Leisels oorgee

yahya-jammeh-gambie

Yahya Jammeh van Gambië. Foto: SokoAnalyst/Twitter.com

Afrikaleiers is bekend daarvoor dat hulle dikwels weier om mag oor te gee. ʼn Goeie voorbeeld is Robert Mugabe, die president van ons buurland, Zimbabwe.

Nog ʼn voorbeeld wat tans afspeel is in Gambië, waar die voormalige president, Yahya Jammeh, weier om die leisels oor te gee. Hy het die verkiesing op 1 Desember teen Adama Barrow verloor. Jammeh het aanvanklik erken hy het die verkiesing verloor, net om later met hofprosedures te begin om die uitslag te betwis.

ʼn Tyd gelede het lede van die weermag selfs die land se verkiesingskommissie se kantore beset en almal behalwe die voorsitter verplig om die gebou te verlaat. Jammeh het intussen aangedui hy sal eers uittree nadat die hofsaak aangehoor is.

Verskeie staatshoofde het reeds probeer om Jammeh te oortuig om uit te tree. Dit sluit in Ellen Johnson-Sirleaf van Liberië, John Mahama van Ghana en Muhammadu Buhari van Nigerië. Die laer huis van die Nigeriese parlement het selfs ʼn meerderheidstem uitgebring dat Jammeh asiel in Nigerië moet kry, waar hy sy lewe sonder vrees vir vervolging kan voortsit, alles pogings om stabiliteit in die Wes-Afrikaanse land te verseker.

Bykans twee jaar gelede het Jammeh aangekondig Gambië is voortaan ʼn Moslemstaat. Barrow het reeds aangedui hy sal die besluit van Jammeh omkeer sodra hy amptelik as president ingehuldig word. Dié inhuldiging moet op 19 Januarie plaasvind, maar die kanse daarvoor is skraal. Jammeh klou steeds aan die mag.

Die manier waarop Jammeh die mag verkry het, verklap baie. Hy was die leier van ʼn staatsgreep en regeer Gambië sedert 1994. Nou is hy selfs deur die Afrika Unie se veiligheidsraad gewaarsku dat daar ernstige gevolge sal wees indien hy versuim om die mag oor te gee. Die Afrika Unie het ook aangedui dat hulle hom na Vrydag nie meer as Gambië se president sal erken nie.

Vredesmagte in Senegal en Nigerië is op ʼn gereedheidsgrondslag geplaas sou Jammeh van die weermag gebruik maak om mag te behou. Daar kan sekerlik gevra word waarom die hof nie net Jammeh se aansoek aanhoor en uitspraak lewer nie. Ongelukkig kan Gambië se hooggeregshof op die heel beste as disfunksioneel beskryf word en met die vorige hofverskyning het slegs een van die vyf hooggeregshofregters opgedaag. Jammeh het gedurende die middel van 2016 die helfte van die regters afgedank.

Hoewel die meerderheid staatshoofde wat betrokke is by die aangeleentheid hul bes doen om stabiliteit te verseker en ʼn vreedsame magsoordrag te bewerkstellig, ontstaan daar ʼn bepaalde vrees dat Afrikaleiers nie sommer afstand doen van mag nie.

Tydens die afgelope plaaslike regeringsverkiesing het ons gesien opposisiepartye kan koalisies vorm om die ANC se mag te breek. Hoewel daar aanvanklik voorbeelde van ontwrigting was, is daar nou ʼn nuwe munisipale regering in kleiner munisipaliteite, asook groter metrorade soos Pretoria, Johannesburg en Port Elizabeth.

Dit sal ʼn groot toets vir die ANC wees sou hulle in die 2019 algemene verkiesing minder as 50% van die steun geniet. Sal hulle bereid wees om afstand te doen van die mag of gaan hulle soos Jammeh in Gambië daaraan klou? En indien dit die geval is, gaan ons buurstate se staatshoofde die inbors van Ellen Sirleaf Johnson en John Mahama toon of gaan ons uitgelewer wees aan die ingryping van Robert Mugabe?

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: James Kemp

James is die hoofredakteur van Klankkoerant, ʼn nuus en aktualiteitsprogram wat ook op Pretoria FM uitgesaai word.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Skim ·

Hy sal klou soos MUGABE, wat het van Tsvangerai geword? Despoot soos Mugabe wat geen respek vir enige hofuitspraak of reels. regulasies of wette het nie .. RULE UNTIL YOU DIE! Hulle is slegte verloorders en fokus spesifiek op DA beheerde munisipaliteite in plaas van om hulle eie huis in orde te kry .. aanrandings . aanvalle op DA lede, erge kritiek en aanvalle .. Onthou net die ANC is en sal vir altyd ten gunste van REWOLUSIE wees, wat beteken menselewens beteken niks in vergelyking met die mag wat hulle voor veg of probeer behou nie.

Kobus Hattingh ·

Vanselfsprekend sal hulle NIE die uitslag aanvaar nie (nes die EFF) en kan ons maar nog klaar maak vir groot moleste …

Danie ·

Ek dink ook hulle gaan desperaat vasklou. Hulle het net mooi niks wat hulle kan wys nie. Tragies het hulle minder om te wys as wat hulle ontvang het.

wilma ·

Nee wat hul sali mag oorgee ni. Doen dit dan ni eers by rade wat hul verloor het ni. Hul wil mag behou vi plundering van staatskas

vermeende ·

Daar is so baie voorbeelde wat gegee kan word maar die liberale se geloof is net te groot in pappier en ink.

Almal weet nou al dat Zuma sukkel met tel maar hy weet baie goed, as hy net een bees het en hy moet vir elke vrou van hom n bees slag dat hy 564 and seventy beeste kort.

Zuma en die ANC gaan klou tot die bitter einde toe en dan gaan hulle weer terug gaan na die gewapende stryd wat hulle ook van 94 af tot nou toe nog nooit afgesweer het nie.

Wat is die kans dat die DA sal wen, baie beter as ander partye. Die DA klim lekker onder die ANC se lede in maar ook net omdat die DA daagliks nader aan die ANC beleid beweeg.

John ·

Die VSA het self ook so ‘n probleempie. Obama, Hillary Clinton en Billy, Joe Biden en John Kerry leef ook in ontkenning soos die res van die Demokrate se span. Trump moet nie verbaas wees as hulle telkens by vergaderings en byeenkomste regoor die wereld opdaag nie; hulle ‘n hele wavrag betogers…

grotman77 ·

Hierdie kommentaar is soos om n kar voor n span osse in te span met baie as’se en soos hul se is as verbrande hout…. die groot vraag is of die ANC in 2019 ontsetel gaan word persoonlik dink ek glad nie so nie. Die ander as is wat van n samewerking ooreenkoms tussen ANC en EFF albei het dieselfde doelwit voor oe en gesamentlik kan hul dalk n 2/3 meerderheid kry en al wat n landswet verander en freedom chater tot gestalt bring

vermeende ·

Grotman77, jy slaan die spyker op die kop.
In die EFF se handel en wandel ondbreek die lus en wil van die ANC regering om te vervolg.
Malema se wat hy wil en hy maak soos hy wil en steeds kan hy nie gestop word niw.

Die oud NP het die AWB en Inkatha geinisieer, so dit is nie ongehoord om oposissie te skep om jou doel te haal nie, ek glo dit is die geval met die EFF.

Nico K ·

Ek stem saam met grotman dat die ANC nie die verkiesing kan verloor nie. Hoe op aarde gaan die DA die land verbeter as hulle ‘n koalisie met die EFF sluit. Dit gaan mos niks help nie. En alleen is die DA nog nie naby ‘n oorwinning nie.

Ek wil net vir vermeende sê ek glo niks van jou storie dat die NP die AWB gestig het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.