Meer politieke leiers wil onwettige immigrasie na Europa stop sit

Foto: AP Photo/Emilio Morenatti

Die immigrasiedebat is besig om die belangrikste saak in Europa te raak. Die een krisisberaad ná die ander van Europese Unie-lidlande slaag nie daarin om met ’n omvattende oplossing vorendag te kom nie. Intussen is die Duitse koalisieregering op die rand van ineenstorting weens die kanselier, Angela Merkel, se onvermoë om antwoorde te bied aan die groterwordende druk in haar eie land van individue en partye wat strenger immigrasiebeheer wil sien.

Die lidlande van die EU wat vir strenger immigrasiebeheer vra, is besig om vinnig toe te neem. Die feit dat Oostenryk, Italië en die grootste Duitse deelstaat, Beiere, almal die afgelope tyd begin weier het om verder immigrante in te neem, was bevestigend vir die sogenaamde Visegrád-lande wat lank reeds weier om Merkel se immigrante te huisves. Die Visegrád-groep, bestaande uit Pole, Tsjeggië, Hongarye en Slowakye het die instemming van die laaste EU-leiersberaad – dat die kwotastelsel waarvolgens asielsoekers volgens kwotas onder alle EU-lidlande versprei moes word, afgestel word – verwelkom.

Die Poolse parlementslid Dominik Tarczyński het vir groot konsternasie gesorg toe hy in ’n onderhoud op die Britse televisiekanaal Channel 4, gesê het dat Pole veilig is en geen terroristeaanval oor die afgelope paar jaar beleef het nie omdat sy land geen onwettige Moslemimmigrante en asielsoekers toegelaat het nie. Tarczyński is ’n lid van die regerende party in Pole. Hy was uitgesproke in die onderhoud dat sy land se inwoners van politici verwag om hul veiligheid te verseker en dat hy nie omgee as liberale leiers in Wes-Europese lande na hom en ander politieke leiers as populiste, nasionaliste of selfs rassiste verwys nie.

Intussen het die opmerkings van die Franse ambassadeur in Hongarye, Eric Fournier, uitgelek waarin hy in ’n brief aan die Franse regering en die leiers van die Europese Unie sy steun aan Hongarye en die Hongaarse leier, Viktor Orban, toesê. Fournier gaan in die brief sover om te sê dat die hele Europa Orban se voorbeeld oor immigrasiebeleid moet volg. Volgens hom het Orban reeds in 2015 die bedreiging wat massa-immigrasie en Angela Merkel se verwelkomende beleid vir Europa sou inhou, besef, toe hy betyds Hongarye se grense vir migrante gesluit het.

Ook die eerste minister van Bulgarye, Boyko Borissov, het oor die naweek homself ten gunste van die sluiting van die EU se grense vir alle onwettige immigrante en die deportasie van huidige, onwettige immigrante uitgespreek. Volgens Borissov moet onwettige immigrante as misdadigers beskou word en in tronke aangehou word.

Die immigrasiedebat in Europa neem juis nou, drie jaar nadat Angela Merkel vlugtelinge uit die Midde-Ooste en Afrika na Europa uitgenooi het, in felheid toe omdat Europese volke die slegte gevolge van die groot instroming uit Derde Wêreld-lande, ervaar. Westerse kulture en identiteit is onder geweldige druk. Die feit dat al meer politieke leiers verby die polities korrekte retoriek tree en bereid is om die werklikheid in die oë te kyk, behoort hoop te bied.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans is hoof van internasionale skakeling vir die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Wim ·

Wat kan ek sê, so beskerm die mense daar hul eie gebiede, en hier by ons dreig Koning Goodwill van KwaZulu-Natal om as tuisland af te stig

Wilhelm ·

Ons moet ook ‘n tuisland kry om ons identiteit en fisiese veiligheid te verseker.

Pietman ·

Goeie nuus maar wanneer skrik Wes-Europa wakker?? Wanneer begin Europa die indringers terug deporteer?

Rupert Ashford ·

Pietman, Wes-Europa sal weer deur iemand anders gered moet word soos 75 jaar gelede.

Theo ·

Daar sal n dag kom, al is dit oor 10 of 20 jaar wat die Duitsers, Franse en Italianers en selfs ander lande in Europa die wrang vrugte gaan pluk van al hierdie so genaamde vlugtelinge. Die Duiters gaan die swaarste getref word, Merkel het Duitsland uit gelewer aan n miljoen plus vlugtelinge. wonder hoe die mooie Duitsland dan gaan lyk.

John ·

… en hulle weet nie waar die lande van oorsprong is nie… die mense bly tjoepstil wat beteken dat terugpos nie haalbaar is nie selfs met ‘n duur posseel en ‘n pakkie Duitse koekies in die hand… want die mense wil Europa binne en niemand tuis soek die werkloses terug nie… Die’ mode gaan bly soos blou Levi’s by Nike’s. Antie Hitler het vir Duitsland ‘n lat gepluk waarmee die glo suiwer wit ras a la nazi sy eie wit boudjies self rooi gaan tik. Europa het haar flair verloor en Italie lyk reeds soos Nairobi of Jo’ies. In Israel bind onwettiges hulself met staalketting aan pilare vas om deportasie te keer. En keer hulle terug is SA darem altyd nog daar met alles so gratis en verniet…

piper ·

kyk hoe lyk die sokkerspanne by die fifa wereldbeker. veral ; belgium ; se span het min van hulle eie mense in die span. nie een moslem land bied hulp aan hulle eie mense nie en kyk net ander pad toe. europa se lande is in hulle glory in met al die mense

bgj van der westhuizen ·

wel pos hulle trug na hul eie land waar hulle van daan kom

LR ·

Ondetsteun die Oos Europese sentiment. Hulle kan mos mie net aanhou vlugtelinge inneem nie. Later is dié mense meer as die bevolking. Laat hulle na die omliggende Arabiese lande vlug waar die taal en kultuur omtrent dieselfde is.
Hoop ons kan dieselfde in SA doen. Die Zim mense hier is al meer as van ons eie minderhede.

humor ·

Hier moet ons nie so gerus wees nie. n Regering met soveel onkunde en n groot liefde vir hul afrikabure is heeltemal ontvanklik vir hierdie mense, want sien hulle het ook mos mensergte.

Pieter ·

Ons bly nou die afgelope 2 jaar hier in Krakow Pole.Loop laat in die aand in die strate rond. Ou mense klim vd trams af.Jy hoef nie oor jou skouer te loer nie. Mense se motorfietse en fietse staan buite sonder om dit te sluit. N fees om hier te bly.

marco polo ·

Pieter, jy beskryf maar net n normale land. SAners weet nie meer wat normaal is nie.

Wilhelm ·

Ek is ook die punt waar ek nie omgee om watookal genoem te word nie maar ek wil nie meer transformeer aka my identiteit en besittings prysgee in die naam van polities korrektheid nie.

Leopold Scholtz ·

Jaco, Merkel het darem nie die vlugtelinge “uitgenooi” nie. Sy het haar by die onvermydelike koms van ‘n vloedgolf mense wat almal onkant betrap het, neergel^e. Jy kan ook maar byvoeg dat sy self al ‘n paar keer laat blyk het sy vind ‘n herhaling van 2015 onaanvaarbaar, en het self die voortou geneem om dit te voorkom – maar dan binne die reg en in samewerking met die ander Europese lande. Lekker dag vir jou.

Robert ·

Leopold, sy het hulle uitgenooi. Sy het juis genoem dat haar idee gekom van die dae wat sy in Oos Duitsland gebly het en die mense swaar gekry het. Sy pluk nou maar die vrugte van haar eie swak besluite.

Rupert Ashford ·

Leopold, of sy hulle direk uitgenooi het of nie kan ons oor debatteer. Maar dat sy hulle met oop arms verwelkom het, en een van die hoof beskermers is van die EU Soros Open Borders lot is ‘n feit. En noudat die vrug van haar dade haar eie politieke toekoms begin vernietig, wil sy he die lande van Oos-Europa moet kulturele selfmoord pleeg om haar (en Duitsland) te red. Laat my weereens dink aan Chamberlain en Churchill. Daar moet altyd ‘n “rough around the edges” persoon kom om die liberale droom se stukkies op te tel (hoor ek iemand se Trump?) net om dan weer verguis te word vir wat hy gedoen het.

Merkur ·

Inderdaad het Merkel die hele Midde-Ooste, Noord- en Sentraal Afrika uitgenooi. Haar selfies met „refugees“ en die feit dat sy steeds geen werklik ernstige pogings aanwend om die Europese of Duitse grense te beskerm nie wys dat sy nog steeds uitnooi. Dit ís moontlik om ´n einde aan hierdie sirkus te maak as sy net wil. Dominik Tarczynski wys dat dit moontlik is. Merkel breek die reg al reeds vir drie jaar. Hoog aangesiene voormalige regters soos Udo di Fabio van die konstitusie (hoogste) hof sê dat Merkel reg gebreek het en nog steeds die reg breek.
Dan is Merkel nog vermetel genoeg om van die res van Europa soos bv Pole te verwag om vir haar partytjie te betaal deur immigrante te neem wat ´n lekker en gefinanseerde lewe soek. Drie jaar terug het sy slegs met die Oostenrykse Kanselier, Werner Faymann, afgespreek om die grense oop te gooi. (In die volgende jaar het Faymann van die Oostenrykse kanselierskap terug getree.)

Al hoe meer mense besef dat die „refugees welcome“ beweging meer aan die eie aansien geïnteresseerd is as aan die nood van vlugtelinge.
Moontlik is natuurlik ook dat Merkel probeer om nog soveel skade in Duitsland en Europa aan te rig solank dit vir haar nog moontlik is om Kanselier te bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.