Moenie alles glo wat jy oor Iran hoor nie

iran-aardbol-wêreldkaart

Foto: 3dman_eu/Pixabay.com

Die Midde-Ooste is soos die meeste wêreldstreke vol skobbejakke. Sou jy egter te veel na Amerikaanse, Israeliese en selfs sommige Britse politici luister, kan ’n mens maklik begin dink dat die grootste sondaar in die Midde-Ooste die hartland van die Sjiiete-Moslems, Iran, is.

Ondanks die uitsprake van ’n redelik ekstremistiese vorige president, Mahmoud Ahmadinejad, soos dat hy die volksmoord op die Jode in Europa tydens die Tweede Wêreldoorlog betwyfel, is Iran allermins die anti-Joodse en anti-Christelike staat wat baie Westerlinge so maklik dink hy wel is. Die groot saak teen Iran is dat dié land blykbaar ’n veiligheidsrisiko inhou.

Die waarheid is dat Iran ’n klein, sukkelende weermag het, wat nie veel van ’n bedreiging vir enige Westerse magte of Israel behoort in te hou nie. Terwyl die VSA meer as 600 miljard dollar per jaar aan verdediging bestee, bestee Iran sowat 1 persent daarvan aan verdediging. Die Amerikaanse weermag besit 72 duikbote, Iran drie. Amerika besit 10 van die beste vliegdekskepe in die wêreld, Iran nie eens een nie. Al drie Amerikaanse bondgenote in die Midde-Ooste, Israel, Egipte en Saoedi-Arabië, is militêr baie sterker as Iran.

Dit is sekerlik so dat Iran wesenlike uitdagings met ekstremistiese elemente in sy midde het. Dat heelwat mense in Iran negatief teenoor die Weste en veral ook Israel staan, is sekerlik ook so, maar wat is die rede hiervoor?

In die jare voor Augustus 1953, was Iran ’n vooruitstrewende pro-Westerse bondgenoot van die Weste. Daar het goeie verhoudinge tussen Iran en Israel bestaan. Toe besluit die demokraties verkose eerste minister van Iran, Mohammad Mossadegh, in 1951 dat alle dokumentasie van die Anglo-Irannese Oliemaatskappy, toe onder beheer van die Britte, geoudit moet word en dat hul beheer oor Iran se oliehulpbronne beperk moet word. Nadat die maatskappy geweier het om met die regering van Iran saam te werk, besluit die demokraties verkose parlement van Iran om die maatskappy te nasionaliseer.

Kort daarna begin die Britte en Amerikaners saamwerk aan ’n plan om Mossadegh met ’n staatsgreep uit die kussings te lig en die sjah, oftewel koning, van Iran, Mohammad Reza, weer ten volle as monarg in beheer van Iran in te stel. Van die grootste skurke en bendes van oor Iran word deur die Amerikaanse intelligensiedienste gehuur om ’n opstand in Teheran te bewerkstellig. Politici, veiligheids- en ander regeringslui word deur die Amerikaners en Britte omgekoop en Mossadegh se regering kom tot ’n val.

Daarop volg 25 jaar van ’n outoritêre skrikbewind deur die sjah totdat ekstremistiese opstande tot die Irannese revolusie van 1979 aanleiding gee. Sedertdien sukkel Iran steeds om sy voete te vind. Wat egter waar is, is dat Iran vandag die vinnig groeiendste Christenbevolking in die Midde-Ooste het en dat die grootste bevolking van Jode in die Moslemwêreld ook in Iran woon. Hoewel sommige aktiwiteite beperk word, voel Christene en Jode in Iran veilig en het hulle selfs spesiaal gereserveerde setels in die parlement. Terwyl sinagoges in Amsterdam en Parys bewaak moet word, is dit nie nodig vir die 60 sinagoges oor die hele Iran nie.

Sou Amerika en Brittanje nie in die 1950’s in Iran ingemeng het nie, kon dié land waarskynlik tot ’n suksesvolle, demokratiese mag in die Midde-Ooste ontwikkel het. Westerse inmenging in die Midde-Ooste eindig meestal rampspoedig en is soms selfs die oorsaak van nuwe ekstremisme.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans is hoof van internasionale skakeling vir die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Rupert Ashford ·

Westerse inmenging eindig oral as mislukking. Ook in Afrika, veral die suide.

John ·

Waar en ok nie waar nie. Die Moslems in Iran is baie konserwatief en is teen Israel as staat gekant. Mens moet maar katvoet loop in enige Moslemland en sy rigiede gebruike. Sou SA-leiers in Iran rondhang, sal ons ook seker ook maar lig slaap… veral met hul atoom-ambisies en ondersteuning van Noord-Korea…

Jaco Kleynhans ·

John. Jou verwysing na ‘Die Moslems van Iran’ toon jou vereenvoudigde blik op ‘n bevolking wat wesenlik meer kompleks is. Nie alle Moslems in Iran is konserwatief nie. Daar is om die waarheid te sê, en was nog altyd, ‘n sterk progressiewe beweging in Iran. Dat Iran erg rigiede gebruike het, is ‘n feit, maar dit is minder rigied as die groot Westerse bondgenoot Saoedi-Arabië. Voor die 1953-staatsgreep was Iran pro-Israel! Ja vandag is die regering in Iran negatief oor Israel en is ‘n groot deel van die bevolking in Iran ook anti-Israel, maar dit word aangejaag deur die politiek van ekstremiste soos Benjamin Netanyahu en weer eens kan ‘n mens nie net sê dat alle Moslems in Iran teen Israel gekant is nie – hul mooi hantering van die Joodse bevolking in hul eie land behoort dit uit te wys.

Herman G ·

Mmmm – stem nie rerig saam nie. Ja Britanje het Iran te na gekom, maar onthou ook dat die Shaj was ‘n vriend van Suid Afrika in die sewentigs (baie olie aan ons verkoop). Die Iranse Rewolusinere Wagte is nie ‘n klomp engele nie, en hulle beheer groot gedele van die Iranse ekonomie en buitelandse beleid. Hulle is erg by die Siriese oorlog betrokke, poarty se hulle beheer dit.
Ek sal ook glad nie se Benjamin Netanyahu is ‘n ekstremis nie. Iran het missiele, hulle is naby on kernwapens te kry en laaik Israel niks. Ek dink rerig nie hy is die “bad guy” nie.
Maar jy het ‘n punt, die westerse media is bevooroordeel en het ‘n simplistiese uitkyk op die wereld.
Ek het ‘n paar Iranese ontmoet, en hulle is baie aangename, vriendlike mense – ook iets wat in gedagte gehou moet word en hulle leef in ‘n semi-diktatorskap.

Meyer ·

Geagte Jaco,

Ek dink jy moet net in ag neem dat Iran op die oomblik sy stempel probeer afdruk op die Midde-Ooste en alreeds d.m.v. sy ondersteuning aan Hisbollah, Libanon beheer, Jordanië ook sterk beïnvloed en nou homself vestig in Sirïe onder die dekmantel van Rusland. https://www.debka.com/iranian-commandos-take-elite-syrian-army-unit/
Hulle is ook besig om troepe te stasioneer binne 20km van Israël se grens in Sirïe. Russiese en Iranese troepe op Israël se grens is iets wat 5 jaar gelede onmoontlik gelyk het.
Irak se Kurde het hy ook reeds oorwin en beheer hoofsaaklik Irak ook. Lees bietjie die media se nabye toekomstige berigte wat solank al opgeteken staan in die boek van Esegïel hoofstukke 38 en 39. Rusland, Turkye en Persïe gaan die hele inval van Israël lei, maar God gaan intreë om sy uitverkieste volk te red met onder andere ‘n uitsonderlike aardbewing.
Vandag word daar berig dat Iran kern-duikbote bou. Ons weet reeds dat hulle die kernwapens het en ook rusland se beste grond-tot-lug missiele en radar.
Ek het ook al met Christen Iranese gepraat wat uit die land is weens die drukkende omstandighede wat daar heers as jy ‘n Christen probeer wees…
Hulle stuur ook nou oorlogskepe na die golf van Meksiko.
https://www.trunews.com/article/iranian-army-chief-next-war-will-eradicate-israel
http://www.jpost.com/Middle-East/Iran-News/Iranian-warships-heading-to-Gulf-of-Mexico-515402

So ek dink Iran (Persïe) se dae is getel: Mene, Mene, Tekel, Ufarsin… מְנֵ֥א מְנֵ֖א תְּקֵ֥ל וּפַרְסִֽין (Dan 5:25)

Meyer ·

Geagte Jaco,

Ek dink jy moet net in ag neem dat Iran op die oomblik sy stempel probeer afdruk op die Midde-Ooste en alreeds d.m.v. sy ondersteuning aan Hisbollah, Libanon beheer, Jordanië ook sterk beïnvloed en nou homself vestig in Sirïe onder die dekmantel van Rusland.
Hulle is ook besig om troepe te stasioneer binne 20km van Israël se grens in Sirïe. Russiese en Iranese troepe op Israël se grens is iets wat 5 jaar gelede onmoontlik gelyk het.
Irak se Kurde het hy ook reeds oorwin en beheer hoofsaaklik Irak ook. Lees bietjie die media se nabye toekomstige berigte wat solank al opgeteken staan in die boek van Esegïel hoofstukke 38 en 39. Rusland, Turkye en Persïe gaan die hele inval van Israël lei, maar God gaan intreë om sy uitverkieste volk te red met onder andere ‘n uitsonderlike aardbewing.
Vandag word daar berig dat Iran kern-duikbote bou. Ons weet reeds dat hulle die kernwapens het en ook rusland se beste grond-tot-lug missiele en radar.
Ek het ook al met Christen Iranese gepraat wat uit die land is weens die drukkende omstandighede wat daar heers as jy ‘n Christen probeer wees…
Hulle stuur ook nou oorlogskepe na die golf van Meksiko.

So ek dink Iran (Persïe) se dae is getel: Mene, Mene, Tekel, Ufarsin… מְנֵ֥א מְנֵ֖א תְּקֵ֥ל וּפַרְסִֽין (Dan 5:25)

TDW ·

Is dit nie presies wat in Suid Afrika gebeur het nie? Die ekstremiste is betaal om die land onregeerbaar te maak. So dikwels wil mens alle mense in een boksie plaas. Die Irannese is ook in verskillende groepe verdeel, die ekstremiste en die res. Die land se sukses hang af van wie die septer op die oomblik swaai. Ons weet wie op die oomblik die septer swaai in SA

Juan Olivier ·

Klink amper of julle probeer sê om die Joodse volksmoord te betwyfel jou ‘n ekstremis maak.

Maar ek stem 100% saam dat die Britte en Amerikaners dan en nou die aggressors in die midde ooste is.

Marthinus Willemse ·

Iran was tot 1979 nooit `n Moslemland nie, maar Persies, en Azeri. Die CIA World Factbook 2010 noem Iran `n teokratiese republiek (heerskappy deur die priesters).

Meyer, die drie bronne wat jy noem is myns insiens almal onder verdenking. Debka is gestig en word vanuit Israel bedryf. Die redakteurs is Jode, en die webmeester is `n Rus wat na Israel geëmigreer het. Die Jerusalem Post (jpost) spog byvoorbeeld hoe hulle betogers teen Israel se onwettige besettings verwyder. (Israel se bou van gemeenskappe op grond wat wetlik aan die Palestyne behoort woord regstegnies `n “oorlogsmisdaad” genoem.) Trunews se skepper, Rick Wiles, erken dat hy `n “citizen reporter” is, wat in sy “nuus” probeer wys dat die Amerikaners afdwaal.
Ek sal nie alles glo wat hierdie menere skryf nie.

Meyer ·

Jy kan maar jou Bybel glo. Wed maar al jou geld en jou lewe op dit; dis ‘n veilige belegging. Dit sal afspeel soos Esegïel geskryf het en dis nader as wat julle dink. Die ‘menere’ sien maar net die stukkies raak van wat kom terwyl die ander Anti-God, Anti-Semitistiese media probeer om dit weg te praat. Wat maak jy van die seun van die Gamas stigter se toespraak by die VN, waar hy die Palestinain Authority veroordeel oor hoe hulle hul eie mense onderdruk en alles blameer op Israël? https://www.unwatch.org/u-n-clash-son-hamas-chief-calls-pa-enemy-palestinian-people/

Hennie ·

Ek het 3 jaar in Iran gewerk en het eerste handse inligting oor my ervaring daar. Ek kon my Bybel die land in neem sonder enige probleme. Was nooit bedreig omrede ek n self erkende Christen was nie.
Mense het ons op hul hande gedra en baie liefdevol.
Baie van die jong mense se wens was om eendag Amerika toe te kin gaan. So al die negatiewe publisiteit is volgens my n klomp snert.

Willie ·

As ek so na die bostaande kommentare lees , is dit duidelik vir my dat ons mense nog steeds onder die indruk verkeer dat Iran die muishond is in die verhaal. Die politieke magspel, oftewel liegspel, is baie groter en bedriegliker as wat ons gewone plebs ooit besef.

Gerhard ·

Die verskil tussen Iran en Saoedi-Arabie is seker maar ‘n geval van waar een goed met die Weste saamwerk en die ander nie juis nie. Saoedi is wel binne hul eie land streng met hul Moslem gebaseerde wette en reels, maar dit word deur die Weste meestal oorgesien omdat daar goeie samewerking is tussen die twee kante. Dit is maar hoe dit werk. Maak ‘n vyand van iemand en julle is vyande. Vra maar vir Castro en Mugabe hoe vinnig raak jy ‘n vyand van die Weste as jy hulle geld vat. Verder is dit ook so dat Iran bande het met tereur groepe. Hulle is nie engeltjies nie. Eintlik is dit nie eers ‘n gesprek waardig nie. Dit is soos om te debateer oor hoe ‘n reeksmoordenaar eers ‘n goeie soet seuntjie was en deur ander leed aangedoen was en dus eintlik nie so sleg is as wat hy afgemaak word nie.

Jaco Kleynhans ·

Gerhard. Daar is die afgelope paar jaar baie boeke oor hierdie tema geskryf. Die veralgemening dat Iran bande met terreurgroepe het, is die soort propaganda wat ‘n land soos Saoedi-Arabië orals loop en vertel en wat nie regtig bewys kan word nie. Die reeksmoordenaar vergelyking is nog meer verregaande aangesien die huidige Iran hom aan baie min ondinge in die Midde-Ooste en die res van die wêreld skuldig maak. As ek kyk wat Saoedi-Arabië tans in Yemen doen en wat die gevolge van Westese inmenging in Irak, Afganistan en Libië was dan is jou vereenvoudigings so oordrewe dat jy lelik geloofwaardigheid inboet.

Marthinus Willemse ·

Meyer, die woord “Semiet” is afgelei van Sem, Noag se oudste seun, en verwys na die Babiloniërs, Assiriërs, Kanaaniete, Hebreërs (Jode), Arameërs, Foenesiërs, Arabiere en Abissiniërs, en die tale wat hulle praat. `n Studie van die DNS van manlike Jode en Midde-Oosterse Arabiere – waaronder Siriërs, Palestyne en Lebanese – wys dat hulle almal `n gesamentlike voorvader deel.
Tegnies gesproke is anti-Semitisme nie Jodehaat nie, maar diskriminasie teen enige van die Semitiese groepe. Wanneer die Israelis teen die Palestyne baklei is dit dus anti-Semitisme, en wanneer die Arabiere teen die Israelis baklei is dit ook anti-Semitisme. Dis eintlik `n familievete (broedertwis) wat nou al 5000 jaar woed, en die res van die wêreld stadig maar seker begin keelvol maak. Kan die mense nie in rus en vrede met mekaar leef nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.