Lesufi se onderwysfoefie

panyaza lesufi

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys. Foto: ANA.

Deur Paul Maritz

Die naam Panyaza Lesufi het in die afgelope maande ’n bekende naam onder Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika geword, of dalk eerder ’n berugte naam. Meneer Lesufi het hierdie berugtheid verwerf omrede sy openlike uitsprake teen enkelmedium Afrikaanse skole, en skole wat nie die nasionale rassedemografie verteenwoordig nie.

Op ’n onlangse vergadering tussen hom en ouers, wat by Hoërskool Montana, Pretoria-Noord, aangebied is, het meneer Lesufi dieselfde geluide gemaak as tevore, maar hierdie keer met meer dringendheid as by verskeie van sy vorige openbare verskynings.

“Hierdie grond is van ons voorvaders gevat, en moet aan ons terugbesorg word,” het meneer Lesufi onder meer gesê.

Die gedagte aan grond wat sonder vergoeding gevat word, is alreeds skrikwekkend en ’n finansiële selfdood vir ʼn land, maar dit is noodsaaklik om te besef dat meneer Lesufi, die LUR vir onderwys in Gauteng, nie hier verwys na die grond van volwassenes, van boere of besigheidspersone nie. Nee, hy verwys na ses- en dertienjarige kinders.

Net omdat hulle Afrikaans is behoort hierdie kinders nou, volgens meneer Lesufi, benadeel te word. Hierdie benadeling sal juis só geskied dat skole nie meer enkelmedium Afrikaans sal wees as sy planne slaag nie, wat sal beteken dat saalopenings, administrasie, en selfs rugby-oefening ewe skielik in Engels sal wees, met die taal van instruksie wat, soos wat geskiedenis ons geleer het, kort op die hakke van administrasie sal volg.

Dus, hoe presies gaan dit gebeur?

In sy gesprek by die Hoërskool Montana, wat op 22 Augustus plaasgevind het, het meneer Lesufi verder gegaan as om net te praat oor grondonteiening onder die voetjies van graad eentjies uit – hy het weer die punte van voedingsarea en kapasiteit bespreek, punte wat hom reeds aan die begin van die jaar in die Hoërskool Overvaal-saak bloedneus gelaat het. Dit is meneer Lesufi se plan dat sy departement moet kan besluit wat ʼn skool se kapasiteit is, en hoe groot die voedingsarea is. Dit is nodig om te verstaan waarom hy juis hierdie twee aspekte van skole-administrasie in sy eie beheer wil hê.

Eerstens sal die vermoë om ʼn skool se kapasiteit te bepaal, vir meneer Lesufi die mag gee om te besluit wanneer ʼn skool vol is of nie. As ons ʼn Afrikaanse skool in Pretoria as voorbeeld gebruik, kan ons sê dat dié skool dalk vas glo dat klasse nie meer as 35 leerders mag hê nie, en dat hulle dus, argumentshalwe, ʼn kapasiteit van 1 000 leerders bereik het. Sou enigiemand anders dan aansoek doen, kan die skool hulle weier omdat dit vol is. As meneer Lesufi egter oornag besluit dat hierdie skool vyftig kinders per klas mag vat, is die skool skielik nie vol nie, en kan nóg kinders aansoek doen. Al kom hulle uit Hamanskraal, sal hulle maklik binne die nuwe voedingsarea van 30 km val vir onder andere Affies, Meisies Hoër, of Menlo Park.

Die volgende stappe in meneer Lesufi se plan is uiters voorspelbaar. Sodra die kinders toegelaat is, omdat hulle nie geweier mag word nie, dring hulle aan op Engels in die klas. Binnekort word Engels in die saalopening en by die rugby-oefening gevra, en as jy weer sien bestaan daar nie meer ʼn Afrikaanse skool nie – siedaar, Lesufi se foefie is kompleet!

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Charles ·

Ongelukkig vir Lesufi gaan sy bose planne nie slaag nie want ons gaan hom MET ALLES binne ons vermoe BEVEG EN STOP- selfs al moet die saak in die VN se raadsale beveg word- nie dat die VN enige iets beteken nie- maar julle kry my punt.

Jaques ·

As mnr lesufi, en sy baie beroemde voorgangers 20 jaar terug al begin het met behoorlike beplanning en verder gebou het om die infrastruktuur wat daar toe was, sou daar nie vandag soveel disfunksionele skole gewees het nie.
O, en moet nie vergeet al die skole wat alewig in die naam van protes beskadig en afgebrand worrd nie.

Jerry ·

Dit is wat jy kry wanneer jy weerstand bied terwyl jy op dryfsand staan, n Lesufie foefie! Jou weerstand maak die Lesufies slimmer, dit gee hulle meer skietgoed en dit gee die aanslag ongelooflike slaankrag wat meer en meer intensief raak totdat jou weerstand verkrummel en die dryfsand jou met jou taal en al insluk! Waar jy iets kon behou het deur versoenend op te tree, het jy nou die bose wakker gemaak en momentum gegee en soos die skrywer tereg opmerk dat as jy weer kyk is daar nie meer n Afrikaanse skool nie. Almal van ons gaan natuurlik vir Lesufi vir sy foefie blameer, maar ook maar net totdat ons onsself in die spieel sien! Versoenende optrede skep n vriendskaplike omgewing en bied jou die kans om iets te he, eerder as om met niks tevrede te moet wees! Kyk na die suksesverhale van boere wat versoenend optree en word wys ou slimjan!

Tommie ·

@Jerry: Is die mislukte nuwe Suid-Afrika nie al vir jou genoeg bewys van die versoeningsfoefie wat jy so knaend predik nie. Jou versoeningsgeteem raak nou regtig afgesaag!

Anneli ·

Jerry, lyk vir my jy het ‘n goeie, maar baie naiewe hart. Dink jy werklik dat vriendelikheid en kom ons noem dit maar by die naam, kruiperigheid, gaan ons vrystel van BEE en grondonteiening? Gaan vriendelikheid vir ons kleinkinders goeie skole met moedertaalonderrig gee of dalk universiteite met internasionale erkenning? Gaan vriendelikheid ons ekonomie met 5.5% per jaar laat groei sodat ons ‘n generasie later werk vir Suid Afrikaners kan gee? As die land inmekaar stort gaan ons dink, ai, ons moes vriendeliker gewees het? Het dit boere in Zimbabwe gehelp om hul Britse paspoorte op te gee om hul lojaliteit aan Zimbabwe te bewys? In Zimbawe het spesifiek die blankes wat nie emigreer het nie, die spit afgebyt, ten spyte van hul goeie bedoeligs.. Nee man, ons moet liefs ferm staan en ons menseregte verdedig wat gruwelik vertrap word. Kry ‘n rugraat, sodat jy nie later sal dink dat jy met jou glimlag en jou versoening jou kleinkinders se toekoms sien verdwyn het nie.

dr. Sakkie van der Merwe ·

Jerry, Piet Retief is een voorbeeld van baie wat wys dat versoening van beide kante moet kom. Afrika wys dat die witman sy wang moet draai terwyl die mes en knopkierie uitgehaal word. Praat met die 4 000 plus boere wat sedert 1994 vermoor is oor versoening

Piet Snot ·

Jerry, ek wens met my hele hart jy was reg. Ongelukkig het daai skippie reeds geseil.
Ons mense het versoeninging nagejaag omdat ons geglo het dis reg (ek het agteroor gebuig). Dis egter begroet met die Lesufi tipes se “ek sal oor jou swakkeling loop” houding. Jy vergeet Lesufi word gedryf deur rassisme, en daai siekte word nie met versoening reggemaak nie.

Eish ·

Met sy beleidstelling in die straatskoerant sowel as die emosionele tirade tydens die ouervergaderings, is dit duidelik dat die tyd van praat verby is. Soos Charles tereg opmerk, is die streep in die sand getrek en ons sal nou kaalvuis moet veg vir geregtigheid. Verset het ten einde laaste die enigste begaanbare pad geword.

John ·

Versoenend. Verduidelik asb hoe versoening werk. Stel die wen-verloor-model se blink kant asseblief aan ons voor. Beteken dit dat Afrikanerkinders nice moet wees en ophou skoolgaan of presies wat. Na Engels oorslaan gaan nie help nie. Net meer nuwelinge gaan inval asook nuwe personeel ook uit die buiteland met vreemde gelowe…Is dit versoening?

Hello ·

Eish, die kaalvuis benadering klink goed, maar maak tog asb net hierdie keer seker dat Kallie nie weer die jeug met pepersproei na n baksteengeveg toe stuur nie!

Willem ·

Versoenend en blymoedig wees as die boere se plase afgevat word. Blymoedig en versoenend wees as Julius die wit mense verguis, ons moet die ander wang draai. Versoenend en blymoedig wees as die land aan ‘n leiband aan die Chinese oorhandig word. Blymoedig en versoenend met Lesufi wees. Daar is nog ‘n klomp ander goed wat mens kan byvoeg, maar die spasie is hier te min.

Willem ·

Ek is sommer lus en gooi jou met ‘n Lesufi versoeningsfoefie.

Jerry ·

Tommy, John en Willem, versoening is die onvermydellike aangesien die forum en Solidariteit se weerstandsmodel besig is om te wankel. Wat wag vir die Afrikaner wanneer die weerstand heeltemal verkrummel? Ellende en gedwonge versoening, dit is wat wag, so dit is beter om nou te versoen op jou eie voorwaardes. Lees weer Paul Maritz se brief!

PietSkiet ·

Jerry, ek lees wat jy vir die ander hier bo sê. Haal asseblief die woorde, sin of paragraaf van Mnr Paul Maritz aan waarna jy verwys.

Henk Roos ·

As daar een ding is wat ek Afriforum vra in ruil vir my lidmaatskapgeld, is dit hierdie: laat Lesufi en diegene wat sy rassistiese anti-Afrikaner sentimente deel, die onderspit delf.

Jerry ·

PietSkiet, verander eers jou kommentaarnaam na PietLees, dan sal ek vir jou se dat wat jy soek waar ek die skrywer aanhaal, is in my eerste kommentaar, sin 11. Hoop dit maak sin!

Jerry ·

Ek stem saam met Anneli dat dit ruggraat vat om n goeie hart in stand te hou asook om op te staan vir jou regte en die regte van jou kinders. Waaroor ons egter altyd sal verskil is die benadering wat gevolg moet word. Voordat die skote nie klap nie, en ek bedoel dit letterlik, moet ons alles in ons vermoe doen om ons regte te beskerm deur met die hoed in die hand teenoor die magshebbers van die tyd op te tree. Deur die benadering te volg behou jy jou goeie hart, jy kry meeste van die tyd jou sin en jou gesin voel veilig omrede die magshebbers jou en jou kinders nie sien as n bedreiging nie, jou en jou mense se regte word nie geteiken nie, inteendeel gaan die magshebbers uit hul pad uit om jou te akkommodeer. So, terwyl jy deur jou onbaatsugtige benadering hoop skep vir alle Suid Afrikaners, en dit te lekker gaan en jy meeste van jou tyd gebruik vir braai, rugby kyk, reis en onbaatsugtige diens, ruim jy darem ook tyd in vir MM en voorbereiding vir enige onvoorsiene gebeure wat die appelkar kan omgooi.

Kryger ·

Ai Jerry, so hoe braai en reis en nou sonder geld? Volgens jou redenasie moet ek nou nie ‘n bedreiging wees vir die magshebbers nie. As ek ‘n werk het, is ek beter af as 40% (persentasie groei by die dag) van mense wat nie werk het nie. Net die blote feit dat ek verder geleerd is as gevolg van dissipline by my skool en my moedertaal onderig sal ek altyd ‘n bedreiging wees vir die wat dit nie het nie.
FW het saam met die oorgrote meerderheid Afrikaners hoed in die hand gestaan… wat was die gevolge daarvan?
Jy se ook heeltyd dat Afriforum en Solidariteit se weerstand besig is om te wankel. Is dit omdat die magtigste man in die wereld getweet het? As dit wankel is, wens ek ek kan vir die res van my lewe “wankel!
Afiforum en Solidariet: Julle werk word opreg waardeur, dankie!!

Willem ·

Ek sou kon doen met ‘n miljoen.
Ek sou kon doen met ‘n miljoen.
Ja, ek sou myself met net
ses nulle kon versoen.
Ja, ek sou kon doen met ‘n miljoen.

JAN ·

Die ABO was die grootste en wreedste grondroof ooit. teen wit e swart.

Versoen eers met die waarheid – daarna sal al die ander feite gevolge in hul plekke val.

Cornelia ·

“Versoen jou met jou volk se stryd. Fisies en geestelik. Om met die anc te “versoen” beteken om hulle hele korrupte bedrog pakket te AANVAAR! Dit noem ek Beginselloos! Dit is om jou hoop op God se beskikking t.o.v jou hoop op beter dinge, te verloën. As jou hoed in jou hand, jou “treinkaartjie” gaan betaal, het ek uiters slegte nuus vir jou Jerry. Versoening is om klakkeloos oor te gee aan hulle verdringings strategie. ‘n Goeie man hou sy oorgawe aan die vyand vir homself.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.