Laat ons nie gebuig word nie

boere-anglo-boereoorlog-wikipedia

Boere by Spioenkop tydens die Anglo-boereoorlog. Foto: En.wikipedia.org

Deur Marianne Breytenbach

Daar was ʼn tyd toe die volkere van die beskaafde wêreld die Boerevolk bewonder en gerespekteer het. Dit was tydens die Anglo-Boereoorlog toe die Boererepublieke opgestaan het teen Brittanje wat die ryk goudmyne van die ZAR wou inpalm.

Van hierdie volk het die beroemde sir Arthur Conan Doyle geskryf:

“Neem ʼn gemeenskap van Hollanders van dié soort wat hulself vyftig jaar lank teen die volle mag van Spanje verdedig het op ʼn tydstip toe Spanje die magtigste moondheid in die wêreld was. Voeg daarby die bloed van daardie onbuigbare Franse Hugenote wat huis en haard prysgegee en hul land vir ewig verlaat het ná die herroeping van die Edik van Nantes. Die produk moet vanselfsprekend een van die stoerste, manmoedigste, mees onoorwinbare rasse wees wat ooit op aarde was. Neem nou hierdie formidabele mense en oefen hulle vir sewe geslagte in volgehoue oorlog teen barbaarse mense en wilde diere in omstandighede waaronder geen swakkeling sou kon oorleef nie, plaas hulle so dat hulle buitengewone vaardigheid in wapenhantering en rykuns ontwikkel, gee hulle ʼn land wat by uitstek geskik is vir die taktiek van die jagter, die skerpskutter en die ruiter. Verhard dan hulle militêre vermoëns met ʼn gestrenge fatalistiese Ou-Testamentiese godsdiens en ʼn hartstogtelike, verterende  patriotisme. Kombineer al hierdie eienskappe en polsinge in een individu, en jy het die moderne Boer — die mees formidabele teenstander wat ooit die pad van imperiale Brittanje gekruis het.”

Brittanje het die oorlog gewen en die Boerevolk byna uitgewis deur “metodes van barbarisme” – soos die opposisieleier in die Britse Parlement die Britse militêre strategie beskryf.

Lord Alfred Milner, wat die oorlog aangestig het, het ná die ondertekening van die vrede egter verklaar dat die oorlog voortgaan. “Dit is nie langer ʼn oorlog met koeëls nie, maar dis steeds oorlog.” Hy wou “die laaste spore van Afrikanerskap uitwis”.

Die Afrikanervolk het egter opgestaan en Suid-Afrika tot ʼn volwaardige vennoot in die internasionale gemeenskap opgehef.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ada ·

So so waar. En ons sal nie vernietig word nie. Maak nie saak wat oor ons pad kom nie. ons het daardie innerlike sterkte en Geloof.

jaco ·

As Paul Kruger wel stemreg vir die uitlanders gegee het, sou Generaal Piet Joubert en nie een of ander Engelse of Duitse uitlander nie hoogs waarskynlik ‘n volgende verkiesing gewen het en oorgawe aan Brittanje sou lank nog nie op die spel gewees het nie. Hoe op aarde kon so ‘n klein landjie in elk geval oorlog verklaar teen die magtigste empire op aarde en gedink het dit sou slaag?

Nelis ·

As die uitlanders stemreg gekry het sou Brittanje wel ‘n ander rede gekry het vir besetting en oorlog. Hulle wou die minerale rykdom verkry.
As Kruger na Botha , Smuts en De La Rey geluister het en Natal en die Kaap ingeval het om die hawens te beheer kon Brittanje nie so maklik troepe aan wal bring nie. Ongelukkig As As As…….

CJ ·

Jaco, jy vra hoe daar gedink kon word dat die oorlog kon slaag? Omdat dit so 18 jaar vroeër geslaag het – met die Eerste Vryheidsoorlog. Kan ons die ou Boere so erg veroordeel omdat hulle, soos soveel volke en nasies voor en na hulle, gedink het die volgende oorlog gaan soos die vorige oorlog wees? Piet Joubert het as Kommandant Generaal gefaal om vir oorlog voor te berei, maar geglo alles kan reg onderhandel word.

Andre ·

En daar word daai einste land waarvoor daar in bloed betaal is , op n skinkbord weggegee en verwoes.

Jantru ·

Korrek André ! Die moelikheid wat saam met so n oorgawe moes kom, kom nog!!

marous ·

Hartseer dat al die opoffering , deursetting en trots deur ‘n paar lamsakkige das draers met verskuilde politieke aspirasies , in die vuur gewerp is.

tamboti ·

Marous die hartseerste is dat ons nou nie eers ‘n leier het wat die kern van die Afrikaner kan by-een bring en weerstand bied teen die huidige rassistiese regering nie!
Wie is dapper, na wie sal ons gaan en hom/haar inwy as ons gekose volksleier?
Ons is ‘n Volk
Ons sal so voortbestaan
Dit is ons Volkereg (internasionaal erkende reg)
Dit is ook ons reg om deur ons eie LEIER gelei te word, na ons VRYHEID in ons EIE LAND!
Die wat oorgee, teenstribbel, verdeel en beswadder, is erger as die vyand! Laat hul in hul eie verdoemenis oor.
STAAN SAAM AFRIKANER – ONS KAN!!!!!

Dries ·

Die ergste hieraan is die laast parragraaf. Die oorlog duur voort. Die dat daar n massiewe standbeeld van die destydse terroris Mandela in Londen staan. Hy was een van die Britte se bondgenote

John ·

NP v Wyk Louw het destyds al gevra, wat is ‘n volk. Ons Afrikaners word sedert die jare toet gebombardeer met konsepte wat in die 1700 sy beslag gekry het, naamlik vryheid, gelykheid en broederskap. ‘Vrome’ sendelinge het die wereld ingevaar onder die dekmantel van Bybelprediking en welsynswerk, maar gou snuf in die neus gekry het van al die waardevolle grondstowwe (goud, diamante, smaragde, robyne… ) wat die tuisland en hul eie sakke kan vul. Die doel heilig mos die middele. En nou sit ons nog met hierdie gesplete-tong-slang vanaf elders wat pik sodra ons op ons eie durf aanspraak maak. Snaaks dat die Bybel of ‘n sg godsdiens net altyd onder die arms hou van diegene wat die Afrikaner se volkswees aftakel: Moenie jou naaste se hand vat nie, sien eerder jou verste se nood raak. Laat jou kinders kaalvoet loop, maar koop skoene vir die verste… sodoende gaan jy in die Vader se goeie boekies kom… Onthou, die aarde is nie ons s’n nie… wees ‘n soet Afrikaner-Christen en gee, gee, gee joune weg…

Lynette Schultz ·

Jaco, Seker maar soos Gideon en sy klein bende of koning David teen Goliat, die einste koning David wat gesê het: “Met my God loop ek ‘n bende storm…” Maar ja, dit was MANNE wat nie in hul eie krag opgetree en op hul eie arm gesteun het nie. Hulle was ook nie verslaaf aan brannas en coke en rugby en sport nie. Ek dink ons voorouers (nie perfek nie) was GELOWIGE mense, nie godsdienstig nie, gelowig, en daarom het hulle moed gehad en murg in hulle pype!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.