Malema, Suid-Afrika se kopseer

rhoda-kadalie

Rhoda Kadalie. Foto: Reint Dykema

Julius Malema is ʼn bron van irritasie. Vol van homself en selfsugtig op sy beste is hy allermins die soort leier wat ons jong mense nodig het. In ʼn land waar baie kinders nie matriek behaal nie en jaar in en jaar uit deel van die groot werklose korps word, is Malema ʼn rolmodel sonder wie ons goed kan klaarkom.

Hy skep behae daarin om parlementêre debatte te kelder, veral wanneer pres. Zuma in die parlement is. Hy lewer sy vertonings en kaperjolle omdat hy weet die televisiekameras is op hom gerig. Dieselfde geld vir wanneer hy hof toe gaan weens aanhitsing tot grondbesetting en haatstokery teen wit mense – vir hom is hulle gelykstaande aan grond. Wanneer hy sê dat hy “nog nie die slagting van wit mense” bepleit nie, weet hy presies wat hy bedoel. Terwyl hy so aan die rafelrandjies van anargie pluk, flirteer hy voortdurend met haatspraak, en maak dan aanspraak op onskuld wanneer hy oor sy gebrek aan aanspreeklikheid voor stok gekry word.

Met duisende boere wat grusaam vermoor is sedert 1994 kan ons sulke opruiende retoriek allermins bekostig. Sulke woorde is hoogs onverantwoordelik.  Hoe vinnig kon die gelykheidshof Penny Sparrow met R150 000 of gevangenisstraf beboet vir haar rassistiese opmerkings, wat ek as veel geringer beskou vergeleke met uitsprake soos “Kill Jews”, “Fuck Whites” en selfs erger. Regter Mabel Jansen is as’t ware verhoor deur die media en haar loopbaan het gevolglik amper in die slag gebly. Albei vroue was verplig om verskoning te vra vir wat ander beskou het as erg rassisties. Malema, aan die ander kant, word toegelaat om vrylik gal te braak en mond uit te spoel oor wittes omdat “hy kan”, soos duidelik blyk uit sy arrogante aanspraak in ʼn onderhoud Sondag met Chris Barron. Wanneer ander hulle dieselfde regte op vrye meningsuiting wil toeëien, is die hof van openbare mening (wat altyd in die guns van swart mense kantel weens ons apartheidsverlede) opvlieënd, ongenaakbaar en veroordelend.

Nasiebou kan nooit gedy in ʼn land waar sommige meer gelyk as ander is nie. Hierdie gebrek aan regverdigheid ondermyn die oppergesag van die reg deur die voorheen onderdruktes en benadeeldes vrye teuels te gee om strafloos op te tree. In hierdie opsig is Malema soos Zuma, die einste man wat hy so verag, in dié opsig dat hy altyd midde-in ʼn ondersoek staan en nie so smetloos is as wat hy voorgee nie.

In sy onderhoud met Barron (Sunday Times, 13 November) draai Malema nie doekies om dat sy EFF-studentekorps grootliks agter die ontwrigting in universiteite sit nie, terwyl hy hul rol in geweldstokery en die brand van biblioteke, geboue, motors, en so meer ontken. Die studentekorps is in direkte konflik met hul mededingers, bestaande uit EFF-oorlopers onder leierskap van Andile Mngxitama en leiers van die Pan Afrikanistiese Beweging van Azania (PSST by die UK), wie se kernstryd om die harte en denkwêreld van studente met die oog op die volgende nasionale verkiesing wentel. Deur ʼn proses van herstellende geregtigheid is laasgenoemde groep feitlik vrygespreek van hul oortredings by die UK, desnieteenstaande die feit dat hulle inderwaarheid geen formele studentestrukture by die universiteit verteenwoordig nie. Met al die toegewings aan hulle van die universiteitsowerhede se kant, volg die besef dat selfs ʼn hoëronderwys-instelling ʼn sleutelrol speel om strafloosheid ooglopend die sosiopolitieke samestelling van Suid-Afrika te laat binnesypel. So ontstaan ʼn bestel waarin niemand verantwoordelik gehou word vir hul misdade nie weens hul velkleur.

Universiteite, met die teiken-kampusgehore oop en bloot vir anargie juis danksy studente se openheid en gebrek aan grense, word maklik ingetrek en meegesleur deur jong opswepers. Hulle ontgin dan ook hierdie bate om wanorde te saai, want hulle ruik mag in ʼn toenemend anargisties heersende party met ʼn president wat morele onkreukbaarheid en aanspreeklikheid ontduik.

Opruiery in ʼn land waar jong mense ontgogel is, van wie baie arm is en vroue en kinders misbruik word, is gevaarlik en herinner ʼn mens aan die politikus Charles Hughes se woorde:

“Selfishness and demagoguery take advantage of liberty. The selfish hand constantly seeks to control government, and every increase of governmental power, even to meet just needs, furnishes opportunity for abuse and stimulates the effort to bend it to improper uses.”

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Rhoda Kadalie

Die rubriekskrywer Rhoda Kadalie is afgetree en woon tans in die VSA. Sy is die voormalige direkteur van Impumelelo Sosiale Innovasiesentrum, menseregtekommissaris en akademikus.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Emily ·

Hy is n haatlike opstoker van alles wat sleg is. Hy dink maar die land behoort aan hom. Hoop iemand stuit hom, die uitvaagsel. Orals maak hy amok en steek swart op teen wit.

hans ·

Daar is baie mense wat vir hierdie land bid en vir malema ook,hy gaan homself moet regruk of hy gaan die gevolge dra.

Penelope ·

Malema is verwaand en verward. Hy moet net onthou dat hy dalk nou wegkom met moord, maar eendag gaan hy verantwoording voor God moet doen. En dan is daar ongelukkig nie kameras nie…..GOD SLAAP NIE!!!

Annette ·

Die jong kinders weet nie wat apartheid beteken nie omrede hulle nog nie gebore was nie. Jy hoor nooit mense so gal braak wat wel in daardie tyd gelewe het nie omrede dit moeilik was vir alby die partye wit asook swart mense. Hou aan bid GOD is nog in beheer en ek glo dit GOD is klaar besig met die leiers dit is hoekom daar so baie dinge die laaste tyd gebeur en oop gaan. Alle eer aan GOD wat in beheer is

Jan ·

Dankie Rhoda, as ek nou die realiteite wat jy in jou derde paragraaf hier bo sê, in ‘n kommentaar hier onder sou sê, of dit hier sou heraal, al sou dit tussen aanhalingstekens wees, sou Maroela se redigeerders my gesensor het.

Bruno Stef ·

Rhoda jy is n ster nader aan die waarheid sal baie mense in hul wildste drome nie kan kom nie.Ek respekteer jou vir die pragtige samevatting en jou durf om die arrogansie van sommige mense so aan die kaak te stel.

Lance ·

Dankie Rhoda ek hou jou al lankal dop en ek dink jy is n baie wyse vrou wat baie bestendig is …sien uit na meer van jou artikels asb. !

Stephen ·

Hy hoort in die tronk! Hy staan nie vir Demokrasie nie. watse leier is dit?

Müller ·

Malema is die stem van misplaaste verwagtings wat gebore is uit ‘n totale onvermoë om tot verantwoordelikheid geroep te word.

Ek het nog nooit gehoor van ‘n onderdrukte gemeenskap wat geëmansipeer is sonder om self aanspreeklik en verantwoordbaar vir my eie vooruitgang te wees nie… Aandrang op ‘n welsynstaat is aandrang op onderdrukking.

Daarom glo ek Malema is maar net nog ‘n stem van onderdrukking in ons land.

Oom Kalahari ·

@Rhoda……Dit is ‘n prag skrywe en puik stellings uit jou pen en kan sien dat dit met uitstekende waarneming en goeie denke saamgevoeg is. Dit is die volle waarheid, maar die jonge seun Julius M weet nie wat die werklikhede is van sy optredes en was nog nooit deel van ‘n apartheids sisteem nie, maar gaan verryk homself met hoorsê stories oor die geskiedenis en misbruik van die werkloses en studente jongelinge wat hy kan manupileer en breinspoel….. JM se doelwit en strategie is om anargie te saai, haat te bewillig onder verskillende groepe, aanhitsing tot geweld en lewer nie positiewe insette om stabiliteit, respek, vertroue en rasse begrip te bevorder nie.

wilma ·

indien n psigiater lees van Julius Malema. Kan u dalk vi ons se of hy n Psigopaat is. Regte Manipuleerder

Ina Cronje ·

Klink vir my eerder na ‘n Narcistiese persoonlikheid – maar ek is nie ‘n kenner nie – al wat ek weet is dat hierdie man uit die samelewing verwyder moet word

Ampie ·

Weer eens ‘n goed beredeneerde stuk deur Rhoda. Werklik ‘n stem in die woestyn wat nie besmet is deur die absurde, George Orwell-agtige “newspeak” van die SA hoofstroom media nie en terselftertyd die Franz Kafka nagmerrie waarin ons elke dag leef volledig neerpen. Ek dink wat dit uniek maak is dat Rhoda hierdie waarhede oor die valshede van die nuwe Suid-Afrika as anderskleurige weergee. Dis nogal inspirerend.

Quincy ·

Hy sê “black people have to take back the land that was stolen”. Eerstens dat hy in ‘n land van 11 offisiële tale na die meerderheid verwys as “swart mense” is ‘n feit, (sodoende die “swart” te “unite” ongeag al die etniese kulturele verskille) . As hy sê “give back our land” Nou sluit hy alle land uit wat deur die Zulu’ s te gesteel is uit outomaties. Die “swart mense” soos hy na hulle verwys is absoluut rassisties. Net so trots soos die Afrikaanse etniese groep op hul kultuur is net so kan ons sê die Vendas, Xhosa, Ndebele ens is. Die Afrikaanse Afrikaners noem gewoonlik ‘n persoon op sy etniese kulturele afkoms; bv die Xhosas die Ndebele die Zulu die Sotho’s die Vendas…. Om na kulturele groep as net wit te verwys is ‘n duidelike aanhitsing vir segregasie met die doel vir haatspraak, die optrede dan te regverdig/motiveer asgevolg van ‘n gebeurtenis uit GESKIEDENIS is absoluut absurd! Die verskillende kulturele groepe moet gerespekteer word en as nie: moet die wat “unite” onder ‘n kleur verstaan dat; n dag sal aanbreek….. Die skrif is teen die muur!

Mossie ·

Baie mooi gesê Rhoda. Dis nie asof ons wittes doof is nie, ons kan lees en hoor wat Malema sê. En dit is baie jammer dat niemand, nie eens die hof, hom aanvat oor sy haat en rassisme teenoor ons nie. Hy laat my dink aan Hitler. Ek vrees Malema en ‘sy volgers’ nie, want God is in beheer.

Noxthefox ·

Dame u KON DIT NIE BETER OPGESOM HET NIE.Ek is ook nie wit maar dit wat hierdie SKURK so onverpoos uitlaat met SKELTAAL”DIS AL HOE HULE HUL KAN UITDRUK”kan sorg vir groot probleme.Ek sien CYRIL plet vir gelykheid onder almal in die land maar nerens noem niemand iets van hierdie OPRUIER nie.

dirwou ·

Die man het n vrees vir die wit ras en voel bedrag oor hulle en eie vernoeens Wittes is meer as sy steun Ignoreer hom

Theuns ·

Min mense kan die waarheid vertolk soos jy en dit bevestig die aanhaling dat “Die naakte waarheid is beter geklee as die grootste leun!” Baie dankie Rhoda, jy is ‘n Ster!

John ·

Malema is die ANC se voordanser met die rooi in die landsvlag as kenteken, ipv geel of blou. Zuma lief hom want hy dans die pad skoon en keer die aandag weg van die groter gevaar. Hy het ‘inside information’ en word dit selfs gevoer om die vuilwerk te gaan doen vir die eintlike base om oor te vat. Malema se ook niks oor die Guptas nie. Hoekom? Die situasie is baie meer sinister as wat ons dink… Baie meer…

Lewies ·

Hy is maar net ‘n sprekende voorbeeld en produk van ‘n disfunksionele ouerhuis, met ‘n afwesige pa soos so baie ander wat aan die ontvangkant van ‘n onregmatige politieke bestel was, Die uwe is deel en heelaas leier van die “rooigevaar” waarteen instrukteurs, in die destydse weermag, gewaarsku het. Selfs die ANC is ooglopend bang vir hom, omdat hulle besef dat hulle eie slagspreuk “liberation before education” ‘n “monster” gebaar het wat Suid-Afrika kan vernietig.

Louis ·

Malema het miskien op skool gesukkel, maar hy is baie slim. Hy speel vir n baie spesifieke gehoor, die jong, arm swart werkloses. Ek glo hy weet dat sy haatspraak aanklank by hulle vind, maar dat hy weet sy eise onuitvoerbaar is. Hy speel n rol voor die kameras, maar wanneer hy weg is van die kameras is leef hy soos n koning en gee niks om vir sy volgelinge nie. Hulle is net te meegevoer met sy uitsprake om te sien wat hy doen.

lettie ·

Die artikel slaan die spyker op die kop. Inderdaad insiggewend

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.