ʼn Geveg om den dode…

Deur Jeannette Gnade

Niemand kan meer twyfel dat die stryd in die ANC oorgeborrel het nie. Ná die gewelddadige en onplesierige leierskapskonferensie in die Oos-Kaap ys almal in die land oor wat aan die einde van die jaar met die nasionale verkiesingskonferensie gaan gebeur. Dit gaan nou nie net meer oor wie die nuwe leier in die plek van Jacob Zuma word, of wie die top-ses gaan wees nie.

Die ANC is tans in die greep van politieke begunstiging soos nog nooit tevore nie. Elkeen veg om sy porsie te behou, maar dit word al kleiner. Dit verklaar die toenemende gedraf na die howe om konferensies nietig te verklaar en uitslae waar moontlik te beveg. Lojaliteit het by die deur uitgevlieg en daar is geweldige druk op Luthuli-huis om kant te kies. Die feit dat die howe genader word, toon ook dat ontevrede ANC-lede nie meer die party se interne geskilmeganismes vertrou nie.

Dit word aansienlik vererger deur die doodse swye wat heers ná die Nasionale Uitvoerende Komitee se driedaagse vergadering agter geslote deure. Dit is hoofsaaklik byeengeroep om die krisis in Kwazulu-Natal te bespreek nadat die hof die verkiesing van die ANC se provinsiale leiers in 2015 nietig verklaar het. Dit was nog nie mooi op dreef nie, toe breek die damwal in die Oos-Kaap. ʼn Cyril Ramaphosa-ondersteuner raap die voorsitterskap voor ʼn Nkosazana Dlamini-Zuma-lojalis weg en die verloorders se dringende hofaansoek word van die hand gewys. Dit is ʼn voorsmakie van wat die res van die jaar verwag kan word. Dit is baie moontlik dat die belangrike leierskapsverkiesing in Desember ook in die hof gaan draai.

Die ANC het soos ʼn hond met twee koppe geword wat albei om dieselfde been veg. Die party se politieke proses het ineengestort en sy kern het losgeskeur. Al word die ANC se leierskapskonferensie uitgestel, gaan dit nie die uiteindelike oorlog keer nie. Die algemene verkiesing in 2019 geniet grondwetlike beskerming en is in dié stadium darem nog veilig. Intussen wag die res van die land om regeer te word – of het die ANC vergeet hy kan nie sonder kiesers aan bewind bly nie?

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Eish ·

Geen ” Bevrydingsorganisasie” het ooit in die geskiedenis n goeie regering uitgemaak nie. Wat verbasend is, is dat die ware motiewe, wat aanvanklik gemaklik geskuil het agter die Mandela skaduwee se reënboognasie foefie, die “window dressing” afgegooi het en openlik die stoofplaat se hitte opdraai. Die koelbloedigheid van die dubbele agenda is in die ope en die monster vrees homself nou. Ek is bevrees my hoop vir n bekering deur die massas het getaan tot n gadeslaan van die vernietiging wat eenvoudig alles in sy pad verteer.

Daar is nie beheer oor die organisasie nie, slegs nuwe aasvoëls wat die oueres wil verjaag vir vreetplek aan die vleislose karkas. Indien die weermag nie verval het tot n oorgewig verroeste en onbruikbare stuk yster nie, was n staatsgreep ook n moontlikheid.

Die vuurwerke is oppad, nie net in die politiek nie, maar ook in die burgerlike samelewing. Die Vrystaatse Goudvelde en omliggende dorpe is vanoggend van 04h00 af met hul broek op hul enkels gevang deur n geweldadige betogings van die Unemployment Forum . Niemand kon betyds by die werk uitkom nie weens versperde paaie. Buitelanders se winkels is plek -plek geplunder en SAPS moes ernstig wal gooi dat ondernemings in die sakekerns nie ook deurloop nie.

Dit helhool word al warmer.

Veritas ·

Van wanneer af steur Jacob Zuma hom aan die grondwet ? Al geniet die verkiesing ook hoeveel grondwetlike beskerming, gaan dit hom nie van stryk laat bring nie. Hy sal ‘n noodtoestand afkondig en onbepaald in beheer bly of totdat hy die geskikte marionet kry om sy plek vol te staan. Ou tante Dlamini Zuma is verseker sy eerste keuse maar soos wat Fikile Mbalula deesdae gatkruip, kan hy maklik die rol oorneem. Hy het immers beheer oor die SAPS. Ons lewe in ‘n diktatorskap is om die draai.

Filosoof Politieke Vark ·

Dear Plebs,

Geat real! It is all about POWER! With POWER you can RULE over others. And if you RULE you have access to the country’s RESOURCES. And damn with the plebs, jobless, poor and democracy!

En die skare is stom en lam geslaan! En die kommentatore lewer kommentare vir Afrika! En die akademici spekuleer en skrywe boeke by die miljarde. En die rykes skarrel heen en weer. En die skurke stroop die natuur. En die braaivleis braaiers leef vir vandag. So, whatever, whenever, why ever, thus for ever. So, wat gaan die plebs doen? Goodbye, chow en oor en uit. Sela en amen.

Ou Ja-nee Erdvark ·

Geagte Filosoof Politieke Vark,

Waarom is daar in die mensdom se geskiedenis alewig die “upper class” en die “lower class”? En die leier van die upper class doen homself alewig voor as synde godgestuur en as die tussenganger tussen die mens en die god. En die “upper class” leef apart van die “lower class”, beide in hoogte en afstand en hulle leef van die vet van die land. Was die Mapungubwe-ryk in die Limpopo provinsie nie ‘n sprekende voorbeeld nie? Wat van Suid-Afrika huidiglik?

Fanie van Biljon ·

Ek haal in Engels aan: The crisis in Africa does not start at the date of liberation, it starts when the liberating party realises it is going to loose an election.

Rina Kotze ·

Eish Fanie, jy kon dit nie beter gestel het nie!!!

Ek bid hulle verloor wel die verkiesing dat ons die land weer kan begin opbou!

John ·

As iemand die kluts kwytraak teen die einde van die jaar en ‘n VIP word omgekikker, is die gort gaar. Die kanse is goed met die oudstryders van die ANC ook in tweespalt. Die spreekwoord lui nie verniet: Ver van jou goed is na aan jou skade nie. Vanjaar kan ons almal baie spaar deur Desember tuis te bly (die see-gemeentes sal maar deure moet sluit). Die Kaapse hotelle het ok nie eers meer badproppe nie; die’ sit in die parlement en probeer bloed uit ‘n klip tap.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.