Lesufi se dinges, man!

lesufi-deur-ana-2019-03-11

Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys. Foto: ANA.

Deur Anton Meijer

Daar is ’n onlangse TV-advertensie waarin twee tegnici besig is om instandhouding te doen aan Suid-Afrika se Square Kilometer Array-satelliete. Terwyl hulle so aan die werk is, vra die een man vir sy kollega:

“Please hand me the dinges”

Die kollega vra dan: “The dinges-dinges, or the dinges-dinges?”

“The dinges-dinges,” kom die antwoord terug. Elke Afrikaanssprekende weet wat ’n dinges is, en het al gevra vir ’n dinges.

Of dit nou die dinges in jou voertuig is wat ’n klak-klak geluid maak, en of dit nou die dinges is wat jy gebruik om ’n kurk te trek, die universele term vir ’n woord wat so op die punt van jou tong is, is vir ons welbekend.

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het die afgelope naweek menige weer die dinges ingehad met sy uitsprake oor Afrikaanse onderwys.

Dié keer was sy grimmigheid gemik op Sol-Tech, wat Vrydag ’n sooispit-seremonie vir sy nuwe kampus gehou het.

“’n Rasgebaseerde instelling in ’n nierassige samelewing sal nooit slaag nie! Ek haat rassisme as ek dit sien,” het Lesufi getwiet.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het die eerste graaf vol grond op die bouterrein van Sol-Tech se nuwe kampus omgespit. Foto: Reint Dykema.

Hy het die twiet opgevolg met blatante leuens, soos dat slegs wit mense na die seremonie uitgenooi is, en dat slegs wit mense by Sol-Tech kan studeer.

Sy dinges man!

Wat Lesufi vergeet, is dat daar ruimte is vir ’n instelling soos Sol-Tech om te bestaan. Sy bestaansreg word in die Grondwet bevestig.

Sol-Tech is ’n privaat instelling wat nie na die regering se rassepype hoef te dans nie; wat in Afrikaans mag klas gee, en wat opleiding mag verskaf aan dié wat dit graag in Afrikaans wil ontvang.

Sol-Tech doen dit al vir die afgelope 12 jaar, en het reeds meer as 1 200 studente opgelei as suksesvolle meulmakers, dieselwerktuigkundiges, elektrisiëns en passers en draaiers. En dit in Afrikaans.

Die afgestudeerde studente is reeds besig om ’n bydrae te lewer in hul gemeenskappe en aan die ekonomie, en hou in sommige gevalle die bal letterlik aan die rol… in Afrikaans.

Verbeel jou die twee manne in die TV-advertensie het ook by Sol-Tech studeer, en hulle werk nou aan een van Suid-Afrika se grootste tegnologiese projekte. Die rede hoekom die twee kollegas mekaar verstaan as die een die ander vra vir die dinges, is omdat hulle ervaring het in hul beroepsveld, en hulle weet watter gereedskap nodig is vir die betrokke projek. Hulle verstaan mekaar. Hulle het weens goeie opleiding ’n splinternuwe taal aangeleer, ’n subtaal wat deur tegnici en ambagslui gepraat en onderling verstaan word. En dit gee nie om of die grondslag van hierdie ervaring vir hulle aangebied is in Afrikaans, Sotho, Engels of Zulu nie.

Maar Lesufi kan nie verder kyk as die kleur van jou vel nie.

Hy sal gehalteonderwys offer op die brandstapel van sogenaamde nierassigheid. Hy kon in sy hele Sol-Tech-tirade homself nie een keer sover kry om te sê dat ’n privaat instelling ’n waardevolle bydrae kan lewer aan die breër Suid-Afrikaanse samelewing nie.

Lesufi se dinges, man! Gaan bou, gaan ontwikkel, gaan doen jou deel om jou Suid-Afrika vir jou beter te maak.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jimmy ·

Gaan bou Sol-Tech en Akademia in Orania. Dis nou ‘n standpunt. Bou dit in die gesig van die ANC en jy soek vir moeilikheid.

Stefan ·

Wie’t gepraat van standpunt maak? Daar is Afrikaanse mense in Gauteng wat gehalte onderrig nodig het, waarom die kampus in Orania gaan bou? En waarom so bang vir die ANC?

Koos ·

Jaloesie – wat van waarde het die (on)agbare Lesufi vir die samelewing al gedoen? Ek is seker hy ag robber mugrabber ook as sy hero, ongeag die oopgespoelde massa grafte. Met sulke mense aan stuur, is zuma reg – die cANCer sal regeer tot Jesus weer kom.
Prediker 10: verse 5 tot 7.

Dienkie ·

Lesufi, Solidariteit vra nie die regering vir ‘n bydrae nie. Dit is vir jou ‘n bitter pil om te sluk omrede Solidariteit die nodige insig openbaar om ‘n onafhanklike AFRIKAANSE Akademiese Inrigting op te rig . So tong in die kies – die Dinges advertensie is maar net die beste advertensie op TV

humor ·

“Lesufi gaan bou gaan ontwikkel gaan doen………………………” Waarvan praat jy? As dit aan enige kader in die regering gerig word, is dit geheel en al n vreemde taal. Dit blyk niemand in die afgelope 25 jaar het oor hierdie vermoe beskik nie.

Peet ·

Eenvoudige opsomming: die man kry nes Juliaas te veel aandag.

Se maar net ·

Ek ken ook die taal. Die dinges in die berig begin met n m maar ek het nou die woord vergeet.

Howard ·

Never in the HISTORY of the WORLD was so MUCH given to a single race who did so LITTLE with what they received.
SOE’s Bankrupt
Municipalities Bankrupt
3 Months GDP Lost
Treasury Depleted
Mega Stores Looted
12 “Foreigners” Dead/9 S African “Foreigners”

verstom ·

Hospitals are a disaster, schools are even worse. Absolutely 100% spot on.

Albert ·

Op die kop artikel!

Lesufi gaan bou jou toekoms met ingevoerde onderwysers van Tjaaina!

Hans ·

Hoekom moet wit Afrikaners hul selfbeskikking en taal opgee, om aan 1 kleptokraat se eise te voldoen? Lesufi is vergeatalting van die tirannie van demokrasie soos deur Plato duisende jare gelede al neergepen in Die Republiek.

Joke! ·

Lesufi is die persoon met n balk in sy oog! N anti blanke Afrikaanse balk nie net n splinter nie!Lesufi is daar bo saam Malema en Andile en die Maaskaasdorpe as die grootste rassiste van Suider Afrika en blaf ok so….Genade wat n patetiese lot…Maak my naar dat sulke wesens bestaan…

Madz ·

GREAT inisiatief! En hier begin ons vooruit dink….. volgende is SOL-CARE (Afrikaanse Privaat EN Opleidings Hospitaal) vir ons eie UITSTEKENDE dokters en ander mediese personeel wat steeds in DA wil bly om ‘n verskil te maak – Ons wat saam met hulle hier MOET agterbly het dan ‘n keuse oor waar ons behandeling en operasies moet ondergaan. (Ons betaal alreeds SO baie xtras wat ons NIKS van sien nie… ek sal NOG xtra betaal vir ‘n ordentlike hospitaal waar pasiente weer as prioriteit gesien word EN waar ons volgende generasie ordentlike kwaliteit onderrig kan ontvang SONDER dat hul moet koets vir bullets en brandende voorwerpe! Dan bou ons sommer ons eie auditorium (SOL-SOUND) vir kultuur feeste en drama/kuns klasse EN Afrikaans is Groot word sommer DAAR gehou sonder politieke inmenging. Steve Hofmyer kan hom amptelik open en SOL-TASTE se kook-skool kan Potjiekos, potbrood en BOEREwors Rolle verkoop! Met MampoerBoer en Gemmerbier kan ons LEKKER in Afrikaans kuier en saamsing!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.