Moet ons met universiteite wegdoen?

prof-danie-goosen-akademia-2019-05

Prof. Danie Goosen is die akademiese hoof van Akademia. Foto: Verskaf.

Sir Roger Scruton, een van die bekendste konserwatiewe denkers van ons tyd, het pas op ’n Crossroads-konferensie in Londen ’n opspraakwekkende uitspraak oor die hedendaagse universiteitswese gemaak. In antwoord op ’n vraag uit die gehoor hoe hy op berigte antwoord dat konserwatiewe studente aan die Birkbeck Universiteit van Londen fisiek deur medestudente aangeval is, het Scruton gesê:

“Daar is twee oplossings hiervoor. Die eerste oplossing is om nuwe universiteite buite-om die beheer van die staat te stig. ’n Tweede oplossing,” het Scruton in radikaler terme bygevoeg, “is om van universiteite ontslae te raak.”

Waarom het Scruton so skerp gereageer? Alhoewel hy hoofsaaklik die Britse universiteite in gedagte het, het sy reaksie betrekking op universiteite oor die hele Westerse wêreld. Scruton se standpunt oor die hedendaagse universiteite kan so saamgevat word:

  • In plaas daarvan dat universiteite vandag instellings is wat die Westerse denke op kritiese wyses aan toekomstige geslagte oordra, word dit instellings wat alles uit die verlede kriminaliseer;
  • In plaas daarvan dat universiteite na die ware, die goeie en die skone vra, doen dit met dié oeroue oogmerke van die universitêre lewe weg. ʼn Gevolg hiervan is dat studente in ’n kulturele lugleegte beland waarin slegs polities korrekte slagspreuke en magsuitoefening ’n uitweg bied;
  • In plaas daarvan dat universiteite ʼn gebalanseerde houding jeens die verlede handhaaf en ʼn sin vir die historiese konteks aanmoedig, word die verlede sonder meer as “boos” (rassisties, kolonialisties, partriargaal, ensovoorts) beskryf;
  • In plaas daarvan dat universiteite instellings is wat ʼn liefde vir die eie kultuur en ʼn respek vir andere kulture aanwakker, word die eie kultuur met minagting hanteer, terwyl ander kulture sonder enige kritiese voorbehoud as ’n morele voorbeeld vir almal opgevysel word.

Scruton se lys van besware kan nog verder uitgerek word. In wese verteenwoordig bogenoemde egter die kwessies wat Scruton se gramskap uitlok. En hom selfs noop om vir die opheffing van universiteite te pleit. Universiteite is nie meer kultuurskeppende kragte nie, sê Scruton. Universiteite het eerder kultuurvernietigende kragte geword. Enigeen wat ʼn liefde vir die Westerse kultuur het (en besorg is oor die hedendaagse welstand daarvan) kan beter sónder die universiteite as mét hulle klaarkom.

Hoe antwoord die Afrikaanse wêreld (ook die Afrikaanse ouer- en studentegemeenskap) op Scruton se stelling? Het Scruton se kritiek nie ook betrekking op die plaaslike universiteitswese en selfs op ʼn nóg meer intense wyse as in die Britse universiteitswese nie? En as dit so is, wat is die alternatief op die ongelukkige toestand waarna Scruton verwys?

Gelukkig laat Scruton ons met ʼn ander keuse as om slegs van die universiteitswese afskeid te neem. “Laat ons ons eie universiteite buite-om die staatstrukture stig,” sê hy.

Afrikaanssprekendes het goeie rede om Scruton se skeptisisme jeens die staatsuniversiteite te deel. Soortgelyke patrone is ook by dié universiteite aanwesig, tot groot nadeel van, onder andere, die Afrikaanse studentegemeenskap.

Nogtans het Afrikaanssprekendes goeie nuus, ook vir Scruton. ʼn Eie Afrikaans universiteit – los van staatstrukture – floreer reeds in ons geweste. Maar bowenal is dit ook ʼn universiteit gegrond op uitgangspunte wat sonder twyfel Scruton se goedkeuring sal wegdra.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Danie Goosen

Meer oor die skrywer: Danie Goosen

Prof. Danie Goosen is die akademiese hoof van Akademia.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Dries du Toit ·

Prof Danie doen so voort. Bou Akademia. Hy gaan nog bitter baie beteken vir ons. Daar is nog soveel kningeligte mense wat nie eens weet van die bestaan van Akademia nie

Hans Richardt ·

Begin privaat Afrikaanse universiteitkampus in Orania.
Vaardigheidsopleidingssentrums is meer nodig, vir ontwikkeling van ekonomie.

Gerda ·

Sol-Tech in Pretoria bied reeds wereldklas tegniese opleiding met groot sukses aan en in Orania is daar die Bo-Karoo opleidingsentrum vir die boubedryf opgerig. So gaan ons van krag tot krag!

Christo Conradie ·

Afrikaners kan met twee hoof, konvensionele universiteitskampusse oorleef: een in die Noorde (Pretoria) en een in Sentraal Suid-Afrika (Orania) , en n paar ander satelietkampusse in streeksstede.

Stephan de S ·

Oor n paar jare sal die reddende remediërende invloed op die Afrikaner se opvoeding en toekoms agv hierdie geloofsinisiatiewe erkenning begin geniet. My bewondering vir al hd baanbrekers is groot.

Pietman ·

Kan akademia nie dalk met ander buitelandse universiteite skakel om vennootskappe aan te gaan rondom erkenning en kursusse nie?

Asseblief ja ·

Ja die oplossing is om met ander westerse universiteite wat nognie deur die kommuniste gekaap is nie saam te staan, kursusmateriaal uit te ruil.

Afrikaner ·

Hier is 4 GROOT geeste by mekaar:

Danie Goosen, Flip Buys, Bennie van Zyl en MT Steyn.

Manne met murg in hul pype!

Ons sien en wardeer wat julle doen (en gedoen het)

Dankie daarvoor.

Marelize ·

Maar… wat is die vereistes vir toelating tot Akademia? Soos ander privaat universiteite, bloot dieselfde as enige staatsuniversiteit? Hoekom kan voornemende studente nie deur die inatelling self gekeur word en toegelaat word nie? Hoekom moet USAF sertifikaat gee? Hoekom moet juis ‘n staatssertifikaat ‘n vereiste wees vir toelating tot studie BUITE die staat?

Charles ·

Baie dankie Prof!Jou artikel vat so raak!Na my mening is die bejammerenswaardige situasie in die VSA die heel ergste!Die universiteit as simbool van Westerse uitnemendheid moet mee weggedoen word,en die jammerlike gebreinspoelde millennial oikofobetiese liberales doen lustig daaraan mee.US in natuurlik voor in die koor in die departement,van die ander staatsuniversiteite(bv. UP)praat ek nie eers van nie-want hulle is US ver voor en het reeds ‘n ander “vlak” van aftakeling bereik,en is “next level”.

Die “universiteite”(in aanhalingstekens-want die titel is hulle lankal nie meer op geregtig nie)as simbool van die Weste is besig om onder te gaan-en weet u wat-miskien is dit goed so-en het staatsuniversiteite lankal hul nuttigheid verloor-as synde indoktrinasie sentrums van die ergste graad waar daar by die altaar van linkse politiese korrektheid gebid word-net die ander dag is ‘n oënskynlik goed nagevorsde artikel betreffende kognitiewe defekte by ‘nsekere geslag van ‘n rasgroep AGV OMGEWINGSFAKTORE, tersyde gestel omdat dit die polities korrekte polisie van “UCT” ontstel het(synde dat dit nieasDOUBLE THINK kwalifiseer nie!)

Ek dink nou die dag by myself-toe die vernietigers van die eens eerbare instellings gesê het daar moet weggedoen word met wetenskap het hulle dit werklik bedoel!Wetenskap en fisika as die GROOT prestasies van die Weste moet vernietig word deur politiese korrektheid, geen meer objektiwiteit en FEITE mag staan in die pad van PC nie- o nee- weg met dit se hulle!Baie dankie.

Marie ·

As dit nie vir die stakings in 2016 was by universiteite nie sou ek op die regte kursus geregistreer gewees het en nou my graad voltooi het. Nie eers die universiteit se ombuds man kon my help nie . Ons blankes is in groot moeilikheid want ons kry nie werk nie tensy jy iemand ken wat iemand ken wat op ‘n manier vir mens ‘n goeie woord kan doen. Ek is moedeloos.

Jeremia ·

Artikel bied stof tot groot nadenke.
Veral ook ten opsigte van ‘n soeke na die begrip – Afrikaner. ‘n Afrikaanssprekende is bloot ‘n taalspreker, oftewel iemand wat Afrikaans kan praat.
En dit dan sonder om heel beuselagtig hare te kloof oor die begrippe Boer en Afrikaner.
Terloops – niemand praat Boers nie, behalwe diegene wat ‘n geradbrakte Afrikaans besig nie.

Rupert Ashford ·

Daar kan verder ernstige vrae gevra word oor die beoefening van die wetenskap by meeste instansies. Die wetenskaplike metode is onder druk en die sg “peer review” stelsel is in baie gevalle gekaap om eerder politiek korrektheid na te jaag as om integriteit te bevorder.

Pieter ·

Ek dink regtig universiteite sal moet herbesin oor die tipe vakke in die verskillende dissiplines wat aangebied word. Het die sosiaal wetenskappe regtig nog ‘n plek in universiteite, wat is die nut van baie hierdie vakke behalwe om dieselfde storie aan ander te vertel? Het ons regtig nie geleer uit die lesse van die studente onluste van 1976 (Parys Frankryk)

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Die probleem is die ouerhuis…nie die Universiteit nie.
.
.

Ra Amon Khan ·

.
.
Die ouers moet die kind n opvoeding gee voor hy skool toe gaan…dis waar die probleem wortel skiet.
.
.

Jerry ·

Uitstekende denke en artikel prof Goosen. N eie westerse denke universiteit is realisties gesproke dalk tans nog nodig, maar dit is my beskeie opinie dat daar vir bo en behalwe akademia, nie nog universiteite opgerig behoort te word nie. Jongmense wat klaar studeer maak lankal nie meer SA hulle tuiste nie en volgens Jan se kommentaar is hulle Afrikaners wie niks vir niemand gaan wees nie! Ek verskil egter van Jan en reken dat hulle wel in die toekoms vanuit die buiteland iets kan wees, vir iemand in SA. Wie weet, dalk stuur hulle eendag hulle kinders om by akademia te kom studeer, alhoewel ek twyfel en eerder sou reken dat n meer lewensvatbare opsie sou wees om akademias in die buiteland tot stand te begin bring!

GB ·

Jerry, ek mag verkeerd wees – ek hoop eintlik ek is verkeerd – maar dit lyk vir my asof die ganse Westerse wereld op n krisis afstuur – kultureel, moreel, ekonomies, polities. Sekerlik in n groot mate juis te danke aan die anti-Westerse ideologie van Westerse universiteite. Binnekort gaan emigrasie ook nie meer so n aanloklike opsie wees nie. Wat dan? Hoe uitdagend ookal, dit is hier waar Afrikaners n toekoms sal moet uitwerk.

Jerry ·

GB, almal is bewus van hoe uitdagend die staatskaping aanslag, misdaad, regstellende aksie, diskriminasie en veiligheids kwessie in SA is. Dit is nie die geval in die buiteland nie, glad nie! Die mense en universiteite se denke word weerspieel in hulle lande se beleid en in die buiteland kan ek jou verseker dat dit westers en kapitalisties is en dat dit werk en so ook die verskillende morele waardes en kulture. Die mense, hulle denke en beleid word nie bedreig nie. Inteendeel dit skep vertroue, geleenthede, verdraagsaamheid en veiligheid, goeie standaarde en n uiters goeie lewe. Die mense in die buiteland is bederf, daar is selfs te min mense vir al die werk wat gedoen moet word, daarom verwelkom hulle beheerde gekwalifiseerde immigrasie. Die gaping tussen SA as n derde wereld land en die buiteland se eerste wereld lande raak nie kleiner nie, dit raak elke dag net groter. Dit is die buiteland met investering wie vir SA vir die volgende 5 jaar nog aan die gang gaan hou! Van SA se uitdagings raak byna onoorkombaar, terwyl dit in die buiteland steeds gerieflik oorkombaar is. Die gewone mense in SA is desperaat, die gewone mense in die buiteland is alles behalwe desperaat! Die mense in SA sal emigreer as hulle kon, die mense in die buiteland sal eersdaags nie eers meer in SA gaan vakansie hou nie, want wie sal in die vierde gevaarlikste land in die wereld wil gaan vakansie hou?

marco polo ·

Ek stem saam Jerry, dis my ondervinding ook. Waar ek is, kry mense bloot n ander werk in n oogwink as hulle nie van hulle werk hou nie. Dis nou wel nie Westers nie, maar vir seker kapitalisties. Dit het my net een dag geneem om my huidige werk te kry en ek verdien ver meer as wat ek ooit in SA verdien het, terwyl ek my nie gaan dood werk nie. Studente gaan skole en universiteite toe om hard te leer, want hulle weet dat sukses net kom van goeie opvoeding en harde werk. Daagliks vra mense my ook uit oor SA, want hulle wil graag gaan vakansie hou daar, maar is bekommer oor veiligheid. Maar ten spyte van alles sal ek enige tyd terugkeer na SA indien ek in n veilige omgewing Afrikaner kan wees, sonder om deur n meerderheid van n ander kultuur verdring, verguis en vermoor te word.

GB ·

In n toespraak gemaak op 30 September 1938, verklaar die Britse eerste minister, Chamberlain, dat hy “vrede vir ons tyd” bewerkstellig het met die Anglo-Duitse ooreenkoms. Minder as n jaar later verklaar hy oorlog teen Hitler. Vandag staan mens verbaas en wonder of hy dan nie die gevaarligte gesien het nie.

Op die oog af mag dinge voorspoedig lyk, maar daar is n hele paar gevaarligte wat alweer brand, veral oor Europa. Een daarvan is die verouderende inheemse populasie weens n daling in die aanwassyfer. Daar word voorspel dat Europa se bevolking met n honderd miljoen kan afneem oor die volgende vyftig jaar! Voeg daarby die golf van immigrante wat Europa instroom, veral vanuit die Midde-Ooste, en mens het nie baie verbeelding nodig om te sien dat die einde van Europa om die draai is nie.

Enna Burger ·

Nee julle kannie dit wat elke jongmens se toekoms is, wat hul geleer het , in hul hoofde die brein ingedril is niemand kan dit weg nie. Dit is elke jong mens se reg
Laat hul leer en lees ASB. Ons land is wreed vol vrees vol haat. ?????? Groete A E

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.