Malema se ondeurdagte skiet-aksie ontwikkel in ’n aansteeklike virus

Dundee-vuurwapen

Die eienaar van ’n sekuriteitsmaatskappy – met bande met die plaaslike munisipaliteit in Dundee, KwaZulu-Natal – en sy medepligtiges het in middel Maart vanjaar verskeie skote afgevuur met voorwerpe wat soos vuurwapens lyk. Foto: Verskaf.

Deur Marnus Kamfer

28 Julie 2018 – Die Mdantsane-stadion in Oos-Londen is stampvol. Daar is ’n see van mense in rooi geklee, barette op die kop, vlae in die lug. Die Ekonomiese Vryheidsvegters se 5de verjaarsdagvieringe vind plaas.

Die ondersteuners is in ekstase terwyl strydersliedere van ouds deur die lug weergalm. Julius Malema betree die verhoog, en daar word met hernude vuur gesing met Malema as voorsanger. Hy neem ʼn geweer by sy hoof van sekuriteit en skiet met een hand sewe skote in die lug. Sonder rede en ongeag wetgewing wat dit verbied. Sonder enige eerbied vir menselewens sou ʼn verdwaalde koeël iemand noodlottig wond.

Watter voorbeeld stel hy nie aan sy ondersteuners nie, mense wat hom verafgod en met alles saamstem wat hy sê en doen.

Ons mense kan nie net staan en toekyk nie en AfriForum neem onmiddellik aksie en volg die nodige stappe om Malema te laat vervolg. Klagte word aanhangig gemaak en terugvoering word ontvang rakende die vervolging en ondersoek, maar dit is ’n tydrowende proses. Malema blyk onaantasbaar te wees. Aanhangers landwyd volg sy voorbeeld, en die afvuur van ’n vuurwapen in ’n openbare plek raak aan die orde van die dag.

In 2019 alleen word verskeie videogrepe op sosiale media gedeel waar soortgelyke gevalle plaasvind: ’n Eienaar van ’n sekuriteitsmaatskappy met maatjies in die plaaslike munisipaliteit, Dundee, vuur met ʼn semi-outomatiese wapen roekeloos skote in die lug af. MK-veterane in uniform agterop ’n trok van die Govan Mbeki-munisipaliteit in Emzinoni skiet met handwapens gedurende ’n begrafnisstoet ten aanskoue van die Mpumalanga-verkeerspolisie wat die stoet vergesel. ’n Groep taxibestuurders brand los met verskeie wapens – alles in die teenwoordigheid van die metropolisie.

Die Wet op Beheer van Vuurwapens (wet 60 van 2000) dui aan dat bogenoemde optredes enige oortreder verskeie klagtes op die hals kan haal.

  • Artikel 84 van die wet bepaal dat ’n vuurwapen in die openbaar gedra kan word, maar, in die geval van ’n handwapen, aan die draer se persoon moet wees, waar hy effektiewe beheer oor die wapen kan toepas, in ’n skede of dergelike houer wat vir sodanige wapen aangepas is, alternatiewelik ’n rugsak of ander soortgelyke sak. Die wapen moet te alle tye bedek wees. In die geval van enige ander wapen, moet dit gedra word in ’n geweersak of enige ander houer wat vir die vuurwapen aangepas of gemaak is. ’n Persoon wat aan hierdie oortreding skuldig bevind word, kan tot twee jaar tronkstraf opgelê word.
  • Artikel 120(3) bepaal dat dit ’n misdryf is om enige iemand fisies te beseer, of om enige iemand se eiendom skade te berokken weens die nalatige gebruik van ’n vuurwapen. Alternatiewelik kan dit die gevolg hê dat bogemelde plaasvind weens roekelose minagting van iemand se veiligheid. Alternatiewelik in beheer is oor ’n gelaaide vuurwapen in ’n omgewing waar persone se veiligheid en eiendom bedreig word, en daar word geen stappe gedoen om dit te verhoed nie. ’n Persoon wat aan hierdie oortreding skuldig bevind word, kan tot vyf jaar tronkstraf opgelê word.
  • Artikel 120(7) lees dat dit ’n misdryf is om ’n vuurwapen af te vuur in ’n omboude of publieke area sonder goeie rede. ’n Persoon wat aan hierdie oortreding skuldig bevind word, kan tot vyf jaar tronkstraf opgelê word.
Emzinoni-vuurwapen

In nóg ’n voorval op 20 Maart, ook vanjaar, in Emzinoni naby Bethal, Mpumalanga, het ’n persoon in ’n MK-veterane-uniform ’n voorwerp afgevuur wat soos ’n handwapen lyk. Foto: Verskaf.

Indien ’n persoon dus handel soos Malema en sy navolgers, kan daar tot nege jaar tronkstraf opgelê word vir die bogemelde klagtes alleen op skuldigbevinding.

Enige regdenkende mens sal dadelik wonder wat word van die patrone wat in die lug afgevuur word. Alhoewel die projektiele se spoed verminder met die terugkeer na die oppervlakte toe, is die projektiel steeds daartoe in staat om ’n ander persoon noodlottig te wond of te beseer, of alternatiewelik skade aan te rig aan eiendom.

AfriForum het reeds aksie geneem om hierdie tendens in die kiem te smoor. Klagte is ingedien en ondersoeke word gedoen. Die verloop hiervan word met valkoë dopgehou. AfriForum skroom nie om die nodige stappe teen diegene te doen wat sloer met die vervolging en ondersoek nie. Hierdie toedrag van sake is reeds duidelik met die ondersoek en vervolging teen Malema wat onverpoosd aan die gang is, en sal voortgaan.

Die publiek word aangemoedig om enige soortgelyke gevalle aan te meld om sodoende die kansvatters wat geen respek vir ander se veiligheid en eiendom koester nie, aan die pen te laat ry.

  • Kamfer is AfriForum se regs-en-risikobestuurder vir gemeenskapsveiligheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Santjie ·

Ja, alles ten aanskoue van metropolisie en verkeerspolisie ….. sou hulle tog hulle werk gedoen het en die wet toegepas het, sou daar definitief ‘n klein oorloggie met vele lewensversliese gewees het. Maar tog moet die wet toegepas word ne?

Henk ·

96% van die metro of sapd beamptes ken glad nie hul wetgewing nie. Plus die kans dat hulle sal optree teenoor hul eie nasie is onwaarskynlik. Hierdie is maar n pot wat moet oorkook tot openlike oorlog losbars onvermeidelik, Ek is gereed vir daardie dag

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Vuurwapen wette is slegs vir persone wat vuurwapens wettiglik bekom het.

.
.

Jerry ·

Wetsgehoorsame burgers moet kennis neem van privaatsekuriteitsdienste wat hulself skuldig maak aan radikale gedrag en moet nie van hulle dienste gebruik maak nie. Inteendeel moet gewapende reaksie sekuriteit verban word. Veiligheidsdienste is net veronderstel om die oe, ore en vroee waarskuwing vir gemeenskappe en die SAPS te wees. CIT moet die enigste veiligheidsdiens wees wat gewapen is. Die radikale ideologiee wat aangehang word deur werknemers van veiligheidsdienste is n bron van kommer en mense moet uiters versigtig wees om van hierdie, veral gewapende reaksie, veiligheidsdienste gebruik te maak. Net soos dit uiters dom sal wees om enige ANC/EFF politici te glo of te vertrou, is dit uiters dom om van gewapende reaksie dienste gebruik te maak gegewe die huidige politieke klimaat. Hou hierdie mense uit julle woongebiede uit. Lede van gemeenskappe moet self verantwoordelikheid vir hulle eie en gemeenskaplike veiligheid vat. Dit sal julle baie help om persoonlik meer veiligheidsbewus en paraat te raak en om as gemeenskap georganiseerd op te tree in samewerking met gemeenskaplike ongewapende veiligheidsdiens en die SAPD. Dit help nie dat gewapende reaksie reageer nie, dan is die skade in elk geval reeds gedoen. Julle moet eie veiligheidsmaatreels in plek stel wat verhoed dat rowers by jou kan uitkom en jy of iemand van die gesin moet instaat wees om uit noodweer mekaar te verdedig indien dit sou gebeur. In kort, gebruik jou eie soort mense!

Blackey ·

Baie geld, tyd en moeite, en NIKS gaan daarvan kom…soos gewoonlik!
Wette vir ons , en dan is daar wette(or lack of) vir hulle

Hans Richardt ·

Hierdie bol. Die swartes doen dit by bende begrafnisse vanaf NP tyd, toe Malema in doeke was. Maroela media het nou in 2019 bewus geword van hierdie onding. Malema het net bevestig hy is “gangster”!

Johnny Smith ·

Sjoe – en dan moet ons as burgers op ons uiters bekwame polisie aanwesig wees vir beskerming? Daar is baie privaat sekerheids maatskappye wat goed opgelei en verantwoordelik optree. Hoekom moet die wetsgehoorsame verantwoordelke vuurwapen eienaars gestraf word ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.