Migrasie – ʼn wêreldwye verskynsel met diepsnydende implikasies

ʼn Kunsinstallasie wat migrante uitbeeld, is verlede jaar by die ingang van die VN-migrasiekonferensie in Marrakesh, Marokko, geplaas. (Foto: Mosa’ab Elshamy, AP)

Deur Prof. Theo Neethling

Die verskynsel van transnasionale migrasie bly maar ʼn politieke turksvy wat groot uitdagings aan politici in suksesvolle ekonomieë stel en waaroor daar dikwels ernstige politieke verskille bestaan. Dit gaan in 2019 die internasionale politiek opnuut in talle opsigte raak en selfs konflik veroorsaak.

In die VSA was verskille oor migrasie juis die faktor wat pres. Donald Trump daartoe gebring het om die federale regering tot stilstand te bring. Dit volg natuurlik op sy onlangse verwysings na ʼn “inval” uit Honduras via Meksiko toe duisende mense uit Honduras deur Meksiko beweeg het na die VSA as eindbestemming. Die migrante uit Honduras probeer ontsnap van ʼn bestaan waar misdaad, armoede, werkloosheid en korrupsie hoogty vier en almal hoop op ʼn beter toekoms in die VSA.

Voordat daar verder gegaan word, moet die konsep van vlugtelinge net kortliks hier ingebring word. Migrante (immigrante en emigrante) word grootliks gemotiveer deur beter werkgeleenthede en opvoeding in ʼn ander land, of selfs aansluiting by familie, en hulle kan enige tyd na hul land van herkoms terugkeer. Vlugtelinge wat migreer word dikwels deur dieselfde dryfkragte gemotiveer, maar vlug van gewapende konflik, vervolging en moontlike lewensverlies. ʼn Goeie voorbeeld is die talle vlugtelinge wat van die konflikgeteisterde Sirië na Europese lande beweeg het.

In die globale konteks is die verskynsel van migrasie ʼn geruime tyd reeds van groot belang. Die Amerikaanse regering het etlike jare gelede reeds in sy Global Trends 2030 migrasie uitgelig as een van die sogenaamde tektoniese verskuiwings wat die dinamika van die internasionale gemeenskap onderlê. Miljoene mense migreer jaarliks en in talle gevalle is dit wettig, maar miljoene mense migreer ook onwettig, of word aangedryf deur konflikte en lewensverlies.

Wat in die afgelope dekades egter ook opgeval het, is dat migrasie na veral Westerse lande saamval met verouderende bevolkings en arbeidsmagte. Omdat die betrokke lande slegs hul ekonomiese groeikoerse kan handhaaf met ʼn invloei van kundige jeugdiges of werkers vanuit ander lande, word daar bestuurde, omvangryke migrasieprosesse in regeringsverband bedryf. Dit het veral betrekking op Wes-Europa, die VSA, asook ʼn land soos Australië of Kanada. In Europa is Duitsland veral ʼn goeie voorbeeld van ʼn land waar migrante verwelkom is. Die migrasie wat hier ter sprake is, word deur wettige prosesse gereguleer, ofskoon heelwat onwettige migrante ook in die genoemde lande probeer vestig. Die gevolg is dat die demografie van etlike Westerse lande tans fundamenteel anders begin lyk as ʼn paar dekades gelede en steeds gaan verander.

Suid-Afrikaners wat in Australië of Nieu Seeland besoek afgelê het, sal ook weet dat Oosterlinge ʼn merkbare teenwoordigheid in veral die stede het. Hulle is sterk gevestig in die kleinhandel en behartig dikwels bediening in kosplekke en restaurante. Die punt wat hier ter sprake is, is doodgewoon dat oorgrensverskuiwings ʼn hedendaagse, wêreldwye verskynsel is. Suid-Afrika maak ook deel uit van die groter prentjie van internasionale migrasie en hervestiging. Ons sien dit in ʼn mikroverband in Suid-Afrika, byvoorbeeld waar mense uit die Oos-Kaap na die Wes-Kaap met sy suksesvolle ekonomie migreer.

Tog is migrasie na Suid-Afrika ook ʼn klein bietjie anders as in die Westerse wêreld waar verouderende bevolkings ʼn groot faktor is. In die Suid-Afrikaanse konteks het ons in die afgelope twee dekades gesien hoe etlike miljoene mense ten noorde van ons land hulle hier kom vestig het en die redes hou regstreeks verband met gebrekkige ekonomiese groei. Burgers uit veral Zimbabwe en Mosambiek het hulle in groot getalle hier kom vestig omdat die ekonomieë in daardie lande eenvoudig agteruitgegaan het en mense basies gedwing was om ʼn ander heenkome te soek. Dit het Aaron Motsoaledi, die minister van gesondheid, onlangs tot ʼn uitspraak gebring dat migrante tans groot druk op ons openbare gesondheidstelsel plaas.

In Europa is die kwessie van migrasie uit veral Afrikastate en Sirië ʼn politieke knelpunt. Dit wissel van vlugtelinge tot wettige migrante en die beweegredes wissel van geval tot geval. Statistieke dui daarop dat 21,6 miljoen mense van buite die EU in Januarie 2017 in EU-state gevestig was. Daarby het 400 000 migrante uit Afrika suid van die Sahara na beraming tussen 2010 en 2016 na die VSA beweeg – meesal om te ontkom aan konflikte in hul lande van herkoms. Tog het heelwat migrante uit veral Senegal, Etiopië, Ghana en Nigerië ook na die VSA beweeg wat daarop dui dat opgeleide Afrikane in relatief stabiele Afrikastate dikwels gemotiveer word om te migreer met gunstiger geleenthede en omstandighede in gedagte.

Soos in die VSA, het die migrasiekwessie reeds tot ernstige politieke verskille in Europa gelei. In Europa het die Mediterreense lande, waaronder spesifiek Spanje, Griekeland en Italië, swaar gedra aan die ekonomiese las van migrante, omdat hul ligging ten opsigte van Afrika veroorsaak het dat baie Afrikane, asook vlugtelinge via Turkye, Europa daar binnegegaan het. Die politieke verskille in Europa het duidelik gesentreer rondom die relatief arm Europese “frontliniestate” wat die grootste las moet dra, teenoor die ryker noordelike “teikenstate” wat in ʼn beter posisie was om keuses te maak oor innames van migrante en vlugtelinge. Duitsland het byvoorbeeld in die afgelope jare ongeveer 10 miljoen migrante onder kanselier Angela Merkel se regering uit veral Oos-Europa, asook Afrika en die Midde-Ooste geakkommodeer. Dit het weer die opkoms van anti-immigrasiebewegings in Duitsland asook lande soos Oostenryk aangewakker. Intussen het die sentraal en oostelike Europese state, waaronder Hongarye en Pole, ʼn sterk afwysende houding ingeneem teenoor die akkommodering van migrante vanuit veral die Midde-Ooste en Afrika.

Voorts is daar ʼn ander interessante aspek rondom migrasie wat ook aandag verdien. Dit het te make met die toenemende Chinese betrokkenheid in Afrikastate. Dit is algemeen bekend dat Chinese in etlike Afrikastate teenwoordig is en dit groei soos die Chinese voetspoor in Afrika uitbrei. Afrika kry dus ook ʼn aantal migrante.

Laastens moet daar nog een saak oor Afrika duidelik gemaak word. Die meerderheid vlugtelinge mik nie vir Europa of die VSA nie. Hulle migreer van een Afrikastaat na ʼn ander. ʼn Goeie voorbeeld is die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK). Duisende mense het vroeg in 2018 uit die DRK na Uganda gevlug en later was daar weer duisende wat na Angola gevlug het. Dit lei uiteraard tot verdere politieke en sosiale onstabiliteit en daarom gaan die Afrika-unie sy 2019-fokus plaas op die tema: Vlugtelinge, Terugkerendes en Interne Ontworteldes: die soeke na volhoubare oplossings vir gedwonge verplasings.

Dit is gewoonlik baie moeilik om migrasiepatrone te stuit. Die VSA het lank en hard probeer om die vloei van mense uit sentraal- en Suid-Amerika te stuit of te beheer. Eweso beïnvloed migrasie die politiek van Suid-Afrika met binnelandse migrasie en van buite die grense van ons land. Die enigste maatreël om dit effektief teen te werk, is die bevordering of skepping van stabiele regerings en volhoubare ontwikkeling vir die bevolkings in daardie state of streke van waar migrante beweeg.

Ten slotte moet ons ernstig kennis neem van die belangrikheid van migrasie as ʼn faktor wat die internasionale en plaaslike politiek beïnvloed en as ʼn saak wat toenemende eise aan politieke rolspelers stel. Daar kan geen twyfel wees dat dit in 2019 en die komende jare ʼn belangrike faktor in die politiek van Suid-Afrika, Afrika en die internasionale gemeenskap gaan wees nie.

  • Prof. Theo Neethling is hoof van die Departement Politieke Studie en Regeerkunde aan die Universiteit van die Vrystaat

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

John ·

Die gras is altyd groener anderkant van die heining. Dis ‘n ope vraag of dit wat ons demokrasie noem, regtig werk en toegepas word. Die meeste migrante voer aan dat hul lande swak regerings het, maar die volk stem/forseer hulle nie uit nie. Dit wil egter voorkom of die glo paradys wat elders le, eerder die wortel voor in die pad is; om ryk te gaan word en dan geld huis toe te stuur of om ‘eendag’ skatryk terug te keer. Lojaliteit vir die nuwe land is zero… eie gewin dus, al is dit dmv misdadige aksies… Afrokane en Indiers oa maak vir jare geld bymekaar vir ‘n ‘ticket’ na die ‘ware’ lewe/regte… elders… Plaaslike probleme is van minder belang… elders is no 1.

Gert ·

Die argument wat altyd aangevoer word ten gunste van migrante, is dat hulle kundigheid bring en as belastingbetalers die ouer inheemse bevolking se staatsgesteunde dienste kan help betaal. Hierdie is ‘n absolute onwaar argument. Loshande die meeste van die “ekonomiese migrante” en vlugtelinge het geen bruikbare kundigheid of kwalifikasies nie, en meeste eindig op as ‘n las op die land se welsynstelsel, dus verswak hulle die land se ekonomiese posisie, nie verbeter soos die argument probeer voorgee nie. Soos John hierbo ook noem, eintlik behoort hierdie mense saam te werk in hulle eie land om wat ook al fout is daar reg te stel, maar hulle verkies om eerder self die probleem te word in ‘n ander land.
Daarom ondersteun ek Trump 100% met sy muur, die enigste oplossing is om “ekonomiese migrante” heeltemal te stop, en slegs te werk deur wettige immigrasie, waar jy aansoekers keur volgens skaars vaardighede.

Ben Opperman ·

Daar moet ‘n duidelike onderskeid getref word tussen bonafide migante en vlugtelingmigrante. Daar is orde en wanorde. Een voordelig en die ander nadelig. Die lys is lank…..

Jerry ·

Migrasie vir die huidige Afrikaner gaan beslis nie oor groener weivelde nie. Dit gaan oor werk en leef in n wetsgehoorsame en veilige omgewing, iets wat hulle doodeenvoudig nie meer beskore is in SA nie. Dit gaan daaroor dat hulle besef dat daar n totale aanslag is van diskriminasie teen die Afrikaner en uitsluiting op alle vlakke van die samelewing en dat hulle nie meer welkom is in hulle eie geboorteland nie, dit gaan daaroor dat die Afrikaner weer enige tyd kan terugkeer sodra die revolusioneres uiteindelik klaar geplunder het en mekaar uitgesorteer het. Dit gaan oor oorlewing, dit gaan oor migrasie Afrikaners wat voedsel, skoon water, medikasie ens gaan uitvoer na SA en sodoende lekkerder gaan eet aan die ekonomiese koek wat hulle mede Suid Afrikaners hulle van ontse en ontneem het. Uiteindelik gaan dit oor baie meer as dit “to survive, to fight another day”!

Jean van der Riet ·

Ja Jerry , net so .

Ek en my vrou en kind werk en bly op Saint Helena , ek werk vir Search and Rescue en my vrou n polisie konstable ( PC ) . My dogtertjie van 10 speel saam met maats in die dorp Jamestown se swembad na skool , loop alleen biblioteek toe , gaan koop op die dorp roomys en gaan kyk saam met maats na al die passasier bote wat die eiland besoek .

Ons bekommer ons nie soos in SA nie , ons deure staan oop , my motorfiets staan voor n winkel met sy sleutels in en die valhelm oor die handlebars , ons huis staan PERMANENT oop en ek bedoel met oop deure en ons geniet ons Christen kerke hier ook .

Ek is lief vir SA maar dinge is moeilik daar . Ons het te veel keer in die loop van n wapen gekyk en te veel keer het die eensysdige , stelselmatige verkragtig van die ekonomie en politiek ons laat ” hardloop ” .

Ons is lief vir SA , ons mis ons geboorte land , mis my Afrikaans maar ons kyk na n groter prentjie . En nee , die gras is nie groener die kant nie , voesdsel is duur , behuising is duur maar ons geniet elke oomblik .

Ek laat die leiers met een vraag , ons is 25 jaar verby ” Apartheid ” . hoe lank moet ons nog ” Betaal ” ?

Therese van Schalkwyk ·

Wanneer duisende mense poog om ‘n land se soewereine grens oor te steek, sonder die nodige dokumentasie en met herhaalde waarskuwings om dit nié te probeer nie, word dit ‘n inval genoem. ‘n Inval is die oorskryding van ‘n landsgrens. (HAT)
Waarom die skrywer aanhalingstekens gebruik , is dus nie duidelik nie?

Ronnie ·

Dit kan nie van vroue en kinders wat vir hulle lewe vlug gesê word dat hulle ‘n land inval nie. Hulle is nie in ‘n posisie om in bv Honduras, aansoek te doen vir ‘n visum of ‘n werkspermit of vir vlugteling status nie. Die normale, wettige prosedure is om by die grenspos aan te meld en daar aansoek te doen. Vir hierdie redes is “inval” in aanhalingstekens.
Wat onwettig is en onmenslik, is om babas, kleuters en jong kinders van hulle ouers weg te neem en dan die ouers te deporteer en tred te verloor met waar die kinders beland. Meeste betrokkenes, Amerikaners ingesluit, ervaar die situasie as uiters traumaties.
Maar volg eerder Shep Smith van Fox News faam, hy verduidelik onder andere die situasie baie goed op sy kalm, “matter-of-fact” manier.

Henry ·

Ja en so is die meerderheid van hierdie droewe land se huidige inwoners, immigrante en nasate van immigrante. Van watter kleur ookal.

Nico K ·

Die saak is nie so eenvoudig nie. In die artikel en die opvolgende kommentare word slegs verwys na wettige en onwettige immigrasie. Wettige immigrante is gewoonlik ‘n aanwins vir ‘n land. Onwettige immigrante uit die aard van die saak nie. Maar nou moet ons ‘n onderskeid tref tussen onwettige immigrante wat bloot hulself hier wil verryk, en onwettige immigrante wat vlug weens oorlog en soortgelyke bedreigings. Hulle vlug nie vir ‘n beter lewe nie. Hulle vlug bloot om te kan leef. En daarom het die VN aanbeveel dat al hul lidlande vlugtelinge akkomodeer. (Natuurlik net totdat die situasie in hul land verbeter.) En SA (en Duitsland waar Merkel so vreeslik gekritiseer word) het daardie verdrag onderteken dat hulle nie sulke vlugtelinge sal deporteer nie. Dit is dus nie so maklik om net vir Merkel te kritiseer nie. Sy doen bloot wat moreel van haardeur die VN verwag word.

Gert ·

Na my mening het die VN ‘n ander ongenoemde agenda, naamlik globalisering en die vervaag van nasionale identiteite. Ek herhaal weer: Meeste vlugtelinge sou beter kon doen deur in hulle eie land die probleme te help uitsorteer, eerder as om ‘n las te raak vir ‘n soewereine land, en terselfdertyd misdaad en armoede saam te bring.
Daar is wel ‘n saak uit te maak vir minderhede wat onderdruk word, hulle behoort gehelp te word, maar meeste “vlugtelinge” is deel van hulle eie land se meerderheidsbevolking.

Frans C ·

Kom ek probeer weer.As dit op een forum aanvaarbaar is, behoort Maroela dit nie af te skiet nie.
Het Amerika ‘n probleem met onwettige immigrante? Op https://www.statista.com/topics/3454/illegal-immigration-in-the-united-states/ verskyn daar statistieke. Daarvolgens was daar 10.7 miljoen onwettige immigrante in die VSA in 2016 en is 41 456 kinders sonder begeleiding deur grenswagte aangekeer in 2017.
Indien die statistieke betroubaar is, het 153 miljoen onwettige immigrante sedert 1990 to 2016 die land binnegestroom. Die hoogtepunt was in 2007 tot 12,2 miljoen onwettige immigrante Amerika ingestroom het terwyl George W. Bush president was.
Dit is meer as 2.8 meer as Suid Afrika se totale bevolking. Dit moet ‘n bron van kommer vir enige regering wees en is mi ‘n aanduiding van hoe beroerd dit gaan in die lande van hul herkoms. Dit is geen wonder dat die Trump-administrasie probeer om die stroom te stop, want indien almal gewettig word gaan dit verreikende gevolge op alle gebiede vir die gevestigde bevolking van Amerika inhou.
Die oplossing vir die probleem lê dus mi in die hande van diegene aan bewind in die lande waarvan die immigrante afkomstig is. Of is die maar al te bly om op die manier hul probleme op te los deur mense weens hul beleid te dwing om onwettig die VSA binne te gaan?

Ronnie ·

Dit kan nie van vroue en kinders wat vir hulle lewe vlug gesê word dat hulle ‘n land inval nie. Hulle is nie in ‘n posisie om in bv Honduras, aansoek te doen vir ‘n visum of ‘n werkspermit of vir vlugteling status nie. Die normale, wettige prosedure is om by die grenspos aan te meld en daar aansoek te doen. Vir hierdie redes is “inval” in aanhalingstekens.
Wat onwettig is en onmenslik, is om babas, kleuters en jong kinders van hulle ouers weg te neem en dan die ouers te deporteer en tred te verloor met waar die kinders beland. Meeste betrokkenes, Amerikaners ingesluit, ervaar die situasie as uiters traumaties.
Maar volg eerder Shep Smith van Fox News faam, hy verduidelik onder andere die situasie baie goed op sy kalm, “matter-of-fact” manier.

Pop ·

My deksel is, is dat die migrante na ander lande gaan en dan daar alles op n skinkbord wil he, hulle pleeg misdade ens. Daars geen dankbaarheid hoegenaamd te bespeur nie. Ek steun ook n Trump oplossing van n muur

JAN ·

SA se bevolking was nog altyd erg nomadies. Verhuis elke 5 jaar binnelands.
Trekarbeid is die mynbou se grondslag. Hmm? Geweldig winsgewend.
Die Groot Trek was baie informeel selfs “onwettig “. Gerat met mynbou trek arbeid.
Franse Hugenote was geweldig groot en konstruktief wynbou.
Trek arbeid was se groot soos slawerny. Dasr was net soveel Ierse Roomse slawe as Swartes! Na die Weste gestuur. Sg Curse of Cromwell . Hmmm?

JAN ·

Wat is die EENiGSTE ander opsie behalwe vanmelewe se primitieee en afskuwelike mure?
Wat us die toekomstige post moderne oplossing?
Politieke bestuur natuurlik.
Stoute afstootlike grillerige tuislamd ontwikkelling. Hmm?
Waarom word ENIGSTE sulsesvolle beleid nie deur die oposisie vd ANC se rampspoedige reënboog Pik paradys bemark nie? Burgeroorlog uit die graf hmm?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.