‘n Hartseer kykie na die ‘Obama-phone lady’

In die videosnit hier onder sien ons hoe ‘n kieser in die komende Amerikaanse verkiesing mense aanmoedig om vir Obama te stem omdat hy blykbaar aan haar ‘n foon verskaf het.

Die vrou, wat nou bekend staan as die ‘Obama-phone Lady’ probeer kiesers oortuig om vir Obama te stem: in haar woorde, “stem vir Obama as president, hy het vir ons ‘n foon gegee, en hy sal nog meer gee.

Kyk gerus self na haar in aksie.

Om eerlik te wees, die videosnit lyk selfs vir my bietjie onwerklik. (Ek het selfs gewonder of die videosnit nie dalk gefabriseerde nonsens is met die doel om Obama te diskrediteer nie.) Dit daar gelaat. Die implikasie is duidelik, sommige mense sal vir ‘n politikus stem net omdat hulle dink hulle sal gratis ‘aalmoesies’ van die regering ontvang.

Die opmerkings van die Obama-foon dame het my laat wonder oor die politieke prosesse van die huidige samelewing wat eerlikwaar meer en meer soos ‘n sirkus begin lyk.  Die Obama-foon insident demonstreer duidelik die belaglike dinamiek in werking tussen die kiesers, welsyn en die regering: ‘n uiters ongesonde verhouding.

As daar nou van die Amerikaanse belastingbetalers verwag word om fone te subsidieer vir diegene wat op welsyn is, waar gaan hierdie denkrigting eindig? In die lig van hierdie tendens, wat sal ‘spesiale belange’ in die Amerikaanse regering verhoed om nie verder te gaan as bloot net fone nie? Veral as stemme gewerf word deur welsyn-aalmoese.

Ek is jammer vir die verantwoordelike, hardwerkende Amerikaanse burgers omdat dit duidelik is dat die Amerikaners in ‘n toenemend sosialistiese rigting beweeg. Die onlangse ernstige daling van Amerika op die Ekonomiese Vryheids Indeks getuig hiervan.

Hierdie tendens sal daartoe lei dat die regering groter en groter bedrae geld deur middel van belasting en heffings van die belastingbetalers verhaal. Skynbaar word al hoe groter hoeveelhede belastinggeld geoormerk vir ‘polities belangrikke’ projekte wat tipies welsyn projekte, soos byvoorbeeld ‘Obama-fone’ insluit.

Die gevolg is dat werkende mense en besighede in die V.S.A steeds groter en groter hoeveelhede van hulle inkomste sal moet afstaan aan welsyn en ander regeringsprojekte. So ‘n praktyk is nie volhoubaar op die langtermyn nie.

Ek is oortuig daarvan dat die oomblik wat ‘n regering begin om luukshede en fone te verskaf aan welsyn, die einde in sig is.  ‘Obama-fone’ – indien dit werklik bestaan – is nie werklik verniet nie. Dit moet op een of ander manier deur die regering gesubsidieer word. Subsidies moet op sy beurt van belastingbetalers verhaal word. Dit behels dat van een groep gevat word om aan ander groepe te gee. Die ‘vat’ gebeur in die konteks van dwang waaroor die belastingbetalers min beheer het.

In werklikheid grond baie kiesers besluite op dit wat hulle dink hulle ‘verniet’ by die regering kan kry.  Dit is die geval in Amerika, sowel as in Suid-Afrika, en in die meeste ander westerse lande. Ek sal raai dat die tipiese Obama-foon kieser nie een van Obama se omstrede politieke besluite in ag neem nie en ook nie ‘n idee het van hoe Obama se beleidsrigtings moontlik die toekoms kan benadeel nie.

Terwyl Obama in sy amp was het hy verskeie omstrede wette en beleidsrigtings afgekondig, soos onder andere ‘n wet op die onbepaalde aanhouding van Amerikaanse burgers sonder verhoor, die sogenaamde ‘Indefinite Detention Bill’, en ook ‘n omstrede medieseversekeringswet geken as ‘Obamacare’ wat self baie kritiek uitgelok het.

Obama was ook in sy amp toe Ben Bernanke die Amerikaanse Dollar verder verdun het met ‘los’ monetêre beleid. Ek noem nie eers van die geweldige hoeveelheid skuld wat die Amerikaanse regering op die mense laai nie. Hierdie skuld sal waarskynlik moet betaal word deur die Obama-foon dame se kinders se kinders.

Obama word ook uit somige oorde gerkitiseer daarvoor dat hy skeinbaar besig is om ‘n polisiestaat in Amerika te installeer. As een voorbeeld, die sogenaamde “TSA vroetelbrigade” word onderlangs in die Amerikaanse volksmond voorgehou as ‘n voorbeeld van ‘n regering wat buite beheer geraak het.

Die Obama-foon dame

Die Obama-foon dame

Al die ooglopende verliese van Amerikaanse vryheid in ag genome lyk dit vir my lyk of die gratis foon teen ‘n baie hoë koste verskaf word. Ek moet ook byvoeg dat ek geensins ‘n voorstaander van Romney is nie. Soos sake nou staan lyk dit of die Amerikaners so verstrik is in ‘n groot regeringskompleks dat dit nie regtig meer saak maak wie die verkiesing wen nie.

Sommige mense het werklik welsynshulp nodig en behoort dit te kry, maar ek glo nie ‘n regering moet daarvoor voorsien nie. Die potensiaal vir geweldige botsende belange in staatsbeheerde welsyn word duidelik deur die Obama-foon dame geillustreer.Dit is kommerwekend wanneer mense aanspraak maak op luukshede wat die staat deur middel van welsyn moet verskaf ten koste van die belastingbetalers.  Wanneer mense so begin optree is dit waarskynlik die begin van ‘n tendens wat baie ongesond en skadelik vir die hele samelewing is.

*Hierdie artikel het aanvanklik in Engels verskyn op soundmoneysa.co.za, waar Gerhard blog.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Gerhard van Onselen

Gerhard van Onselen is ʼn senior navorser by Sakeliga.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.