My seun, vrees die Here en die koning …

Pres. Cyril Ramaphosa spreek die Nasionale Vergadering toe in Februarie 2018. Foto: GCIS.

Deur Charlotte Möller

Want hy is dienaar van God …[1]

Die swaard van onbegrensde owerheidsmag in die gestaltes van grondonteiening sonder vergoeding en die inkorting van privaat besit, lê swaar op ons nek. Ons kan dus nie anders as om te vra of die owerheid dan nou nie sy Godgegewe magsperke begin oorskry nie?

Die apostel Paulus skryf in sy brief aan die gelowiges in Rome dat die owerheid waaraan alle mense hulle móét onderwerp, deur God ingestel is om namens Hom en hierin as sy dienaar, wet en orde in die samelewing te reël en te handhaaf.[2] Die Goddelike ordinansie van owerheid is goed, omdat die Een wat dit ingestel het, goed is. Weens die totale verdorwenheid van die mens word ook hierdie Goddelike instelling prooi van die sondige boosheid wat in gevalle mense heers.

In die hedendaagse geskiedenis is die skrikbewind van Adolf Hitler in Nazi-Duitsland (1934-1945), dié van Idi Amin in Uganda (1971-1979) en, nader aan die lyf, dié van Robert Mugabe in Zimbabwe (1987-2017), voorbeelde van owerhede wat hierdie opdrag van God heeltemal in die wind geslaan het.

Dieselfde rimpelings van ’n owerheid wat God se soewereiniteit as hoogste Regeerder wil ontken, is ook al deur gelowiges in die VSA gevoel. Toe daar aan die gereformeerde teoloog Francis Schaeffer (1912-1984) gevra is wat die grootste bedreiging vir die toekoms van die kerk in die VSA is, was sy antwoord kort en kommerwekkend: “Statisme”.[3]

Onder statisme verstaan ons die filosofiese wêreldbeskouing waar die owerheid in ’n land homself onbeperkte soewereiniteit oor alle samelewingsterreine- en strukture toeëien (ook genoem totalitarisme). Statisme was en is steeds die grootste vyand van die kerk, aangesien dit onbegrensde magstoeëiening bo die soewereiniteit van God tot gevolg het.

Totalitarisme versus anargisme

Hoe het denkers in die antieke tyd oor die rol van die owerheid gedink? Onder nie-Christen filosowe onderskei ons in hierdie verband tussen die gedagterigting van die rasionaliste en dié van empiriese denkers.

Rasionaliste soos Plato (427-347) en Aristoteles (384-322) het geredeneer dat redelike mense in staat daartoe is en toegelaat moet word om die samelewing soewerein te reël en te bestuur; dus die tipiese totalitêre staat.

Aan die teenoorgestelde kant het die Sofiste (400-300) weer geredeneer dat geen mens redelik genoeg is om oor ander mense te regeer nie, wat ’n regeringlose samelewing met die onbegrensde vryheid van die indiwidu tot gevolg het.

Ons het dus hier te make met twee uiterste denkrigtings wat albei in stryd is met die voorskrifte van die Skrif aangaande die rol van die owerheid in die samelewing.

Noodsaaklike euwel versus noodsaaklike bydrae

Onder vroeë Christenteoloë onderskei ons ook tussen twee denkrigtings met betrekking tot die rol van die owerheid.

Die kerkvader Augustinus (354-430) het geredeneer dat owerheidsinstellings op sigself nie ’n euwel is nie, maar noodsaaklik is omdat mense sondig en boos is – dus ’n noodsaaklike euwel om wet en orde in ’n gevalle wêreld te handhaaf. Volgens sy redenasie sou daar sonder ’n sondeval geen owerheid nodig gewees het nie – die eerste voorbeeld van wetstoepassing in die Bybel kry ons eers ná die sondeval.[4] Vanaf die begin van die skepping tot voor die sondeval was God self dus die Wetstoepasser.

In teenstelling met die siening van Augustinus, redeneer die Middeleeuse teoloog Thomas Aquinas (1225-1274) dat owerheidsinstellings steeds noodsaaklik sou wees, al was daar geen sondeval nie. Sy redenasie grond hy op die kultuuropdrag[5] en die verdeling van arbeid reeds vanaf die begin van die skepping en voor die sondeval van Adam en Eva. Die produksie van lewensmiddele en die gevolglike handel wat tussen mense daaruit voortspruit, maak regulerende instellings ’n noodsaaklike bydrae om goeie wet en orde – ook in ’n sondelose samelewing – te verseker.

Augustinus of Aquinas?

’n Kerkvader en ‘n Middeleeuse teoloog beklemtoon twee belangrike afleidings oor die rol van die owerheid.

In die eerste plek moet die owerheid wet en orde handhaaf. Daarvoor ontvang hy die swaard[6] om byvoorbeeld weerbarstige onderdane se begeerte na onbegrensde vryheid in toom te hou, sodat ander onderdane in rus en vrede kan leef. Hierin is hy God se instrument om lewe te bewaar.

In die tweede plek moet die owerheid toesien dat die arbeidsinisiatiewe van mense, wat as regverdige loon privaat besit tot gevolg mag hê, beskerm word. Hierin is hy God se instrument van geregtigheid. Dus: Eerder Augustinus en Aquinas!

Bronne:

[1] Vgl. Spreuke 24:21.

[2] Vgl. Romeine 13:1-5.

[3] (2008). Tabletalk Magazine, September 2008: Life, Liberty, and the Pursuit of Happiness.

[4] Vgl. Genesis 3:23-24.

[5] Vgl. Genesis 1:28.

[6] Vgl. Genesis 3:24; Romeine 13:3-4.

  • Hierdie artikel is met die vergunning van Die Boodskapper ’n publikasie van die AP Kerk geplaas. Lees die oorspronklike artikel op Die Boodskapper se webwerf.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Eish

Goeie artikel wat peskpektief bring in die malligheid van die nuusgebeure wat vandag op hierdie medium verskyn. Is ons sondaars aangesien ons sondig? Veel liewer sondig ons aangesien ons sondaars is. Om die Almagtige met vrees en bewing te dien is reg en redelik. Ons vrees teenoor die regering egter, is nie gebore daaruit dat ons n verkeerdheid begaan het nie en dus straf verwag nie, maar vanweë n regering wat juis die mat van reg en geregtigheid uitpluk onder ons en ons reduseer tot geteikende tweedeklasburgers. Dit is n vrees wat groei uit lewensbedreigende toestande wat deur dié koning… Lees meer »

Oom Harry

Die bybel bepaal dat die onderdaan aan die keiser moet betaal wat hom toekom sodat hy ons kan beskerm en beloon vir ons goeie dade. Let op die voorwaardes! In SA selfs sedert voor 1994 dws nog in die terroristetyd het die destydse swart “staat-in-wording” planne beraam en toe reeds uitgevoer om van ons blankes en veral die Boere ontslae te raak. Dit was spoedig duidelik dat bv plaasmoorde gestruktureerd deur die “regering” dmv sy agentskappe en filiale beplan en uitgevoer word. Beoordeel derhalwe die huidige anargisme en al die honderde negatiewe mislukkings van die huidige “regering” en veral die… Lees meer »

Oom Harry

Piet. Dan glo jy ook die groot leuen van die “hollow cause”? Doen `n bietjie wyer navorsing en jy sal vind dat van die enkele getuies wat die vergassing, ens., versin het, sommige baie junior was tydens die oorlog of selfs na die oorlog gebore is. Lees die boek (om een te noem) van Gerard Menuhin (seun van Yehudi Menuhin, beroemde violis en dirigent) met die titel “Tell the Truth and Shame the Devil” en kom tot ander en ware insigte. Laasgenoemdes is ware Rabbynse Jode en nie Khazare nie.

John

Mens wonder net ook hoe die Jode die massas (nagemaakte?) byna-geraamtes in ‘n vreemde land in diep grafte georganiseer het en laat fotografeer het, lampskerms van menslike perkament in museums en die geskrifte-navorsing wat op Jode in die gefabriseerde strafkampe uitgevoer is… geboue wat steeds in Duitsland staan. Waarom sou Duitsland sulke ‘vals’ plekke so laat en nie afbreek nie, want dit strek seker tot hul nadeel? Ons kommentator wat so giftig is, kan dalk ‘n groot verrassing kry as sy genetika laat ontleed, want baie Afrikaners het Joodse bloed. Doen dit sommer dadelik. Soek jou vangenote op genealogiese bladsye… Lees meer »

johan II

Net een opmerking, Hitler was n baie geliefe leier wat Duitsland in n paar jaar opgebou het uit die as van die eerste oorlog. Hy het die Duitsers verenig en na n massamoord in Poland ingegryp om hul te beskerm. Hoe jy hom hier gebruik is wat die westerse propaganda vir die afgelope 70 jaar van hom skryf, dat jy dit so vir Afrikaners kan opdis laat my wonder of die Afrikaners ook nou finaal vergeet het van hul Engelse oorlog bondgenote, veral in die lig dat hul eie onlangse geskiedenis ook soos Hitler sn verdaai word. Dit sal interresant… Lees meer »