Mulder se toespraak oor grond

Dr. Pieter Mulder Foto: GCIS

Hierdie is die toespraak van dr. Pieter Mulder tydens die onlangse staatsrede.

Repliek op pres. Zuma se Staatsrede van 9 Februarie 2012
Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier en adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye
15 Februarie 2012

Mnr. die Speaker, agbare President,

Wat het die mense van Suid-Afrika tans nodig? Hulle het hoop vir die toekoms nodig. Op my lessenaar staan die slagspreuk: “The poorest of all persons is not the person without a cent, but the person without a dream.”

Die president en die sprekers in hierdie debat het elkeen oor sy/haar drome vir die toekoms gepraat. As net ’n kwart van al daardie planne sou waar word, is daar hoop vir die toekoms.

Sir, “Make no small plans, because they have no magic to stir people’s blood.”

In die president se toespraak is daar groot planne en groot drome vir 2030.

Die Vryheidsfront Plus verwelkom die infrastruktuur aankondigings. Dit is ‘n teken van langtermyn beplanning en gee hoop vir die toekoms.

Wat is die gevaarlikste ding wat ’n regering kan doen? Dit is om verwagtinge by landsburgers te skep wat dan nie realiseer nie. Verwagtinge wat nie realiseer nie is die resep van revolusies.

Werklike leierskap en staatsmanskap is die unieke kombinasie van idealisme gekoppel aan die uiters praktiese.

Hoekom het die wêreldbekerprojekte geslaag? Omdat daar spertye was. Omdat onnodige rompslomp uitgesny is. Omdat die beste mense vir elke projek gekry is. Omdat swart bemagtigingsreëls en arbeidsreëls buigbaar toegepas is.

Is die regering hiertoe bereid? Of gaan ons vasval in die huidige klimaat van korrupsie, selfverryking, onbuigsame arbeidswette, oneffektiwiteit en populistiese debatte oor nasionalisering?

Ek noem twee voorbeelde:

Mynwese en landbou het die potensiaal om duisende werksgeleenthede te skep. Tog het albei swak presteer die afgelope tyd. Hoekom juis hierdie twee sektore? Is dit toevallig dat die oproepe uit ANC geledere om nasionalisering juis gemik is op myne en landbougrond?

Daar word bereken dat Suid-Afrika meer as $2,5 triljoen se onontginde minerale het. Dit is die minerale rykdom van Rusland en Australie saamgevoeg. Tog gaan ons mynsektor agteruit. Suid-Afrika se mynsektor het met 1% gekrimp terwyl die mynsektore in ander lande gemiddeld 5% gegroei het. Behalwe vir ander regeringsfoute speel die nasionaliseringsdebat beslis ’n rol hierin.

Die afgelope week se uitspraak van die president teen die nasionalisering van myne het meer sekerheid gebring. As die ANC se beleidskonferensie in Junie die regte besluite neem, voorspel ek goeie groei in die mynbousektor.

Maar in dieselfde week het die president in sy staatsrede die stelling herhaal dat die vrywillige koper-vrywillige verkoper beginsel nie die beste manier is om die grondverdelingsvraagstuk aan te spreek nie. In gewone taal beteken dit dat die regering in die nasionalisering van landbougrond glo. Waar daar nou meer sekerheid in die mynbousektor is, is daar vandag groter onsekerheid in die landbousektor.

Enigeen wat met die herverdeling van grond te doen het, toon aan dat die problem nie by die vrywillige koper en verkoper beginsel lê nie. Die probleem is die rampspoedige manier waarop grondhervorming toegepas word. Op my lessenaar is talle briewe van wit kommersiële boere wat hulle grond aangebied het vir die departement maar geen reaksie ontvang het nie. Talle briewe van kommersiële boere wat koopkontrakte met die departement gesluit het en na drie jaar bankrot gaan omdat die departement nie die geld uitbetaal nie.

Die president haal in sy toespraak die Department van Landelike Ontwikeling en Grondsake se syfers aan oor grondhervorming. Daarvolgens het witmense 87% van die grond besit, en het die regering slegs 8% van sy teiken van 30% bereik. Ek verskil ernstig van hierdie syfers. So ook van die stelling dat witmense al hulle grond gesteel het.

Grond is ’n baie emosionele saak wat al tot menige oorlog gelei het. Die president vra vir ’n nasionale gesprek oor hierdie sake. So ’n gesprek kan nie met propagandafeite, verdraaide geskiedenis en emosionele slagspreuke gevoer word nie. Volgende week word hierdie boek, “Omstrede land” deur prof Louis Changuion en Bertus Steenkamp bekend gestel. Dit handel oor die grondkwessie in Suid-Afrika van 1600 tot vandag. Daar word beplan om dit ook in Engels uit te gee.

Die ANC praat graag van “Black people in general and Africans in particular.” Meneer, “Africans in particular” het nooit in die verlede in die hele Suid-Afrika gewoon nie. Die Bantoesprekendes het van die ewenaar af afbeweeg terwyl die wittes van die Kaap af op beweeg het om mekaar by die Keirivier te ontmoet. Daar is genoeg bewyse dat daar geen Bantoesprekendes in die Wes-Kaap en Noordwes Kaap gewees het nie. Hierdie gedeeltes beslaan 40% van Suid-Afrika se oppervlakte.

Daar is ook meningsverskil oor die invloed van die Difaqane op grondbesit. Lees die Voortrekkers se dagboeke oor wat hulle aangetref het toe hulle die binneland ingetrek het.

Hoe bereken die departement die syfer van 8%? Daar is geen afgehandelde grondoudit waarteen ons hierdie feite kan kontroleer nie.

Wat bedoel die ANC met 30% grond in swart besit? Sluit dit staatsgrond en stedelike grond in? Daar word aanvaar dat die staat ongeveer 25% van die landoppervlakte besit. Staatsgrond tel tog sekerlik nie as wit grond nie? Vyf en twintig persent staatsgrond moet dan by die 8% getel word. Wat van die Ingonyama-trustgronde van 2,8 miljoen hektaar van die Zoeloekoning? Waar word dit en al die ander kommunale grond getel? Mnr. Ramaphosa en minister Tokyo Sexwale het onlangs verskeie plase by wit boere gekoop. My bron in Vryburg sê ’n maatskappy van min Sexwale het onlangs 30 plase in daardie omgewing gekoop. Dit moet ook by die 8% getel word? In die Karoo en Kalahari is groot plase beskikbaar. Waarom koop die departement nie van daardie grond aan om vinniger die 30% te bereik nie? Hierdie semi-woestyn gronde word egter by die 87% propaganda persentasie as wit grond getel.

Die Ontwikkelingsbank het in 2001 bereken dat 44% grond aan wittes behoort, 20% aan swarters, 9% aan bruines en 1% aan Asiërs.
Die wyse waarop die departement die 30% en die 8% syfer bereken skep die indruk dat hulle dit vir hulle self onmoontlik maak om te slaag.

Ek het gesê grond is ’n emosionele saak – maar ek ervaar goedgesindheid en bereidwilligheid by kommersiele boere om die probleme aan te pak. Propaganda syfers en emosionele slagspreuke gaan ons egter nie by antwoorde uitbring nie. Realistiese debatte met werklike syfers wel.

Die hoeveelheid vrugbare grond wat onder landbouproduksie is, het van 1994 tot 2009 met 30% afgeneem. Mislukte grondhervorming, waar 9 uit 10 plase nie suksesvol is nie, het ’n belangrike rol hierin gespeel. Landbouers moet nou op minder grond meer kos produseer vir Suid-Afrika se bevolking van 50 miljoen.

Ek stem saam as minister Mkwinti sê dat dit ons nie help om net die hoeveelheid hektare te jaag nie. As daardie grond nie kos produseer nie, het ons binnekort hongersnood en dan hardloop die mense in die strate soos onlangs in Mosambiek gebeur het toe brood pryse gestyg het vanweë tekorte.

In 2000 het die Zimbabwe boere 2 miljoen ton mielies geproduseer. Verlede jaar, na grondhervorming, slegs 900 duisend ton. In 2000 het Zimbabwe 250 duisend ton koring gehad, verlede jaar slegs 10 duisend ton. Dit is nie ’n droogte se skuld nie. In dieselfde tyd het Zambië gegroei tot waar dit mielies kan begin uitvoer.

Ek wil ‘n aanhaling wat ek in die Kabinet Legkotla gebruik het, hier herhaal. Mondli Makhanya skryf in die Sunday Times: (28/2/2010)

“…we are wasting valuable time and energy trying to restore people to their peasant ways.

“Ordinary South Africans either do not want land or just do not have the capacity to work it. They want to go to cities and work in modern economy… Large-scale, highly mechanised commercial farming is now the way of the world. You cannot turn the clock back four decades. That is just the reality. Furthermore, the young people would, as has happened elsewhere, have simply upped and headed for the towns and cities. Yet we continue to nurse the notion that we can reverse the inevitable march to an urban future. We keep wanting to fight the logic of large-scale commercial farming… The money and energy that is spent on getting peasants back into subsistence (farming) would be better used to create a strong class of black commercial farmers who actually do farm for commercial rather than sentimental reasons.

Ek droom van wit en swart kommersiële boere wat nie na Afrika hoef te gaan vir geleenthede nie. Die kinders wat in 1994 gebore is, is vanjaar 18 jaar oud en kan stem. Hulle ken net ’n ANC regering. Daar is geen rede waarom so ’n kind nie ’n plaas moet kan koop of ’n beurs moet kan kry, net omdat hy/sy wit is nie. Tog gebeur dit steeds.

Meneer, ek wil hier reeds kennis gee dat die VF Plus ’n spesiale taaldebat gaan aanvra oor die permanente aanslag teen Afrikaans en die agteruitgang van al die inheemse tale in Suid-Afrika.

In die politiek kry jy klein leiertjies en groot leiers. Klein leiertjies is opportunisties en praat en skinder oor ander mense. Grot leiers praat en droom oor idees en oor die toekoms. As ons in 2030 terugkyk na hierdie debat, sal ons kan bepaal wie was met opportunistiese klein politiek besig en wie is besig met realistiese toekomsplanne in belang van almal. Dit is die VF Plus se drome en waarmee ons besig is.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Pieter Mulder

Dr Pieter Mulder is ’n voormalige VF Plus-leier, voormalige parlementslid en professor.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

frikkie ·

Ek weet in die eerste plek waarom Pieter homself so verlaag om met imbisiele te wil praat oor die geskiedenis van die land nie. Nou weet jy die dom idiote met hulle swart velle verstaan nie wat jy sê nie. Ons boere moet ophou om ons perels voor die varke te gooi. Het die bybel wat oor soveel duisend jaar geskryf is julle dan niks geleer nie. Nie eers spreuke van Salomo was ter harte geneem nie. Ek hoop wat nou in SA gebeur sal die goeie kerk christene leer om die waarheid oor die bybel te begin agterkom en ophou glo wat die antichris en sy ekumene hom wil leer. Elke blanke wat n ooreenkoms met die slang wil bereik sal in die hak gebyt word. Gaan weer en leer wat sê gen 3 vers 15 vir julle. Dan gaan leer weer waarom Noag sy seun Gam se nageslag vervloek het, dan gaan leer julle weer waarom Jesus gesê het dat hy SLEGS vir die verlore skape van I(srael gekom het.

Ebert ·

Jou standpunt wys alleen hoe klein van gees jy is Frikkie.

Jy moes darem ‘n ontsettende verndering deurgemaak het om hierdie strooihalms aan te hang.

Die gif van jou haat vernietig jou saligheid, maar God se genade is daar vir almal wat hul sondes bely.

domkrag ·

Frikkie – moenie kommentaar lewer wat jou soos ‘n imbisiel en idioot laat lyk nie, en lyk my nog rassisties daarby. Ondersoek weer jou Christenskap asseblief.

domkrag ·

Frikkie, nie gesê ek is slim nie maar nie die punt wat ek wil maak nie.

Ek wil sê welgedaan Pieter Mulder dat jy opgestaan het om te praat waaroor die regering nie wil nie. Die toespraak het geskiedenis en grond op die voorgrond geskuif en ek hoop die debat sal nie ophou nie.

Ek glo die ANC en lede van die DA is so onkant gevang hul kon nie anders om wal te gooi nie, teenoor ‘n toespraak wat ek dink baie moeilik afgeskiet sal kan word op grond van feite.

Wys ook wat die regering geleer het om te glo oor die afgelope dekades.

Gemsbok ·

Dalk kan die Vryheidsfront ‘n “Veg terug” veldtog (a la Tony Leon) van stapel stuur onder die slagspreuk: “Die waarheid moet uit.”

Ek twyfel egter of die Vryheidsfront se gebrek aan takke en wanfunksionele administrasie hom daartoe in staat sal stel om enige veldtog te voer.

Sy oordrewe steun op en afhanklikheid van die media (wat hom bowenal vyandig gesind is) om sy boodskap te versprei blyk Pieter Mulder se grootste oordeelsfout as leier te wees.

Dit kan gesien word in die wyse waarop die media iets wat as glorieryke oomblik vir Afrikanerbelange geskets moes word, uitbeeld as die beswyminge van ‘n stommerik wat nie die geskiedenis ken nie en bloot die grondkwessie as emosionele onderwerp wil misbruik om sy eng kieserskorps te paai.

Hier is enkele juwele uit ons media waarvan Pieter Mulder so afhanklik is:

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Zuma-pak-Mulder-oor-grondsake-20120216

http://www.timeslive.co.za/opinion/columnists/2012/02/19/mampara-of-the-week-pieter-mulder

Dewald van Jaarsveldt ·

Ek stem saam met Domkrag…Ons voorvaders het ingetrek in die vakuum wat Shaka Zulu geskep in byvoorbeeld,die Vrystaat…Dit was een van sy jagvelde sodra die stetsievliee hul vee laat doodgaan het.

Ons die Afrikaner kan tans nie verwag om net op die oposisie staat te maak om die werklike geskiedenis te ken en oor te vertel nie..Almal van ons moet daaraan werk…Daar is geen rede hoekom ons nie vir Mulder moet ondersteun nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.