Koshuistradisies: Bekendes se mening

* Hierdie artikel het op 5 April 2013 in die dagblad Beeld verskyn.

“Is die Plek nog in sy moer?” is die tradisionele groet van ‘n Ou Man, oftewel ‘n oudinwoner van Wilgenhof, wanneer hy by ‘n huidige inwoner wil hoor of dinge in die huis nog reg is.

Wilgenhof     Bron: www.sun.ac.za

Wilgenhof Bron: www.sun.ac.za

Die “reg” is ‘n vraag na hoe dit met “die Plek” gaan, om te verneem hoe gesond huisrugby is en of die “die doop nog die doop is”.

En dít is miskien die meeste mense se reaksie wanneer hulle die “Wilgenhof” hoor: daardie plek waar mense tot onlangs toe nog geteer en geveer is.

Die dood van die Matie Charl Strydom tydens ontgroening voorverlede jaar aan die manskoshuis Huis Visser op die Stellenbosse kampus, het tereg hewige reaksie ontlok.

Prof. Chris Brink, rektor van die Universiteit van Stellenbosch (US), het met sy eerste openbare optrede in dié pos oorlog verklaar teen ontgroening.

Brink het verskoning gevra vir die ontgroeningsvergrype van die verlede en om dié “strukturele geweld” die nekslag te help toedien, het hy aangekondig dat ‘n ombudsman aangestel is wat klagtes hieroor sal hanteer.

Maar ten spyte van al dié verwikkelings meen dr. Beyers Naudé, oftewel Oom Bey, dat daar vandag nog plek is vir koshuise en hul tradisionele gebruike.

“Vir my persoonlik was die ontgroening baie positief. Dis ‘n ervaring gewees waar jy moes leer om dinge te ervaar en die mooiste en beste daarvan te maak. As jy daar klaar is, dan is jy ‘n ware Wilgenhoffer,” sê hy.

Oom Bey, wat in 1932 eerstejaar was, sê hy stem nie saam met Brink dat tradisionele doop of ontgroening nou voor die voet uitgeroei moet word nie.

`Koshuislewe ‘n voorreg’

“Daar moet nog die geleentheid wees vir dié manne wat graag wil, om só iets deur te maak.” Volgens Oom Bey moet dit ‘n ingeligte besluit wees. Die eerstejaar moet weet wat op hom wag. “Ek kan net sê dat my tyd in Wilgenhof vier van my gelukkigste jare in my lewe was. Jy het baie vriende gemaak en ons het jare vriende gebly. Dit was ‘n groot voorreg . . . ek hoop nie dit verdwyn ooit nie.” Oom Bey meen tradisionele praktyke beteken nie bloot die herhaling van gebruike sedert 1903 nie. “Dit moet dinamies wees en soos die tye verander moet dit (die gebruike) verander.”

Dr. Frederik Van Zyl Slabbert wat in 1960 eerstejaar was is dit eens met Oom Bey. “Een ding wat Wilgenhof se doop by my ingeskerp het was ‘n gesonde agterdog en ‘n baie kritiese gees.” Slabbert sê hul jaargroep was waarskynlik die eerstes wat in opstand gekom het teen té fisiese aspekte van hul ontgroening. Dit is toe aangepas. “Ek sal jou eerlikwaar sê ek sal nie twyfel nie om vir enigiemand te sê as dit moontlik is, stuur jou kinders Wilgenhof toe. Elemente van die doop het ‘n blywende indruk gemaak. Die hele kwessie van pappegaai speel, om iemand onnadenkend na te praat . . . dat mens nooit aanvaar dat dinge net is soos dit lyk nie.”

Sluipende dooppolisie?

Bron: www.sun.ac.za

Bron: www.sun.ac.za

Slabbert plaas die taboe van ontgroening of doop naas dié van dwelmmisbruik. “Hoe sterker jy daarteen optree hoe meer aantreklik maak jy dit. As jy té sterk gaan optree teen doop skep jy vir jou as owerheid meer probleme as oplossings. Jy sal dooppolisie moet aanstel, of doopwaarnemers mense wat in die bosse rondsluip.

“Ek verkies ‘n meer openlike houding soos om te sê: wat doen julle? Skryf dit vir ons neer sodat ons min of meer ‘n idee het (wat gaan gebeur) en kry ‘n plek waar jy formeel kan gaan kla,” sê hy. Volgens Slabbert hét hulle in sy tyd aan eerstejaars die keuse gestel of hulle aan die doop wou deelneem of nie. “Waaroor gaan dit uiteindelik? Om so gou as moontlik ‘n solidariteit te skep op ‘n jaarbasis wat deur jou hele lewe loop. Jy kan argumenteer daar is elemente van barbaarsheid, maar nie werklik nie. Toe ek inwonende hoof van Simonsberg geword het, het ek vir hulle gesê: ‘Kêrels, ek weet julle doop, ek is ook eerstejaar. Alles wat julle aan dié eerstejaars doen moet julle aan my doen.” Slabbert sê “natuurlik” kry ‘n mens sadiste wat soms hul posisie misbruik.

Nie vir almal opbouend

In sy “opmerkings” aan die Huis op 10 Maart verlede jaar bepleit regter Edwin Cameron, wat in 1972 ‘n eerstejaar was, ook onder meer vrywillige en ingeligte deelname aan tradisionele praktyke. “My eie ervaring van die Wilgenhof-doop was dat dit gedissiplineerd, effektief, doelgerig, nie-vernederend, opbouend en bowenal snaaks was. Maar dit was 30 jaar gelede die jaar ná ‘n student in Huis Marais sy nek in ‘n slootjieseremonie gebreek het.”

Cameron sê hy weet nie alle Wilgenhoffers het die doop as opbouend of insluitend ervaar nie. “Een het vir my ‘n e-pos gestuur waarin hy beskryf het hoe die doop vir hom ‘n negatiewe ervaring was wat hom kwesbaar gemaak het en sy self-beskouing verlaag het.” Volgens Cameron is die onderliggende vraag of ‘n praktyk ooit waardevol kan wees as dit op dwang berus en staatmaak op die onkunde van diegene wat daaraan onderwerp word. “By die voortsetting van hierdie debat kan ons egter met reg klem lê daarop dat volwassenes met volle besef van hul menseregte en behoud van hul menswaardigheid, mag toestem tot deelname aan praktyke en gewoontes wat vir ander mag vreemd voorkom. “Sulke eiesoortige praktyke kan ‘n instelling en ‘n kultuur verryk.”

Hierdie meningstuk is deur ʼn onafhanklike persoon opgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Eugene Brink

Meer oor die skrywer: Eugene Brink

Dr. Eugene Brink is strategiese raadgewer vir gemeenskapsake by AfriForum.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

6 Kommentare

Riaan Riekert ·

Soms os daar park tyke by ontgroening wat ek nie kan steun nie , wat veral te doen het met die aan tasting van persoon se eer en waardigheid . Veral tog Byname . Om naked voor ande lede van die kos juis te verskyning en so meer . maar om goeie pret te he , soos klere onderste I , agterstevoor aan te trek en op open bare buses te gaan sing en so meer is 100% teg . Om op die bids te slaap en die kos juis te groet . Dit is tradisie , dit hoor in elke kos juis of dit nou op Skool vlak is en of dit op universities is . Der duisende bam ons is daar deur …

Slim Daan ·

Wel………met wat ek hier betrag is enige voorreg om aan doop-aktiwiteite van die aard deel te neem jou, gelukkig gespaar.
Daarenteen : Met jou ” dit hoor in elke kos juis of dit nou…..der duisende bam ons is daar deur ” – staan jy dalk n kans aan die Universiteit van Alexandrovsk in Rusland. Sterkte kameraad Riansk Riekertchikoff !

Shannon ·

Черт, да! Этот товарищ не самый острый инструмент в сарае.

Rie haan is tans innie PUK se ekwiwalent van graad R ingerol.

Leana ·

Он должен проверить его правописания Yea!

Wayne Liebenberg ·

Dit is jou keuse om in n koshuis te bly of nie. Jy weet vooraf dat koshuise doop, so as dit nie vir jou aanvaarbaar is nie, bly erens anders. Dit is jou goeie reg om ander blyplek te soek, nie dat ander moet verander om by jou voorkeure in te pas nie.

Slim Daan ·

My primere doel op universiteit is om my in my studies te verdiep. Om rond te skarrel ten einde ontgroening te ” duck’n dive “, is absurd.
Eweneens jou voortdurende geteem met verwysing na “ander”. Aanduidend van n trop-mentaliteit. Staan op jou eie twee bene en wys n tikkie indiwidualisme. Mag net verbaas wees hoe bevrydend dit soms kan wees.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.