Die Afrikanerbond verwerp enige vorm van rassisme, hetsy deur woord of daad. Dit geld vir wit en swart rassisme, enige vorm van diskriminasie en haatspraak. Hierdie standpunt het ons al telkemale gehuldig en ons sal dit in geen vorm goedpraat of regverdig nie. Dit geld ook vir die uitsprake van Adam Catzavelos wat in Augustus 2018 in ʼn video gemaak is tydens sy vakansie in Griekeland en wat deur sosiale media versprei is. Dié uitsprake moet sonder enige voorbehoud verwerp word.
Wat egter verstommend is, is dat die Suid-Afrikaanse Mensregtekommissie geen konsekwentheid in sy optrede toon nie. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) gaan Catzavelos nou van haatspraak ingevolge die Gelykheidswet aangekla. Volgens mediaberigte het die SAMRK bevestig dat die feit dat Catzavelos die video in Griekeland gemaak het, nie ’n probleem is nie.
Die Afrikanerbond wil die Menseregtekommissie daaraan herinner dat hulle ná ʼn klagte wat ons in Augustus 2008 oor oudminister Essop Pahad en sy rassistiese opmerkings wat hy in Beijing, China teenoor wit mense gemaak het, die klagte van die hand gewys het. In ʼn skrywe gedateer 1 September 2008, sê die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie dan:
“We wish to advise that the functions of the South African Human Rights Commission are set out in section 184 of the Constitution. In particular, section 184(1)(c) provides the ‘South African Human Rights Commission must monitor and assess the observation of human rights in the republic.’ In the light of the foregoing, we note that the Minister has made such utterances while in Beijing. In this regard, the cause of action arose in Beijing and the South African Human Rights Commission has no jurisdiction in matters arising outside the republic.”
Niks het verander in die Grondwet wat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie nou skielik anders wil interpreteer en toepas nie. Die feit dat dit deur sosiale media geskied het, is nie anders as toe Pahad se opmerkings destyds in die Suid-Afrikaanse media gerapporteer is nie.
Ons het reeds by vorige geleenthede ons ernstige kommer uitgespreek oor die bedenklike aard van optrede en uitsprake van die Suid-Afrikaanse Mensregtekommissie. Die SAMRK se beslissings en openbare uitsprake is eenvoudig nie konsekwent en ewewigtig nie. Die SAMRK is ook baie selektief in optrede teen moontlike rassisme en haatspraak.
Suid-Afrikaners verloor toenemend vertroue in dié grondwetlike instelling om rassisme en haatspraak behoorlik te monitor en om kragdadig op te tree teen enige vergrype wat menseregte sou skend. Die SAMRK hou aan om ernstig teleur te stel in sy rol as voog en bewaarder van die Handves van Regte en die toepassing daarvan vir alle Suid-Afrikaners.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
22 Kommentare
Die MRK is n klug.
Nouja toe, wat se die Mense(on)regtekommissie daarvan? SA instansies het geen jurisdiksie oorsee nie. Ek hoop die man se regsverteenwoordiger hamer daarop.
Die skrif is teen die muur.
Die kleurskakering speel grotendeels ‘n rol.
Die MRK is net nog n piesang aan die boom vd piesang republiek van SA wat deur n klomp narre van die ANC sirkus regeer word. Gelukkig kan Adam hom nou op die president beroep wat die MRK self daar gestel het. Hoe sê hulle van iemand n lang genoeg tou gee ?