’n Deurbraak in die EU-migrantekrisis?

Vlugtelinge skuil by ‘n geboue. Foto: DPA

Die migrantekrisis in Europa, wat veroorsaak is deur kansellier Angela Merkel van Duitsland se eensydige besluit om Duitsland in 2015 oop te stel vir almal wat oorlogsvlugtelinge is (of beweer om dit te wees), bly sedertdien die grootste enkele vraagstuk in die Europese Unie (EU).

State op die Balkanroete waarlangs die migrantebeweeg het, soos Hongarye en Oostenryk, het ná ’n ruk besluit om die roete te sluit. Dit het die trek laat skuif na die sentrale roete oor die Middellandse See, van Noord-Afrika na Italië, wat heelwat gevaarliker is as die landgebonde Balkanroete. Onlangs het Italië ’n nuwe, meer regsgesinde regering gekry wat geen migrante meer in sy hawens wil ontvang nie.

Alhoewel die getal migrante in geheel afneem het, is daar nog steeds ’n groot mate van binne-migrasie: migrante wat in een van die suidelike EU-state sit en daar aansoek om asiel gedoen het, beweeg aan na Duitsland, waar maatskaplike voordele baie beter is, en waar die regering, meningsvormers en ’n groot deel van die bevolking oor die algemeen positief teenoor hulle is. Die empatie met migrante het na verskeie opspraakwekkend moorde op jong vroue egter in vrees en afkeur verander en die leier van die regsgesinde CSU (Christen-Sosiale Unie, susterparty van Merkel se sentristiese CDU), Horst Seehofer, wat ook minister van binnelandse sake is, wil weer grensbeheer toepas en migrante wat reeds in ander lande aansoek om asiel gedoen het, toegang tot Duitsland weier. Dit was egter vir Merkel onaanvaarbaar. Sy wil vashou aan “oop grense vir almal wat vervolg word” en besef nie dat die gebaar van barmhartigheid van 2015 lankal ’n probleem vir die hele Europa geword het nie.

’n Breuk tussen die twee susterspartye, en daarmee saam ook ’n einde van die huidige koalisie tussen CDU/CSU en Sosiaal-Demokrate (SPD) is ʼn besliste moontlikheid. Sou Seehofer sy sin kry, dan sou die SPD, nog links van Merkel, waarskynlik die koalisie beëindig. Merkel se argument was altyd dat Duitsland nie in eie reg mag optree nie en dat daar ’n “Europese oplossing” gevind moet word, waarmee sy eintlik Duitsland se soewereiniteit en beheer oor sy grondgebied ondergeskik stel aan die EU.

Seehofer het Merkel tyd gegee tot einde Junie om met ander Europese leiers die “Europese oplossing vir die vlugtelingvraagstuk” te vind. Die leiers van die EU-lande het nou vergader en op ’n strenger regulering van die migrasiestrome besluit. Onder meer is besluit op ’n vinniger verwerking van asielaansoeke binne sogenaamde sentrale ankersentrums (tans is dit ’n gedesentraliseerde proses in elke plek waar die migrante aankom) en om binne-migrante (ook “asieltoeriste” genoem) weer terug te bring na die lande waar hulle aanvanklik aansoek om asiel gedoen het. Verder word beplan om in sekere lande van herkoms sentrums in te rig waar die asielaansoeke geprosesseer sal word, aangesien dit moeilik is om aansoekers wat afgekeur is, weer terug te stuur as hulle eers in Europa is. Die buitegrense van die EU word sterker bewaak, sodat (onder ideale omstandighede) dit nie nodig is om die EU se binnegrense weer te bewaak nie. Vir Merkel is ’n Europa sonder (binne)grense ’n heilige koei, alhoewel al hoe minder regerings nog daaraan glo.

Dit was weliswaar geen maklike taak nie om sulke uiteenlopende leiers soos Hongarye se Victor Orban, Duitsland se Angela Merkel, Frankryk se Emanuel Macron, Italië se Guiseppe Conte en ander in een kraal te kry. Dit was net moontlik omdat geen van die punte waarop ooreengekom is, bindend is nie en net voornemens bly wat elke land in elk geval verskillend toepas. Italië, byvoorbeeld, weier om vlugtelinge van Duitsland terug te neem. Alhoewel die EU-lande toenemend gesamentlik optree, bly die kern van die saak die lande van herkoms, wat weier om afgekeurde burgers terug te neem. Die regerings van die lande is eintlik net te dankbaar dat werklose en gefrustreerde jong mans eerder in Europa is as om tuis dalk ’n revolusie te ontketen. Hoe werkbare sentrums vir die prosessering van die aansoeke in lande soos Libië, wat in ’n burgeroorlog gewikkel is, gevestig kan word, is ook ’n oop vraag.

Vir Merkel was die ooreenkoms egter waarskynlik genoeg om dit teenoor Seehofer as sukses te verkoop, al het die sentrale eis van die CSU, grensbeheer, nie ter sprake gekom nie. Die wankelrige koalisie sal nog ’n ruk voortstrompel, die persepsie dat die EU se gesamentlike optrede beter is as “nasionale egoïsme” is weer gevestig, en die EU-burgers kan nou voel dat iets gedoen word teen die migrante-vloedgolf. Of dit dalk te min en te laat is, sal die tyd leer. Selfs al kom geen nuwe migrante meer na Europa nie, bly die hantering van miljoene wat reeds daar is en wat geensins geïntegreer kan of wil word nie, vir die komende dekades ’n kopseer vir Europa en veral vir Duitsland.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Sebastiaan Biehl

Sebastiaan Biehl werk tans as ʼn analis in Berlyn, Duitsland. Hy is ook ʼn skrywer van romans en reisbeskrywings in sy vrye tyd en was op ʼn tyd (2001-2005) ook vir Solidariteit se media-afdeling werksaam. Sy kwalifikasies is BA algemeen, BA Hons (Politieke Wetenskap) en MA Politieke Wetenskap by Bloemfontein en RAU, onderskeidelik. Sebastiaan se gebiede van belangstelling is veral politiek, geskiedenis en reis.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

RT berig ·

Ek lees nou ‘n RT berig wat spring uit die baie goeie werk van die IRR wat nou publisiteit in Europa kry teen plaasmoorde. Ongelukkig kan mens sien uit die kommentaar dat mense nie simpatie met ons het nie omdat ons die Afrika mense se grond gevat het, hulle besef nie die Afrika mense kom ook uit die noorde nie. Ek dink ons moet almal ‘n reeling maak met Europese lande om terug te gaan in massas.

Gustav ·

Ek het GEEN begeerte om in Europa te bly nie, selfs al kon ek hulle tale praat. Ek is maar net te bly my voorouers het Frankryk in 1689 verlaat.

t ·

‘n Baie ou spreekwoord lui: Goeie heinings sorg vir goeie bure. (Losweg vertaal)

Liberaal ·

Suster Mercle se doel is om die nuwe wereldorde se droom van n gemengde donker ras europa waar te maak, waar almal die globale elite as enigste gode dien.

Merkur ·

´n Presiese uiteensetting van die situasie in Europa deur die skrywer.
Merkel kleef verbete aan die kanselierskap en bedel by die ander EU staate vir skyn-oplossings om die koalisie tuis aan die lewe te hou. In ´n onderhoud verlede week het Seehofer van die CSU verassend beweer dat hy geen ultimatum gestel het nie maar wel dat Merkel vir die twee weke tyd gevra het om ´n oplossing met ander EU staate te vind. Dis ´n taamlike deurmekaar spul wat die Duitse regering lewer met betrekking tot die migrantenkrisis en probleme met die Euro finansies. Dit word net al hoe belagliker juis wanneer mens dink dit kan nie meer erger raak nie.

Volgens die Spaanse koerant „La Gaceta“ het Soros (Open Society Foundations) met die nuwe Spaanse sosialistiese premier minister, Pedro Sánchez, verlede Woensdag 90 minute lank in geheim vergader. Twee ander persone wat daarby was se name is nie genoem nie. Sánchez en Merkel praat dieselfde taal en is kop in een mus betreffend „vlugtelinge“ of migrante.

Merkel het nie net groot aandeel aan Duitsland se agteruitgang nie, maar ook vir die onenigheid binne die EU. Genotlik ironies gaan sy vir die sentralistiese EU diktatuur se ondergang in ´n groot mate self verantwoordelik wees.

Pieter ·

Ons beweeg die nuwe wereld orde in, die enigste geloof sal wees om die superrykes te dien. Die regse bewegings probeer keer, en die linkse media geborg deur soros veg terug soos deur om Trump op sy haarstyl te spot.

Merkur ·

Hoe jy die nuwe wêreld orde beskryf maak vir my sin. Slegs die superrykes is die elites. Al dink die sogenaamde links-intellektueles hulle is deel van die elites, is hulle nie. Op die oomblik is hulle bloot dienlik.

Probleme Oplos ·

Ek kan nie wag dat Merkel haar pos moet verlaat nie – dit sal baie probleme oplos.

Will ·

Die spreekwoord lui: Voorsorg is beter as nasorg. Almal kon sien die vloedgolf van migrante, meestal Jong, gesonde mans met die doel om Europa in te dring. Merkel het hierdie Trojaanse perd toegelaat ten koste van Duitsland se bevolking, hulle veiligheid en ekonomiese stabiliteit. Die hele kulturele en sosiale milieu is aangetas. Merkel se Duitsland is nou eerder Duisterland.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.