Maandae is dit Rugby met Polla Roux

Hou Die Groot Debat elke Maandag dop vir ‘n kraakvars blik op die afgelope naweek se rugbywedstryde. Alleenlik op Die Groot Debat sal jy weekliks sport-kommentaar kan lees van Polla Roux, oud-Noord-Transvaalse rugbyspeler en latere hoofbestuurder van Noord-Transvaal Rugby-unie.

Die Drienasies het reeds begin, die Wêreldbeker is om die draai… Polla Roux hou dit fyn dop en laat elke Maandag die aap uit die mou.

Daleen de Jager het Polla vroeër vanjaar oor sy rugby-belangstelling uitgevra:
Jy het die voorreg gehad om vir die destydse Noord-Transvaal uit te draf. Hoe het dit oor jou pad gekom?

Ek het op universiteit vir die Pretoria-rugbyklub in die Carlton-liga gespeel en dit is waar ek in 1971 gekies is om vir Noord-Transvaal te speel. My eerste wedstryd was teen die Griekwas, destyds die Curriebeker-kampioene, maar ons het hulle daai dag ver gewen.

Ek weet in die tyd wat jy vir die Noord-Transvaal Rugby-unie gewerk het, was daar ’n hoogtepunt wat vir jou uitgestaan het. Vertel ons daarvan.

Ek was deel van die ongelooflike proses om die handelsmerk van die Blou Bulle te skep. Ons bestuur het opdrag gegee dat ons ’n handelsmerk moet ontwikkel wat tot alle Blou Bul-ondersteuners sal spreek. Ons het Steve Hofmeyr gevra om vir ons ’n lied te skryf en hy het vorendag gekom met die Blou Bul-lied, wat tot vandag toe ’n ongelooflike treffer is. Steve het ook aan my genoem dat dit een van sy suksesvolste CD’s ooit was.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Piet le Roux

Piet le Roux is die uitvoerende hoof en direkteur van die sakeregte-organisasie Sakeliga.

Deel van: Meningsvormers, Rugby

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anoniem ·

Ek sien sommer uit na Polla se kommentaar op die rugbygebeure, veral met die WB aan die kom…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.