie, maar dat maatskappybelasting en BTW en ander heffings en tariewe ook bygevoeg moet word. Inderdaad het persoonlike inkomstebelasting in 2009/10 sowat 34,3% van die staat se invordering van belasting uitgemaak. Die grootste deel van al die ander tipes belasting word op die ou end ook maar wel deur die persone met ‘n “hoë” inkomste betaal, aangesien hulle die grootste verbruikers is en ook die kapitaal aan maatskappye voorsien. Wat die presiese persentasie sou wees, weet ek nie.

Om van 15 miljoen “werkloses” te praat wat met staatstoelae aan die lewe gehou word, is misleidend. Sowat 10,5 miljoen van die staatstoelae is die “kindertoelae” van R260 per maand, wat aan kinders jonger gaan. Meer as 82% van hierdie toelae gaan na kinders jonger as 14. Daar kan tog nie geïmpliseer word dat dit ‘n probleem is dat hierdie kinders werkloos is nie.
Daar is ook sowat 1,2 miljoen ontvangers van ‘n gestremdheidstoelaag van R1 140 per maand. Ook vir hierdie mense (met sommige uitsonderings) is dit tog ook nie abnormaal dat hulle nie werk nie.
Dan is daar die ouderdomstoelaag van R1 140 of R1 160 per maand. Dit gaan aan ongeveer 2,7 miljoen mense van 60 en ouer. Hiervan gaan sowat 75% aan persone van 65 en ouer. Dit is ook nie abnormaal dat die meeste van hulle nie werk nie, of dat as hulle werk, hul inkomste so karig is dat hulle tog vir die toelaag kwalifiseer nie.
Die ongeveer 0,6 miljoen wat oorbly, is hoofsaaklik ander tipes toelae aan kinders en verswakte mense wat permanente sorg nodig het.

Hiermee wil ek niks sê oor die volhoubaarheid of wenslikheid van so ‘n stelsel nie. Dit is heeltemal moontlik (selfs waarskynlik) dat, sou die staat nie hierdie stelsel afgedwing het nie, al hierdie mense wel van vrywillige organisasies of op ander maniere genoeg sou gekry het om van te leef. Ek wil my ook nie uitlaat oor die perverse insentiewe wat so ‘n stelsel kan skep nie – dis ‘n hele onderwerp op sy eie, nes die bedrog wat die stelsel ook teister.

Om egter van “15 miljoen werkloses op maatskaplike toelae” te praat, is onakkuraat, aangesien dit juis vreemd sou wees indien al die kinders, ou mense en gestremdes in Suid-Afrika moes werk.

Die werklike ongeveer 7,7 miljoen werklose mense (volgens die breë definisie in die amptelike syfers) wat jonk en gesond is, kry nie direk enige maatskaplike toelae nie. Sommige van hulle leef definitief in geheel of gedeeltelik van hul kinders, grootouers of gestremde gesinslede se toelaes, en hulle kry moontlik ander gratis dienste, wat ook met belastinggeld gefinansier is.

paulsolidariteit~

1  Dankie vir ‘n noukeurige uiteensetting van belangrike indiensnemingsfaktore.  Jy kontrasteer tereg die sowat 13.1 miljoen werkendes (15-64 jaar) met 7.7 miljoen werkloses (volgens die breë definisie), soos in amptelike syfers.  Van die werkendes betaal slegs 1.6 miljoen saam 81 persent van alle persoonlike inkomstebelasting. Ek het hieronder verkeerdelik die woord “werkloses” gebruik pleks van “afhanklikes” en sê dankie vir die regstelling asook vir die beskrywing van die staatstoelaes. 

2  Jy vat die uitdaging van die 7.7 of meer miljoen jonk en gesonde werkloses skerpsinnig saam:  “Sommige van hulle leef definitief in geheel of gedeeltelik van hulle kinders, grootouers of gestremde gesinslede se toelaes, en hulle kry moontlik ander gratis dienste wat ook met belastinggeld gefinansier is.”  Hier impliseer jy tereg ‘n kernuitdaging van die Suid-Afrikaanse ekonomie:  hoe om werk vir die werkloses te skep. 

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.