Moedertaalonderrig: ’n Ononderhandelbare beginselsaak

onderwyser

Foto: Homeyesterday.com

Deur Christoff van Wyk

Die debat oor die stand van Afrikaans is holrug gery. Maar die beginsel van moedertaalonderrig kan eenvoudig nie genoeg beklemtoon word nie en daar is genoeg bewyse daarvoor dat ons met reg ons voet kan neersit oor hierdie onderwerp en sterk standpunt inneem.

Die verlies aan Afrikaans op tersiêre vlak gaan enorme druk op Afrikaans in skole plaas. ’n Eenvoudige voorbeeld is die vraag rakende opleiding van onderwysers. Waar gaan Afrikaanse skole die nodige onderwysers kry wat voldoende opgelei is om in Afrikaans onderrig te gee? Die gemaklike, ruggraatlose en wetenskaplik verkeerd bewese keuse is om skouers op te trek en power argumente ten gunste van Engels te mompel, soos: “Engels is die wêreldtaal; Ons kinders gaan in elk geval graad vang en werk in Engels; Ons sal nog Afrikaans praat in die huis; Dubbel- of parallelmedium sal Afrikaans se plek verseker”; ensovoorts, ensovoorts.

Indien jou moedertaal, jou huistaal, jou hartstaal, Afrikaans is en dit die taal is wat jy jou kinders leer, is jy direk verantwoordelik vir hul akademiese agterstand deur hulle na ’n Engelse skool toe te stuur. Dit is al oor en oor bewys. Om hierdie stelling nog meer visueel en duidelik te beklemtoon, kyk gerus hieronder na ’n aanhaling uit die gesaghebbende studie deur Brock-Utne, Desai, Qorro en Pitman getiteld Language of Instruction in Tanzania and South Africa – Highlights from a Project. In dié deel van die studie wat aangehaal word, is skoolkinders in Suid-Afrika en Tanzanië getoets wat tans onderrig in Engels ontvang hoewel dit nie hul moedertaal is nie. Die resultate is werklik skokkend en voorspel groot probleme vorentoe indien daar nie daadwerklik meer aandag gegee word aan die ontwikkeling van moedertaalonderrig nie.

Suid-Afrika

In Suid-Afrika is graad 4- en graad 7-leerders gevra om ’n storie te skryf, eers in Engels en dan in hul moedertaal, na aanleiding van ses prentjies wat aan hulle gewys is. Die stories wat hulle eers in Engels moes skryf, is ’n geradbraakte, onsamehangende sameflansing van woorde wat glad nie die gehalte en insig weerspieël van die stories wat geskryf is in hul moedertaal nie. Die gevolgtrekking wat die navorsers na aanleiding van hierdie eenvoudige studie maak, is insiggewend.

Die ses prentjies wat aan leerders in Suid-Afrika en Tanzanië vertoon is.

Die ses prentjies wat aan leerders in Suid-Afrika en Tanzanië vertoon is.

Voorbeeld 1 – Graad 4-leerder wie se eerste taal Xhosa is

Leerder se storie in Engels

Once upon a time
Long long ago
Ly Buter uteatsha fourboy late my father
I taket my tyesi
I goiu my father is goiu boeke
Look my boy

Leerder se storie direk vertaal van Xhosa na Engels

There was a father (old man) who put his box down, conversing with his father. Then a certain young man (brother) appeared and took that old man’s box and ran away. He was chased by a child and the one blew a whistle, and the other one pointed at him. He ran away with it and got into the car and drove very fast. The others opened the box and a big snake. The other was shocked by the snake and his sunglasses fell down.

Voorbeeld 2 – Graad 7-leerder wie se eerste taal Xhosa is

Leerder se storie in Engels

The father they stil handle with great care new town zoo. And MR Alisingh they a stand and thinking. And this father they take this handle and MR Alisingh they talk and son. And this farther they take this handle and the go away. And this farther and this son they runing fust and security they see. And this farther and this son they go away and his car. They outside of this car they put down this handle and see this is a snake.

Leerder se storie direk vertaal van Xhosa na Engels

There was an old man who was going with his friend. This old man looked like a thief. There was a man who had put his suitcases down, one behind and the other one next to him. This man was looking at a distance, thinking. The short friend of this thief deceived this man by talking to him, while the other one took the suitcase. He ran away and the other one also ran. Then this man shouted, calling them and they ran very fast. The security officer appeared – blowing a whistle. They ran to the car with this box while the owner of the box was pointing at them. They drove the car and put it next to the trees, and they got out of the car. They put it down and opened it, and a big snake appeared. The sunglasses fell off their eyes, and the hats were blown up. They thought that it was money.

Tanzanië

Dieselfde toets is in skole in Tanzanië herhaal. In Tanzanië word kinders in staatskole tot op graad 3-ouderdom in Kiswahili onderrig en dan van graad 4 (oftewel Vorm I) af in Engels. ’n Uittreksel uit die resultate wat daar verkry is, word hieronder gegee.

Voorbeeld 3 – Vorm I- (ekwivalent van graad 4 in SA) leerder wie se eerste taal Kiswahili is

Leerder se storie in Engels

One day is not mather is going to market. Balind of thit man student. I am father is going to charch and children too. the market are the Box, Beg, fotball, is money. father is big than children. one day father is going to futball. cry when to shool.

Leerder se storie direk vertaal van Kiswahili na Engels

One day a certain man went to the airport with his luggage. Then there appeared one boy who told the man: Look at that plane. But he was a thief and he took the man’s luggage. He ran to the forest and opened the bag and he saw a snake in that bag. The man started looking for his bag. Then one boy appeared and told him get into my car and I shall take you to the boy who has taken your bag. He went where the boy who stole the bag was and he found him opening the bag and he showed the man his bag and the man found that it was already open. He did not ask him why he had opened his bag but asked him to look at what he had put in the bag. The man asked him why he stole his bag. He told the boy if you wanted the bag you should have told me to give you and not steal, what if you found a dog what would you have said? And he took him to the police to be jailed.

Voorbeeld 4 – Vorm IV- (ekwivalent van graad 7 in SA) leerder wie se eerste taal Kiswahili is

Leerder se storie in Engels

One day they was a one man at the Air port whose name was Mr ALI SAKU. MR ALI SAKU was there in order to wait transport from there to the certain place where he want to go/travel. For a short time the thief was appear and then he can take Ali’s bag and run away with it. After run away up to away from MR ALI, thieves was open’s the bags. So as when they already open’s, the snake was get outside the bag and then it can affect him. So as let me saying that (thief) to get things without parmision is not good for us. When you want something try to communicate with your fellow in order to be helped with him/her.

Leerder se storie direk vertaal van Kiswahili na Engels

One day there was a passenger at the airport who was waiting for transport to take him where he wanted to go. This man was known by the name Mr ALLY SAKU. After a short while at the airport, there appeared two people, a child and an old man. These people are predicted to be thieves. The child went straight away to Mr Saku to greet him meanwhile the old man succeeded in stealing the suitcase of Mr Saku. After stealing the suitcase they both ran away. A policeman tried his best to blow a whistle but they did not succeed in catching the thieves. After crossing the road, a bit far from the airport grounds, they then, started opening the suitcase so that they could share the things that were inside the suitcase. Suddenly when they opened, a huge snake appeared and attacked the old man. From this story, we are educated that we should not have the behaviour of stealing in all our life. Stealing is not good. You can loose your life because of stealing. Hence, we are supposed to work hard so that we live and not get involved in theft. Truly, stealing is dangerous in our life. This story warns people who are thieves to stop this behaviour, as it can lead them to serious consequences. As it is seen, the thieves who stole the basket and found a snake that could harm them.

Gevolgtrekking van die Suid-Afrika/Tanzanië-studie

Die algemene gevolgtrekking onder die navorsers was dat die leerders van albei lande by uitstek baie beter gevaar het met die toetse in hul moedertaal. Geeneen van die klasse, graad 4 of 7, kon vir die Engelse toets ’n gemiddeld van meer as 50% handhaaf nie. Hoewel die toetse in Suid-Afrika slegs by een skool gedoen is, merk die navorsers op dat Zubeida Desai, wat die toetse uitgevoer het, reeds 30 jaar by skoolakademiese kwessies betrokke is. In ’n voetnoot word genoem dat sy in drie ander township-skole dieselfde toetse herhaal het met dieselfde resultate. Die volgende aanhaling is werklik insiggewend: “Being forced to study through a language they command to such a limited extent must slow down their learning process considerably. If we are serious about the intellectual development of African learners, then we need to give greater currency to African languages.”

Namibië

Die situasie in Namibië lyk ongelukkig nie veel beter nie. Namibië het in 1990, ná onafhanklikwording van Suid-Afrika, afstand gedoen van Afrikaans en Engels as nasionale taal aanvaar. Dit terwyl slegs 8% van die bevolking hulself as Engels-eerstetaalsprekers klassifiseer. Engels is ook gevolglik as onderrigtaal by openbare skole ingevoer waar leerders van graad 4 af veronderstel is om uitsluitlik onderrig te ontvang in Engels. The Urban Trust of Namibia het in 2011 ’n navorsingsverslag uitgereik met die titel Language in schools in Namibia – The missing link in educational achievement?. In die verslag is daar spesifiek gekyk tot watter mate taal ’n rol speel in die swak akademiese prestasie van leerders. Slegs 4 uit 10 leerders (39%) wat in 2009 in die openbare skoolstelsel opgeneem word, sal tot by graad 12 vorder. Die verslag het bevind dat, ten spyte van ouers, onderwysers en staatsamptenare se voorkeur vir Engelse onderrig, die kinders dit egter baie verwarrend en ook frustrerend vind omrede hulle eenvoudig nie die taal goed genoeg verstaan om akademies te vorder nie.

In haar gevolgtrekking skryf Priscilla Harris die volgende: “83% of learners prefer to use their home language for learning. Even higher proportions wish to address their teacher in their home language. They have these preferences not because they do not understand the importance of English for their future (they clearly do) but because they struggle to understand their teachers and find it difficult to express themselves in English.”

Ten spyte van aanbevelings dat die land hul taalbeleid moet hersien, het daar nog niks van gekom nie.

Die pad vorentoe

Op 21 Februarie 2016 is internasionale moedertaaldag gevier. Die United Nations Educational, Scientific and Cultural Organisation (UnescoO) is voortdurend besig met navorsing oor moedertaalonderrig. Uit hul jongste verslag getiteld If you don’t understand, how can you learn? is dit duidelik dat kinders ten minste ses jaar skoolopleiding in hul moedertaal moet ontvang om seker te maak dat daar nie ’n onoorkombare akademiese gaping ontstaan in verdere studie nie. In teenstelling hiermee is daar bevind dat meer as 40% van die wêreld se kinders tans onderrig ontvang in ’n taal wat hulle nie verstaan nie en dat die meerderheid van hierdie kinders woonagtig is in sub-Sahara-Afrika en Asië.

Een van die lande wat tans ’n brawe nuwe koers inslaan, is Tanzanië. The Citizen berig op 14 Februarie 2015 dat die land ’n nuwe onderwysbeleid aanvaar het wat skoolonderrig op primêre en sekondêre vlak nou sal verleng tot 11 jaar met Engels wat in geheel vervang sal word deur Kiswahili as enigste onderrigtaal. Die projek gaan natuurlik jare neem voordat dit ten volle uitgevoer sal kan word, maar dis definitief verblydende nuus.

Die vraag wat nou bly krap, is eenvoudig, waarom sal Suid-Afrika en spesifiek ’n klomp ouers, akademici asook politici, hardnekkig aanhou om die oorweldigende data ten gunste van moedertaalonderrig te ignoreer en steeds Engels voor te staan? Die enigste moontlike antwoord hierop kan moontlik gevind word in dr. Francois Smith se artikel wat op 28 Junie 2016 op Netwerk24 verskyn het, getiteld “Net Engels” maak van ons slawe. Smith skryf dat kolonialisme en “sy kleinboet apartheid” ’n fundamentele minderwaardigheid geskep het, wat ironies genoeg die onderdrukte aanmoedig om die onderdrukker se taal en kultuur aan te neem as die hoogste goed, ten koste van sy eie. Hy skryf onder meer: “Die gekoloniseerde is in so ’n mate verkneg dat hy net soos sy baas wil wees. Dit is wat Suid-Afrikaners laat glo dat Engels die enigste en hoogste goed is, hierdie volslae kolonisering van die bewussyn.”

Afrikaners en Afrikaanssprekendes in die algemeen kan eenvoudig nie toelaat dat hul kinders se toekoms opgeoffer word as gevolg van die las wat sommige beleidmakers se verknegte denke dra nie. Die voorbeelde van generasies wat reeds “verlore” is as gevolg hiervan, loop letterlik oral om ons rond. Deur sterk standpunt in te neem ten gunste van Afrikaanse moedertaalonderrig, beur ons die pad oop vorentoe sodat ander ook bevry kan word. Hierdie verantwoordelikheid begin by Afrikaanse ouers, en die keuses wat hulle vandag en môre maak, sal bepalend wees oor die feit of die volgende geslag verknegte, “dom”, onderdane van ’n totalitêre staat gaan wees of vry burgers wat hul taal met trots handhaaf. Die tyd om te kies is nou, maak die regte keuse!

Hierdie meningstuk is deur ʼn onafhanklike persoon opgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

NP van Wyk Louw-sentrum

Meer oor die skrywer: NP van Wyk Louw-sentrum

Die NP van Wyk Louw-sentrum vir Gemeenskapstudies is ‘n toekomsgerigte ideesentrum wat fokus op die voorwaardes vir selfstandige en suksesvolle gemeenskappe.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

9 Kommentare

Sonja ·

Ek het Afrikaans groot geword en skool gegaan. Na matriek by n Afrikaanse hospitaal gaan werk en alle handboeke was in Engels. ek het elke jaar goed geslaag,want ek het in afrikaans gedink. As ek eers die feite in Afriaans gehad het,het ek engelse telegramstyl geskryf. Nou studeer ek by Unisa. ALLES is in Engels. Al my navorsing ens(natuur bewaring),maar ek kom nog steeds reg. moet soms google vir die engelse woord, maar ek maak die jaar my graad klaar,en wil net vir al die jonger mense sê wat so maklik sê hulle gaan hulle kinders na n Engelse skool stuur,as jou grondslag NIE Engels is nie,en jy as ouer nie daagliks Engels met hulle praat nie, dit nie makliker sal wees vir die kinders nie. En Engels is nie al een wêreld taal nie. Spaans (392 miljoen) Hindustani (497 miljoen) Engels (508 miljoen) Mandarjn (1 biljoen) So ek kan uit eie ondervinding getuig dat ek dankbaar is ek het my grondslag in Afrikaans gekry. Want ek droom in Afrikaans, ek bid in afrikaans en ek dink in Afrikaans. Dit is my taal, die een waarin ek eie voel en deel van n baie spesiale groepie mense in die hele wêreld. Enige een kan altyd enige ander taal aanleer,maar jou moedertaal bly die enigste een waarin jy kan uiting gee.

Basson ·

Sonja, jy is reg – as die fondament goed gevestig is in een taal, is bemeerstering van ander taalbegrippe makliker en meer logies. Maar indien die kind van kleins af aan ‘n deurmekaar warboel blootgestel word, word daardie kind se kognitiewe funksies ernstig aan bande gele en dit heel moontlik nooit, want weer ‘n domino effek op baie ander fasette van daardie persoon se lewe het. (So ouers wie nie net op EEN taal fokus met ‘n jong kind, gewoonlik met die verskoning ‘ons kind word tweetalig groot’ – voorspoed met dit wat julle skep.)

Louis C Prinsloo ·

Sonja*
Ek kan saam stem oor afrikaans wat as grondslag belangrik bly. Ek is ‘n enkel ouer, betaal onderhoud getrou sonder om maand te skiep of dit vir my ex moeilik te maak.
Ek weet nie hoe sy gaan maak sodra my kind skool gaan nie, maar sy is ook afrikaans as moedertaal; wat my kind van kleins af engels leer praat. Dis goed. Al wat my hartseer maak, is dat sy aan my genoem het dat hy tuisonderig gaan kry sodra skool kan begin gaan, waarvan meeste boeke engels gaan wees! Dis vir my hartseer dat sy haar rug teen moedertaal wil draai en ook voel dat engels gaan heers in die werk ekonomie!
Waar is haar trots in afrikaans!? Dit skep wel moet die wete dat ek Afrikaans sprekend is, daarin trots staan en my kind sal help om afrikaans as moedertaal te behou

Tammy ·

Dit is vir Afrikaanssprekendes baie belangrik om in hulle taal onderrig te word. Vreeslik belangrik. Dis nou net vir my snaaks dat ons tradisioneel wit skole nou 80 % anderskleurig is want hulle dring absoluut daarop aan om ons skole te beset. Is hulle onderwysers te swak of kry ons kinders ander makliker boeke om uit te leer? Wat is die mense se storrie??? Hulle maak my siek,

Leonard van der Dussen ·

Stem saam oor belangrikheid (en voorreg) van moedertaalonderrig. Is self diep daarin betrokke, maar op ‘n ander manier as onderwysers, ouers of leerlinge; as belegger in privaatonderwys in die Christelik-Afrikaanse milieu. Die rol van beleggers om in ‘n tyd waar die Afrikaner min politieke mag het, en daar eerder ‘n vyandigheid (om breë politieke redes wat die onderwys maar as een slagveld gebruik) teen alles wat Afrikaans is, word nog nie regtig verstaan nie. Dis asof die breë Afrikaanse gemeenskap graag die regte dinge skryf, maar dan dink meeste mense die Afrikaanse ouers moet maar self ‘n pad vind in die situasie; terwyl ons nou – terwyl dit nog relatief goed gaan met Afrikaanse skole – die nuwe skole onder eie besit en beheer moet bou.

Maria van Dieweeck ·

Wat ek graag sou wou weet, is hoeveel geld het dit gekos om al hierdie hengse toetse te doen, as n mens mos nou kan dink dit moet so wees!! Is ek nou eenvoudig om te dink dat enige mens makliker in sy eie taal sal leer? Kan die staat nie aangevat word , dat dit nie bestaan nie? Soos ek dit verstaan, word moedertaalonderrig dan belowe in die grondwet?. Die staat versuim sy plig, daar behoort bv groot Zulu universiteite te wees in KZN, en so ook ander tale in verskillende provinsies, nuwe ekonomie sal daardeur gestimuleer word ens ens. So ook met skole. Ouers wat in Mamelodi woon sal dit tog seker verkies dat hul kroos daar, in n GOEIE skool moedertaalonderrig ontvang, met Engels as n tweede taal! Die groot rassis en speelgrond boelie, Panyaza Lesufi wil nou sy departement se verkwisting van geld en hul versuim om ordentlik te dink en beplan, die probleem van die Afrikaner kind maak. Ek weet ook nie aldag van al die toetse ens nie. In Duitsland word n kind volgens sy aanleg gelei. Wat maak nie sin daaraan nie? Kyk rond, vat goed wat werk en doen dit net! Maar nouja

Maria van Dieweeck ·

Louis, onthou, as jy lees vir jou hasie, dan lees jou hasie eendag vir jou! Gaan saam na n biblioteek en maak kleinding lief vir boeke. Jy sal nooit spyt wees nie. Lees mooi Afrikaans!

John ·

‘n Ideologie word deesdae regoor die wereld verkondig/aangehang dat kultuur en taal net ‘n aanhangsel is, soos klere vir akteurs. In die antieke tye,sonder kontak met die buitewereld, het mense in klein groepe ‘n sekere taal gepraat, ‘n sekere argitektoniese boustyl ontwikkel en spesifieke kulturele voorkeure ontwikkel. Hoekom? Dit kon net van binne kom; ‘n gegewe vanaf die Skepper. Nou, met die ‘nuwe wereldorde’ wat homogeniteit verkondig, ateisme aanmoedig en gelykmaking gepredik word, word individualiteit aangeval/uitgewis, selfs vanuit die eie gemeenskap as sou dit vooruitgang en geluk bring. Lank gelede het ‘n UNESCO-navorser gewaarsku dat mense eendag skielik uit die bloute op hul medemens sal losbrand en self nie sou kon verduidelik vanwaar die haat nie. Volgens die navorser sal die onderdrukking van die kulturele gegewe hierdie uitbarstings en sielkundige probleme veroorsaak. Ons sien dit reeds, soos in Frankryk waar 2e-geslag-burgers steeds nie aanpas nie in die nuwe land waarin die lewensstandaard selfs baie beter is as in die ‘vergete’ tuisland.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.