Krisis staar Suid-Afrika in die gesig

werkers-konstruksiebedryf-boubedryf

Foto: Pixabay/Pexels.com

 Deur Charles Castle

AfriSake se arbeidsregadvieseenheid waarsku unies en die regering om nie werkgewers te dwing om drastiese stappe te doen wat die werkersmag en unielede aan die kortste ent sal laat trek nie. Die jongste arbeidsmarkverslag toon dat Suid-Afrika se werkloosheidsyfer sedert die eerste kwartaal van 2017 met 1,1% gestyg het tot 27,7% – ’n 14-jaarrekordhoogte, met geen aanduiding van verligting in die komende kwartaal nie. Die elitisme wat tans in die regerende party heers – ’n party wat homself deur swart ekonomiese bemagtiging verryk en bevorder – bring min tot geen verligting vir die massas werkloses nie.

Suid-Afrika se werkmag bestaan uit sowat 22,2 miljoen mense, waarvan 6,1 miljoen werkloos is. Net minder as 3,9 miljoen van dié werklose mense is tussen die ouderdomme van 15 en 34 – wat beteken dat net meer as die helfte van Suid-Afrika se werkloses jongmense is. Ná sy besoek aan Abidjan, Ivoorkus, beskryf dr. Robert D. Kaplan in sy boek The Coming Anarchy hoe jong, werklose mans bedags sit en tuisgemaakte bier drink en saans die woongebiede van meer welgestelde Ivoriane beroof en plunder.

Zimbabwe en Venezuela is van die beste voorbeelde van swak ekonomiese beleid en sosialistiese ideologiese oortuigings van die regering van die dag. Zimbabwe se werkloosheidsyfer staan tans op ongeveer 95% en Venezuela – wat eens een van die rykste Latyns-Amerikaanse lande was, maar vandag een van die armstes is – se werkloosheidsyfer staan op ongeveer 25%. Hoewel menige regeringsamptenare met lof van die twee lande en hul beleid praat, sal die burgers van die twee lande eerder met heimwee vertel van ʼn vorige bestel wat vry was van die wanhoop, armoede en dood wat tans daar heers.

Volgens Statistiek Suid-Afrika het die werkloosheidsyfer in Maart 2017 toegeneem in die volgende bedrywe:

  • handel en nywerheid
  • sakedienste
  • gemeenskapsdienste
  • vervaardiging
  • vervoer

Hoewel die minister van handel en nywerheid, Rob Davies, aangedui het dat daar danksy die Black Industrialist Scheme ’n toename was in werkverskaffing in die handel- en nywerheidsektor, weerspreek die statistieke sy uitlatings. Die mees onlangse verwikkelinge ten opsigte van swak ekonomiese beleid wat deur die regering geïmplementeer is – soos byvoorbeeld die mynbouhandves wat voorgelê is deur Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne – vernietig werksekerheid in die mynsektor. Sprake van afleggings het kort daarna gevolg en ongeveer R50 miljard se markkapitalisasie van JSE-gelyste mynboumaatskappye is uitgewis.

Afleggings by die volgende maatskappye word verwag:

Sibanye Gold: 10 200

  • Anglo Ashanti: 8 500
  • Bokoni Mine: 2 600
  • Pick n Pay: 3 500
  • African Bank: 600
  • GM: 600
  • Stuttafords: 800
  • Macsteel: 300
  • JSE Ltd: 60
  • Telkom: 4000
  • en ook afleggings by verskeie entiteite in staatsbesit

Die ANC-regering se Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) se teiken vir werkloosheid is ongeveer 14% teen die jaar 2020. Hierdie syfer lyk egter onhaalbaar, veral gegewe die huidige trant waarteen beleggers uit Suid-Afrika onttrek as gevolg van politieke inmenging en beleid wat strydig is met gesonde ekonomiese beginsels gegrond op die vryemark.

Die jongste arbeidsmarkverslag deur Statistiek Suid-Afrika toon dat ongeveer 44 000 werkverliese in die landbousektor aangeteken is, maar dat daar ’n indiensnemingtoename van 26 000 in die mynbousektor en 62 000 in die vervaardigingsektor is. Hierdie toename is strydig met die afleggings wat verwag word, en dit is daarom my mening dat hierdie twee sektore ook ʼn afname van werknemersgetalle sal toon in die komende siklus.

Die arbeidsmark sal verder negatief beïnvloed word deur kragtariefverhogings, emigrasie, strenger BEE-kodes en ‑regulasies, grondhervorming en ‑onteiening en die moontlike implementering van ʼn welvaartbelasting. Indien die regering nie dringend van die NOP en van sy sosialistiese ideologie afstand doen nie, sal ons ’n daadwerklike “rewolusie” in die arbeidsmark beleef, en dit sal die ekonomie – wat tans in ʼn tegniese resessie verkeer – verder pootjie.

Werkgewers word ook gedryf tot afleggings as gevolg van die voorgestelde nasionale minimum loon van R20 per uur, wat moontlik in Maart 2018 in werking sal tree. Werkgewers kan eenvoudig nie meer aan die vereistes en aanmanings van die regering en unies voldoen nie. Werkgewers sal begin om te meganiseer waar moontlik en sal van minder personeel begin gebruik maak om ongerief, oneffektiwiteit en winsverliese teen te werk.

AfriSake se arbeidsregadvieseenheid sal voortdurend sy korporatiewe lede bystaan in die stryd teen enige onbillike en ongrondwetlike reëls en regulasies. Ons moedig alle werkgewers aan om aktief by AfriSake betrokke te raak om te verseker dat ’n verenigde front gevorm word teen die vergrype wat tans in die arbeidsektor plaasvind. Werkgewers word aangemoedig om standpunt in te neem teen diskriminerende beleid wat meer werkloosheid as werksekerheid skep.

  • Charles Castle is bestuurder van AfriSake ʼn niewinsgewende sakeregtewaghond.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

bgj van der westhuizen ·

wel mense ek verstaan besighied wat hulle se maar dit is ook tyd dat besighied besef dat hulle werkers ook vir goed moet betaal soos kos wat vir almal die selde kos en R20 x 8 uur per dag is net R160 en vir 5 dae is dit R800 x 4 weke dan is dit R3200 kan jy op dit lewe maar hulle kla oor wins ry dalk net langer met jou moter en betaal jou werker meer dan sal jy dalk meer uit hulle kry daar is 2 kante van n saak

Eish ·

Ek hoor presies wat jy sê. Dit is eenvoudig n pragtige, Bybelse waarheid. Ek sal bietjie verder gaan en sê agter 99.9% van rykes, sit 100% uitgebuites. Hoe op op aarde regverdig jy n salaris van R20m saam met bonusse en selfs meer vir top amptenare, hoe regverdig jy n inkomste van R4m netto vir jou besigheid (Boerdery)en jou salaris rekening is slegs R 75000.00 vir die hele jaar? Hoe regverdig jy die afleggings sonder om nie die hele bestuur se salarisse te halveer nie? Hoe op aarde kom jy kerk toe met n R1m se voertuig terwyl jou buurman sterf van ellende?

johnny_walker ·

supply vs demand , dit is werklik hoe eenvoudig dit is my maat

Nico van Niekerk ·

Want jou redenasie, bgj van der Westhuizen, is presies die sosialistiese denke wat verantwoordelik is vir die gemors.

Niemand is meer of minder werd as wat iemand bereid is om daarvoor te betaal nie. Daar kan, mag en moet geen ander maatstaf wees nie. As iemand R20 milj betaal word, reken die een wat dit betaal dat daardie persoon dit werd is plus nog meer. M.a.w. die R20 milj is ‘n winskoop, of daar is misdaad by betrokke.

Minimum loon het nog nooit mense se lot verbeter nie, dit versnel werkloosheid want mense met skills wat meer as R20 per uur werd is, sal dit ontvang, of daar is onderdrukking of misdaad by betrokke.

Die probleem is opleiding deur skool en iniversiteit is nie die papier werd waarop dit gedruk is nie. Het ‘n minister nie nou onlangs betoog om jongmense matrieksertifikate te gee sodat hulle werk kan kry nie? Daar is jou probleem.

Kapitalisme, as dit suiwer toegepas word, het nog nooit gefaal nie en vryheid en welvaard vir almal geskep terwyl sosialisme nog nooit gewerk het nie, maar slegs waardes vernietig en ellende en uiterse armoede veroorsaak. Soos mens in SA, Zim en Suid Amerika sien.

Dis hoekom ons bang was vir kommunisme. En die ANC.

Eish ·

Dis skokkende nuus. Net soos die moord en doodslag van die afgelope 24 uur, net soos die lieg en bedreig en omgekeerde diskriminasie. Ek verwonder my daaraan dat joernaliste kan berig sonder dat die negatiwiteit van n lewe in die helhool nie tog deursyfer na hul werk nie. Ek ervaar die lewe tans soos n geblikte leeujag. Geen uitkomkans en die jagter het jou klaar in die kruis van die teleskoop. Ek gaan liefs MM vir n week nie lees nie en my Bybel van voor tot agter deurlees, geslagsregisters die lot.

Ewoud ·

Ek voel presies dieselfde. Dis as of alles net stadig maar seker besig is om in mekaar te stort. Dis net slegte-nuus-na-slegte-nuus. Dalk moet ons almal liewers ophou nuus lees en oorslaan Bybel toe. Ek kan help om te voel dat ‘n ou jou heil in die buiteland moet gaan soek nie maar waarheen? Niemand soek ons nie. Terwyl ek nou hier sit en tik speel my dogertjie van 4-jaar voor die TV dan wonder ek wat van haar gaan word. Gaan sy ‘n lewe kan bou? Gaan daar ooit iets vir haar wees oor 10-jaar. Gaan daar nog iets oor wees more want jy kan sowel vannaand in jou bed vermoor word vir ‘n ou selfoon. Ek vrees nie vir myself nie, ek vrees vir my kind.

wet ·

Daardie karre van 1 miljoen is op skuld gekoop. Halveer al die top amptenare en CEO’s se salaris en sien of dit enigsins ‘n verskil op armoede gaan maak. Jy soek die antwoord op die probleem by die verkeerde plekke.

Hans Richardt ·

Ek dink dat die beleid van geforseerde regstel aksie en kwotas, regering ingestelde minimum lone en byvoordele, asook BBEEE, meeste voornemende Wit buitelandse beleggers afskrik. Buitelandse beleggers het dit reeds jare terug in parlement duidelik so gestel. Van swart Afrika beleggers is daar niks meer as Nigeriërs wat dwelmsindikate en mensehandel kom bedryf nie en dan geld landuit vat sonder om belasting te betaal.
Van die Somaliërs, Ethopiërs en Pakistani handelaars kan daar dieselfde gesê word. Maw hul is ekonomiese parasiete.
BLM wat nou begin manifesteer as allerhande sg samelewing organisasies dra net by tot wanorde. Instede van hul geld hier belê, belê hul in misdaad en politieke onstabiliteit.
Tyd om verby politieke korrektheid ideologie te kom en probleme Werklik aan te spreek.

Pie van die Sky ·

Hans, hoekom fokus jy in jou bespreking hier net op redes waarom wit buitelandse beleggers nie hier belê nie? Dit het niks met kleur te make nie, maar wel goeie besigheidspraktyk en common sense. Jy laat na om na te dink hoe ons EIE bestaande besighede deur BBBEE en AA wetgewing al vir 23 jaar doodgewurg is om net eksklusief aan te stel. Vertel my Hans – watter buitelandse belegger wil mense kom aanstel wat net n gemiddelde IK van 77 (volwassenheidsvlak van 12-14 jariges) het? Dink weer na oor die probleem…

Anoniem ·

My baas maak n minimum van 2 miljoen rand wins per maand na aftrekkings ens ens het emails gesien wat ek nie moes nie ……in al die takke is daar n handjie vol wat goeie selaresse kry. Menind 10 of 15000 Maar gaan ook mense lat gaan as die 20rand per uur ding inkom …..se ma net ….rykes word ryker armes armer ……eks bly ek ek het darem werk

Theresa ·

Ai, die woord elite het nou ander betekenis gekry. Glad nie elite gehalte nie, maar ry die beste en duurste en nie net een voertuig nie; eet heeltemal te veel – lywe toon dit (verskoning aan dié wat regtig ‘n ander probleem het wat die ongelooflike vet lyf veroorsaak); mansions; dit dat en die volgende, maar geen WARE elite nie. En so lees ek van 15j wat as werkloos ingetel is. A nee a!!!! Dis ‘n grad 8 leerling se ouderdom. Skool toe met hul, watwou werk. Seker ook besems op straat smous in plaas van skool toe. Voorstede sit met klein kindertjies wat saam met die ma sit en goed op hoeke smous in plaas van in skool wees en leer. En nee, diesulkes (as ‘n ouer dit nie kan bekostig nie) hoef nie in daardie voorstede skool te gaan nie. Dit tel maar nog altyd vir almal. Innige empatie vir werklose mense. Maar, die oorloop hierheen is onbeheersd. En die regering maak patetiese skuiwe en besluite.

johnny_walker ·

die krisis is veroorsaak deur die anc wat vroer jare hulle volgelinge gemaan het om baie kinders te hê want “the masses will rule” wat hulle vergeet het om hulle volgelinge te sê was dat “the masses will work at a cheap rate because of the over supply of labour”
en daar het hulle dit nou

Jacobus ·

Die korrekte maandelikse loon is R3,520.00 (R20 x 8 uur x 22 werksdae).

Die groot probleem in Suid Afrika is dat ons met ‘n meerderheid ongeskoolde/half geskoolde arbeid sit wat nie opleibaar is vir die werk wat wel daar is nie.

Suid Afrika het ‘n tekort aan ambag en vakmanne om tegniese werk te verrig waarvan poste in oorvloed is en sommige besighede moet ten duurste ambag en vakmanne invoer om die werk te verrig.

Ook maak die huidige onderwys bestel nie voorsienning dat kinders wat nie akademies presteer van so vroeg as Graad 8 liewer ‘n tegniese skool opleiding/vakmanskap bekom by ondernemings of Semi-Staats Instellings.

Swak onderwys standaarde asook onderwysers; sowel as die onstandighede waarin die gesin/persoon hom/hulle bevind het ook ‘n groot inpak op die vermoë van die werksoeker.

Die politieke en arbeids klimaat in Suid Afrika maak dit reeds so duur om werk te skep; veral vir die KMMO’s dat groot salarisse net nie moontlik is nie.

Daar moet ook onthou word dat Suid Afrika nie ‘n eiland is nie maar deel is van die globale ekomomiese sisteem waar besighede na enige land kan beweeg om hulle produkte te vervaardig om sodoende kostes te besnoei.

Onthou, daar is werkers in Sjina, Viëtnam, Laos ens. wat beter gekwalifiseerd is en wat teen die selfde salaris of minder sal werk maar wat meer produktief is.

Dit sal beter wees as Suid Afrika liewer ‘n produktiwiteits loon beleid sal hê i.p.v ‘n minimum loon.

Jean-Pierre ·

Daar is nie n tekort van ambags manne nie, ek en 11 ander van my vriende is almal ambagsmanne en ons sit almal sonder werk vir die afgelope 2 jaar.

pie in the sky ·

Die gemiddelde IK in Suid-Afrika is 77… Suid-Afrikaners se geletterdheid is swakker as die van Zimbabwe, Zambië en Kenia. Verder sit die land met n meerderheid van mense wat deur die bevrydingspolitiek in ‘n ‘Culture of Entitlement’ omskep is. Minderhede in SA het hulself verryk na n Elite groep en die res brandarm gelaat. Verduidelik my hoe herstel mens dit?

Jacobus ·

Kan die bron verwysings oor die gemiddelde Suid Afrikaanse IK van 77 gelys word asb.

Dit is waar dat ‘n groot meerderheid van Suid Afrikaners ‘n swakker geletterheidsgraad het as in ander Afrika lande soos genoem, maar dit is onderhewig aan die swak onderwysbestel wat geskep is deur die Regering van die dag.

Die Departement van Onderwys, Universiteite, Opleidings Sentrums en die Sake Kamers/Besighede groot en klein moet ‘n Bosberaad hou sodat besighede dit duidelik kan stel watter tiepe opleiding die instansies moet verskaf wat tot verhoogde indiensneming vlakke sal lei.

Soos Johnny_Walker genoem het, “Vraag en Aanbod “speel ‘n groot rol, hoe skaarser die vaardigheid hoe hoër die salaris en omgekeerd.

Daar is ‘n kultuur geskep waar veral die jeug, die sogenaamde “Millennials” en persone wat dink dat hulle net moet ontvang, dink dat hulle geregtig is op groot salarise sonder die nodige kwalifikasies of om hard daarvoor te werk.

Ek verskil van Eish, elke werkgewer gaan bepaal wat sy tyd en risiko werd is en daarvolgens vergoed hy/sy hom/haar self.

Suid Afrika is ‘n land waar die risiko’s net te groot is en daarom wil werkgewers so gou as moontlik hulle kapitaal verhaal om hulle risiko’s te verklein, een van die grootste risiko’s vir enige werkgewer is personeel en die koste daaraan verbonde.

Jean-Pierre watter ambag kwalifikasies het julle, die jare ondervinding asook by watter opleidingsinstansie is die kwalifikasies behaal.

Ek het bedoel skaars tegniese ambagte en nie algemene ambagte.

Jaco ·

Ek kan nie my huishulp R3200 betaal nie, dan sit nog iemand met niks. Lewens onkoste is duur maar die middel klas is baie groter as die top rykes. Mens moet eers hand in eie bors druk voor jy sommer net uitlatings maak.

pie in the sky ·

Antwoord aan Jacobus:

Gaan na https//:i-research.info

Ek verskil met jou – die tyd van Bosberade en Kgotlas is totaal verby en menige ekonome sal met my saamstem. Daardie leierskap en brein vermoë het SA reeds verlaat of deel hulle talente met ander lande wat dit meer waardeer. Tans sit SA met beperkte middelbestuurders ervaring en n CEOs naby aan aftrede of ander in staatsdepartemente wat bid daarvoor.

Een van SA grootste uitdagings, is om ontslae te raak van mense in ons onderwys wat kinders aanraai om hulle “breins te rus tydens skoolvakansies”, en stertswaai voor die Parlement elke jaar met nog n hoër “prestasie” as ‘n 97% matriekslaagsyfer… Meeste kwalifikasies in SA is lank nie meer die papier werd waarop dit gedruk word nie; dit kos besighede nog miljoene om hierdie mense dus verder op te lei, en dis eenvoudig nie die kool die sous werd nie.

Soos jy tereg sê Jacobus, die risiko’s het net te groot geword.

Abel Gouws. ·

Net my mening.Daar is baie mense wat nog werk wat oor die ouderdom van 65 jaar oud is.Kan die mense nie maar aftree en plek maak vir jonger mense nie?Dan is daar mense wat SASSA geld kry en nog werk vir n redelike salaris {R10 000.oo} wat na my mening nie reg is nie.
Nog n punt is die vreeslike hoe salarise wat staatsdiens amptenare verdien wat soos ons almal weet dit nie regtig verdien nie.Die regering en politieke partye(almal) wat miljoene rande spandeer aan parteitjies en onthale terwyl landsburgers kripeer van armoede.
Dan is daar nog die duur kontrakte wat aan kontrakteurs toegestaan word terwyl baie staats instansies self van die werk met huidige personeel kan uitvoer.
In kort….baie geld word vermors wat aan werkskepping kon bestee word in ons land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.