Misdaadkrisis is die regering se krisis

Argieffoto: Kent Williamson

Die grootste misdaad in die land, is die regering se onvermoë om sy hooftaak uit te voer, naamlik om die land se burgers veilig te hou. Dis krimineel. Die misdaadkrisis is in werklikheid ’n regeringskrisis, wat begin by die krisis in die polisie.

“Suid-Afrikaners leef in ’n oorlogsone”. Hierdie skokkende woorde kom van die minister van die Suid-Afrikaans Polisiediens (SAPD) met die bekendmaking van die jongste misdaadstatistieke. Dit som die krisis treffend op, maar bied nie ’n oplossing nie. Misdaad het nie per ongeluk buite beheer geraak nie. Die hoofrede is die jare lange verswakking van die polisiemag deur die regering se transformasiebeleid en politieke aanstellings in die topbestuur. Dit het veroorsaak dat die SAPD net nie meer ’n groot genoeg afskrikking vir misdadigers inhou nie. Wetsgehoorsame burgers bly opgesluit in tronke van heinings, tralies en mure, terwyl misdadigers vry buite rondloop en moor, steel en plunder.

Die hoofoorsaak van die misdaadkrisis lê in ons land se polisiemag.

Natuurlik sal baie ander redes vir die kriminele beleg waaronder wetsgehoorsame burgers gebuk gaan, aangevoer word, maar die hoofoorsaak is ’n swak polisiediens. Dít het gebeure in baie veiliger lande al lankal uitgewys.

Kanadese polisiestaking

’n Staking van die polisie en brandweer in 1969 in Montreal, Kanada, is ná dekades steeds die beste voorbeeld van hoe ’n wêreld sonder ’n sterk polisiemag sal lyk. Hierdie (gewoonlik) rustige stad het op 7 Oktober 1969 in ’n  nag van terreur ontplof. Die regstreekse oorsaak van hierdie uitbarsting, was ’n staking oor verskeie griewe wat oor ’n lang tyd opgebou het by die stad se polisie- en brandweerdiens. Die stadsvaders het die komende staking nie ernstig opgeneem nie. Daar kon tog eintlik niks in die slaperige Montreal van 1969 gebeur nie, het hulle gereken.

Die teendeel is bewys en die stad het soos ʼn oorlogsone gelyk. Toe 16 uur van chaos en wanorde uiteindelik deur die weermag, bygestaan deur die provinsiale polisie en ’n parlementêre noodsitting van Quebec beëindig is, het die rook letterlik oor die stad gehang. Altesaam 10 banke is beroof, meer as 100 winkels is geplunder, vure het op 12 verskillende plekke gebrand… Miljoene dollars se skade is aangerig, en sowat 40 vragte glas was nodig om winkelvensters te herstel. Slegs twee mense is gedood – wat as ’n groot genade gesien is – maar die skade was reeds gedoen.

Logika van geweld

Hierdie gebeure word dekades later steeds bestudeer om lesse uit die verband tussen misdaad en wetstoepassing te leer. Die belangrikste les hieroor is treffend opgesom deur Lord William Rees-Mogg, voormalige redakteur van die Londense Sunday Times. Hy het gesê die “logika van geweld is dat geweld net in toom gehou kan word deur die vrees vir groter geweld”.

Daardeur het hy bedoel dat misdadigers net afgeskrik sal word as hulle weet dat die polisie groter geweld teen hulle sal gebruik, as wat hulle veroorsaak. Dit kom daarop neer dat misdadigers dus nie die publiek sal aanval nie omdat hulle weet hulle sal, indien nodig, met (groter) geweld gekeer, gevang en toegesluit sal word. Dís die mentaliteit van misdadigers.

Wêreldwye probleem

Dis ook nie net ’n Suid-Afrikaanse verskynsel nie. Die Israelse veiligheidskenner, Martin van Creveld, sien dit as ’n globale probleem en stel dit soos volg: “Namate misdaad toeneem en die vermoë van state en regstelsels om hul burgers te beskerm afneem, bestaan die gevaar dat misdaad in ’n lae intensiteit konflik ontwikkel, volgens rasse-, godsdienstige-, sosiale en politieke grense. Staatsveiligheidsdienste sal waarskynlik gaandeweg vervang word deur groeiende privaat sekerheidsdienste en selfs stedelike gemeenskapsgroepe wat beter in staat en toegerus sal wees om die bevolking te beveilig”.

Misdaad en terreur

Van Creveld waarsku ook dat die bestaande grense tussen misdaad en terreur (oorlog) begin vervaag en selfs kan verdwyn, iets wat reeds in lande soos Libanon, Peru, Sri Lanka, en Colombia gebeur het. Volgens hom kan geweld net afgeskrik word deur ʼn oorweldigende mag.

Robert Kaplan waarsku in sy boek The Coming Anarchy, oor die wêreldwye toename in geweldsmisdaad, en sê dat namate “staatsmag kwyn en daarmee saam die staat se vermoë om kwesbare groepe te beskerm, afneem, bevolkings en kultuurgroepe wêreldwyd al meer op hulself aangewese gaan wees. Persoonlike veiligheid gaan vir mense veel belangriker as politieke vraagstukke word”. Dit ís nou maar so, in die woorde van die Britse veiligheidskenner John Keegan, dat die “vloei van konflik” van die armes na die rykes is.

Daarom het gemeenskappe die reg én die plig om hulself op enige wettige manier te beskerm, volgens ons Grondwet en die Internasionale Reg. Burgerlike betrokkenheid by gemeenskapsveiligheid kom algemeen voor in die VSA, Indië, Brittanje en Nieu-Seeland.

Goue driehoek

Die goue driehoek van ’n veilige samelewing, is orals ter wêreld ’n sterk polisiemag, doeltreffende privaat sekerheidsmaatskappye, en ’n burgery wat betrokke is in strukture soos goed georganiseerde buurtwagte. Indien een van hierdie bene nie goed werk nie, vergroot dit die las op die ander bene. Gelukkig is Suid-Afrikaners histories nog altyd betrokke in die beskerming van ons eie gemeenskappe. Wettige, werkende, opgeleide en toegeruste buurtwagte wat in vennootskap met die polisie en privaat skerheidsmaatskappye werk, is die beste afskrikking teen die misdaadvlaag wat die land teister.

Die Nederlandse denker Bob Goudzwaard, het dekades gelede al gesê dat die Afrikaner se geskiedenis ’n stryd om oorlewing was, en nie oorheersing nie. Daarom is burgerlike betrokkenheid in veiligheid niks nuuts nie, omdat Afrikaners nog altyd hulself beskerm het. Die voortslepende verswakking van die staat se vermoë om sy burgers veilig te hou, maak dit noodsaaklik dat die gemeenskap nou weer saamstaan om hulself te beskerm.

Verantwoordelikheid

Dit neem egter niks weg van die feit dat die regering die hoof verantwoordelikheid het om sy burgers veilig te hou nie. ’n Regering wat nie sy burgers kan beveilig nie, verdien nie om te regeer nie. Weerlose burgers wat nie deur hul regerings beskerm word nie, het die volste reg én plig om alle wettige stappe moontlik te doen om ’n ander regering aan bewind te stel. Die voortgesette oorlog wat misdadigers bykans ongestoord teen wetsgehoorsame burgers voer, is ’n kriminele misdaad van die regering teenoor sy eie mense.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Flip Buys

Flip Buys is voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Adriaan ·

Is dit n onvermoë van die regering se kant, of is hulle dalk bloot ongeinteresteerd om die probleem op te los?

tamboti ·

Adriaan dit is juis in die regering se direkte belang om nie die land se misdaad/veiligheids situasie te verbeter nie. Hul probeer dit slegs kanaliseer weg van hulle belange af en dit as instrument gebruik om hul “eie” doelwitte te bereik. Net so is hul houding en optrede rakende die ekonomiese probleme van die land.
Hul eie doelwitte is nie die ideale ope vryemark en liberale mensregtelike staat soos wat die illusie is nie, maar absolute dominansie – presies soos ander Afrika state – dis waaraan hul gewoond is en wat werk vir hulle.
Daarbenewens met die agtergrond en metodiek van die ANC, is die “misdaad probleem” nie hul grootste vyand nie, dit is eerder die voorsetting van die “struggle” tradisie!

Jonk ·

Tamboti, ek stem saam met jou. Hulle “worry” nie oor wat aangaan met die gewone mense onder hulle nie. Hulle wil net hê, hê, hê. Hulle is mos alles ontneem en nou kry hulle nie genoeg nie. Maar as die verkiesing nader kom dan word daar mos kos pakkies en hemde uitgedeel en allerhande beloftes gemaak, wat natuurlik nooit nagekom word nie.

humor ·

Dit is baie duidelik die regering handhaaf n baie lae profiel rakende die misdaad in die land. Veral t.o.v. plaasmoorde waaroor geen president hom nog uitgespreek het nie. Voeg daarby n korupte onregverdige regstelsel. Waarom? Dit is eenvoudig n werksmetode van kommunisme om n land te verswak en uiteindelik oor te neem. Dit is baie duidelik daar bestaan sekere internasionale magte wat die huidige regering as marionette gebruik en dit sal nie verander nie.

Heinrich ·

Groot deel van die probleem het ingekom met ‘menseregte’. Die krimineel se regte weeg baie swaarder as wat dit moet en die slagoffer se regte weeg baie minder as wat dit moet. Sodra die krimineel sy slagoffer se regte ontneem moet sy eie regte dienooreenkomstig aangepas word.

Veritas ·

Bob Goudzwaard het baie duidelik geweet waarvan hy praat. Net jammer dat hy nie die vrye wêreld daarvan kon oortuig dat die Afrikaner net vry wou wees van onderdrukking nie. Ek het onlangs met ‘n Amerikaanse geskiedenisonderwyser gepraat en hy sien die Afrikanernasie as ‘n volk wat nooit sal gaan lê nie. Net jammer dat sommige van ons volksgenote alreeds boedel oorgegee het.

Eish ·

Dit is so, maar die Voortrekkers wat uiteindelik weg is uit die Kaap, het net soveel teenkanting ervaar, selfs van die kerk.
Trek eenvoudig sonder die remskoene! Minstens gaan jy vinniger oor die “Drankensberge” beweeg.
Miskien het ons te vasgegroei aan ons gemaksone, salaris, motorvoordele, medies en al die dingetjies wat ons afgodjies geword het.

Nasiegenoot Vlakvark ·

‘n Nasie verdien die jeug wat hy grootmaak.
‘n Nasie verdien die gevolge van sy apatiese houding en onbetrokkenheid by burgerlike strukture.
‘n Nasie verdien die regerende party wat hy kies.
‘n Nasie verdien werkloosheid indien hy nie streef na ekonomiese wêreldkompeteerbaarheid nie;
‘n Nasie wat nie droom en ‘n visie het nie, verdien nie ‘n toekoms nie.

Jerry ·

Implementering en uitvoering van beleid mbt dienslewering deur polisie, gesondheidsdienste en munisipale dienste het ooglopend agteruitgang begin toon vanaf 2002 en was hoofsaaklik toe te skryf aan regstellende aksie aanstellings van ongekwalifiseerde en onbevoegde kaderontplooiing. Daarmee saam politieke inmenging en aanstellings en baantjies vir boeties. Misdaad het bly groei en ontwikkel, maar was steeds in n mate onder beheer met die vervolgingsgesag, openbare beskermer en IPOD wat effektief bly funksioneer het. Vanaf 2010 het dienslewering ingesluit polisiering tot stilstand gekom danksy die Zupta faktor en het misdaad die hoogte begin inskiet. Die nalatenskap van Zupta mbt algehele ineenstorting van dienslewering soos polisiering aan Suid Afrikaners gaan nog lank gevoel word en het Suid Afrikaners nie n keuse as om hulself te beveilig. Optrede teen misdaad deur Jan Publiek, wat veiligheidsdienste insluit word egter aan bande gele met huidige wetgewing en met wetstoepassingmandaat wat net toegeken is aan die SAPD en Metro-Polisie. Jan Publiek en veiligheidsdienste moet dus twee keer dink voordat hulle optree en daardie tweede keer wat jy dink kan jou, jou lewe kos. Jan Publiek word slagoffers van misdaad agv wetgewing wat veroorsaak dat die publiek huiwerig is om op te tree! Tot tyd en wyl die publiek se wetstoepassingregte nie in wetgewing aangepas en beskerm word nie, is dit nie n goeie idee om betrokke te raak by wetstoepassing nie, omrede onbevoegde wetstoepassers met kriminele rekords jou gaan arresteer en toesluit! Daar bestaan reeds talle sulke voorbeelde van mense wat gearresteer en toegesluit is.

Arak ·

Moet asseblief ook nie Mbeki se nalatenskap namens die afskaffing van die kommando stelsel vergeet en die regering se voortdurende aanslag (onder ander onder Cyril) op wettige vuurwapeneienaars nie. Die aanslag is groter as net Zuma en sy kaders.

waarheid ·

Jip – hulle het allles vernietig – van die polisie/weermag/ tot by die skoonmakers in die straat. Hulle is nie in staat om enige-iets te doen behalwe om te gryp en te vernietig nie – het ook geen respek vir hulself en vir ander nie – ook hulle lib maatjies. Wat se regering noem jy dit? Alles behalwe suksesvol…..

Jerry ·

Ons weet wat is die misdaad probleem, die oorsaak daarvan en wie is te blameer. Ons weet ook dat die publiek hulself moet beveilig en dat n wetsgehoorsame burger slegs mag optree uit noodweer. Ons weet dat veiligheidsdienste en gemeenskapspolisieringslede hulself aan gewapende gevaar blootstel en blootstel aan vervolging vir aanranding en rassisme tydens die uitvoer van arrestasies. Ons weet dat n misdadiger wat deur ons gearresteer word of geskiet word se regte swaarder weeg as ons regte. Ons weet dat na regte mag net die SAPD en Metro Polisie as wetstoepassers wetstoepassing uitvoer omrede slegs hulle die wetstoepassingsmandaat het. Ons weet dat wetstoepassers ons nie goedgesind is nie en ons arresteer en sake teen ons ondersoek sou ons dit waag om teen misdadigers op te tree. Ons weet dus dat huidige wetgewing vir wetstoepassing nie in ons guns tel nie, maar steeds doen ons n beroep op ons mense om hulself daaraan bloot te stel. Die oplossing is dus om wetgewing aangepas te kry sodat die publiek se regte mbt wetstoepassing swaarder weeg as die misdadiger se regte om te kan plunder, roof en moor! Indien wetgewing nie aangepas word nie en daar steeds van die publiek verwag word om op te tree sal dit kort voor lank n vigilante styl begin aanneem met die publiek wat sal begin optree sonder om optredes te rapporteer en sonder om hulself bloot te stel aan uitkenning, identifisering en vervolging. Die gevolge hiervan is dat die reg in eie hande geneem word!

tamboti ·

Ja Jerry, ons weet al hierdie dinge, maar wat ons nie weet nie is hoe om hierdie wetgewing te VERANDER. Jy weet ons sit met ‘n regering wat hul eie agendas het en wat na geen raad wil luister nie. Jy weet ons het ‘n meerderheid kiesers wat nie die swak toestande (op alle gebiede) in die land, kan vereenselwig met die keuse wat hul by die stempunt maak nie! Jy weet misdaad raak die meerderheid van die totale bevolking, die res is die misdadigers.
Wat ek wil weet is wat is jou voorstel hoe om dit reg te kry? (die wetgewing)
Ns. met in ag neming van die Konst. hof se uitspraak vandag, lyk dit of ‘n alternatiewe oplossing gesoek word: de-kriminaliseer die meeste misdade, en siedaar – baie minder misdaad!

Wim ·

Ek sien vandag die DG sê daar is iets drasties fout in die Staatsdiens, geen wonder alle dapartemente is disfunksioneel nie.

Jerry ·

Versoening Tamboti, versoening is die oplossing. Julle het reeds met Cope versoen, so gebruik Cope om voorstelle ter wysiging van misdaadbekamping wetgewing ter tafel te le in die parlement, want soos jy se dit raak alle Suid Afrikaners. Dit moet n besprekingspunt raak, veral nou dat die ANC gese het dat SAPD lede wat versuim om op te tree om die wet toe te pas, aangekla moet word deur Jan Publiek. Dit is nou die tyd dat gesprekvoering moet plaasvind met die fokus op wyer wetstoepassingsregte vir die wetstoepassers en Jan Publiek. Tot tyd en wyl dit nie gebeur nie, kan wit veiligheidsdienste, gemeenskapspoliesieeringslede en Jan Publiek, wetlik net bewyse versamel en optree as die oe en ore van die wetstoepassers en sou die wetstoepassers versuim om te reageer en op te tree, hulle aan te kla! Versoeningsveldtogte vir misdaadbekamping moet gevoer word om wetgewing misdaadonvriendelik te maak! Die huidige misdaadbekampingswetgewing regverdig slegs n “hands off” benadering. Opleiding van gemeenskapslede moet dus beperk word tot die “hands off” verdraagsame benadering van oe, ore, bewyse insameling, rapportering, aanklagtes teen wetstoepassers en optrede slegs uit noodweer! Dit grief my geweldig om te sien dat ons jongmense se optredes tot hulle arrestasies lei en selfs tot intimidasie, viktimisasie en die dood kan lei en dit vir wat? Vir die domastrantheid van projekbestuurders met onversoenende standpunte!

Willem ·

Jerry, gaan lees gerus by die skakel hier onder op Maroela waarom daar nie nasiebou en versoening kan wees nie. Die probleem lê by die ANC regering wat nie die regte model toepas nie, hul volg hul ideologie slaafs en dryf daardeur ‘n wig tussen die mense:

https://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/modelle-vir-nasiebou-en-postkoloniale-afrika/

Dan kan jy ook die volgende artikel van Flip Buys lees:
https://solidariteit.co.za/wp-content/uploads/2016/02/Flip_Buys_Die_toekoms_van_multikulturalisme_in_Suid_Afrika_2016.pdf

AW ·

“Most of the research thus far referred to, supports the averment that the police cannot prevent crime, at least not in a direct or primary capacity. Williams and Wagoner (1996:521) even go as far as stating that “there is sufficient evidence to support the assertion that any reduction of crime must come from outside the police” . (Page 62 & 63)

“The answer lies in a multidimensional and multi-agency approach, involving all stakeholders, from national (government) to logal government level, and including nongovernmental interest groups. (Page 63)

“Irrespective of the police’s position on the issue of crime prevention, it is clear that there is not much the police can do in any direct or primary sense to prevent crime and certainly they should not lead any coordinated effords aimed at preventing crime.” (Page 63 & 64)

Strategic perspectives on CRIME and POLICING In South Africa (Johan Burger- 2007)

AW ·

It is the acceptable Norm to Blame the police Left – Right – Centre….. Yet the Intellectual Reader who are also Subject Matter Experts, Conveniently forgets that for reasons Only Known to Themselves that :

“The criminal justice system is a series of government agencies and institutions whose goal is to identify and catch the law-breakers and to inflict a form of punishment on them. … The primary institutions of the criminal justice systemare the police, prosecution and defense lawyers, the courts and prisons”.
(Criminal justice – Wikipedia)

Also, for SME’s who on a Daily Basis Critique the police, when you don’t have the Time consider the following:

“The criminal justice system has been intentionally broken for politically motivated reasons……” page 442

Ministry of Crime – an underworld exposed (Mandy Wiener)

Also, does the SME’s ever take into consideration that the Criminal Justice System also Consists out other Departments; That have contrabuted whether Directly and or Indirectly to this Sad State of Affairs of Crime in SA

(www.gov.za/faq/justice-and-crime-prevention/how-does-criminal-justice-system-work)

AW ·

For Those whom have No Understanding- Nor an Appreciation of the Workings of the Police, Please read the following books…..and “see” how continious “Restructering” and constant Political Interference has contributed to the police’s “disfunctional ability” to Police South Africa within Primary, Secondary, and Tertiary Crime Prevention and to Fulfill its Constitutional Mandate within Cohesion with the other Role Players within the Criminal Justice System.

A Country At War With Itself – South Africa’s Crisis Of Crime (Antony Altbeker)

The Dirty Work Of Democracy (Anthony Altbeker)

Thin Blue: The Unwritten Rules Of Policing (Jonny Steinberg)

Behind The Badge – The Untold Stories Of South Africa’s Police Service Members (Andrew Faull)

AW ·

“There is no doubt that Sir Robert Peel deserves credit for the development of the modern concept of police organisations.
However, his pronouncement in 1829 that the primary function of the police is crime prevention – although understandable for the time – created a number of dilemmas for the police.
Although Sir Robert’s contribution to policing is acknowledged, it is this pronouncement (or dictum) of 175 years ago that is challenged in this book
Extensive research has shown that the police do not prevent crime.
The body of knowledge now available in relation to criminology and policing proves that the 1829 dictum can no longer stand.
But, precisely because this dictum is so ingrained in the public mind, is contained in legislation, and is supported by the police themselves, it will be a difficult task to change it.” (Page 140 & 141)

Strategic perspectives on CRIME and POLICING In South Africa (Johan Burger- 2007)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.