Meerderheid Suid-Afrikaners wil nie konflik of rassespanning hê nie

pieter mulder

Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus.

Dr Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, se toespraak tydens die debat oor die toenemende rassespanning en konflik in Suid-Afrika veral by universiteite en die nadelige invloed daarvan op die land se ontwikkeling:

Wie is ʼn rassis en wie nie? In Suid-Afrika is daar tans ʼn ernstige debat oor rassisme. Ons in hierdie raad is die verkose leiers van die mense daarbuite. Ons moet leiding gee. Tot op datum was daar nog geen debat oor hierdie saak in die parlement nie. Daarom het ek hierdie debat aangevra.

Ons verskil oor baie sake, daarom sit ons hier in verskillende politieke partye. Vraag is: Verskil ons in ons veroordeling van rassisme?

Ek glo dat in debatte soos hierdie leiers die voorbeeld moet stel. Leiers van alle kante. Leiers bepaal die trant van sulke debatte in ʼn gemeenskap.

In die Sona-debat het ek gesê, ook as boodskap aan my ondersteuners: “Rassisme is ʼn baie ernstige saak wat onvoorwaardelik veroordeel moet word. Rassisme van wit mense of swart mense dra die kiem wat Suid-Afrika kan vernietig en so ook alle menseverhoudinge.

Daarna het ek verwys na aanleiding van die T-hemp by Ikeys met “Kill all whites” op. Ek het geglo die president sal die geleentheid gebruik om dit ook te veroordeel. My groot teleurstelling was dat hy nie daarop gereageer het nie.

Ek vergelyk nie graag presidente nie. Elke president se tyd en omstandighede is anders. Maar waar ek sedert 1994 in hierdie raad sit, is ek bereid om te sê dat presidente Mandela, Mbeki en Motlanthe dit sou veroordeel omdat hulle die emosionele konflik-potensiaal van so ʼn T-hemp verstaan.

Waar kom die studenteprotes vandaan?

Die afgelope dekade het die regering jaarliks minder geld aan universiteite gegee. Daarom het studie steeds duurder geword. Die #FeesMustFall-protesveldtog was ʼn reaksie hierop. Dit was ʼn breë protes oor taal- en kleurgrense heen.

Die huidige protes is anders. Die huidige protes is grootliks kunsmatig. Op elke kampus is daar ʼn klein klompie aktiviste – vier vyf wat op ʼn berekende wyse protes aan die gang probeer kry. Hulle word nie deur duisende studente ondersteun soos met #FeesMustFall nie, maar net ʼn paar honderd. Hierdie is ʼn kunsmatige poging van sekere politieke magte en die EFF om ʼn rewolusie-klimaat te skep.

Die kunsmatigheid is duidelik uit die feit dat daar op elke kampus na ʼn grief gesoek word. By Ikeys is dit koshuisinwoning; by Wes-Kaap kontrakwerkers; by die Universiteit van Pretoria Afrikaans. Toe daar by Mahikeng nie ʼn probleem met Afrikaans of wittes is nie, word die studenteraad die grief om geboue af te brand.

Minister Gordhan kan sy bes doen om buitelandse beleggingsvertroue te herstel, maar as foto’s van brandende universiteitsgeboue in die buiteland verskyn, trek dit ʼn streep deur sy pogings.

Artikel 17 van die grondwet lui: “Elkeen het die reg om vreedsaam en ongewapen te vergader, te betoog, ʼn betooglinie te vorm en petisies voor te lê.”

Maar daar is nie ʼn reg om dit met geweld te doen of om eiendom te vernietig nie.

Artikel 16 waarborg vryheid van uitdrukking maar stel dit dan dat hierdie reg nie omvat die “b) aanstigting van dreigende geweld nie, of c) die verkondiging van haat wat op ras, etnisiteit, geslagtelikheid of godsdiens gebaseer is en wat aanhitsing om leed te veroorsaak, uitmaak nie.”

Is dit nie presies wat ons die afgelope tyd gesien het nie? Is dit nie wat die “Kill all Whites”-T-hemp probeer doen nie?

Kampusrektore en die regering moet nie huiwer om teen hierdie studente op te tree as hulle protes na geweld oorgaan nie, as hulle eiendom beskadig of die regte van ander studente aantas nie. Dit is teen die grondwet en dis al manier om hierdie probleem op te los.

Ek het gesê leiers bepaal die trant van sulke debatte en het die ANC gekritiseer vir sy gebrek aan leierskap oor hierdie sake. Hierdie naweek het die agbare minister Blade Nzimande my verkeerd bewys. Volgens die Sunday Times het hy hierdie naweek gesê: “These anti-white sentiments from student could lead to racial conflict. The students’ approach was doing more harm than good to the struggle for non-racialism. ‘We want to build a non-racial society, we must confront racists and racism but we must be above them…’”

Vir een keer in my lewe stem ek saam met die agbare minister.

Die meerderheid studente wil studeer. Is dit billik dat ʼn klein klompie aktiviste verhoed dat hulle studeer soos nou by Soshanguve gebeur?

Die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR) het in ʼn meningspeiling oor ras bevind dat 85% van alle Suid-Afrikaners saamstem dat verskillende rassegroepe mekaar nodig het om ʼn sukses van Suid-Afrika te maak. Verder het 76% gesê rasseverhoudinge het verbeter of dieselfde gebly. Net 14% het gesê dit het versleg (die res het nie geweet nie).

Die meerderheid Suid-Afrikaners is goeie mense wat nie konflik of rassespanning wil hê nie. Stuur ons as leiers in hierdie raad ʼn eenparige standpunt na buite oor rassisme of verskil ons in ons veroordeling van rassisme?

My kleinseun Pieter is vandag presies ʼn week oud. Hy is 50 jaar oud in 2066. Hoe gaan Suid-Afrika dan lyk? ʼn Land van geweld, rassisme en ʼn burgeroorlog? Of ʼn land wat ʼn model vir die wêreld is oor hoe verskillende groepe kan saamwerk en elkeen ʼn plek in die son gun?

Wat ons vandag hier doen begin reeds daardie toekoms bepaal.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Pieter Mulder

Dr Pieter Mulder is ’n voormalige VF Plus-leier, voormalige parlementslid en professor.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

m ·

Goeie artikel. Daar sal ma altyd die elemente wees wat ma net nie kan vrede maak met die verlede nie en ma altyd dit as verskoning sal gebruik vir hulle barbaarse optredes. So jammer dat dit ons mooi land en ons verhoudinge met mekaar gaan vernietig. Wat gaan van ons kinders word wat in so wrede land moet grootword, maar dit gaan seker nie help om oor die toekoms te sit en wonder en bang te wees nie. Mens wat maar elke dag soos dit kom (dis nou as jy nie uitgemoor is die vorige nag nie)…

JC ·

Uitstekend. Uit die mond van ‘n ware leier. So ‘n leier moet mos ‘n staatsman wees, en nie die individu met wat ons nou sit nie!

annette duvenhage ·

Hulle sal nie ophou voor daar nie ‘n ware leier sonder kleur oogklappe in bewind kom nie. Die grootste sambok op hierdie oomblik is ons Afrikaanse taal om alle wittes te stenig. Tekortkoming van die Staat se power Leierskap en Self Rasiste om die massas se stemme te werf is die grootste sondebok. Daar is ‘n spreekwoord so oud soos die Bybel dat wat jy saai sal jy maai.

Marous ·

Mnr Mulder, dra u kennis van die gal brakende uitspraak van Mnr Ramaphosasa in die parlement gister teenoor die Afrkaner? Het enige van die leiers hul misnoee uitgespreek oor die wyse waarop die vlamme aangeblaas word om die Afrikaner totaal van opvoeding en kultuur en toekoms te ontneem? Daar is en was geen bedoeling om die Afrikaner deel te maak van die bou van hierdie land nie ! Inteendeel die Afrikaner is deur vreedsame onderhandeling afgetrek in gat van misrabelheid met die doel om te bespoeg en te blameer vir alles wat verkeerd gaan in die land, en dit gaan nie verander nie.

Maraka ·

Wat het Cyril als gese, kan iemand my se? Kry dit nie erens in n nuusberig nie

In my opinie, multikulturele kondisies lei altyd tot konflik. Daar was en sal altyd verskille wees tussen die rasse hier in S.A. Pieter Mulder moet dit verstaan. Daar is nie n toekoms vir die Afrikaner, of enige wit person in hierdie land nie, nie in die kort termyn nie, ook nie in 2066 nie.

As ons n toekoms wil he, sal ons dit moet vat. ophou kommer oor die naweek se rugby of braai en begin verenig, beplan en voorberei vir die bitter swaar tye vorentoe.

Loeis ·

VF+ is die enigste party in die parlement wat vir ons belange staan.

Hannes marais ·

Die vf+ maak so AF en toe bietjie geraas namens die Afrikaners..eks nie n Afrikaner nie ,eks n Boer..swart en wit saam as n reenboognasie sal nooit werk nie.dit het ook nog nooit..Pieter mulder en sy klompie volgelinge wil in so n kommunistiese staat bly solank daar tog net vrede is..ek hunker en Ander volksgenote hunker na vryheid waar ons onself kan regeer..maar om vryheid te kry gaan ons hard moet veg..ek hoop dit is naby

Bob ·

Swakste stukkie komentaar – nog ooit gelees!!! Sorry Rambo!!!

Fransie ·

Ja ouboet en jy het natuurlik die oorlog in Angola, Mosambiek en die squatter kampe meegemaak….? Het jy die verwoesting pyn en ellende gesien (aan albei kante)? Was jy daar toe kamerade en familie gesterf het. Jou soort is baie braaf maar dit is gewoonlik die ou mense, kinders en vroue wat die ergste en eerste ly. Gebruik tog asseblief jou Godgegewe brein en hou op jou haat te versprei. In enige oorlog is daar nie wenners nie, net oorlewendes. Bid eerder dat God ons van ons goddeloosheid sal verlos. Soos iemand gese het ” ou Rambo” Die harde werklikheid verskil van Hollywood… mense sterf aan alle kante!

Maraka ·

@ Bob en Fransie

Julle moet mooi lees wat Hannes se, daar is baie waarheid daarin. Haal nou maar die liberale oogklappies af en kyk vir julle self. Die oorlog is klaar aan die gang, baie stadig maar baie taktiekvol. Hy is reg as hy hoop dit is naby want dan kan meer van die liberale wittes wakker skrik en sien dat daar geen genade van die vyand af is nie. Julle kan nou maar Rambo se soveel julle wil, op die einde van die dag is daai peraoon darem meer gereed as julle

Maraka ·

@ Fransie

Vergeet om by te sit.Natuurlik sal n oorlog altyd elende en lyding bring, maar tot dusver bring die stadige oorlog nog net elende en lyding aan ons volk, so daai storie van “ons soek nie oorlog nie” gaan nie werk nie, hulle soek dit en sal tart en moor totdat dit gebeur of ons almal dood is. Die ANC en die EFF stook die vuur

Loeis ·

Hannes, ek beskou myself ook in die eerste plek as ‘n Boer, vir die rekord.

Wat jou kommentaar aanbetref, is daar een problem. Mens hoor nie veel in die media van dit wat VF+ (en ook FN) doen nie. Die groot Afrikaanse koerante hou daarvan om veral die DA se beul te blaas, maar wanneer VF+ iets regkry, word daar geskryf dat “opposisie partye” dit gedoen het. Of die aksie word net heeltemaal dood geswyg, en die party kry nie erkenning daarvoor nie. Dit dra by tot die persekpsie dat mense hul stemme mors deur vir kleiner partye te stem, wat natuurlik nonsense is.

Jy is 100% reg dat selfbeskikking op die ou end die enigste manier is om uit die spel te kom waarvan die reels so geskryf is dat ons nie kan wen nie.

Steeds student ·

Baie duidelik en pragtig gestel, Dr. Mulder!. As almal vrye reg tot beweging, assosiasie, godsdiens, taal, studie en ‘n eie kultuur het, waarom kan die studente wat wil studeer, nie toegelaat word om dit te doen nie?. Studiegelde en koshuisgelde is betaal as deel van die kontrak met ‘n unversiteit en die universiteit se deel van die kontrak moet tog wees dat die wat wil studeer, toegelaat moet word om dit in vrede te doen. Is dit nie moontlik om ‘n eis teen diegene wat verhinder dat ek kan studeer, in te stel nie?. Ek het vir iets betaal waarvan ek nie my volle deel kry nie!. Vir my kom dit neer op diefstal!

Leon ·

Ek is seker die grootste meerderheid van ons is nie rassiste nie en soek ook nie konfrontasie nie , maar ek kan nie dieselfde se van die ander ras nie. Dit wil voorkom of hulle uit hul pad sal gaan om ons uit te lok. Ek kry die arme studente jammer , hulle wil tog net studeer en is nie rasse ding word in hul keel afgedwing . Ek kry hulle bitter jammer dit kan nie aangenaam wees nie

Mielie ·

So veel respek vir die man, praat met waardigheid en integriteit. So mens kan Ernstig op geneem word en verdien kiesers se stemme. Hy bring geen taal of kultuur af nie. Noem die feite. Wel gedaan

Fanie ·

Ek dink ons moet aanvaar dat daar ‘n klein faksie swartes is wat die witmense (en veral die Afrikaner) géén leefruimte in Suid-Afrika gun nie. Dan is daar die verreweg grootste meerderheid swartes wat géén probleem het om sáám met die blankes (en met name die Afrikane) in Suid-Afrika te woon, werk, studeer en speel nie. Die ANC en EFF poog om polarisasie tussen wit en swart aan te blaas. Sodoende begin blanke Suid-Afrikaners (veral die beleërde Afrikaners) om alle swartes oor een kam te skeer. Dit speel so reg in die kraal van die Zuma-kamp en almal wat “Kill the Boer” sing. Ons mag dit nie toelaat nie. Die gesindheid van Jesus móét in ons hart en verstand die deurslag gee.

Marius van Niekerk ·

Amen Fanie. Ons roem ons as Suid Afrikaners dat on meerendeels Christene in ons land is. Kom ons leef dit dan uit. Swart en wit.

Nic Grobler ·

Di is ongelukkig nie net ‘n klein faksie swartes wat die Afrikaner wegwens nie, Fanie. Lees gerus elders op hierdie blad die slimmighede wat by ‘n byeenkoms oor Afrikaner identiteit by Wits kwytgeraak is. Mens kry die indruk dat die ‘wit’ anti-Afrikaner faksie sedert 1994 sterker gegroei het as vroeer. Hulle hou hulle veilig in akademia skuil.

Veritas ·

Die Afrikaner het sy verbond met God verbreek en nou wil ons weet waar die fout lê. God laat nie met Hom woer-woer speel nie en dit wat nou met die Afrikaner gebeur het ons oor onsself gebring. Daar is net een hoop vir ons as volk en dit is voor die hand liggend. Smeek om vergifnis en redding.

Veritas ·

Nee Jay, ek wil nie voorgee dat die Afrikaner, God se uitverkore volk is nie. Ek weet nie wat, in my skrywe, jou so laat dink nie. Dalk weet jy nie van die Gelofte wat Sarel Celliers, namens ons, aan God gemaak het nie. Dat die Trekkers en hul nageslagte, 16 Desember as ‘n Sondag sal huldig. Dit was as Hy hulle sou red uit die hand van die vyand, wat toe ook gebeur het. Wanneer laas het jy Geskiedenis, as vak, op skool gehad? Ek is self skuldig hieraan en ook baie ander sondes. ‘N Gelofte aan God is nie ‘n belofte aan ‘n mens , wat sommer net-so, sonder gevolge, gebreek kan word nie. Wat die ‘woer-woer’ aanbetref, dit is ‘n Afrikaanse spreekwoord, wat enige ware Afrikaner behoort te ken en ja , ek verseker jou dat Hy weet wat dit beteken. Dalk sien jy jouself nie as deel van die Gelofte nie maar dan stel ek voor dat jy die saak met Hom uitklaar.

Frik Lotz ·

Goeie toespraak deur dr. Mulder en dit wys die VF Plus is die enigste party wat werkbare oplossings het. Hul veg vir ons belange, ons taal, kultuur, erfenis en dra ons belange op die hart. Die VF Plus moet groter en sterker gemaak word. So, kom ons gaan stem in ons duisende VF Plus in die munisipale verkiesing. Dr. Mulder, doen so voort!

Trolle ·

Ek wou nie stem nie maar meskien moet ek tog vir julle stem lyk of daar baie waarheid in jou skrywe is.Die probleem is al is jy nie n rassis nie sal jy altyd een wees omdat jy wit is en daaraan kan jy niks doen nie so daar sal maar moet iets gebeur in die land en vir my part kan dit maar gebeur want ek sien nie kans om in so onsekerheid verder hier te bly nie.N mens het n begeerte om jou toekoms op te bou maar jy kan nie as jy nie seker is dit gaan nie eendag afgevat word nie.Mense moet weet swaarkry bring mense nader aan mekaar veral as almal bedreig word.

T. H. ·

Ai, Pieter…. Geluk met die kleinseun, maar ek hoop nie dis die trots van ‘n nuwe oupa wat jou dié sake so laat hanteer nie. Jou siening klink al te veel na die van ‘n politikus [wat jy natuurlik van huis uit is] wat noodgedwonge moet glo in wat in ‘n bepaalde situasie moontlik lyk en waaruit partyvoordeel [dis immers [dalk tog?] verkiesingsjaar gehaal kan word. Dink jy werklik’n multikulturele en veelrassige staatkundige eenheid in ‘n selfs demokratiese Suid-Afrika met ‘een lyf een stem’ kan slaag?

Indien jy daarvan oortuig is wag die Europees-georiënteerde deel van die bevolking [om nie van die Afrikanervolk te praat nie] in spanning en afwagting op jou grondplan [‘blue print’] om dit werklikheid te laat word. Maar wees verseker: Dit sal waarskynlik meer moet inhou as ‘n vraag soos: Wat nou S.A.? – Groete

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.