Met geweld – die mag van die vuis

Skermgreep uit die YouTube-video.

Hierdie week het die onwelkome terugkeer van liggaamlike geweldpleging ná die Nasionale Vergadering plaasgevind, met Nazier Paulsen (EFF-LP) en Andries Tlouamma (Agang-LP) wat albei tydelik uit die liggaam geskors is, nadat hulle gister tydens presidensiële vraetyd in ’n vuisgeveg betrokke geraak het.

Dit is ongelukkig nie die eerste keer dat ’n vuisgeveg tussen Suid-Afrikaanse parlementslede uitbreek nie. Die eerste keer was in September 1998 toe ’n LP van die ANC, Johnny de Lange, kort ná die verdaging van ’n debat vir dr. Manie Schoeman van die Nasionale Party toegetakel het. Vreemd genoeg het De Lange (wat uiteindelik adjunkminister van justisie sou word en tans getroud is met die adjunkminister van binnelandse sake, Fatima Chohan) en Schoeman later as partygenote in die Nasionale Vergadering gedien nadat Schoeman by die ANC aangesluit het.

Sedert 2014 en die koms van die EFF na die parlement kom liggaamlike geweld al meer voor. Dit het veral gevolg op EFF-parlementslede se onwilligheid om die raadsaal te verlaat wanneer die voorsittende beamptes hulle beveel om dit te doen. Daardie onwilligheid was die aanloop tot die aanstel van die sogenaamde withemde – uitsmyters oor wie se rol en arbeidsregtelike indiensnemingsproses vele vrae gevra word – deur die parlement.

Die verskil tussen hierdie week se geweld en die geweld sedert 2014 is dat die geweld in die verlede tussen die ANC-bestuurde owerhede en die lede van die opposisieplaasgevind het, met die laagtepunt die keer toe die withemde die 63-jarige EFF-LP mev. Reneilwe Mashabela se kakebeen gebreek het. Hierdie week was die geweld tussen opposisielede onderling.

Sulke gebeure opper die vraag of ons wetgewers en volksverteenwoordigers die waardes van ons samelewing – en onsself – reflekteer. Eenvoudig gestel: Wanneer is liggaamlike geweld en vuisslanery ’n aanvaarbare manier om meningsverskille te besleg?

Vir baie Suid-Afrikaners bly die mag van die vuis ’n aanvaarbare oplossing. Mens sien dit selfs in die vermaakwaarde wat so ’n parlementêre vuisgeveg vir baie Suid-Afrikaners inhou. Heimlik geniet hulle dit.

Dit is dalk nodig dat diesulkes selfondersoek doen. Hoeveel van die geweldsmisdaad en -kultuur in ons land (insluitend huishoudelike en ander geslagsgeweld) is te wyte daaraan dat ons nie van kleins af geleer word dat geweld ’n onaanvaarbare manier is om geskille te besleg nie?

Wat dit beteken, is dat die ou waarheid steeds steek hou: As jy ’n vinger wys na ’n ander, wys drie vingers altyd terug na jou. Laat elkeen wat die vinger wys na ’n ander oor gewelddadige gedrag, hom/haarself afvra: Wat doen ek persoonlik om geweld as oplossing pro-aktief te verwerp?

Suid-Afrika en die wêreld kan net ’n beter plek wees as ons kies om ons verskille op ’n beskaafde en vreedsame wyse te besleg. Maar niks gaan gebeur as ons altyd wag vir die ander een om die eerste skuif te maak nie.

Die beste begin is in ons huise en in ons handel en wandel; om voor ons eie deur te vee in belang van ons gemeenskap, maar ook uiteindelik in belang van ons eie verbeterde sieleheil.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

John ·

… wel, eintlik was daar al erger tonele… die aanval op Verwoerd bv. Dalk net moet die agbare lede goed deurgesoek word… selfs vir ketties… mens weet nooit… en het drag en gedrag tog iets in gemeen en speel kleure ook ‘n rol of is dit bedrieglik? Ultravioletstrale kan bv ook ingespan word om verborge woede te identifiseer. Almal kan natuurlik in boeie geslaan word vir erge sittings… aan beide arms en bene en bokserhelms verpligtend gemaak word vir kopstammery. Kalmeermiddels voor elke sitting kan ook per lepel doseer word met kasterolie vir diegene wat teestribbel.,. Is die kleedkamers naby gelee?

Genieve ·

As grootmense hulle nie kan gedra nie wat verwag julle van die kinders??????

Geweeg en te lig bevind ·

Daar is in enige geweldadige optrede altyd ‘n kwaadstoker. Gaan kyk maar self wie dit in die geval was met sy verkleinerende, minagtende opmerkings teenoor DA Steenhuisen, waarna die die EFF toe ook op die wa spring. ‘n Ware leier sou onmiddelik self die EFF tereg gewys het oor hul ongevraagde opmerking dat wittes nie in die parlement mag praat nie en die situasie probeer ontlont. Gevaarlike man, baie baie gevaarlik.

Carl ·

Ons beweeg al nader aan `n volskaalse militante veldtog deur die EFF. Witmense gaan baie binnekort twee keuses in die gesig staar: emigrasie of geweld. Met Malema wat sulke goed in die Parlement kwyt raak en openlik haat verkondig – ongeag hoe hy dit inkleur – sien ek geen toekoms vir `n witmens in die land nie. Onthou: dit is die radikale minderheid wat die massas doodmaak. As jy dink die EFF verteenwoordig net 7% van die SA bevolking is jy reg maar hulle is radikaal.

Ek dog ek sê maar net... ·

Ek wonder hoe dit voel om sooooo eenvoudig te wees? Respek vir niks en niemand. Ek is seker na jare se nuttelose gevegte haal jou onbekwaamheid jou tog in?

Johann ·

Aanspreekvorm in parlement behoort verander te word. Niks “agbaar” in daardie lot nie!!

Jerry ·

Loop ten alle tye weg van geweld as jy kan om jou beskaafdheid te behou. Wanneer jy egter geweld wat op jou afgedwing word nie kan systap soos n Danie Gerber van ouds sy opponente in rugby kon systap, dan moet jy sorg dat jy in n sterker posisie is as die geweldenaars en bereid wees om tien keer erger geweldadig op te tree om die geweld se gees te breek en te vernietig. Indien jy dit nie doen nie sal die wat geweld op jou afdwing jou gees knak en jou vernietig. Dit was die verloop van Afrika se geskiedenis van geweld, dit het die beskaafdheid van kolonialisme getroef, geknak en vernietig. Die geskiedenis van Afrika sal hom herhaal in SA wanneer die dag kom dat geweld op ons afgedwing word waarvan ons nie sal kan wegstap nie en wanneer ons nie bereid is om die geweld trompop te konfronteer met groter en dodeliker geweld. Dit is wanneer daardie dag aanbreek wat die gesegde “evil can only truimph, when good men do nothing” werklik betekenis sal kry!

marco polo ·

Ek stem saam, Jerry. Daar gaan n dag kom wanneer ons sal moet terugslaan sonder huiwering, met ten minste dieselfde mate van geweld. Die vraag is net, het daardie dag nie al aangebreek nie?

humor ·

John jou raad kan nogal werk. Die kasterolie sal meebring dat daar baie bespaar kan word. Dan is die speaker met die reuse salaris mos nie meer nodig nie. Die kasterolie doen die werk self dat persone met spoet die vergadering moet verlaat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.