‘n Geskiedenisles vir Zuma, deur prof. TT Cloete

Prof TT Cloete

Prof TT Cloete

Ek het nog nooit soveel leuens en teensprake uit een mond gehoor soos dié van pres. Jacob Zuma nie. Volgens Beeld van 25 Mei sou hy gesê het:  “Afrikane het in vrede met mekaar saamgeleef en pret gehad, maar toe kom ‘die ander’”.

Dan ken Zuma nie sy eie geskiedenis nie, en dit is ʼn skande vir iemand wat die president van ʼn land is. Dan het Zuma nog nie gehoor van Mfecane, Difaqane en Lifaqane nie, name vir onderlinge wreedheid uit die mond van Afrikane!

Die Brittannica gee die volgende beskrywing daarvan: “Mfecane (Zulu: “The Crushing”), Sotho Difaqane, series of Zulu and other Nguni wars and forced migrations of the second and third decades of the 19th century that changed the demographic, social, and political configuration of southern and central Africa and parts of eastern Africa. The Mfecane was set in motion by the rise of the Zulu military kingdom under Shaka (c. 1787-1828), who revolutionized Nguni warfare. The rise of Shaka’s kingdom, which took place during a time of drought and social unrest, was itself part of a wider process of state formation in south-eastern Africa, which probably resulted from intensified competition over trade at Delagoa Bay. The pattern of Mfecane, in which tribe was set against tribe over an ever-increasing radius, was highly successful in areas weakened by overpopulation and overgrazing. In South Africa itself Mfecane caused immense suffering and devastated large areas as refugees scrambled to safety in mountain vastnesses or were killed… Refugees known as Mfengu crowded in on the peoples of the Transkei… The impact of the Mfecane was felt far beyond South Africa, as peoples fled from Shaka’s armies as far as Tanzania and Malawi… and Barotseland in Zambia.”

Nog ʼn ander bron beskryf Difacane as “scattering, forced dispersal or forced migration, widespread chaos and warfare… Shaka caused a wave of warfare and disruption to sweep to other peoples. The movement of peoples caused many tribes to try to dominate those in new territories, leading to widespread warfare.” En dit het uitgeloop op die ontstaan van die onderverdelinge Matabele, Mfengo, Makololo en Lesotho.

Die eintlike volksmoordenaar was Mzilikazi. “Mfecane is used primarily to refer to Mzilikazi… During his reign… he ordered widespread kilings and devastation to remove all opposition… The whole region became nearly depopulated. Normal estimates for the death toll range from 1 million to 2 million.”

Dis maar ’n klein voorbeeld van die konflik tussen die swart bewoners van Afrika, wat vandag nog voortduur.

Lieg Zuma of is hy onkundig? En is oorlog “pret” vir hom?

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: TT Cloete

Prof. T.T. Cloete is onteenseglik een van die merkwaardige figure op die Afrikaanse literêre toneel. Hy is literator, kritikus, digter, dramaturg, prosaskrywer en psalmverwerker. (Uit: ttcloete.com)

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Bruno Stef ·

Dit is soos Goebbels gedurende die Nazi bewind in Duitsland gese het.Hy het verdraaide feite aan die Duitse Volk voorgehou as die waarheid en dit dikwels herhaal totdat dit aan die Duitse bevolking later as die waarheid aanvaar is.Die Russe is ook meesters op die gebied so Zuma het deeglike opleiding in disinformasie by die voorbeelde gekry.

Achmat Salie ·

Moenie die Verenigde State vergeet nie. Hulle is die deskundiges and plegers van”manufactured consent” a la Noam Chomsky.

DogEatDogWorld ·

Shaka is vermoor deur Dingaan. Wonder of Zuma kan onthou of weet wat by Bloedrivier gebeur het?

johan ·

HondeetHondWêreld, jy wil nie eers daar ingaan nie..hul het nou al n Zulu Museum by bloedrivier waarmee hul die “waarheid” probeer verkondig oor bloedrivier.

Gerhard ·

Alles waar, behalwe dat dit alles gebeur het ná ‘die ander’ hier aangekom het.

johan ·

Gerhard dus waarskynlik omdat “die ander” die eerstes was wat die waarde van geskiedenus geweet het en dit gedokumenteer het..daad is maar min bekend van hul gesk. Behalwe vir wat “die ander” kon opteken…Vra gerus wie was Tswane of hoe het hy gelyk want niemand weet regtig nie.

Willem van Nielerk ·

Baie interesant. Sou graag van Prof T T Cloete wou hoor wat verder suid in die geskiedenis gebeur het. Aan gesien die aankoms van die ANDER hoofsaaklik in die suide begin het. Het baie hier van op skool [1955-1958 ] geleer. Dit was egter nie so in detail nie. Ons het in die selfde tyd n’ bietjie van die Shakas en Dingaans geleer maar nie baie van die meer suidelike, van dag Oos Kaaap en verder tot in die Noord Kaap nie.

Malinda Nel ·

Willem, lees gerus Dan Sleigh se boeke – bv. Eilande (ook in Engels as Islands), Die Buiteposte, en daar is pas ‘n nuwe boek uitgegee, Die laaste goeie man. Eerste twee is moeilik verkrygbaar (ek het self nog net die eerste een kon kry), maar ek belowe jou, jy sal duisende nuwe dinge leer oor ons voorgeskiedenis.

Stef ·

Die ANC (Zuma) speel die ewige eensnaar. Geskiedenis en ware feite tel vir die ANC/Afrikane geen punte nie, want hulle kan tog nie openlik toegee dat agterlikheid hul erfenis is nie. Onvermoe om tred te hou met wereld-ontwikkeling word verskans met blaam teenoor kolonialisme wat so onregverdiglik Afrika se zest gesteel het, Indien die historiese Afrikane dan op hul eie sulke vernuftige bouers/ontwikkelaars was (sien Zimbabwe Ruines, ander hisroriese erfenis via buitelandse intervensie, et al), om watter rede kan hulle dit nie vandag nadoen nie? Lei hulle aan genetiese geheueverlies?

Toe ‘die ander’ volgens JZ almal se pret hier kom bederf het, was ‘almal’ so gewikkel in volksmoordpret dat hulle ‘skoon vergeet het’ hoe werk die wiel, basiese ingeneurswese en daardie dinge wat mens onderskei as ‘n skepper eerder as ‘n absorbeerder en afbreker.

Die hartseer is dat die blanke se teenwoordigheid altoos aanstootlik sal wees. Solank as wat ons swart medeburgers hule eie minderwaardigheidskompleks bly koester, sal die blanke die vlieg in die salf bly en die ewige kolonialisme/apartheid-deuntjie gesing word.

Magtag, dit moet sad wees om so nutteloos te voel…

Armando ·

Van my naam kan julle agterkom dat ek nie uit een van die tradisioneel-aanvaarde “oorsprong lande” kom nie. Ek sê dit bloot omdat dit vir my ‘n geweldige kulturele sprong was om in Suid-Afrika groot te word, en om te voorkom dat ek (en dié wat van my leiding afhanklik was) eie-geskiedenisloos en eie-landloos moes grootword, het ek baie-baie navorsing gedoen oor die oorsprong van die Afrikaner en alles wat darmee gepaard gaan. Ek moes, sien u. Ek wil u maan om liewer aandagtig te luister na wat Prof. T.T. Cloete sê, hierbo sowel as in ander bronne. Jintelman wat hy is, weerhou hy hom van kras woorde en uitsprake, maar hy ken definitief sy geskiedenis, wat baie meer insluit as Bloedrivier ens. Om uitsprake te maak soos Christof en Harm s’n is maklik want dit word nie op ware en navorsbare geskiedenis gebaseer is nie. Daar is genoeg tweedrag sonder om nog meer te saai.

Christof Conradie ·

Prof Cloete se kommentaar is ongelukig ongeldig siende dat sy eie aanhaling virwys na die handel by Delagoa baai… Kom ons praat eerder oor hoekom die swartes afgetrek het suide toe in die eerste plek… As ons lesse wil gee moet ons dit binne konteks doen van die argument wat ons wil voer. Dis redenasies soos dié (hoewel dit goet bedoel is) wat die liberale oposisie skietgoet gee.

Bessie de Kock ·

Christof, wat is fout met die aanhaling van Delagoabaai??
Sal ek graag wil weet.
Ek is nie ñ Geskiedkiundige nie. Net hierdie Geskiedenis in 1959/60 op skool geleer.

Juan Olivier ·

Dit is verbasend dan party mense glo Afrika was ‘n vreedsame plek voor wit mense hier aangekom het. Die wit mense het maar net oorlog gevoer soos die swart nasies al klaar basig was om te voer. Die enigste verskil is dat ons voorvaders beter was en hulle oorwin het.

Pieter dP ·

Nee nee ons boere het slegs hul self verdedug. Ons het nie uit ge gaan en gaan oorlog voer of moor nie.

Pieter dP ·

Nee nee ons boere het slegs hul self verdedug. Ons het nie uit ge gaan en gaan oorlog voer of moor nie.

Janine ·

Die Blankes het nooit, ek beklemtoon NOOIT oorlog gaan voer op enige stam of volk nie. Hulle het hulself elke keer verdedig omdat hulle bedreig is en in lewensgevaar verkeer het. Selfs die Slag van Bloedrivier is deur die Zulu begin toe hulle daardie Sondagmore die laer omsingel het – soos wat die Voortrekkers verwag het. As jy kennis het van Nicolaas van Rensburg, sal jy weet dat hy gese het: die Afrikaner het niks in sy geskiedenis om oor skaam te wees nie. Van Rensburg was die siener wat 90 jaar gelede oorlede is. Van sy voorspellings kom steeds uit. En AL sy voorspellings in die verlede was 100% in die kol. ‘n Ware profeet van God.

Harm Steenkamp ·

Lees eers na oor die bloedrivierslagting….die doel en wie almal daaraan deelgeneem het…daar is n klomp nonsens vir ons geleer en so ook rakende 16 Desember wat n sonde is vir ons om te vier of gedenk.

Diederik ·

Harm ek sal daarvan hou om te weet hoe ons sonde pleeg op die 16de. Verduidelik asb jou stelling want ek is nog ou skool???

Theresa Prinsloo ·

@ Harm – naas die Israeliete van ouds in die Bybel, is die Boerevolk die enigste nasie in die geskiedenis wat `n verbond met God gesluit het en daarom moet ons op 16 Desember daardie verbond eerbiedig met God.

FRIKKIE PIETERS ·

Die woord “demokrasie het ‘n cliche geword in ons land. Ek wonder of diegene wat dit so baie gebruik weet wat dit werklik beteken!

Pieter dP ·

En soo het ons boere ge kom en die Zuluś ge stop op hul moord ,rooftogte en die Zulu se pret bederf.

hendrine ·

Arme ou piet retief en sy manne wou gaan deel in die pret. En daars die partytjie toe minder prettig vir die partytjiegangers. Daai tipe partytjies maak nie meer die nuus nie.

Eduan Viljoen ·

Party mense moet net so bietjie van die gravy train afklim en inbeweeg tussen die laer inkomste groepe en dan sal die skille afval en hulle sien waar die land regtig staan

Pieter S ·

Die roekeloosheid van die Afrikaner wat net stil onder mekaar sit en koukus, te bang is om barbaars te lyk, het alreeds ons in die grootste veknorsing ooit geplaas. Dit is duidelik dat die meer welaf geledere baie minder politieke probleme ervaar. Maar net nog ‘n Titanic wat die ysberg getref het. So sit almal en wag vir die Moses viguur wat moet opdaag. Afrikaner werkers klas word onderdruk, niemand neem notiesie of kla. Mense wat die vermoee het om op te staan en probleme aan te spreek voel dis nog nie tyd om restellings te maak waneer ons geskiedenis en regte so verkrag word nie. Is ek reg, stuk vir stuk verloor ons veld?

BM ·

Delagoabaai handel (ivoor veral maar ook wilde diere se pelse, goud — ja, swart bevolking het dit self gemyn en verfyn — ander minerale en natuurlik slawe) het bygedra tot spanning in binneland onder die sg stamme. Maar ook, dit was ten tyde van groot droogtes wat gevolg het op die sg. klein ystydperk in die 1700s. Baie inderdaad gemoor, maar wat uit mondelingse geskiedenis blyk is dat daar gereeld alliansies gesluit en verbreek is hetsy deur Mzilikazi en sy volgelinge of ander stamme. Eerste Europeërs (lees Voortrekkers = polities gelaaide begrip deur Nasionale Party gevestig) het ook in die tyd met sekere stamme/groepe (o.m. Swazis) saamgewerk om soos beroepsoldate teen ander oorlog te maak ten bate van hulself (beeste en kinders wat as ‘inboekelinge’ op boere se plase gewerk het = slawerny). Baie komplekse tyd en nie staties. Ook was binneland nie ‘ontvolk’ soos ons op skool ingeprop is nie. Jammer dat nóg Afrikaner-regerings nóg huidige swart regering nie eerlik oor die stand van sake destyds wil leer/studies ondersteun nie. “Follow the money” is maar al wat mens nader bring aan waarheid. Die gewone ou suig maar altyd aan die agterspeen, hetsy wit of swart. Sak Sarel!

Rudi ·

Gaan lees Piet Retief se Manefesto wat in die koerant van daardie tyd geplaas was. Sy intensies was om in vrede saam met die swart stamme te leef. Daar is voortrekker dagboeke geskryf oor die groot gedeeltes wat onbewoon was. As dit wel baie bewoon was. Waar is al die getuienis daarvan? Het die boere alles afgbreek en van die getuienis ontslae geraak? Ek dink eerder jy is die een wat geval het vir Engelse propoganda.

Jurie ·

Ek is trots op die feit dat ons as Afrikaners so lekker kan gesels. Iets wat nie uit die oog verloor moet word nie is Afrika Tradisionele Godsdiens (African Traditional Religion – ATR). Dit dra grotendeels by tot die manier waarop Afrika mense die lewe en geskiedenis benader. In ATR is die geskiedenis nog lewendig, aangesien hul voorvaders daarheen gaan as hul sterf. Hul “bestaan daar voort”. Dus is baie van ATR navolgers se aksies nou om hul voorvaders te eer. Alhoewel hul nie oor geskiedenis skryf nie, ‘leef’ hulle daar. Lees gerus meer hieroor in boek van Vernon Louw en ook ‘n boek van Afrika Mhlope.

neelsie ·

Wil Harm nou probeer argumente uitlok, of is hy oningelig?
As hy probeer aandag soek , moet hy maar n ander forum soek.
16 Des is nie onderhandelbaar nie!
Dink nie dis die moeite werd om met so n “afrikaner ” te praat nie.

Mantodea ·

Afrikane en Afrikaners het dieselfde betekenis soos Indiane en Indianers? Wat’s die verskil? Niks! Julle probeer n titel beroof wat nie al julle behoort nie, maar julle is mos gewoont goed “vat”(roof) wat nie aan julle behoort nie. PUNT!

Griki ·

Die antwoord op prof Cloete se laaste vraag: Ja, Zuma lieg en hy is onkundig (ek ken ‘n beter woord) en oorlog blyk vir hom pret te wees (solank hy, die lafaard, nie daaraan blootgestel word nie). Wat anders kan ‘n mens die moord en doodslag in ons land noem as “oorlog in vredestyd”, terwyl Zuma soos ‘n idioot giggel.

Hennie Klopper ·

lees gerus “Washing of the Spears ” Donald R Morris vir insig oor die onderwerp

EMK ·

Hein Toerien van Maroela het self ‘n ruk terug geskryf oor foutiewe geskiedenis ivm Bloedrivier – bv dat daar NIE vrouens betrokke was by die storie… Ek noem dit net. Ongelukkig is dit ‘n feit dat die geskiedenis nog altyd oor die wêreld heen, oorgedra word deur mense soos HULLE dit wil glo of dan hoe dit hulle pas. Nie alle “feite” is noodwendig korrek nie. Daarmee sê ek nou nie Prof Cloete is verkeerd nie, het groot agting vir die man. Ek probeer bloot aan party kommentators noem dat mens versigtig moet wees met wat as die “waarheid” voorgehou en geglo word.

AB ·

O my liewe genade… mense geskiedenis bestaan uit feite bv die Salg van Bloedrivier het op 16 Dessember 1838 plaasgevind. Mengings en perspektiewe is ook deel van geskiedenis en hoe jy dit interperteer is vir jou die waarheid.
Maar kosmons wees gou eerlik oor een feit – Zuma ken nie die geskiedenis of die gebeure rondom Jan van Riebeeck of die Slag van Bloedrivier nie. Net soos hy duidelik ook nie die verskil ken tussen n swembad as n ontspanningsgerief en n noodsaaklik versekeringsvereiste “vuurpoel” . Dis belaglik watse nonsens daar opgedis word vir dei waarheid en almal wat so moan en tekere gaan van ons moet opstaan en saamstaan… jammer maar ie tyd toe ons dit moes gedoen het het ons geswig onder die druk van die wereld se idee van “demokrasie” en” reenboog nasie” . Dit sal nooit werk in Afrika nie want vir hulle gaan dit oor etnisiteit. Net soos wat die Franse en die Engels nie langs dieselfde vuur sit nie en hulle wel meestal wit mense is , so sit ‘n Zulu nie langs ‘n Xhosa om dieseldfe vuur nie en raai wat hulle is almal swart.
Leer jou geskiedenis met n wy uitkyk punt en jy sal baie dinge raak sien wat meeste mense verby kyk.

Alice Hendriks-Boshoff ·

Ek het geweldige respek en bewondering vir Prof. T T Cloete, maar ek vermoed hy dwaal so effentjies. Om op die hoogte met geskiedenis te kan wees, moet ‘n mens betroubare bronne lees. Ons het almal heel onlangs gesien hoe leeg die geagte Staatspresident se boekrakke is. ‘n Mens kan natuurlik van voorlesers gebruik maak, maar dan moet daar kontrole oor hulle leesvermoë en teksgetrouheid uitgeoefen word. Is dit nie ‘n patetiese situasie nie? Ek vertrou Prof. Cloete sal my die tong in die kies vergewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.