Malema die populis wat op mense se emosies teer

Julius Malema. Foto: EFF/Twitter

Suid-Afrika het deesdae sy eie Commander in Chief, met rooi beret en al, wat net soos sy blykbare held, Mao Zedong, daarop bedag is om wanorde en chaos in Suid-Afrika te saai. Ja, die Mao in die kleine, Julius Malema, sê hyself is ʼn Marxis wat nie bereid is om eendag dalk by die stembus die mag in die hande te kry nie, maar sommer gou-gou in rewolusie in die kleine uit te voer sodat hy die mag kan oorneem.

Op hierdie pad het hy al ver gevorder. ʼn Mens wonder wat die rol van die Commander in Chief was in die afgelope tyd se wanorde in Suid-Afrikaanse universiteite en skole, die brande wat veral die Wes-Kaap verlede jaar so geteister het, ens., ens. Dit was ook taktieke wat Mao Zedong net na die Tweede Wêreldoorlog in China gebruik het om die Chinese regering op sy agtervoet te dwing. Om nie eens van die wanorde in die parlement te praat nie, waar Jacob Zuma die EFF meer as genoeg rede gegee het om die parlement te ontwrig.

Nou het die Commander in Chief sy fokus verskuif (al opgelet hoeveel minder brande daar vanjaar as verlede jaar is, hoeveel minder probleme daar by universiteite is?). Die Commander het aangekondig dat die EFF voortaan by hospitale teen die regering se swak gesondheidsplanne gaan betoog. Private hospitale gaan ook deurloop omdat die glo net diens aan ryk wit mense verskaf.

Die een waarvoor hy egter sy tande slyp, is grondbesit. Sien, die wittes het die grond van Kaapstad tot by die Limpopo gesteel, newwermaaind die feit dat daar, toe Jan van Riebeeck in 1652 in die Kaap aangekom het, net Khoi daar was. Vergeet ook maar van Dingaan wat Piet Retief en sy manne vermoor het toe hulle ʼn ooreenkoms wou beklink om grond by hom te koop.

Ongelukkig is die Commander in Chief net soos Mao ’n populis wat op mense se emosies teer. Met die grondkwessie het hy egter ’n aar raakgeboor wat hom op die korttermyn baie punte kan besorg, maar hom in die langtermyn kan kelder. Hy het nou die wapen in die hand … hy en nie die ANC nie, bepaal die inhoud van die debat oor die grondkwessie. Waar die ANC ’n kommissie wil aanstel om die saak te ondersoek – met die voorvereiste dat voedselsekerheid nie in die slag mag bly nie – het die Commander reeds aangekondig dat nie net landbougrond nie, maar alle grond, onder skoot gaan kom. Stedelike huiseienaars, het hy gesê, sal nie hulle huise verloor nie, maar net die grond waarop dit staan. Hulle sal 99 jaar huurpag kry.

Sê wie, namens wie praat hy? Het die kommissie reeds sy werk afgehandel? Of is dit maklik om sulke onverantwoordelike uitsprake te maak as jy nie moet lewer nie?

Veronderstel die grondgrypers kry reg wat hulle wil hê, boere gee pad van die plase af en banke wil nie meer geld leen nie en mense dagvaar vir skuld waarop hulle nie gereken het nie. Sal die Commander in Chief dan ook ʼn soort van nywerheidsrewolusie uitdink soos wat Mao gedoen het? Dieselfde kleinboere wat in China die grond verniet gekry en misluk het, is gedwing om hul landbou-implemente te smelt en aan die een of ander groot nywerheidsdroom van die regering te skenk. Almal weet dat dit gelei het tot een van die grootste hongersnode in menseheugenis. Miljoene Chinese het van honger gesterf en die Chinese ekonomie het die afgelope klompie jare eers weer tot sy volle reg gekom.

Die probleem is egter dat die Commander op die oomblik die hef in die hand het. Om die Grondwet te verander het die ANC die EFF se hulp nodig, en die EFF kan en gaan sy voorwaardes stel. My raad aan Ramaphosa is egter om nie op Malema te vertrou nie. Hy is so giftig  soos ʼn swart mamba in Venda – vra my, ek het daar geboer.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Tienie Fourie

Tienie Fourie is ʼn oud-joernalis wat Suid-Afrika ook as diplomaat in Londen, New York en Wene verteenwoordig het. Hy het ook in Zimbabwe en China gewerk.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Parasiete ·

Miskien moet Ramaposa vroeer by sy kantoor opdaag om hierdie gemors wat hy begin het – te probeer beredder in plaas daarvan om vroeg te draf.
Sy aandag is nou nodig by sy kantoor.
Ongelukkig is sy respek daarmee heen want die EFF bestuur nou vir ramaposa – wonder of hy dit al agtergekom het?

Wonder ·

Malema speel op Avbob se stoep met piesang skille en hy gaan gly. Wonder net wanneer.

marianna ·

Dis nou ‘n man met ‘n graad , hy praat asof hy die president van die land is.

Jakkalsdraai ·

Ons hoor nou deesdae meer wat Malema se as Ramaphosa, wie is nou eintlik die president van die land. Lyk my Ramaphosa se ampstermyn was maar van korte duur.

Groter prentjie ·

Wie befonds malema en die eff? Kry daardie inligting en sien die legkaartblokkie in die groter prentjie van die padda gaar kook..

Vermeende ·

Tienie ek wil jou net daarop wys, Retief wou nie n ooreenkoms met Digaan aangaan nie, feit is, die beeste is terug besorg aan Dingaan en die ooreenkoms vir die grond is bekragtig. Die traktaat is later op die moord toneel gevind in Retief se lyfsak of saalsak.

kobus ·

“Die traktaat is later op die moord toneel gevind”?? Hoekom was daar n moord toneel

Nettie ·

Ai, Kobus, ken jy nie jou geskiedenis nie? Of wil jy nou te kenne gee dat Piet Retief en sy manne gaan skoorsoek het met uDingane by Mgungundlovu? Dat daar geen traktaat, of ooreenkoms dan, was vir grondruiling deur x-aantal beeste vir die Zulu’s in ruil vir x-hoeveelheid grondakkers te maak nie?

Veritas ·

Moet asb nie dat Julius Malema julle ontstel nie. Sy party het maar 6% van die stemme getrek tydens die laaste munisipale verkiesings. Hy is bloot ‘n opportunis wat van elke moontlike geleentheid gebruik maak om sy stem te laat hoor. Daar is ‘n gesegde wat lui: ‘Gee hom net genoeg tou en hy hang homself’. Sy dag van selfvernietiging is nie baie vêr nie. CR laat hom begaan want hy weet wat gaan gebeur.

Haan ·

Ek hou van jou optimisme, maar kan nie help om te voel dat dit nie by 6% gaan bly nie.

Gestremde ·

Die enigste manier om die situasie te verander is om die meerderheid swartes se oogklappe af te haal en aan hul die nagevolge van grondonteiening te verduidelik. Ongelukkig is daar ‘n groot hoeveelheid swart persone wat dink dit gaan melk en heuning wees en hulle gaan sommer nou net plase en huise kry. Die feit van die saak is egter daar is +/- 5 miljoen wit, kleurling en Indiers teenoor seker 50 miljoen swartes. dit beteken na regte dat nie eers 10% baat gaan vind nie, terwyl die res gaan krepeer van honger en werkloosheid.

Dankie Gestremde ·

Dankie tog gestremde dat iemand soos ek dink. Hulle praat bv van 35 000 kommersiele plase .. ek weet nie hoeveel ander plase nog besit word deur blankes nie, maar as die blankes in totaal slegs 4 miljoen is en baie van hulle stedelinge is kan 50 miljoen swartes wat nou blink oog na ‘n plaas staar VERSEKER nie ‘n plaas kry nie. Ek kan nie glo dat hulle nie LUISTER wat Malema se nie .. hy se NIEMAND gaan iets besit nie, alles gaan aan die staat behoort en mense gaan dit op die ou huurpagstelsel HUUR by die staat .. swartes inkluis. So al ‘gee’ hy nou ‘n stukkie grond vir ‘n swart outjie, die outjie gaan dit ‘huur’ by die staat, dit gaan nooit sy eiendom wees nie. Hy is nou net populer met die aanslag op WITTES, maar eintlik gaan dit almal tref, nie net die wittes nie .. ek het nog ‘n manier om die land te verlaat . wat gemaak met al die werkers? EERS as hulle klaar vir Malema gestem het en KLAAR hulle kruisie getrek het gaan hulle agterkom daardie stukkie droe grond wat aan hulle ‘toegeken’ word, huur hulle net by die staat en kan enige tyd daarvan afgegooi word soos in ZIM .. terwyl ALMAL voor die voet dink hulle gaan RYK BOERE se wildsplase en sitrusplase en hoenderplase BESIT.

Andre ·

Malema en Cyril werk saam, hulle saam smelt na die 2019 verkiesing. Ons enigste hoop is die hooggeregs hof, gelukkig sal dit nie verby hulle gaan nie.

Cyril jy is ruggraat loos!

MTSteyn ·

Dit blyk my dat die politieke spel in Suid-Afrika nou al selfs die grotes met die broek op die kniee vang! Hoe betreuenswaardig.

Die self-erkende sosialis Ramaphosa het presies dieselfde lewensdoel en politieke ambisisie as die self-erkende marxis Malema; eiendomsroof en totale beheer oor reserwebank, handelsbanke, SA ekonomie, grond, verbouingsmiddele, hulpbronne, ens.

Die klein, niksseggende verskil is hoe hierdie twee ouens bg. benader. Die een ou kook jou stadig dood, en die ander ou gooi jou in kookwater en plaas ‘n deksel op die pot, sodat wanneer jy spring en teenkanting bied, jy sommer jou kop in die proses stamp, so ‘n tipe ‘verdiende loon’ benadering. Die einde bly egter nog steeds dieselfde

Slaap jy nog steeds Afrikaner?

Eish ·

Ek dink meeste is wakker GESKRIK.
Nou, soos dit gaan as jy wakker skrik, kyk jy eers goed rond om jou “bearings” te kry.
Maar ek is bevrees, dis soos die perd wat op n dryfding in die meer gesit is tydens sy beswymende slaap. Nou is dit konsternasie met die wakkerwordslag.
Al opsie wat oor is, is die Simson opsie…

Gerda ·

Remember Khwezi, malema? The lady you accused of having a good time….
Remember zuma, malema? The man you would die for (but apparently not really)……
The man you forced onto SA and only exposed after you were kicked out of the anc.
Remember the new PP? When the DA warned your party favoured her…..
And now?
So you see malema most of your choices and actions are not good for SA or apparently well thought through. And to every time (mostly years later) say “sorrrrry” doesn’t do it for SA.

Anoniem ·

Laaskeer toe Zuma onder die vergrootglas gekom het met murmererings oor staatskaping, het die EFF ons aandag afgelei met “fees must fall” oproerigheid. Noudat Zuma moet begin aantree by die rooi tapyt, roer die EFF ons weer met “give back the land”.

Toeval?

Jerry ·

Die EFF se ideologie is Marxistiese Pan Afrikanisties. Dit sluit nasionalisering van alles in en sluit witmense in totaliteit uit. So, ja die EFF hits moorde aan op witmense deur werklose swartmense se emosies op te sweep. Om die moorde wat deur gewone swartmense gepleeg word aan die klok te hang van die EFF en te bewys blyk bitter moeilik te wees. Die ANC aan die ander kant is in 2 groepe verdeel. Hulle sit met 1 groep wat Kommunisme en Sosialisme aanhang en 1 groep wat Marxistiese Pan Afrikanisme net soos die EFF aanhang. Beide die ANC en die EFF is voorstanders van nasionalisering. Die enigste verskil is die manier van implementering. EFF met geweld en ANC deur versoening. Verdere verskil is dat die radikale groep van die ANC georkestreerde moordbendes het wat sluipmoord aanvalle en plaasmoorde uitvoer. Hulle is goed georganiseerd, opgelei en toegerus en hulle modus operandi onderskei hulle van die gewone opgesweepte moordenaars. Die feit dat dit EFF en ANC radikales is wat witmense vermoor, maar nie bewys word nie, is n aanduiding dat wetstoepassers nie onafhanklik en objektief moordsake op witmense en meer spesifiek boere ondersoek nie. Dit is maklik om die motief af te maak as wraak of armoede wanneer die wetstoepassers deel is van n ideologie wat wit mense uitsluit. Wetstoepassing is in der waarheid die grootste uitdaging, want dit is waar die pap op die grond val.

Casper Labuschagne ·

Nie net stel Malema tans die agenda vas vir die ganse SA politiek nie, hy eis ook alle suksesse op as die uitsluitlike werk van die EFF. Vir sy ondersteuners vertel hy, dit is net die EFF wat gesorg het dat gratis fooie op universiteit ingestel is, dat dit net die EFF is wat onteiening sonder vergoeding regkry, dat dit net die EFF is wat alle banke sal nasionaliseer omdat swartes uitgebuit word en dat dit net die EFF is wat die witman behoorlik op sy plek sal sit. Daarby, met elke skuif wat Ramaphosa maak bring die EFF Marikana op en kryt vir Ramaphosa uit as ‘n lakei van Wit Monopolie Kapitaal wat swart werkers laat uitmoor. Tog hou Malema ook die deur oop vir ‘n toekomstige saamsmelting met die ANC, sy eintlike politieke tuiste – en soos die EFF se steun groei, is toekomstige samesmelting met die ANC nie onwaarskynlik nie. ‘n Toekomstige EFF oorwinning is ‘n gegewe vir solank as wat diegene wat na 1994 gebore is aanklank by Malema se woorde vind. Elke verkiesing kom nagenoeg 5 miljoen nuwe kiesers by wat al in hul vroeë tienerjare militante EFF ondersteuners geword het.

Ons is magteloos om enigiets te kan verander aan die prentjie van die groter SA, maar ons moet vorentoe juis fokus op ons oorlewing omdat vergelding teen ons minderheidsgroep toenemend die heersende politieke strydkreet sal wees.

Casper Labuschagne ·

Ek het gedink dat ek iets vergeet het: Malema se grootste aanspraak op sukses is dat dit net die EFF is wat Zuma en die Guptas uit die kussings gelig het.

Tans is die EFF haas ontstuitbaar. Dit behoort die ANC snags wakker te hou en dit beteken dat ons minderheid wat vierkantig in die EFF se visiere is as die gehate ideologiese sondebok, wakker te laat skrik. Ons het moeilikheid, groot moeilikheid.

rollie ·

Die paw paw gaan die fan strike wanneer die nuwe swart boere besef dat die grond waarop hul boer nie eintlik hulle grond is nie maar die staat s’n vir wie hulle net gaan werk. M.a.w hulle gaan steeds vir ‘n baas werk.

elmien ·

As hulle nou nie jou huis gaan vat nie maar net die erf is my vraag wie betaal die erfbelasting. Die erf is dan mos nie meer joune nie.

Casper Labuschagne ·

Net soos in Kuba en Noord Korea, sal dit ‘n kommunistiese paradys wees: Jy sal maak asof jy huur betaal aan die staat vir die huis waarin jy bly en die staat sal maak asof die dak reggemaak word, die mure geverf word en die gras gesny word.

jaco ·

as al die marxiste, sosialiste en kommuniste in die ANC en die EFF net die regte kommunistiese en sosialistiese voorbeelde uit die geskiedenis volg, sal dinge dalk nie te erg raak in SA nie. Kyk net na Oos-Duitsland. In daardie kommunistiese land was daar:
-behoorlike staatshospitale van hoogstaande gehalte
-gratis onderwys van hoogstaande gehalte
-100% behuising vir almal SONDER plakkerskampe
-100% werk vir almal
-goeie openbare vervoer sonder messtekers en aanranders
-geen voedseltekorte nie, al was landbou onder staatsbeheer
-geen stakings nie
-gematigte tolleransie van godsdiens, nie radikale vervolging en uitmoor van godsdienstiges soos in Rusland en Mao se China nie.
Kortom, die hele land het behoorlik gewerk. Die “Duitse pad na sosialisme” was toe nie so erg nie.
Al rede waarom die land tot ‘n val gekom het, is omdat die Duitsers daar gedurig hulleself met die ryker welvarender Wes-Duitsland vergelyk het en uiteindelik in hulle massas teen die kommunistiese oorheersers in opstand gekom het. Maar vandag, 28 jaar na die vereniging van die 2 Duitslande, verlang baie mense in die ooste van Duitsland terug na die “goeie ou dae” van die kommunistiese Duitse Demokratiese Republiek.
So as die ANC en die EFF net die regte kommunisme in SA toepas, kan dinge dalk nog heel goed gaan hier.

MTSteyn ·

Dankie vir hierdie stukkie kommentaar. Uit-die-maag-lag (of dan nou van oor-tot-oor) word ge-assosieer met verskeie positiewe gesondheidsveranderinge, soos verminderde stres, ‘n algemene gelukkige gevoel, en verhoogde produktiwiteit.

Ek bedank jou vir die stukkie lighartige kommentaar; my gesondheid het definitief daarby gebaat.

Casper Labuschagne ·

Nee Jaco, jy is verkeerd. Die Duitsers kon enigiets laat werk maar selfs hulle kon nie kommunisme laat werk nie. Alles wat jy genoem het was so, maar net-net en altyd net te min. Die DDR se samelewing het in 1989 voorgekom asof dit in 1951 gevries was. Die produksievlakke en landelike uitsette was slegs ‘n breukdeel van hul westerse eweknie. Gehalte was ‘n onbekende konsep. Die beste uitkoms waarop jy getroue kommunis kon hoop was ‘n Trabant na 35 jaar diens of dalk ‘n vakansie by die Swart see

As jy my nie glo nie, lees op oor die geweldige probleem wat Duitsland gehad het om die agterstand van die oostelike deel op te hef en die maatskaplike en sosiale agterstand van die ou DDR se bevolking te verbeter. Werkers in die voormalige Oos Duitsland was ook geag as lui, onbetroubaar, alkoholiste en as kwaadstokers.

JaNee ·

Alle goeie kommentaar….
1) Oos Duitsland het Duitsers gehad en nie swart Afrikane nie – groot verskil. Afrika is nie Europa nie.
2) Gaan doen ondersoek hoe die EFF gestig is en wie dit bevonds – kyk van die Engelse
3) Die ANC – en CR – gebruik die EFF om die pap dink aan te roer – want die ANC wil nie hê mense moet sien wat hulle werklike planne is nie. Hulle een en dieselfde
4) Is mense nog steeds blind oor CR? Wat moet nog gebeur sodat hulle oogies oop moet gaan
5) CR het ons ore aangesit in 1994 – hy doen die nog steeds – maar almal is nou so bly omdat hy nou kwansuis dinge gaan verbeter. Regtig?
6) Ons witties se oë is nog nie oop nie – kyk na die kommentaar hier …. koppe in die sand

Veritas ·

Ek vertrou geen politikus nie. Alles is moontlik. Wat ek wel weet is dat daar erge tweespalt in die ANC kamp is en dit kan óf die land red óf in burgeroorlog dompel. Zuma is in die sop en benoude katte maak benoude spronge.

John ·

Eers dit: Is Malema werklik ‘n Suid-Afrikaner? Nie net lyk hy soos uit Noord-Afrika nie, maar hy het naby die grens van Zimbabwe by sy ouma grootgeword.
Die feit dat die grondgrypers die hele land gratis wil he gebaseer op die gedagte dat swartes se regte in Afrika onbeperk is, dui juis op die feit dat geskiedkundige bewyse hulle saak belemmer.
Die wereldgeskiedenis is deurspek van oorloe oor grondbesit. Die swartregering ea meelopers speel die ou speletjie sedert grondplanting wat destyds deur die Engelse begin is, naamlik dat swartmense altyd die verontregte is en dat hul begeertes regte is. Deur iets oor en oor te se word dit tot waarheid verhef. De Klerk & kie wou glo ‘n ‘oorlog’ verhoed en het sodoende die ANC tot oorwinaar verhef. Ek betwyfel die uitslag van die referendum.
Jaloesie en begeerte dryf hierdie hele grondkwessie.
Regoor die wereld vind oorloe oor grondregte plaas, maar nerens sal daar so ‘n betrokkenheid wees as sou hier ‘n oorlog uitbreek nie. Hoekom? Die wereld is reeds gebreinspoel dat Afrikaners skelms en skimmels is en van ons eie mense moet ons bedank daarvoor. Selfs al breek al die peste weens swak bestuur hier uit, sal geen regering dit waag om ‘n handjie te lig teen die onbekwaamheid van Afrika nie. Die buiteland sit self nou met die probleem maar los dit op slinkse wyse op.
Het die Bybel nie gewaarsku dat peste en hongersnood oa einde der dae ons voorland sal wees nie?

peet van breda ·

Berigte wil dit he dat Ramaposa wal gooi oor grond gryp ! Net soos met Malema en Zuma is die saad van verwoesting gesaai en mag sulke retoriek versag word, maar op voetsool vlak word die daad by die word gevoeg. Die uitvloeisel is moord,vergrype aan misdaad en publieke ongehoorsaamheid. Ramaposa red die ANC maar defnitief nie Suid Afrika nie.

Rynhardt ·

Commander in chief(Malema) praat soos n pres.wat die land regeer.Ramaphosa speel n ander spel van gladde pratery!”Geen grondonteiening gaan plaasvind nie!”Commander in chief word nou gebruik vir beplande anargie, grondonteiening sonder vergoeding!Malema glo hy gaan hiermee so baie steun werf onder die massas dat die presidentskap vir hom wink.Waarmee hy nie rekening hou nie,is dat die uitgeslape SAKP en Anc hom net gaan gebruik tot hul voordeel!Ek is bevrees dat katastrofiese gevolge le en wag op die Commander in chief!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.