Moet op prinse nie vertrou nie

Betogers in Brisbane. Foto: Zelna Palm

Die internasionale wêreld het uiteindelik van Suid-Afrika se magdom probleme rondom plaasmoorde, misdaad, korrupsie en onteiening sonder vergoeding kennis geneem.

Peter Dutton, die Australiese minister van binnelandse sake, het eintlik die bal aan die rol gesit om buitelanders se oë oop te maak vir wat plaaslik aan die ontvou is en vir die gruwelik onveilige omstandighede waarin boere leef.

Die afgelope twee weke het buitelanders ook optogte teen plaasmoorde in Gent in België en Brisbane, Australië gehou. En nog word beplan.

Vir die eerste keer in dekades is Suid-Afrika, eens die muishond van die wêreld, se politiek en misdaadkrisis weer ’n item op die nuusagendas van talle internasionale koerante, radiostasies en televisiekanale reg oor die wêreld.

Ja, die wêreld is besig om van ons kennis te neem, is wat gewone landsburgers in hul sitkamers en rondom die braaivleisvure vir mekaar sê of in hul stilligheid dink.

Omdat geen twee mense op aarde presies dieselfde is nie, is dit bloot natuurlik dat elke mens sy eie persepsie en gedagtes rondom die skielike “internasionale aandag en belangstelling” formuleer.

In breë kan ’n mens die reaksie van mense of groepe egter in verskillende kategorieë indeel.

Daar is diesulkes wat soos Lindiwe Sisulu, Suid-Afrika se minister van internasionale betrekkinge en samewerking, byna aapstuipe gekry het in reaksie op Dutton se voorstel dat visum-regulasies verslap moet word om die uitgelewerde en geteisterde Suid-Afrikaanse boere-gemeenskap ’n heenkome in Australië te bied. Absoluut verregaande was party én die ANC se reaksie! Wat dan van al die ander mense in Suid-Afrika wat ook slagoffers van geweld en misdaad is? En hoe durf Australië met sy hantering van die inheemse Aborigines vir Suid-Afrika kom voorskryf hoe sekere minderheidsgroepe behandel moet word? Nee, los ons en ons regering uit om ons eie probleme op te los. Ja wel, nugter weet hoe lank dit mag neem.

Dan is daar ’n groep wat mens waarskynlik die vuisvoos, dankbares kan noem. Dankie Australië, dankie België, dankie Brittanje, dankie dankie dankie. Ek vermoed hulle glo en hoop op ’n internasionale wonderwerk waar iemand skielik iewers gaan ingryp of ’n reddingspan of soldate gaan stuur om ’n einde aan Suid-Afrika se nagmerries te bring.

Natuurlik moet mens gelowig wees en ja mens moet hoop dat bewusmaking van plaasmoorde en ANC-beleide tot optrede sal lei wat die regering uit sy slaap sal wakker skud. Daarom is internasionale druk deur burgerregte-organisasies soos AfriForum gepas om ’n verandering teweeg te probeer bring. Al is dit dan net om internasionale beleggers sover te kry om sterker standpunt teen drakoniese wette soos onteiening sonder vergoeding in te neem en hul beleggings te onttrek.

Nog ’n groep is waarskynlik die optimistiese realiste wat meen Suid-Afrika en die lot van sy mense kan daagliks in elke wêrelddeel opslae maak, dit gaan steeds nie ’n einde aan die aanvalle, diskriminasie, korrupsie en agteruitgang bring nie. Dié groep bestaan ook uit mense met uiteenlopende benaderings en houdings. Van hulle het die situasie in die land doodeenvoudig aanvaar en besluit om inwaarts te migreer. Hulle het hul gedagtes van die land afgesny, hulle vermy die nuus en waar moontlik verlaat hulle selfs nie meer hul luukse gholflandgoedere of veiligheidsdorpe nie.

Binne dié optimistiese realiste is daar egter ook ’n groep wat eenvoudig nie goedsmoeds wil of gaan aanvaar dat die stryd verlore is nie. Soos die Voortrekkers van ouds bly hulle planne maak en na oplossings soek om hul voortbestaan aan die suidpunt van Afrika te verseker. Dit is mense met hul wortels diep in Afrika-grond wat weet dat hulle nie elders sal kan aanpas nie. Hulle wil nie alles wat hulle en hul voorouers opgebou het net so agterlaat nie. Buitendien ken hulle geen ander bestaan as die een waaraan hulle gewoond is nie. Dit is veral van toepassing op die boere-gemeenskap. Vir geslagte is dit al wat hulle gedoen het – geboer en kos op die tafel vir miljoene gesit het.

Maar waar laat dit mens aan die einde van die dag? Die antwoorde is dalk baie eenvoudiger as wat mens dikwels dink. Diegene wat wil en kan emigreer en geen verknogtheid aan hul identiteit, taal of kultuur het nie, sal dit doen. En daarmee is ook niks verkeerd nie. Elke mens moet doen wat vir hom of haar reg is.

Aan die anderkant moet diegene wat agterbly weet dat ’n groot opdraande stryd voorlê. Suid-Afrika gaan sy eie probleme moet oplos. Ander lande se polisie en weermagte gaan ons nie te hulp snel of gemeenskappe kom beveilig nie. Dit het nie in Zimbabwe gebeur nie en sal ook nie hier nie. Suid-Afrikaners, en minderhede soos Afrikaners in besonder, is op hul eie. Ons gaan die toekoms kry wat ons self skep en bou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Kreatiewe.Werksvark@wêreldkompetisie.zar ·

Die Suid-Afrikaanse realiteit is dat ons ekonomies nie wêreld kompeteerbaar is nie. Dit gaan meebring toenemende werkloosheid, armoede, sosiale onrus, magstryde vir die beperkte bronne. En daar sal uiteraard ‘n sondebok hiervoor verantwoordelik wees. Raai wat en wie?
So, quo vadis my mede Suid-Afrikaners? Soveel Suid-Afrikaners, soveel antwoorde.
1) Suid-Afrika moet onverwyld fokus op sy ongebreidelde bevolkingsaanwas en sy grense beveilig teen onwettige immigrante;
2) Vervang die hele nasionale departement van onderwys se bestuur met bekwame kundiges;
3) Raak ontslae van al die ANC kaders.
4) Vervang die kultuur van “entitlement” met “kreatiwiteit, werkstrots en self-aktualisering”
5) Ons moet nie mense net leer om daagliks self ‘n vis te vang nie, maar ook om die dam te vergroot vir vis uitvoer om buitelandse valuta te verdien vir ‘n beter toekoms VIR ALLE SUID-AFRIKANERS!
Waar is die leiers? Ware leiers? Leiers wat Batho Pele kan laat werk!

Hendrik ·

As ‘n realis sien ek dat nie een van die 5 punte gaan realiseer nie. Regtig?

Selfbeskikking ·

Al hoe ons die land gaan regruk is om ons eie stuk van die land self te regeer na onderhandelings met ons regering en hulp van die buiteland. Die westerse lande het groot belang daarin dat die laaste stukkie westerse kultuur hier in Afrika nie verlore sal gaan nie, daarom sal hulle ons help om met ons regering te onderhandel.

Hendrik ·

Afrikaners moet konsentreer in gebiede regoor S.A. Ons moet bereid wees om liewers plekke soos bv. Sannieshof op te offer en daardie burgers wat ver in die minderheid te skuif na ander dorpe/gebiede sodat die konsentrasie van Afrikaners te verhoog. Of nog beter begin ‘n nuwe dorp en sorg dat die arbeidsmag uit eie geledere kom. Dit is baie moontlik mense en ek is verbaas dat baie mense nie die oogklappe wil afhaal en nie na die moontlikheid kyk nie.

JdV ·

Hendrik, nie noodwendig konsentrasie in dorpe nie, maar konsentrasie in een, twee of drie provinsies. Baie mense semigreer vanuit veral Gauteng na die Wes-Kaap toe. Vir die korttermyn is dit seker nie ‘n slegte idee nie, maar ek dink die Wes-Kaap het alreeds ‘n probleem met migrasie vanuit die Oos-Kaap, en dat dit die Wes-Kaap se infrastuktuur onder druk plaas en dat dit daarom ook daartoe kan lei dat ons iewers in die toekoms die politiese pendulum in die Wes-Kaap t.g.v. die ANC kan sien swaai. Limpopo, Mpumalanga, Kwazulu-Natal, Oos-Kaap is buite die kwessie vir vanselfsprekende redes o.a. oorbevolking en getalle wat teen ons sal tel. Dit laat vier ander provinsies oor: Gauteng, Vrystaat, Noord-Wes, Noord-Kaap. Persoonlik voel ek dat ons, onsself in die Wes-Vrystaat, Noord-Wes en Noord-Kaap moet konsentreer. Maar nou ja, om Afrikaners daarvan te oortuig en te beweeg sal ‘n wonderwerk vereis.

Stella ·

Wie gaan begin hiermee? Almal praat net! Werklik n bemoedigende artikel (sarkasties bedoel)

Boerseun ·

Hoekom gee jy om waar dit is. Gee ons net n Lesotho of Swaziland, enige plek.

Selfbeskikking ·

Ons kan konsentreer in meer as net een plek, die ou tuislande was in stukke versprei en somook n paar ander lande in die wereld. Dit kan werk met vandag se tegnologie en die nuwe ekonomie. Ja, mense praat en doen nog niks maar sodra die ANC harder gaan druk gaan gesprekke oorgaan na onderhandelinge soos almeer van ons mense gedruk word.

Jerry ·

Baie goeie ontleding van die verskillende denkrigtings. 100% reg in die kol dat jy die toekoms kry wat jy self skep en bou. Jou toekoms sal egter mistroostig bly wanneer jy weier om te versoen en die foute van die verlede herhaal deur aan te hou om ander groepe uit te sluit van hierdie skep en bou. Hierdie groepe sal aanhou om jou skep en bou belange te teiken. Die gematigde ANC wie die politieke mag het om te maak of breek sal hulself blind hou vir die Afrikaner se probleme, kritiek, argumente en voorstelle en ook sal CR nie n vinger verroer om die Afrikaner te help vir solank as wat die Afrikaner weier om versoenend op te tree. Die ANC se troefkaart teen die Afrikaner is “Versoening”. Wanneer hierdie troefkaart op die regte tyd binnelands en buitelands, met al die bewyse van onversoenende inisiatiewe gespeel word, gaan die stigma van die Afrikaner, as nog steeds die wereld se muishond, herleef en gaan buitelandse simpatie oornag verdwyn soos mis voor die son! Beskuldigings dat die ANC bloed op hulle hande het vir die plaasmoorde sal teen die Afrikaner gedraai word deur te argumenteer dat die bloed aan Afrikaner hande is deurdat dit die Afrikaner was wat geweier het om te versoen. Oplossings vir die Afrikaner se situasie sal net gevind word in versoenende inisiatiewe en goeie buurmanskap met alle mede Suid Afrikaners. Die sand wat oor is in die uurglas, begin soos n paar sandkorreltjies lyk!

JdV ·

Jerry, jy bevind jouself in ‘n vakuum. Presies hoe stel jy voor moet die Afrikaner nog meer versoenend optree as wat reeds die geval is en was? Dink jy werklik die Afrikaners wil nie in goeie buurmanskap met hul mede-Suid-Afrikaners leef nie? Dink jy werklik Afrikaners wil nie die land sien floreer en gedy nie? Maar as “versoening” beteken dat ons 1) gewilliglik onsself moet laat vermoor, vermink, beroof en bedrieg; 2) dat ons nie vir aanstellings mag kwalifiseer nie; 3) dat ons internasionaal erkende private eiendomsreg nie eerbiedig word nie; 4) dat ons moet pa staan vir al die regering se wanpraktyke en gebrek aan wilskrag en moraliteit; dan moet jy ons maar verskoon as ons nie juis “versoenend” wil optree nie. “Laat ons toe om 100% Afrikaners te wees, dan sal ons 200% Suid-Afrikaners wees.” (Flip Buys)

chrisp ·

Versoening?
Op watter gebiede Jerry ? Noem hulle .Om net versoening te noem is so goed om iemand ‘n rassis te noem.

Teenvraag.Waar is die versoening vanaf die ander kant?

Boerseun ·

Net jammer die wereld werk nie so nie my maat. Sekere kulture is nie versoenbaar nie. Engels en Fraans. Noord en Suid Korea. Isreal en Palastina. Lyste Afrika volke. En ek stem saam ons moet nie foute van die verlede nie herhaal nie, wanneer ons die kans kry op selfebeskikking vat dit.

Boerboel ·

Die ANC stel nie belang in versoening nie en Ramaphosa en die sogenaamde gematigdes is net so korrup. Word wakker Jerry. As jy wil kruip voor die vyand moet jy dit maar doen maar dit sal jou nie baat nie. As versoening beteken dat ons ons taal, kultuur, werke en besigheide en Afrikanerskap moet afstaan kan ons net so wel emigreer. Die linkses sal altyd Apartheid oor ons koppe hou, maar die Weste is besig om weer nationalisties en behoudend te raak.

White Rhino ·

Konsentrasie van ons blankes is baie belangrik.
Ek stem saam.

dr Sakkie van der Merwe ·

Insiggewende artikel Alet en die groeperinge wat jy uitspel. Aan Jerry – van Piet Retief se tyd werk versoening nie in Afrika nie. Ons kultuur (sien religie) verskil hemelsbreed van hulle sin (sien voorvadergeeste ens). Sien ook CR se vergelyking van die wittes as paddas in die kook pot. Ons heil is erens op ons eie waar ons soos die Voortrekkers voor kan begin met eie arbeid, eie aanbidding, eie geloof en vertroue op God Drie-Enig en nie op Nkosi nie.

Jerry ·

Ek stem saam met White Rhino dat konsentrasie van blankes belangrik is. Dit kan egter eers suksesvol geskied nadat versoening bewerkstellig is. Voor versoening egter nie geskied nie, is dit n uiters gevaarlike opsie, want sonder versoening maak die Afrikaner homself n teiken deurdat alles teen die Afrikaner tel en gebruik word soos sy eie taal, kultuur, Christelike normes en waardes, geskiedenis, apartheid, strewe na selfbeskikking, sy inisiatiewe wat ander groepe uitsluit, beskuldigings teen ander groepe met buitelandse veldtogte, beskerming van slegs eie belange en onverdedigbare standpunte en ongeregverdigbare argumente. Die Afrikaner kan sy opponente soos die ANC uitoorle deur eers te versoen en dan Afrikaners te groepeer, te konsentreer en selfbeskikking bewerkstellig sonder om dit aan die groot klok te hang en aandag met teenstand te trek. Vir elke vinger wat die Afrikaner wys na die ANC, wys meer vingers terug. N mens is nooit te oud om te leer nie en daarom stel ek voor dat solidariteit en die forum se geleerde dames en menere asseblief tog begin oplet in die klas.

Willem ·

Ons innige dank aan Solidariteit en Afriforum, ook aan die ander Afrikaanse organisasies wat ons in hierdie tye bystaan en vir ons regte veg, sonder julle sou die regering al lankal oor ons geloop het. Soos per Alet se skrywe, sonder julle en wat julle vermag het, sou die wêreld nie kennis geneem het van wat nou in die land aangaan nie.

Casper Labuschagne ·

@Jerry – In kort, rol om en smeek vir vergifnis voordat ons in ons eie gat mag inkruip.

Ek neem die omgekeerde standpunt in dat slegs mag in Afrika gerespekteer word en sonder mag sal die Afrikaner net meer en meer verag word en soos ‘n kruipende hond uitgejou, geskop en geslaan word.

Op sosiale media val ek dikwels swart mense bitsig aan en eerder as wat hulle vir my kwaad word, respekteer hulle my en verander die dialoog heeltemal. My ervaring is dat swart mense eerder praat met ‘n persoon met opregte beginsels as ‘n kruipende liberalis wat vertel dat hulle tog te graag met swart mense wil versoen.

Verset! My volk het trots.

Kris ·

Ek is dankbaar vir buitelandse bewusmaking van ons dilemma en vertrou dat buitelandse regerings baie meer druk op die ANC-regering sal plaas om hul anti-wit uitsprake en aksies in toom te hou.

Casper Labuschagne ·

Die Afrikanervolk se oneidige soeke na ‘n deus ex machina wat sal neerdaal en die volk uit die verknoesting sal verlos. As dit nie deus ex Siener is nie, dan is dit deus ex Pretoria, ‘n deus ex DA of nou deus ex Europa.

Ons toekoms hang net van onsself af, en dit beteken om nie vir ‘n oomblik in die gees van die goeie ou lekker lewe, rugby en braaivleis en koue bier terug te sit en te wag op ‘n uitkoms wat oor die land sal neerdaal nie.

Rol die moue op en wys ruggraat, maar die woorde alleen is al klaar heeltemal te veel werk vir sommiges.

Paul ·

En dan is daar natuurlik diegene soos Dr Max Du Preez wat nie ‘n oomblik laat verbygaan om Solidariteit en Afriforum vir hul suksesse en wat hulle bereik het te verguis nie.

Gerhard ·

Ek dink as die wat toekoms bou in Suid-Afrika net hulle agterente in rat kry sal daar al klaar minder emigrante wees. Dit is nou ‘n ware toekoms gebaseer op ‘n ware planne. Dit is so dat ‘n toekoms vir die Afrikaner nie uit die Hemel gaan val nie, dit gaan nie gestem word nie en Amerika gaan dit nie vir jou gee nie. So begin planne maak wat kan werk en hou op met twak wat enige mens met verstand kan sien nie gaan werk nie. Jy kan nie verwag iemand moet aanhou roei aan ‘n boot as hy kan sien die ding sink nie. Net so kan jy nie verwag van mense om jou te ondersteun as jou idees nie werk nie en duidelik nie antwoord is vir die probleem nie. As al die wat emigreer niks omgee vir taal en kultuur nie, sou Steve Hofmeyr nie konserte oorsee kon hou nie, Afrikaanse kerke en klubs sou nie bestaan nie en ook nie oorsese Afrikaanse tydskrifte nie. Wat eerder moet gebeur is daar moet minder tyd en geld aan bog spandeer word en meer aan werkbare idees.

Jerry ·

Casper, in al die vorige afrika scenarios was alle blankes wat hulself verset het, eindelik onsuksesvol en meeste het toe maar kom opgeeindig in SA. Verset inisiatiewe wat jy nou loods sal weldra later teen jou gebruik word om jou verdere ondergang te bewerkstellig. Tans is daar reeds sterker teenargumente vir enige argument wat julle op die tafel kan sit. Flip, die versoening wat ek van praat is om met alle inisiatiewe wat deur die Afrikaner geloods word te verseker dat dit geen ander Suid Afrikaners uitsluit of benadeel nie. Dit begin vir my egter lyk of julle al so goed gevorder het met julle planne wat ander Suid Afrikaners uitsluit dat daar nie veel beweegruimte of omdraaikans vir julle en julle lede is nie en dat verset dus nie die beste opsie is nie, maar die enigste opsie.

Willem ·

Maak jou keuse, dis mos ‘n vry land, waarom ander in die proses en op hierdie forum, wat jy weet ‘n instelling van die Solidariteit beweging is en waarby jy nie aanklank vind nie verguis?

Casper Labuschagne ·

Ek is nie so seker van jou definisie van onsuksesvol nie, ons het ‘n lang segetog vanaf 1652 tot 1994 gehad waarna ons vreedsaam die mag oorhandig het ten gunste van die swart meerderheid op ‘n tydstip wat ons uit en uit al die mag en die oorhand gehad het. Al wat ons in ruil gevra het was beskerming van minderheidsregte en ‘n skoon bladsy om ‘n gesamentlike toekoms op te bou. Wat intussen gebeur het is dat ons minderheidsregte beperk en uitgewis word terwyl ons as minderheid uitsluitlik verskuldig staan vir die verlede. Daarby het dit nou selfs ‘n misdryf teen die meerderheid geword om aan te dring op die beskerming van ons minderheidsregte.

Ek merk toenemend op dat in ‘n breë swart hoofstroom, daar geen bestaansreg aan die wit minderheid gegun word nie. Ek het slegte nuus vir diegene wat dink dat die Afrikaner geen bestaansreg in Afrika het nie, daar kom ‘n punt waar ons tot so ‘n mate in ‘n hoek gedruk word dat – nee bestudeer liefs tog die geskiedenis van die Afrikaner om te sien teen watter oormag ons verskeie maal al oorkom het.

Rynhardt ·

Verstommend van hoe die Afrikaner in ontkenning leef met alles wat om hul gebeur!Ons mense word in duisende die afgelope 24jaar uitgewis!Regstellende aksie/transformasie moet versnel so ook grondonteiening!Nog steeds ontkenning deur afrikaners.Anc leef hul drome(nie afrikaners s’n) uit van Azanie waar hul en hul ondersteuners alleen seggenskap op alles het.Afrikaners,hoekom dink jul het die meeste blankes 20jaar gelede padgegee?????????Jerry versoening????Jy leef in n fantasie SA!Selfbeskikking gaan ook nie kom nie,al preek so baie blankes daaroor!Afrikaners,julle word in n hoek gedryf sonder dat jul dit agterkom!Kom ek spel dit uit.Anc sien net om na die massas terwyl SA rewolusie in die gesig staar!Moenie dit glo nie,rugby,braaivleis en sokkie-sokkie sal bly floreer met n pragtige,goue paradys,Afrikaners!!?????????????????

Jerry ·

Flip, versoening beteken om eers 200% Suid Afrikaner te wees en dan 100% Afrikaner te wees. Versoen eers en bewerkstellig dan selfbeskikking, nie andersom nie. Selfbeskikking is nie haalbaar deur verset nie. Nerens in afrika was verset deur blankes suksesvol of n permanente oplossing nie. Jy sal nooit die Afrikaner se belange kan beskerm as jy nie bereid is om jou opponente uit te oorle met n geleentheid soos wat versoening bied. Jy sal die wind uit die seile vat van die ANC en EFF en dan kan jy hulle teen mekaar afspeel. Met verset kan jy dit nie doen nie en word dit met jou gedoen soos wat die EFF die forum en die universiteitsowerhede teen mekaar afgespeel het en skiet jy jouself in die voet deur teveel skietgoed aan die ANC en EFF te gee.

Willem ·

Jerry, ek sal graag van jou wil hoor waarteen dit is wat Solidariteit en Afriforum hulle verset? Spel dit uit. Dan, van watter versoening praat jy? Wees asseblief meer spesifiek. Jy weet dat Flip jou nie hier sal antwoord nie, dis hoekom jy hierdie forum gebruik. Maar as jy die antwoorde volledig op my vrae verskaf, kan ons met jou in gesprek tree.

Willem ·

Die opskrif van die artikel lui, “moet op prinse nie vertrou nie.”

Willem W ·

Nee wat, Jerry. Op hierdie geleentheid het JdV dit reg. Afrikaners loop nou al 24 jaar met die versoeningshand uitgestrek. Dit terwyl die regering ons al hoe meer beskuldig, beledig en belas. Versoening kan slegs geskied indien dit aanvaar word. Jy kan nie die holrug-Afrikaner blameer vir keelvolheid nie.

Persoonlik glo ek dat die meeste Suid-Afrikaners graag sou wou hande vat en saam werk aan ‘n beter land. Dit is ongelukkig nie op die kaarte nie, aangesien dit nie voordelig is vir ‘n ANC-regering wat dan sal moet dienste lewer (en verantwoordelikheid aanvaar) in plaas van haat aanstook en verskonings maak nie.

thinus ·

Versoening, verset, verhuising, vertrapping.
Wanneer jy oorgee voor/in/na ‘n stryd en jou grond ook prysgee – is jy mageloos en kwesbaar. Dit is erger as om met waardigheid te sterf in die stryd.
Ons is nou in daardie posisie, waar onderhandeling, versoening, verskoning en gatkruip geen regte of vergunnings oplewer nie maar net ‘n bespotting van onsself maak.
Gaan jy jouself inmeng en uitbaster, of wil jy nog wees wat ons pionier voorgeslagte was – ‘n volk. Dan bly daar net een opsie oor – vryheids stryd!

Willem W ·

Nee dankie. Ek stel nie belang daarin om te sterf in die naam van ‘n volk wat my (as nie-gelowige) verwerp nie, in ‘n stryd teen opgesweepte nie-denkers, vir regte en voorregte wat lank reeds verlore is, maar maklik elders te vinde is nie. Sterkte aan julle wat bly. Ek sal terugkom as dit ooit weer die moeite werd is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.