Mthethwa onder beleg en soek politieke traksie

Deur Conrad Steenkamp

(Foto: Verskaf)

Minister Nathi Mthethwa se voorstel om die Afrikaanse Taalmonument te hernoem, moet ongelukkig ernstig opgeneem word. Die minister is onder beleg en glo skynbaar ʼn aanval op Afrikaans sal vir hom nuwe politieke traksie gee.

Die ‘noordelike’ blik op Afrikaans wat hier tot uitdrukking kom, is gevorm deur die 1976-opstande en die persepsie van Afrikaans as ʼn wit indringertaal sonder enige legitimiteit. Van Riebeeck het Nederlands hierheen gebring, waarna dit mettertyd verbaster het en op bruin en swart afgedwing is. Weens apartheid is Afrikaans sinoniem met uitsluiting en onderdrukking wat sy marginalisering en aftakeling regverdig.

Praat van Afrikaans en dít is die assosiasies wat in baie mense se koppe ontstaan. Dit is dié persepsies wat gelei het tot die taalkundig onsinnige poging om Afrikaans tot uitheemse taal te verklaar – want dan kan Afrikaans maklik onder die vaandel van dekolonialisering verder uitgerangeer kan word.

Die noordelike blik weerspreek egter die werklikheid van Afrikaans as ʼn taal wat deur ʼn meerderheid bruin (of swart) sprekers gepraat word; ook die lang geskiedenis van Afrikaans as die taal van stryd teen ongeregtigheid. Dit is blind vir die aktiewe rol van die Khoi en San – die eerste mense – as medeskeppers van Afrikaans, ʼn bydrae wat lank voor die vestiging van die VOC se verversingstasie aan die Kaap begin het. Dit oorskat ook die rol van Nederlands, die administratiewe taal van die kolonie. Die meeste inwoners aan die Kaap – die Khoi en San, setlaars en slawe – het naamlik van meet af anders met mekaar gepraat.

Sommige mense sien die Afrikaanse Taalmonument egter steeds as ʼn simbool van wit oorheersing en uitsluiting – en daarmee as ʼn maklike teiken. Ironies genoeg, het die taalmonument oor die afgelope twee dekades tot ʼn waarlik inklusiewe ruimte met aktiewe deelname vanuit die breë gemeenskap ontwikkel. Alles, van boeremusiek tot die rieldans en nog baie meer, kan daar beleef word. Die monument is nié net ʼn Afrikaanse ding nie, maar ʼn meertalige ruimte waarin brûe tussen gemeenskappe en tale gebou word. Niémand word hier uitgesluit nie.

Die Afrikaanse Taalmonument is in der waarheid een van die departement van sport, kuns en kultuur se grootste suksesverhale.

Die voorgestelde naamverandering loop hom vas teen nog ʼn werklikheid: die betekenis van die monument is vasgelê in sy struktuur. Dit maak dit moeilik om nuwe tale by die monument te voeg sonder om strukturele veranderinge te maak. En nét een betonsuil vir Xhosa, soortgelyk aan dié van Afrikaans, sou volgens bourekenmeesters ten minste R25 miljoen kos. Met ander woorde, het ʼn mens erns met die voorgestelde naamverandering, is dié voorstel nóg duurder as die vlagpaal.

Die nuutste voorstel van die minister se DG dat die monument sommer net so die Xhosa Language Monument herdoop kan word, dui ongelukkig ook op wat lyk na ʼn onderliggende onverdraagsaamheid jeens Afrikaans en sy sprekers. Hoekom stel juis die departement met die grootste verantwoordelikheid vir sosiale kohesie doelbewus twee tale teen mekaar op? Dit is outoritêre politiek wat meer as net ʼn skeut etniese mobilisering bevat. Die kanse dat dit grondwetlik en internasionaal problematies is, is groot en die kanse van opponerende litigasie goed.

Hier word ongelukkig probeer om ʼn onbuigsame ideologiese raamwerk – ongeag die werklikhede op die grond – af te dwing en Afrikaans weereens weg te “transformeer”. Dit ontbreek aan begrip en idees en lyk na ʼn poging om politieke probleme met ʼn aanval op Afrikaans te beredder – want dit is die maklike ding om te doen.

Onderskat die regerende party die emosies wat hulle minagting van Afrikaans besig is om in die suide wakker te maak? Die monumentkwessie, nes die inheemse kwessie, is net nóg ʼn ongedwonge geskenk vir die opposisiepartye. Elke nuwe stelling oor die Language Monument, stook verdere verdeling en werf stemme vir ander partye. Dit is nie goeie politiek nie.

Daarby verdien Afrikaans ʼn vriendeliker blik vanuit die noorde. Ons wil almal deel wees van hierdie land en die tyd vir verandering het gekom. Mobilisering oor alle grense heen is nodig om die duur en ondeurdagte voorstel vir die herbenaming van die Afrikaanse Taalmonument te stuit. Neem dus deel aan publieke prosesse en sê u sê.

En selfs al sou die naamkwessie voorlopig op ys gelê word, sal dit beslis volgende jaar met die finalisering van die witskrif vir kuns, kultuur en erfenis en nasionale museumbeleide verder gevat word. Die witskrif voorsien die konsolidasie van die bestuur van ʼn groot aantal museums en biblioteke, iets wat enorme gevolge vir die Afrikaanse Taalmonument kan hê.

Die Afrikaanse Taalmonument is oorspronklik met geld uit die Afrikaanse gemeenskap gebou. Dalk moet nou na maniere gekyk word waarop die gemeenskap se betrokkenheid by die instelling opnuut uitgebou kan word.

  • Conrad Steenkamp is die hoof van die Afrikaanse Taalraad.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Heinrich

Snaaks dat daar geen kolonialisering gekoppel word aan Engels wat hulle so graag wil praat nie terwyl hulle in hulle Jaguars en Land Rovers rondry. Snaaks dat daar nooit gedink word dat daar enige Engelse persone was wat apartheid voorgestaan het nie, en dat daar geen Afrikaanse persoon was wat apartheid verwerp of teëgestaan het nie. Snaaks dat daar nie gedink word dat Afrikaans die huistaal van soveel anderskleuriges is nie. Hulle veralgemeen verskriklik, maar dat ek waag om te veralgemeen oor die Afrika kultuur…

Bertie

Lyk my my mede-landsburgers gaan nooit hulle persepsie oor Afrikaans ontgroei nie. Dis skaars dat ‘n persepsie ooit waar is. Maar ek dink nie hulle wil of kan ooit hulle valse persepsies bevraagteken nie. Hulle het ook blykbaar die reg om te veralgemeen. Iets wat blykbaar polities korrek is as swartes dit doen? Die minderheidsgroepe moet maar aan die agterspeen suig en hulle monde hou. Ongelukkig vir hulle is die minderheidsgroepe nie geneë om dit te doen nie. Ons, soos enige ander minderheidsgroep in SA, het die reg om ons eie kultuur en taal te vier.

Ciska

Dit gaan nie ophou nie – nooit nie! Goeie hemel mense, die vernietiging & aanvalle teen / op Afrikaans gaan & sal nooit ooit ophou nie. Dis hoe die swart kutuur werk: as jy nie hou van iets wat jy as beter as jou eie beskou nie, dan vernietig jy dit, punt. Dit help nie julle wil met sagte handskoentjies vat aan al die rassisme teenoor veral wit Afrikaners nie, die swartes het nog niks opgebou nie, als word net afgebreek & verbrand & weggedra & vernietig, dit sal aanhou totdat (veral) die wit Afrikanders weer ‘n eie stukkie grond… Lees meer »

Piet parys

N kind gooi n tantrum om aandag te trek so is Nati nou ook weer besig om een te gooi vir aandag . N goeie pakslae stop die tantrum onmiddelik .

Andrew

“Die monument is nié net ʼn Afrikaanse ding nie, maar ʼn meertalige ruimte waarin brûe tussen gemeenskappe en tale gebou word”, en dis in die waar die denke verskil. Dit was net n kwessie van tyd, net soos die model c skole. Sommige wil net dit nie insien nie. Vraag is of jy baklei? Of gebruik jy jou laaste geldjies en bou oor.