Lesse uit die rooi galery – ons reguleer dit reg

dr-dirk-hermann-blf-konferensie-2019-02-14

Dr. Dirk Hermann. (Foto: Reint Dykema)

Sentrale beplanning is die antwoord op die mense se roepstem. Ons staat maak staat op ʼn rooi galery van indrukwekkende mislukkings. Die staat weet beter, hulle moet rentmeesters wees van die onderdane se goed en hul swak. Hoe swakker die regering hoe sterker die staat.

En so is ons die afgelope tyd gestaat. Eskom het donker geword, die openbare gesondheidsorgstelsel is siek, Prasa het ontspoor, die SAL het neergestort, 80% van SA skole slaag nie die toets nie, werkskeppingsprogramme gaan gepaard met die hoogste werkloosheidsyfer nog, bemagtigingsplase sukkel en die ekonomie is bankrot.

Die regering se reaksie: sentrale beplanning en meer staat. Gesondheidsorg moet gesentraliseer word, grond moet sonder vergoeding onteien en aan die staat oorhandig word, nog ʼn staatslugdiens, beheerliggame se magte moet minder word en skoolplasings moet vanuit een kantoor beheer word.

Soos uit die rooi galery geleer, hou ons staat nie van klein mislukkings nie.

En toe tref ʼn krisis ons. Die onsigbare Covid-19 dwing die wêreld op sy knieë. Ons staat kyk na die rooi galery. Sentrale beplanning is die antwoord.

Hulle kan hul geluk nie glo nie. ʼn Ramp word afgekondig. Wat die staat se droom is, word die mense se ramp. Ons kan nou regeer deur regulasie. As jy nie daarvan hou dat ons nie wil hê die middelklas moet warm kos by Woolworths koop nie, verander ons oornag die regulasie. Eers kan julle glad nie stap nie, dan net van 06:00 tot 09:00 én, gedra julle, ons kan weer die vergunning van vryheid wegvat. As ons nie wil hê julle moet rook nie, sal julle nie.

Selfs ras word gereguleer. Noodhulp word toegeken op grond van hoe jy lyk. Sosiale manipulasie midde ʼn krisis, want sentrale beplanning maak dit moontlik. Ministers praat op mediakonferensies, in die toesprake spreek hulle die woorde “mag nie” en al sy sinonieme met beklemtoonde uitroeptekens uit. Óns is in beheer hier.

Die sentrale beplanners wil die ekonomie toesluit en oopsluit. Die sleutel van die ekonomie is in hul hande. Dis ritse en ritse regulasies; almal moet voldoen. En gee jy nie gehoor nie? Dan moet jy soos padda spring om in lyn te kom.

Eers het dit redelik geklink, ons moet mos die virus beveg. Inperking is reg. Maar, die harde skyf van die rooi galery is onderskat. Mag proe lekker. Hoe langer die virus hoe groter die mag en hoe meer die regulering. Inperking is nie meer net ʼn tydelike ingryp nie, maar word die sentrale plan.

Maar sentrale beplanning werk nie, so leer die geskiedenis van die rooi galery. Nie in gewone normale omstandighede nie en nog minder om ʼn komplekse pandemie te bestuur. Sentrale beplanning vernietig ekonomieë in normale omstandighede, maar eksponensieel in ʼn krisis. Mettertyd kom ons agter ons het juis die ekonomie nodig om die virus te beveg.

Uit Olievenhoutbosch kom prentjies van mense wat in massas saamdrom om kos te kry. Die droomomstandighede vir die virus om te versprei. Die gebrek aan ekonomie raak die voertuig van die virus. Die massas raak honger. Gemeenskapsorganisasies spring in en help.

Benoud word na die rooi galery gekyk. Die honger moet hanteer word. Ons het die antwoord: sentrale beplanning, kom ons reguleer dit reg.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Dirk Hermann

Dirk Hermann is die bestuurshoof by Solidariteit.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Boerkind ·

Dankie vir hierdie waarheid Dirk. Ek vind dit ook vreemd dat die patete (ANC) nie nou ras by hulle getalle van C-19 infeksies voeg nie. Onder hierdie spul kom nog ‘n groter nagmerrie vir ons as wat ons ooit kan dink.

Oom Hennie Pennie ·

Dankie Dirk, maar ons moet nou opstaan en saamstaan en die rooi gallery beveg.

Werner ·

Oom Hennie, ons moet dit nie beveg nie, ons Afrikaners moet saggies uit die bus klim. Parallelle ekonomie, skole, kultuur. Laat die ANC-stemmers saam met die ANC ondergaan, sonder ons

Riana ·

Die ANC wil ons op ons kniee dwing. Dis die laaste ding wat ons moet toelaat. Ons weet mos hoe om in die moeilikste omstandighede te leef en oorleef op en op ons coete bly

david ·

Ek het ook daardie foto gsien van die duisende wat saamdrom en vra vir voedsel. Die aanvanklike byskrif was dit voor die polisiestasie aldaar plaasgevind het….
Dit herinner my aan ‘n ander geleentheid waar daar ook duisende rondom ‘n polisiestasie saam gedrom het…..Hulle was nie honger , hulle het betoog teen die paswette destyds–die plek was Sharpeville….
Sharpeville se mense was nie desperaat nie, vandag se mense is desperaat…
Regulering gaan nie sulke mense se honger stil nie.
Die reguleerders moet dit in gedagte hou….

Adam Adriaan ·

En die mense wat hulle(ANC?EFF) ondersteun leer nie. Of wil nie leer nie!!

capie ·

Swaarkry maak mens net sterker. So het ons geskiedenis reeds bewys.

marius ·

Die pandemie pas hulle soos ‘n handskoen om hul bose planne tot uitvoer te bring .

Maria ·

Ai tog. Kan ons nie maar n muur bou om die Wes en Noordkaap nie? Suid Kaap ook – for that matter. Daar is baie sulke selfregerende republieke in vele lande.

Leon ·

Ek het dit al in 1983 geweet wat gaan gebeur. Ek het die mense gewaarsku, maar wat weet ek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.