My indrukke as buitelander van Trump se verhoor

rhoda-kadalie-2019-01-28

Rhoda Kadalie. Foto: Verskaf.

Na aanleiding van my rubriek op Maroela Media (25 Februarie, Trump se verhoor: wat het regtig gebeur?), vind ek as ‘n buitelander wat in die VSA woon, die hele vervolgingsage skokkend. Dit het my vertroue in die Amerikaanse regstelsel laat wankel. Om hierdie rede wil ek graag my waarnemings oor die verhoor lys.

  1. Die aanklagte van vervolging was bloot polities gedrewe. Senior politici van die Demokratiese Party het versoek dat Trump vervolg moes word nog voordat hy die presidentstoel ingeneem het en het ’n ernstige aanklag aanhangig gemaak om die wettig verkose president uit sy amp te onthef.
  2. Adam Schiff, hoof van die intelligensiekomitee van die huis van verteenwoordigers, het die bewerings van die fluitjieblaser saamgeflans, maar dié se identiteit beskerm omdat sowel hy as senior lede van die party kop in een mus met die fluitjieblaser saamgewerk het.
  3. Die klagbrief van die fluitjieblaser is duidelik deur ‘n professionele persoon opgestel, moontlik ‘n prokureur en wat sy status as fluitjieblaser bevraagteken. Volgens my is hy egter ’n verklikker, ‘n staatsamptenaar wat nie van president Trump hou nie en na die pype van die Demokratiese Party dans.
  4. Adam Schiff het vinnig ’n stokkie gesteek voor die bekendmaking van die fluitjieblaser se identiteit, hom nie as getuie geroep nie, beweer dat sy lewe in gevaar was, en op ’n slinkse manier alle betrokke partye sover gekry om hulle aan sy eensydige Stalinistiese besluit te onderwerp – die media, sleutelpersone van die kongres, die Republikeine, Trump se regsadviseurs en selfs Fox News.
  5. Trump se bekendmaking van die transkripsie van sy oproep aan president Zelensky het die aanklagte van vervolging ongeldig gemaak, tog het die Demokrate voortgegaan met die verhoor.
  6. Die huis van verteenwoordigers het aanvanklik geheime vergaderings met getuies in die kelderverdieping van die Withuis gehou – dit sonder enige van Trump se getuies of die Republikeine – totdat laasgenoemde ‘n groot openbare protesoptog teen die Stalinistiese Star Chamber-verrigtinge gehou het – steeds het Adam Schiff geweier om alle transkripsies van getuies bekend te maak.
  7. Die Huis se regs- en intelligensiekomitees – wie se rol dit is om as aanklaer op te tree – het ‘n absoluut slordige proses voortgesit, en die aanklagte van quid pro quo, na omkopery, afpersing en uiteindelik tot magsmisbruik en obstruksie van die kongres, verskuif en dit na ’n hengelkompetisie laat lyk. Dit het my laat dink aan Stalin se handlanger Beria wat gesê het: “Wys my die man, en ek sal jou die misdaad wys.”
  8. President Donald Trump. Foto: (AP Photo/Jacquelyn Martin)

    Die Demokrate het Trump se vervolging as uiters dringend voorgehou, maar eers 30 dae gewag alvorens hulle die aanklagte van vervolging aan die senaat gestuur het. Nadat dit voorgelê is, het hulle probeer om aan die senaat voor te skryf hoe hy die regsprosedures moet laat geskied, en geëis dat hy getuies moet roep wat die Demokrate nagelaat het om self te kontak.

  9. Ongeag getuienis wat deur Trump se regsverteenwoordigers aangebied is, het die Demokrate vasgeklou aan hul aanklagte en eise. Niks, selfs nie eens hul eie uitsprake/uitlatings tydens vorige vervolgingsverhore nie, sou hulle van hul vasberadenheid om vervolging te gebruik om Trump sy die amp te verwyder, laat afsien nie.
  10. Die verhoor was geensins tweeledig nie. Politici het volgens partyriglyne gestem. Een Demokraat het wel na die Republikeine oorgestap en senator Mitt Romney (Republikein) het op een aanklag teen president Trump gestem.
  11. Die speaker Nancy Pelosi het duidelik gewag dat haar vergulde reliëf-penne afgelewer sou word, sodat sy met groot vertoon die aanklagte kon onderteken en só Trump verneder, haar plek in die kongres te verseker en penne aan haar kollegas uit te deel asof dit lekkergoed is.
  12. Oor die hele wêreld wil burgers hê dat hul presidente en politieke leiers korrupsie moet beveg. Maar nie in die VSA nie. O, nee. Korrupsie is mos eie aan die politieke establishment en Trump, die buitestaander, word aangekla omdat hy die skelms in die Demokratiese Party en establishment aan die groot klok gehang het.
  13. Die Republikeine is te veel van ‘n gentleman’s-klub om heftig terug te veg. Hulle haat die Demokrate se voortdurende ontsporing van die regsprosedure – nie omdat hulle die regsproses en die oppergesag van die reg oortree nie, maar omdat hulle ‘n oorlas is en die vrede alewig versteur.
  14. Die Demokrate weier steeds om die uitslag van die 2016-verkiesing te aanvaar, omdat hulle die verkiesing van president Trump as onwettig beskou. Pelosi noem hom ‘n ”bedrieër”. Nie eens in SA gebeur so iets nie. Ons aanvaar die genomineerde of ons nou van hom hou of nie. Nie hier in Amerika nie. Hier gebruik hulle weë en middele van die regering en mobiliseer massiewe hulpbronne om vals ondersoeke na hul eie politiek-vervaardigde skelmstreke in te stel. Die eindresultate was nie in hul guns nie, tog gaan hulle meedoënloos voort met hul ondersoeke. Selfs al hou ‘n mens nie van Trump nie, behoort die Dem-histerie ‘n waarskuwing te wees dat hulle iets wegsteek, dat hulle senuweeagtig is en dat Trump ‘n bedreiging vir hulle is. Die vraag is: waarom voel hulle so bedreig
  15. Alhoewel hulle geweet het Trump sal deur die senaat vrygespreek word, het hulle gehoop dat hulle die steun van “nooit-Trumpers” in die senaat vir hul eie saak sou werf. Hulle het ook gehoop om die vervolgingsaak tot met die verkiesingsveldtog uit te rek met die doel om Trump se naam te beswadder.
  16. Niemand het genoem dat baie in die staatsdiens op die president spioeneer en sy werk en verhoudings met buitelandse leiers pootjie nie – alles feite wat ‘n onhoubare situasie vir die president skep.
  17. Pres. Donald Trump. (AP Photo/ Evan Vucci)

    Hierdie staatsamptenare is verklikkers, nie fluitjieblasers nie. Hulle is veronderstel om die president te dien en behaag, en nie andersom nie. Weens hierdie feit, is hulle ‘n gevaar vir die nasionale veiligheid van die Amerikaanse staat.

  18. Die hoofondersoeker, Adam Schiff, het gedurende die verhoor telkemale gelieg, en hy het ongestraf voortgegaan met die wete dat hy as hoof van die intelligensiekomitee immuniteit geniet – dat hy onaantasbaar is.
  19. Beide Schiff en Jerry Nadler, hoof van die regskomitee, beweer dat hulle bo alle redelike twyfel onweerlegbare bewys het dat Trump hulp aan die Oekraïne weerhou het in ruil vir ondersoeke na Joe Biden se seun, Hunter Biden. Niemand kon die verband tussen die twee eise bewys nie, hoewel die Demokrate soveel as 60 keer gesê het dat hulle hul saak bo redelike twyfel bewys het, en 30 keer beweer het dat die getuienis oorweldigend was.
  20. Die vervolgingsaak het ongeveer 84 dae geduur in teenstelling met vorige vervolgings wat jare geneem het om te ondersoek en af ​​te handel.

Kortom: Amerikaanse demokrasie is geen voorbeeld vir die wêreld nie. Soos met die verhore van regter Kavanaugh, het die vervolgingsklug getoon dat die Demokratiese politieke establishment – en in sommige gevalle selfs ’n paar Republikeine, veral in Washington DC – geen respek het vir die oppergesag van die reg, die regsproses en die Grondwet in hul hebsugtige strewe na krag.

Die politiek van persoonlike vernietiging is ‘n groot bedryf in die Amerikaanse politiek. Dit is kras en genadeloos.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Rhoda Kadalie

Die rubriekskrywer Rhoda Kadalie is afgetree en woon tans in die VSA. Sy is die voormalige direkteur van Impumelelo Sosiale Innovasiesentrum, menseregtekommissaris en akademikus.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Therese ·

Puik opsomming van hierdie dramatiese windeier-klug, bedryf onder die dekmantel van demokrasie.
Donald J. Trump het die desperate ‘Demokrate’, sowel as die wêreldmedia, nou reeds drie jaar in ‘n permanente toestand van massahisterie.
Uiters vermaaklik om dop te hou.

Kokerboom ·

Weereens ‘n puik ontleding Rhoda. Dankie vir jou nugtere verduideliking.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.