Moenie godsdiensvryheid as vanselfsprekend aanvaar

Masha Amini se dood haal Iranse voorblaaie (Foto: Fatemeh Bahrami/AFP)

Masha Amini (22) is onlangs as vrou deur die moraliteitspolisie in Iran gemartel omdat sy die sogenaamde hidjap-wetgewing, ʼn kopdoek wat deur Moslem-vroue gedra word om hul hoofde, nek, bors en skouers uit respek te bedek, se reëls oortree het.

Elke keer as daar in die nuus melding gemaak en berig word van só ʼn voorval soos wat met Masha Amini gebeur het, sonder om op die meriete van die saak in te gaan, bring dit ons voor die realiteit van ons vryheid op plaaslike bodem. Ons lees die skokkende nuus in koerante en op sosiale media hoedat mense weens verskeie redes mishandel en aangerand word vanweë hul godsdienstige oortuigings. Ons reageer in onsself daarop sonder om die voorreg raak te sien om ons geloof deur godsdiensvryheid onbegrens te kan uitleef.

Godsdiensvryheid is vir baie van ons so vanselfsprekend dat ons nie net elke keer uit skok terug geruk word na die realiteit in die buiteland wanneer ons artikels soos hierdie in die nuus lees nie, maar ook nie altyd die voorreg van godsdiensvryheid in ons eie land besef nie.

Vir Solidariteit Helpende Hand is dit skokkend om die liefdelose en disrespekvolle manier te sien en te lees hoedat daar nie net in die buiteland omgegaan word met die mishandeling van vroue in die algemeen nie, maar óók hoedat dit in ons land gebeur.

Vir Solidariteit Helpende Hand as ʼn Christelike maatskaplike organisasie is ons gefokus in ons visie en missie met ons kernwaardes op gemeenskapsontwikkeling om die gemeenskap waarin God ons geplaas het volhoubaar op te bou. Die opbouwerk in ons gemeenskappe impliseer ook die teendeel − om die afbreek, wat op verskeie vlakke afspeel, te voorkom en te verbreek.

Op hierdie manier word daar gefokus om volhoubare strukture in gemeenskapsontwikkeling daar te stel wat gebaseer is op Christelike waardes soos roeping, uitnemendheid, getrouheid en nederigheid. Dit is waardes wat die opbou en uitbou van gemeenskappe in die oog het en nie die afbreek en mishandeling van mense nie.

Solidariteit Helpende Hand veroordeel alle vorme van geweldsmisdaad (polities of godsdienstig) waar mense disrespekvol behandel of kwesbares emosioneel geboelie of fisies mishandel word. Helpende Hand streef daarna om vanuit liefde en respek in ons gemeenskapsontwikkeling ons naaste te dien.

Daarom doen Solidariteit Helpende Hand ʼn beroep op elkeen in ons samelewings wat hierdie lees, en wat soms ons godsdiensvryheid as vanselfsprekend neem, om betrokke te raak by die selfontwikkeling (opbou) en gemeenskapsontwikkeling (uitbou) om ons gemeenskappe as geheel te bevorder deur die Christelike waardes waarvoor ons staan.

Godsdiensvryheid is juis ʼn brakveld vir ons elkeen wat op ʼn positiewe manier aangegryp moet word deur dit nie net as vanselfsprekend te aanvaar nie, maar om daarmee saam te werk tot die opbou en uitbou van ons gemeenskappe.

Moenie jou godsdiensvryheid as vanselfsprekend aanvaar nie – leef jou geloof prakties uit deur jou Christelike waardes!

  • Deur dr. Elsha Hermann (Helpende Hand se hoof van navorsing en maatskaplike ontwikkeling), Gert Erasmus (verbonde aan die geestelike programontwikkeling by Helpende Hand) en Chandré Oosthuizen (maatskaplike werker).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Christine ·

Glo my, selfs hier by ons was jy ook geoodeel ( en benadeel) a.g.v jou geloof. Ek het op die platteland groot geword in die NG kerk. Toe word my ouers Sabbathouers in ‘n Engelse kerk. My Ma was ‘n musiekonderwyseres by die Hoër Skool. ( en sy was uiters begaaf). Sy het haar werk verloor Die Broederbond het gepraat. Ek sal nooit godsdiensvryheid as vanselfsprekend aanvaar nie.

Manie ·

Ek sal ook nooit weer my voet in ‘n NG kerk sit nie, verraderlike lotjie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.