Moet ons dan maar ANC stem?

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die verkiesingsveldtog in Kaapstad. Foto: Henk Kruger/ANA

Baie mense dink dit sal goed wees om vir Cyril Ramaphosa se ANC te stem en hom sodoende meer mag te gee. Feit is Cyril is nie die ANC nie, dit sal steeds die Nasionale Uitvoerende Komitee en die korrupte kaders wees wat regeer.

In hierdie opsig is Zimbabwe ‘n goeie analogie. Emmerson Mganagwa het by Robert Mugabe as president oorgeneem, maar is ‘n groter duiwel as sy voorganger. Die leier het verander, maar die land word steeds deur Zanu-PF in die afgrond in regeer.

Kyk maar wie is nog hoog op die regerende party se kiesingslys. Mense soos

Nomvula Makonyane (omkoopgeld van Bosasa), Malusi Gigaba (onder eed gelieg en die land miljarde gekos met sy visumregulasies) is nommer 23 op die lys en die deurtrapte Bathabile Dlamini (meineed gepleeg oor haar rol in die Sassa-krisis) is op nommer 14.

Maar natuurlik is nog nie een van hulle deur ‘n hof skuldig bevind nie, wat in die ANC se oë beteken hulle is bevoeg. Intussen stel Ramaphosa die een kommissie en direktoraat ná die ander aan wie se bevindinge weer net sal neerkom op appèl ná appèl en eindelose vertragings, soos in die geval van Jacob Zuma.

Die volledige lys van korrupte kaders onder die boonste 200 is baie langer en Jacob Zuma se invloed blyk duidelik wanneer mislukte ministers soos Mosebenzi Zwane (waterwese) en Supra Mhumapelo (premier van die mislukte Noordwes-provinsie) weer hoog op die lys is. Daarteenoor het ondersteuners van Ramaphosa nie die lys gehaal nie, onder andere, ministers soos Michael Masutha (justisie) en Ebrahim Patel (ekonomiese ontwikkeling).

Nasionale gesondheid

Ons sien daagliks hoe ondeurdagte beleide en besluite aangekondig word, soos toe Tito Mboweni in sy begrotingsrede gesê het R717 miljard – nie miljoen nie – gaan vir die nasionale gesondheidsversekering (NGV) uitgerol word. Met watter geld?

Sal dit nie beter wees om eers die 85% staatshospitale en klinieke reg te ruk wat nie aan die basiese standaarde voldoen voordat nog gebou word nie? Nkosazana Dlamini-Zuma kla hoeka dat die grootste deel van die begroting tans bestee word aan skadevergoeding wat die gevolg is van nalatigheid in staatshospitale. Sy is die minister in die presidensie belas met monitering.

In Kimberley is ‘n hospitaal vir ‘n aanvanklike begroting van R300 miljoen gebou. Die prys het tot R2 miljard geëskaleer en op die openingsdag (1 Maart) was daar geen personeel en toerusting in die leë dop nie.

‘n Mens kan een hele artikel wy aan die probleme in Grahamstad, wat onlangs tot Makhanda herdoop is – een van die dinge waarmee die ANC wel uitblink. Behalwe wanbestuur, slaggatpaaie en versmorende rommel het die dorp ook ‘n allemintige waterkrisis wat die gevolg is van swak munisipale bestuur. Daar is R170 miljoen begroot vir verbeteringe aan die Kleynhans-dam, maar geen sent is aangewend nie. Wat sou die nuwe naam hulle kos?

Wat Suid-Afrika nodig het, is haas onverkrygbaar in Afrika: Goeie leierskap. Die een gloeiende voorbeeld is dr. John Magufuli van Tanzanië, wat die verkiesing in 2015 met 58% van die stemme gewen het. Hy het sterk opgetree teen mense wat laat opdaag vir vergaderings, gesorg dat hospitale beddens kry, reise en buitensporighede ingekort en op die onafhanklikheidsdag toegesien dat almal werk en die rommel optel. Dis dalk die moeite werd om weer te gaan lees hoe dinge gedoen moet word.

Suid-Afrika se probleme strek veel verder as Eskom en Kie. Die land het net minder as 58 miljoen mense en die bevolking styg met 900 000 per jaar. Een sesde van die bevolking is immigrante en 110 000 bekwame wit mense het die land al verlaat (bekwaamheid en die nodige kapitaal is die voorwaarde vir emigrasie).

Volgens die Financial Mail word 200 000 werkgeleenthede jaarliks geskep, maar dis maar die helfte van wat nodig is om die ekonomie te stimuleer, armoede te verminder en op ongelykhede in te haal. Volgens Business Tech is Ramaphosa die twaalfde bes betaalde wêreldleier. Sy netto salaris is R3,9 miljoen per jaar, wat meer as R1 miljoen meer is as wat Theresa May van Brittanje huis toe neem.

Terloops, onse Cyril is ook die man wat in 2015 onderneem het om Eskom reg te ruk.

Vir wie stem jy dan?

Om terug te keer na die begin: Vir wie stem ‘n mens as dit nie vir die ANC is in die hoop dat dit in Ramaphosa se broek sit om die party goed te laat regeer nie? Hy het darem al ‘n klompie veranderinge gemaak.

Volgens die jongste Ipsos-peiling gaan die ANC landwyd 61% van die stemme lok, wat meer is as in die vorige verkiesing se 56%. Die DA kan 18% stemme lok en die EFF 10%,

Om nie te stem nie is ‘n lamsakkige vermorsing van jou burgerregte. Stem ‘n mens dan vir die DA in die hoop dat hy in koalisies die remme vir vergrype kan aandraai? Dieselfde party wat Tshwane en Johannesburg saam met die uiters radikale EFF bestuur? Wat ietsie vir almal wil wees en min voel vir wit mense en nog minder voel vir Afrikaans?

Of vir die VF+, wat hoop om sy nasionale setels tot 8 te verdubbel en darem nie skaam is om vir Afrikaanse mense oor kleurgrense te veg nie?

Ons het nog vyf weke om te besluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

LK ·

Dit gaan nie oor wie of wat nie. Ons moet stem vir iemand wat ons land gaan omdraai en dinge beter maak. Ons almal stem vir een of ander klein party wat nie eers ‘n setel in die parlament gaan kry nie. Ons moet besluit gaan ons verdeeld bly of gaan ons stem vir dit wat ons almal bevoordeel. My eerlike opinie, ek gee nie om wie die land regeer nie, al waaroor dit gaan is vir elkeen van ons ‘n plekkie in die son en oorlewing. Ons almal trek swaar nie net wit of swart of bruin nie. Baie sit sonder werk, dienste is so swak alles gaan net agteruit. Kan niemand sien wat regtig besig is om te gebeur nie. Terwyl ons as mense mekaar nie kan verdra nie of nie verby die verlede kyk nie, sal ons al hoe meer agteruit gaan. Ons gaan almal besef wat aangaan as dit heeltemal te laat is. Stig 2 partye of jy stem vir die een of die ander miskien dan sal daar iets positiefs gebeur

willem Botha ·

VF + sal my stem kry vir die eerste keer nadat ek my DA hemp verbrand het.

Ria de Kock ·

Ek stem nooit ooit vir ANC en klaar met DA ook. VF+ kry ons stem hierdie keer.

Leon ·

Ons almal stem DA, met 8 setels sal die VF+ net mooi niks kan bereik nie, en ons weet dit almal. Dit gaan nie help nie as ons, ons afsonder van die res van SA se mense.

Wim ·

Leon wat het jou DA vir ons Boere gedoen oor plaasmoorde? Wat het jou DA vir die arme Spoorwee pensioenarisse gedoen? Kom ek sê jou absoluut niks Die VF plus was al party wat iets al gedoen het en probeer doen en ook baie reggekry het en dit met 4 setels,maar jou DA het ons blankes nog net beskuldig van rassisme al is hulle verkeerd bewys en afgekraak,maar as jy voel jy wil aanhou om net vir hulle stemme te wees en daarna voel hulle niks vir jou nie,doen so voort.

Danny ·

Ek dog in die kiestelsel tel elke stem. DIS NOG ALTYD MY DEBAT .In die parlement tel net die meeste stemme en as daar besluite geneem moet word is die klein partye niks werd. EN DIT SLUIT DIE DA IN

Heinrich ·

Nee Leon, stem nie saam met jou nie. Jy sê dit sal nie help as ons onsself afsonder van die land se mense nie. Lees bietjie die DA se verkiesingsmanifes; hulle sal jou sommer vanself afsonder oor jou blanke velletjie. Op die verkiesingsplakkate teenh nie pale sê hulle:
– “One South Africa for all”, en ek sien hoe hulle “One language and culture for all” toepas, geen Afrikaans of enige ander Afrika kulture nie
– “‘n Werk in elke huis”, maar belowe om sterker rasstellende aksie toe te pas (wat reg oor die wêreld bewys het dat so ‘n stelsel nie kan werk nie.
Ek kan nie sien dat dit fine-and-well is as almal opstaan vir swartes se regte, maar ‘n groot taboe is om op te staan vir enige iets westers of wit nie. Stem jy vir die DA stem jy dat jy heel in jou noppies gaan wees dat jou kinders nie toelating tot sekere rigtings op universiteit mag kry of die werk van hulle keuse mag beoefen nie, omdat die DA ‘n beter ANC wil wees as die ANC self.
Ek vra nie om myself af te sonder van ander nie, maar ek vra vir die reg om oor my eie sake te mag besluit wat nie die kultuurmoord insluit waarvoor die ANC en DA met hulle kommunistiese neigings staan nie.

Landvaneensydigheid ·

Gaan nie oor sleutels nie. Gaan oor standpunt. Demokrasie met sy sosialistiese aanhangsil is dood en hoe vinniger ons dit besef hoe beter.

VF+ sal my stem kry.

M ·

Wanneer gaan Afrikaners wakker skrik. Die DA het nie n saak met Afrikaners nie. Ons is nog altyd gesien as “Dutchman” en ” Rockspiders”. Hulle ondersteun onder andere regstellende aksie. Onthou die onderwyseres van SR ?. Ons Afrikaners moet ophou onnosel wees en wakker skrik. VF plus het nog altyd my stem.

negatief ·

ons stem as gesin en familie ook DA die wat wel stem
ja VF is n baie goeie opsie en sien hul moeite maar hul is net doodeenvoudig te min
ek stem eerder maar DA en weet dis n stem wat verseker n verskil kan maak teen ANC

saartie ·

Ek gaan maar my ou DA vriende volg en ook VF+ stem dan voel dit nie weer vir my na die verkiesing dat ek my kleinkinders verraai het nie.

TN ·

saartjie __ Stem maar vir mense wat polarisasie voorstaan en jy mag dalk nie kleinkinders hê om te verraai nie !

Werklikheid ·

Kom bly in die Wes-Kaap dan sal jy besef jy kan tans niks anders as DA stem nie.

willem Botha ·

Hoekom het die DA dan nog nie n referendum gehou om af te stig van SA en n onafhanklike staat te word nie.

Werklikheid ·

Behalwe dat die DA nie by magte is om ‘n referendum uit te roep nie (anders kon die VF+ mos ook oor doodstraf ens), sal hulle dom wees om te wil afstig van die res van SA. Waar dink jy kom hulle begroting vandaan? 43% van die totale pot word deur Nasionale Tesourie aan die provinsies gegee.

willem Botha ·

Ek praat van die wes kaap en hoekom is die DA nie by magte om n referendum uit te roep nie hulle beheer die provinsie,dit is wat die VF+ sou doen as hulle die provinsie beheer het ,die munisipaliteite wat die DA beheer is met die hulp van die eff,cope,VF+ .

Wonder ·

Ek besluit nog tussen DA en Cope… Hou meer van Cope, maar die party is klein en het nie veel mag nie. Ek en my gesin wou op stadium emigreer, maar na ‘n vakansie in die Wes-Kaap weer hoop gekry!

TN ·

Wonder ___ die Wes-Kaap word beheer deur die enigste party wat WERKBARE alternatiewe bied ; laat ou Pietertjie en sy spul dommes maar voort ploeter op ‘n Afrikaanse miskoek wat nêrens heengaan nie ! Hy sal sy 3-minute inset in die loop van die volgende jaar in die parlement lewer en so sy salaris ” regverdig “!

Pol ·

Nee wat, dié jaar mors ek nie my tyd en geld om hier in die buiteland te stem nie.

Jan ·

Wat is die verskil . Wie het die NP bestuur en gemanupileer . Ons in nou al gewond aan die soort van bestuur .
Willem Botha daai droom van jou van n onafhanklike staat beroof jou van mense vreugde en sielle rus . Dit gaan nooit weer gebeur nie . Maak vrede daarmee .

willem Botha ·

Dit werk in Europa so in eerste wêreld lande,en as jy ding dit gaan beter word in hierdie ashoop waarop ons sit dink ek jou droom is is nog meer vergesog maar ek aanvaar jou opinie,ek stem net nie saam daarmee nie.

Pieter du plessis ·

Jan, ek kan nie onthou dat dit al ooit gebeur nie hoekom is jy so seker dat dit nie kan werk nie.Ek dink nie wb praat van n 2 de orania nie maar n onafhanklike staat soos bv Duitsland in Europa vir almal wat daar woon net wat beter regeer word.

Liza ·

Jan, Zulu nasionalisme is aan die opbou. KZN gaan wegbreek van SA, gevolg deur die Xhosas. Die res van SA gaan verval in ‘n helhool soortgelyk aan Somalië waar “war lords” in beheer is en mense mekaar gaan uitmoor. Teen daardie tyd is die WesKaap hopelik al al ‘n republiek. In Afrika gebeur altyd iets nuuts. ‘n Onafhanklike staat is haalbaar indien mense daarvoor werk, nie droom nie. En onthou, SA soos vandag moes nooit bestaan het nie. Nou baklei ons teen swaartekrag. Dit wat met AIG gebeur is ‘n teken dat Afrikaners begin opstaan en nuwe antwoorde soek. Indien jy vrede gemaak het met die SA is dit jou saak, honderde duisend is nie.

Henk ·

Cyril Ramaphosa is ‘n infame leuenaar: hy het gelieg oor sy seun se verbintenis met Bosasa, hy vertel die VSA president “daar is geen wit plaasmoorde in SA nie”.
Is is ‘n onbekwame bestuurder. In Desember 2014 plaas Jacob Zuma hom in bevel om Eskom, SAA en SAPO “om te keer”. Vyf jaar later het Eskom en SAA ingestort, en is SAPO op die punt om dit te doen. Hy erken hy “weet nie wat verkeerd gegaan het met Eskom ” nie en stel ‘n komitee aan om binne 2 weke vas te stel wat verkeerd gegaan het!
Kan jy waaragtig daaraan dink om so ‘n man te steun as SA president?

Buite Stander ·

En hy het sy miljarde opgebou met BEE skenkings. Nie ‘n steek werk gedoen om iets van die grond af op te bou nie. Die Ramaphosa/Motsepe/Radebe groep gaan meer skade aanrig as die Zuptas.

Andre ·

`n Stem vir die DA of ANC is `n stem teen Afrikaans en wit mense, dink tog `n bietjie vir julle self toe. Mens hoor net van die DA as dit verkiesing is dan praat daai idioot Mmusi wil veg vir Afrikaans, wat `n grap. Hoe kan jy vir so liegbek stem?

TN ·

Jy woon seker nie in die Wes-Kaap , die enigste DA- en bes-bestuurde porivinsie met ‘n myl , nie ?

M ·

Korrek Andre. Buite behalwe die feit dat die Engelse ons ook nog meer haat as Malema en die BLF

Carl ·

Vir diegene wat bv die VF+ afskiet omdat `n klein partytjie met min setels is en eerder vir `n groter party soos die DA wil stem, gaan kyk gerus na “PROPORSIONELE STEM” – wat ons gebruik in SA. Met dit in aggenome, is die kleiner partye wat wel opstaan vir bv konserwatisme en of ander minderheidsgroeps-regte, eintlik uitstekende keuses bv COPE, ACDP, VF+ en miskien iets soos die nuutgestigde SACP (Pers Koei) SA Kapitalistiese Party, ens. Die DA (ANC Lite), met sy populistiese beleid gaan dit verseker nie doen nie en hy het homself van sy sg “witstem” en moontlik baie van sy “Bruinstem” ook, vervreem.

M ·

Carl … nie seker of van die mense mooi gaan begryp wat jy bedoel nie maar jy is 100 % reg

Gys ·

In 1992 het die wittes hulself in die moeilikheid in gestem. Nou skarrel almal (VF, DA, ens.) om hulself weer uit die moeilikheid te (probeer) stem. Sterkte.

Maar dis seker menslike natuur. Kry jouself eers in die moeilikheid en probeer dan om daaruit te kom. In plaas daarvan om van die begin af net uit die moeilikheid te bly.
Word eers vet en probeer dan verslank. Pleks van eerder net nooit vet word nie.
Beland eers in finansiële moeilikheid en probeer dan om daaruit te kom. Pleks van eerder net van dag een af nie geld mors nie.
Raak met die verkeerde persoon in n verhouding betrokke en probeer dan dasruit kom. Pleks van eerder net verkeerde mense van die begin af vermy.

Craig ·

Vir die eerste keer sedert my eerste stem in 2004 kan ek sonder skaamte stem. DA is Gauteng en ZACP nationaal. Die ZACP (die pers koei party) praat mos sin sonder enige nonsens.

Gert ·

As jy nie vir ‘n klein partytjie wil stem nie, dan is julle DA ook nie ‘n opsie nie. 18% is regtig nie ‘n groot party nie. Wat wel waar is, is dat jou Afrikanerstem ‘n klein stem in die DA is, wat beteken jou belange word laaste gestel al het jy vir hulle gestem. So ken ek mense wat vir die DA stem en dan hulle werk verloor weens AA wat DA beleid is, dan hardloop hulle na Solidariteit om hulle te help! Hoe laf is dit?

M ·

My Oupa altyd gese ons Afrikaners is n onnosele dwarstrekkige nasie. As ek so kyk hoe mense nog DA wil stem na al die drama die laaste 4 jaar dan bevestig dit net vir my hoe onnosel ons mense regtig is ????

Leon ·

Nie so onnosel on die VF+ te stem. Wat op aarde gaan dit help om vir party te stem wat hoop om 8 setels te wen, dit is n joke.

Theoman ·

Leon, dit gaan beslis n “joke”wees om te sien hoe die DA wit stemme na die VF Plus en
swart stemme terug na die ANC gaan verloor, ek gaan krul van lekker lag.

Dries du Toit ·

Al word die Christene n klein minderheid in die land en het 1 setel in die parlement bly ek n christen en ondersteun ek hulle. LEON as jy setels najaag en sodoende jou beginsels prysgee stem vir die ANC. Verduidelik net eendag aan jou kinders hoekom jy hulle so skade aan gedoen het

Johanb ·

Jy kan nie vir cyril stem nie. Hy lieg soos ‘n tandetrekker. Die VF is die party wat my stem kry.

Joe ·

Nee wat die DA het dit duidelik gemaak dat BEE en kwotas nog strenger gaan raak onder hulle. Ek gaan dié jaar nie my tyd en geld mors op te reis om te gaan stem vir n land waarin ek al vir 13jaar nie meer bly nie.

Dirk Breytenbach ·

Mense moet julle asb. nie aan die drog redenasie steur dat ‘n stem vir ‘n klein partytjie nie tel nie. Ons het sedert 1994 ‘n een mens een stem stelsel. Hoe dink julle regeer die DA en EEF saam? Om jou stem boonop nog te verdeel tussen CR en die party van jou keuse is ook vreemd. Stem vir wie jy wil.

Night ·

Die roete van diplomasie is sekerlik uitgedien. Is dit nie tyd om realisties the wees en vir eens aan ons self en mekaar die harde werklikheid te erken nie en dan daadwerklik ophou om mekaar te kritiseer en eerder terug kyk na iets wat ons lankal sig van verloor het, en dit is die woorde “ EENDRACHT MAAKT MAG” ?

Andreas ·

Met die grysheid kom wysheid, maar Cyril is nog nie grys nie, dalk sal hy tekens daavan begin toon na die Bosasa debakel verby is.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.

As “stem” regtig n verskil sou maak, dan sou hulle ons nie toelaat om dit te doen nie….dink daaroor…

.
.

JC ·

Ek kan nie glo dat daar nog steeds mense is wat dit oorweeg om vir die ANC te stem nie. Onthou net, Ramaphosa is die skip se kaptein maar hy is nie die skip nie, die ANC is. Op die oomblik is Ramphosa maar net ‘n pion wat beveel word oor wat hy mag en nie mag doen nie.
Ek sal ook graag wil weet, sedert die 25 jaar wat die ANC aan bewind is, noem my een suksesvolle ding wat hulle aangepak het. Ek weet van ESKOM, SAL, SAUK, departemnte wat bankrot is, dienslewering, meer riool in die Vaal Rivier as water ens ens.
Nee mense die ANC weet nie hoe om ons land te regeer nie, hulle weet wel baie goed hoe om geld te laat verdwyn.

Jerry ·

Die enigste kiesers wat tevrede kan wees met die partye waarvoor hulle stem is die revolusioneres agv die talle revolusionere suksesse bv swak dienslewering, staatskaping ens. Opposisiepartye wat graag daarna verwys as mislukkings doen dit uit totale onkunde en uit wanbegrip van revolusionere ideologiese prosesse. Die ANC/EFF/UDM ens staan almal aan dieselfde kant van die draad met n gesamentlike ideologiese revolusionere strategiese aanslag. Nie net besorg dit die meerderheid stem aan die ANC, maar ook eenheid, krag en mag mbt gemeenskaplike sake/verandering. Teenoor die revolusioneres, aan die anderkant van die draad, staan die DA/VF/Cope/ACDP/FN ens sonder n gesamentlike ideologiese teenrevolusionere strategiese aanslag. Nie net besorg dit verdeelde minderhede met minderheid stemme aan die opposisie, maar ook swakheid, kwesbaarheid en verdeeldheid selfs mbt gemeenskaplike sake. Nie een van die opposisiepartye kon die ANC misleidingstrategie ontleed en akkurate vooruitskouiings maak nie met bv staatskaping, laat staan nog om dit te sou kon verhoed. Nou wil al hierdie opposisiepartye sonder tande om te byt en wie hulle kiesers teleurgestel het he dat kiesers weer vir hulle moet stem, net om maar weer teleurgestel te word. Dalk het dit tyd geraak om aan die opposisiepartye n ultimatum te stel om hulle huise in orde te kry en n gesamentlike teenrevolusionere strategiese aanslag te formuleer en te implementeer voor die verkiesing op 8 Mei! Kiesers kan nie langer net toekyk hoedat opposisiepartye deur die ANC/EFF/BLF/UDM gyselaar gehou word, op sleeptou geneem word en saam oor die afgrond gesleep word nie!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.