Malema-haatspraaksaak bespreek op Die Groot Debat

Kan die hofbevel wat uit die Julius Malema-haatspraaksaak spruit doeltreffend afgedwing word? Het die saak nie net olie op Malema se vuur gegooi nie? Is die ANC nie dalk as gevolg hiervan die harnas ingejaag teen Afrikaners nie? Het die saak Suid-Afrika nie net verder gepolariseer nie? Dít is die vrae wat verskeie bekende Afrikaanse sprekers geantwoord het tydens die Federasie van Afrikaanse kultuurvereniginge (FAK) se eerste openbare simposium oor die Malema-uitspraak.

Die debat word ná die simposium op Maroela Media se “Die Groot Debat” voortgesit. Lees in die loop van die volgende paar dae hier wat sê Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, Adv. Roelof du Plessis SC, senior advokaat van TLU en Prof Koos Malan, advokaat vir die Vereniging van Regslui vir Afrikaans en verskeie replieke.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Piet le Roux

Piet le Roux is die uitvoerende hoof en direkteur van die sakeregte-organisasie Sakeliga.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.