‘Landsburgers se stemme moet nóú gehoor word’

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa en Barbara Hogan, weduwee van die ANC-struggle-veteraan Ahmed Kathrada, by Kathrada se begrafnis. Foto: GCIS

Barbara Hogan, weduwee van die ANC-struggle-veteraan Ahmed Kathrada, het Vrydag tydens ʼn mediakonferensie in Johannesburg na pres. Jacob Zuma gekap kort nadat die president ʼn kabinetskommeling aangekondig het. Verskeie ministers en adjunkministers is na ander portefeuljes geskuif, terwyl sommige hul poste kwyt is. Pravin Gordhan, minister van finansies, en sy adjunk, Mcebisi Jonas, is afgedank.

Hogan het die middernagtelike kabinetskommeling as “lafhartige optrede” beskryf en gesê die besluit wys hoe onbekwaam Zuma eintlik is.

Hier is Hogan se volledige (vertaalde) toespraak:

Ek wil in die teenwoordigheid van die Kathrada-familie spesiale hulde aan dié familie bring. Ek, sowel as die familie, voel dat Woensdag se begrafnis van mnr. K [Ahmed Kathrada] een van die mees gepaste huldeblyke, getrou aan die styl en tradisie van ons massa-demokratiese beweging, is wat mnr. K sou kon kry. Die landswye meelewing ten tyde van sy dood en begrafnis was gerusstellend sowel as vertroostend en dien as besieling vir die veggees in ons land.

Ons het die gedenkdiens wat die Presidensie aangebied het verwelkom omdat dit gepas is vir een van die land se reuse. Maar, laat ek byvoeg, toe die nuus van die lafhartige optrede in die donkerte verlede nag begin deurkom, het talle van die lede van die familie begin twyfel of ons deel wil wees van ʼn gedenkdiens wat aangebied word deur ʼn president wat duidelik ʼn skurk geword het. Een wat sonder twyfel sy eie party misken het. Ons sit met ʼn adjunkpresident wat openlik erken dat die afdanking van die minister van finansies gegrond is op ʼn twyfelagtige intelligensieverslag. Ons het die sekretaris-generaal van die ANC wat onomwonde sê die lys van ministers wat vervang moet word kom nie van die ANC nie, dit kom uit ʼn ander oord.

Wat sê dit vir ons? Dit is duidelik die president gebruik nie sy verstand as dit kom by een van die belangrikste kwessies in ons land nie, ʼn besluit oor die span mense wat ons land moet lei. Dit is tog duidelik ʼn aanklag teen die president as sy eie party hom verwerp. Sy eie party verwerp dit wat hy gedoen het. As hierdie nie ʼn bepalende oomblik is in ons land nie, sal niks ooit ʼn bepalende oomblik wees nie.

Luister ʼn mens na die burgers van die land, dink ek ons is almal uiters onthuts. Ons woon in dié land, ons is lief vir dié land en ons het ons verwagtings. Die meerderheid mense gaan gebuk onder armoede en marginalisering. Dat ʼn president ʼn minister van finansies en sy adjunk kan opdrag kan gee om ʼn ongelooflik belangrike buitelandse sakereis kort te knip sonder om te dink dat dit nadelige gevolge vir die armes gaan inhou, wys presies watter onbekwame president ons het.

Dit is nóú die tyd dat die stemme van gewone landsburgers gehoor moet word. Onbenullige verskille moet ons nie nou verdeel nie. Ons geswore vyande – ons het almal ons klein geveggies in die progressiewe beweging – kan nie langer ons vyande wees nie. Wat nou nodig is, is ʼn breë, massa-demokratiese alliansie wat die bose magte, skurke en diewe wat ons land wil steel kan aanvat. Dit is tyd dat ons die boodskap by mense uitkry dat hulle by ANC-amptenare in hul omgewing aandring om te hoor wat hulle gaan doen. Hulle kan nie meer aanvoer, “O, dit is ʼn ander sfeer van regering nie.” Hulle verteenwoordig die ANC en moet aanspreeklik gehou word. Ons het nodig dat mense hulle beroep op ANC-lede in provinsiale regerings. Vra hulle wat hulle gaan doen. Dieselfde geld vir ANC-parlementslede. Praat met jou LP. Toe hulle ingesweer is, het hulle ʼn eed van getrouheid aan die Grondwet afgelê.

Lojaliteit aan die party is belangrik, maar in die penarie waarin ons tans is, is die Grondwet waarvoor ons geveg het en wat ons liefhet belangriker as enige gedagte aan getrouheid aan die party. Ek sê dié goed nie ligtelik nie. Soos Kathy in sy brief aan die president gesê het, het hy stilgebly terwyl ʼn komp goed hom bekommer het. “Maar,” het hy gesê, “daar kom ʼn tyd om die stilte te verbreek.” Dit is nou die tyd dat ANC-lede in die parlement selfondersoek moet doen en hulle afvra: “Watter grondwetlike verpligting plaas die Grondwet nou op my?”

Daar is twee klousules in ons Grondwet wat betrekking het op ʼn president wat nie waardig aan dié amp optree nie. Die Grondwet dui aan hoe dié saak reggestel kan word. Dit gaan nie oor beuselagtighede en faksiegevegte in die ANC nie. Dit gaan oor groter en lofwaardiger projekte met betrekking tot ons leierskap en ons gewone mense. Ek doen ʼn beroep op iedereen om nie stil te bly nie, om nie op die draad te sit en na jou eie belang om te sien nie. Dit is nodig dat die land teruggeneem word. ʼn Land wat verenig is, kan nooit verdeeld wees nie. En dié land is nie te koop nie. Dankie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Stella ·

Zuma het nie n skurk “geword” nie, hy was van die begin af n skurk

Johann ·

Ek wonder of die ANC werklik besef dat Zuma voel vir hulle ‘n veer, lankal. Als gaan net oor eiebelang. Hy sorg nou en skep vir sy gesin soveel hy kan. Die ANC kan more vir homself sorg, as hulle ooit die gemors sal kan regmaak, dalk is dit nou ook hul einde, maar dit pla Zuma ook nie. As jy my vra, droom die ANC voort, net solank daar vleispotte reën, BMW’s en Merc’s.

Gertjie ·

Hoe lekker byt hy almal in die g@t wat hom in daai pos gesit het . Man ek kry nou lekker .

Dereck Le Roux ·

Mense is onsteld en onthuts deur Zuma ensy meelopers se leuens, bedrog en misleidings politiek terwyl ons onself lank voor die ANC bewindsoorname ook deur ons eie leiers mislei en bedrieg is, die president en sy volgelinge het afgekyk hoe ons leiers en verleiers met ons gemaak ket en nou pas hulle die politieke misleidings metodes toe op die sogenaamde demokratiese bestel.

Elma ·

Het Vrydag Barbara se pers konferensie gesien, die mense is woedend vir JZ. Ons sal moet saam staan

Gerald ·

Wie gaan hom uitskop? hier het hy juis nou al sy beskermers om hom saamgetrek hy sit nou waar hy sit en hy gaan net “pensioen” vir hom bymekaar maak met al sy “skelmstreke”mens kan nie se wat jy wil se nie dan is jy rassisties kom ons doen dit maar so:$^*&^*_((_(*(_)*&^

John ·

Nee wat, ons was nie vir hulle die voorbeeld nie… die arme onskuldige lammetjies. Ons het hulle dus verkeerd geleer. Elke volwassene ken die verskil tussen sy linker- en regterhand. Die tyd is verstreke om breinspoeling op Afrikaners te probeer toepas. ‘n Russiese ortodokse patriarg se juis vanmiddag dat mense wat ten alle koste vrede najaag ‘n ander agenda in hul agterkoppe het. Godsdiens en ‘oorlog’ is volgens hom nie onversoenbaar as ‘n volk bedreig word nie. ‘Oorlog’ word altyd takties beplan en is nie ‘n halsoorkop indons wanneer woede opkook nie. Nee. ‘n Studie van die vyand se skuiwe en metodes is nodig. Die Zoeloes het te lank almal in die land ‘n rat voor die oe gedraai. Dis tyd dat die verskillende volksleiers nader geroep word om hul groepe te verteenwoordig. Een Zoeloe maak nie Afrika syne nie! Roep ‘n kongres byeen, AfriForum!

Rynhardt ·

Die rugstekery gaan nog lekker plaasvind, gee dit bet genoeg tyd.Die wat so na Zuma se pype dans, gaan nog lekker huil!

CWS ·

Ek verstaan nie mooi….waarom kan zuma nie uit as president voor termyn verstreke is nie….waar is al ons slim en geleerde mense wat ministers was voor Anc aan bewind gekom het…sal waardeer as iemand asb dit vir ons kan verduidelik…want zuma gaan net aan en aan..dankie maroela….

Johanna Botha ·

Ek begin dink zuma werk vir die DA want hy verjaag nou almal van die anc …tog goed dat Barbara nou opstaan en iets se net jammer dis baie laat ….die ander lojaliste wat nou trekpas gekry het begin ook nou opstaan …begin dink die mense het geen gewete nie ….sal graag verder wil sien wie staan op vir wat reg is .

Bek Wash ·

Wat my betref is hierdie gebeure fyn beplande strategiese skuiwe, haarfyn deur die ANC se kommunistiese bondgenote beplan, ‘n oeverblindery om die aandag weg te lei van wat die ANC ( Zuma en al sy pelle en hulle se pelle, Gordhan ingesluit) werklik mee besig is. Hulle almal is sogenaamde “freedom fighters” wat mekaar nie sal verraai of ondermyn nie al lyk dit op die oppervlak so. Onthou maar net hulle almal is deur kommuniste opgelei. Waarmee hulle werlik besig is sal nog binnekort onthul word, maar ek glo die meeste van ons ken reeds die antwoord!

Leendert ·

Pravin Gordhan is die enigste een wat die persoonlikheid en kennis het, verstaan waaroor dit gaan, om Staatspresident te word, Cyril beteken niks. Gordhan moet die bul by die horings pak en die land agter hom verenig. Kom al jul rubriekskrywers, Leopold, Herman Toerien, waarom het julle dit nog nooit raakgesien nie? Is dit net omdat hy nie swart genoeg is nie? Hoogtyd dat die land tot sy sinne kom.

Jordaan ·

Die landsburgers stem dan maar steeds vir die ANC. Sowat 60% in die laaste plaaslike verkiesing

John ·

Gupta-tv insinueer dat Cyril R glo bedank het seker in die hoop dat hy wel sal loop. Miskien is hy ook op die glyskaal en kry ‘n brief met sy eie handtekening onderaan ingetippex. Antie-x staan en wag vir ‘n sagte kussing boontoe. Zuma raak nou absoluut roekeloos en met die 27e om die draai wil hy ‘n seker ‘n groot opskop hou. Is ‘n groot tent ook binnenshuis?

Taki ·

Ons moet van tips voorsien word hoe ons minder belasting wettiglik kan betaal.

Piet Piper ·

In Politics, stupidity is not a handicap………..Napoleon so gese.

Marius ·

Nou kan hulle n slag voel hoe dit voel om in die rug gesteek te word.De klerk en sy meeloper het dit mos met ons gedoen. Kry vir julle want julle het mos vir z ingestem. En nou?

Nico ·

Die ANC, Gwede, Cyril en al die ander lawaaimakers gee nie ń duit om wat Zuma gedoen het nie. Hulle het goed geweet wat kom en hulself finansiëel voorberei daarop. Waarom is hy nog nie gefire nie, want hy het het al sy comrades by die kort hare.

ken benoni ·

Ek vrae net, het ons nie dalk moontlik hier tedoen met Paranoia skitsofrenia.
Die valse aantuigings van sameswering, die verskansing met van sy kaders om hom, die vergrote veiligheids mense om hom ens. Ek weet al die tekens is nie so maklik sigbaar nie maar ai, die optrede is vreemd, nie normaal!! Kliptomania dalk

Theresa ·

Stories loop van spesifieke dae in hierdie weke wat optredes beplan word. Is dit so? Is daar iets waarna mense moet oplet en uitkyk om veilig te wees?? Nugter weet waarom ons nou weer gedompel is op die moontlikheid van rommelstatus a g v belaglike besluite.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.